RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 15.07.2020 44:57
SANCA verwelkom die herinstelling van die verbod op die verkoop van drank.; Die regering het nuwe inperkingsmaatreëls vir kleuterskole en dagsorgsentrums aangekondig.; 'n Korttermyn versekeraar appelleer teen 'n hooggeregshof uitspraak.; en die gewysigde sakereddingsplan van die Suid-Afrikaanse Lugdiens is aanvaar.
Monitor 15.07.2020 50:18
Die Instituut vir Rasse Verhoudinge spreek weereens sy kommer uit oor die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan.; Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize sê hospitale het nog genoeg beddens beskikbaar ten spyte van 'n skerp styging in Covid-19 gevalle.; en daar is toenemende spanning in die Suid-Sjinese See.
Monitor 14.07.2020 48:08
Stormsterk winde rig groot skade in die Wes-Kaap aan, en sommige Moslems in Suid-Afrika glo die Hagia Sofia in Turkye moet 'n museum bly.
Monitor 14.07.2020 51:15
Terwyl storms die Kaap teister, is die land besig om hom op 'n ander soort storm te probeer voor te berei, en Eskom se donker wolk van beurtkrag het tog 'n silwer randjie.
Monitor 13.07.2020 44:09
'n Aandklokreël word heringestel.; 'n Heropeningsdatum vir rolprentteaters is nog nie vasgestel nie.; Die Hagia Sophia is na 'n hofsaak weer 'n werkende moskee.; en 'n Kredietlewensverskaffer sê Suid-Afrikaners finansier gewone lewensonkostes op kort termyn krediet.
Monitor 13.07.2020 52:45
Die DA sê mediese personeel werk onder haglike toestande om Covid-19 pasiënte te behandel.; Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het die klem begin plaas op die oordrag van Covid-19 deur die lug.; en die Smile Foundation is bekommerd oor 'n reuse-agterstand in lewensnoodsaaklike operasies, weens die Covid-19 regulasies.
Monitor 10.07.2020 44:21
Die voormalige leier van die DA, Mmusi Maimane doen 'n beroep op ouers en leerlinge om die klaskamer vandag te boikot; en as jy een van die inperkingsregulasies oortree het en 'n skulderkenningsboete betaal het - dan het jy nou 'n misdaadrekord.
Monitor 10.07.2020 49:40
Die DA soek antwoorde oor Suid-Afrika se militere betrokkenheid in die noorde van Mosambiek; en die Suid-Afrikaanse bloeddiens hoop om bloedplasma in te span in die stryd teen Covid 19.
Monitor 09.07.2020 46:10
Vakbonde sal nie S.A.L werknemers ontmoedig om vrywillige skeidingspakkette te aanvaar nie.; 61 Suid-Afrikaners is in Kambodja gestrand na die Covid-19 pandemie die land getref het.; Die Helen Suzman stigting spreek kommer uit oor die aanstellingsproses van 'n nuwe hoof vir OPOD.; en die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga sê sy is verbaas dat ouers nie toustaan om hulle kinders vir tui...
Monitor 09.07.2020 53:36
Navorsers aan die Universiteit van Pretoria is betrokke by die opstel van internasionale riglyne aan die polisie.; ISIS waarsku Suid-Afrika om uit te bly uit Cabo Del Gado provinsie in Mosambiek, waar die groep 'n terreur veldtog voer.; Maatskappye pas sanitasie maatreëls toe, maar is die duur skoonmaak produkte en dienste egter nodig?; en regslui in Turkye betoog teen voorgestelde nuwe wetgewing...
Monitor 08.07.2020 46:54
** Die Kaapse Hooggeregshof lewer uitspraak teen 'n korttermyn versekeraar. ** Die SJINESE owerheid beperk nou die verkoop van wilde diere op markte.
Monitor 08.07.2020 53:24
Media24 gaan sy gedrukte koerante en tydskrifte drasties snoei. 500 werknemers kan hul werk verloor. Ons praat met die hoofredakteur van Netwerk24, die redakteur van Volksblad, en 'n media-ontleder.
Monitor 07.07.2020 43:13
'n Hofbeslissing oor die heropening van privaat kleuterskole word verwelkom.; Die DA stel 'n Landelike Veiligheid Hofoorsig-eenheid bekend.; Drie dokters wat in COVID-19 sale van Port Elizabeth se besigste hospitale werk, deel hulle stories van uitputting, depressie en angs gedurende die inperkingstyd.; en ons praat met 'n kliniese neuroloog oor die corona virus se effek op die brein.
Monitor 07.07.2020 53:58
Universiteite Suid-Afrika sê sommige studente betaal nie hul klasgelde nie, wat druk op universiteite se kontantvloei plaas.; Ons praat met 'n kliniese sielkundige oor die maatskaplike impak wat die langdurige sluiting van skole op kinders kan hê.; en 'n boompaddatjie reis nege duisend kilometer ver vanaf Kolumbië na Wallis.
Monitor 06.07.2020 46:07
** Sjina rig 'n waarskuwing aan Brittanje en Australië.. ** Navorsing toon dat Suid-Afrikaners bekommerd is oor die styging in kospryse.. ** 'n Ekonoom waarsku dat die ekonomie nie aan- en af-geskakel kan word nie.
Monitor 06.07.2020 52:38
** Standbeelde kom onder skoot. ** Suid-Afrika se krieketspelers is die naweek vereer ** En 'n loslopende seekoei vind 'n nuwe tuiste.
Monitor 03.07.2020 48:37
Onderwysvakbonde sê skole is nie gereed vir nog leerlinge om terug te keer nie.; In Junie is meer voertuie verkoop as die vorige twee maande.; Russe gee Vladimir Putin die groen lig om tot 2036 aan bewind te bly.; en werknemers by Ons Tuiste sorgsentrum in Bloemfontein staak, na 'n positiewe Covid-19 geval.
Monitor 03.07.2020 51:44
Die jongste navorsing toon dat slegs sewe persent van alle COVID-19 gevalle in Suid-Afrika kinders is.; Sterrekundiges krap kop oor die skielike verdwyning van 'n blou reus ster sowat 75 miljoen ligjare weg van die aarde.; en meer as 'n honderd hofsake is teen die regering gebring, sedert die inperkingsregulasies ingestel is.
Monitor 02.07.2020 46:40
Unisa moet Afrikaans as onderrigtaal herinstel; treindienste hervat in sommige provinsies; en Krieket Suid-Afrika kondig 'n nuwe hoofborg aan.
Monitor 02.07.2020 56:01
Ons praat met twee kenners oor die regering se moontlike verandering van REGULASIE 28 van die Wet op Pensioenfondse. En, is dit die einde van die ANC-SAKP-COSATU alliansie?
Monitor 01.07.2020 44:12
Suid-Afrika doen 'n beroep op die Verenigde Nasies om Afrika toe te laat om 'n oplossing te kry vir die damgeskil tussen Ethopië, Soedan en Egipte; en die Passasiersspooragentskap begin met beperkte treindienste.
Monitor 01.07.2020 52:45
Die ekonomie krimp verder - die keer met 'n ongekende twee persent; en ons praat oor die jongste Covid19 statistieke en wat dit kan aandui.
Monitor 30.06.2020 38:11
** 'n Drastiese styging in die prys van brandstof om middernag. ** En die Formule Een-seisoen en Australië se plaaslike rugby-kompetisie begin die naweek.
Monitor 30.06.2020 47:29
** 35 jaar ná die moord op die Cradock vier, duik die vraag weer op: het die Staatsveiligheidsraad geweet? ** En, padwedlope word nou virtueel gehardloop.
Monitor 29.06.2020 52:18
'n Suid-Afrikaanse vrou vertel van die eienaardige lewe in 'n Arabiese land, en Houtbaai in die Wes-Kaap ervaar 'n groot behuisingsnood.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.