RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 08.07.2020 46:54
** Die Kaapse Hooggeregshof lewer uitspraak teen 'n korttermyn versekeraar. ** Die SJINESE owerheid beperk nou die verkoop van wilde diere op markte.
Monitor 08.07.2020 53:24
Media24 gaan sy gedrukte koerante en tydskrifte drasties snoei. 500 werknemers kan hul werk verloor. Ons praat met die hoofredakteur van Netwerk24, die redakteur van Volksblad, en 'n media-ontleder.
Monitor 07.07.2020 43:13
'n Hofbeslissing oor die heropening van privaat kleuterskole word verwelkom.; Die DA stel 'n Landelike Veiligheid Hofoorsig-eenheid bekend.; Drie dokters wat in COVID-19 sale van Port Elizabeth se besigste hospitale werk, deel hulle stories van uitputting, depressie en angs gedurende die inperkingstyd.; en ons praat met 'n kliniese neuroloog oor die corona virus se effek op die brein.
Monitor 07.07.2020 53:58
Universiteite Suid-Afrika sê sommige studente betaal nie hul klasgelde nie, wat druk op universiteite se kontantvloei plaas.; Ons praat met 'n kliniese sielkundige oor die maatskaplike impak wat die langdurige sluiting van skole op kinders kan hê.; en 'n boompaddatjie reis nege duisend kilometer ver vanaf Kolumbië na Wallis.
Monitor 06.07.2020 46:07
** Sjina rig 'n waarskuwing aan Brittanje en Australië.. ** Navorsing toon dat Suid-Afrikaners bekommerd is oor die styging in kospryse.. ** 'n Ekonoom waarsku dat die ekonomie nie aan- en af-geskakel kan word nie.
Monitor 06.07.2020 52:38
** Standbeelde kom onder skoot. ** Suid-Afrika se krieketspelers is die naweek vereer ** En 'n loslopende seekoei vind 'n nuwe tuiste.
Monitor 03.07.2020 48:37
Onderwysvakbonde sê skole is nie gereed vir nog leerlinge om terug te keer nie.; In Junie is meer voertuie verkoop as die vorige twee maande.; Russe gee Vladimir Putin die groen lig om tot 2036 aan bewind te bly.; en werknemers by Ons Tuiste sorgsentrum in Bloemfontein staak, na 'n positiewe Covid-19 geval.
Monitor 03.07.2020 51:44
Die jongste navorsing toon dat slegs sewe persent van alle COVID-19 gevalle in Suid-Afrika kinders is.; Sterrekundiges krap kop oor die skielike verdwyning van 'n blou reus ster sowat 75 miljoen ligjare weg van die aarde.; en meer as 'n honderd hofsake is teen die regering gebring, sedert die inperkingsregulasies ingestel is.
Monitor 02.07.2020 46:40
Unisa moet Afrikaans as onderrigtaal herinstel; treindienste hervat in sommige provinsies; en Krieket Suid-Afrika kondig 'n nuwe hoofborg aan.
Monitor 02.07.2020 56:01
Ons praat met twee kenners oor die regering se moontlike verandering van REGULASIE 28 van die Wet op Pensioenfondse. En, is dit die einde van die ANC-SAKP-COSATU alliansie?
Monitor 01.07.2020 44:12
Suid-Afrika doen 'n beroep op die Verenigde Nasies om Afrika toe te laat om 'n oplossing te kry vir die damgeskil tussen Ethopië, Soedan en Egipte; en die Passasiersspooragentskap begin met beperkte treindienste.
Monitor 01.07.2020 52:45
Die ekonomie krimp verder - die keer met 'n ongekende twee persent; en ons praat oor die jongste Covid19 statistieke en wat dit kan aandui.
Monitor 30.06.2020 38:11
** 'n Drastiese styging in die prys van brandstof om middernag. ** En die Formule Een-seisoen en Australië se plaaslike rugby-kompetisie begin die naweek.
Monitor 30.06.2020 47:29
** 35 jaar ná die moord op die Cradock vier, duik die vraag weer op: het die Staatsveiligheidsraad geweet? ** En, padwedlope word nou virtueel gehardloop.
Monitor 29.06.2020 52:18
'n Suid-Afrikaanse vrou vertel van die eienaardige lewe in 'n Arabiese land, en Houtbaai in die Wes-Kaap ervaar 'n groot behuisingsnood.
Monitor 29.06.2020 45:19
Hoofregter Mogoeng Mogoeng word oor die vingers getik weens sy politieke standpunte; die felheid van 'n onlangse vlaag plaasaanvalle skok en ontstel en die twis tussen die taxibedryf en die minister van Vervoer bereik 'n nuwe hoogtepunt.
Monitor 26.06.2020 41:13
** Agri SA doen 'n beroep op die regering om dieseltekorte dringend te ondersoek.... ** Die vinnige verspreiding van die Covid 19-virus in die Oos-Kaap plaas die provinsie se gesondheidswerkers onder baie druk..
Monitor 26.06.2020 39:25
** Dit blyk dat verskeie sportsoorte dalk te vroeg terugkeer het na die sportveld... ** Leon van Nierop het op 'n spannende aksiereeks afgekom. ** En Willem Botha praat oor die woordeglimlag, suurknol en sheriff.
Monitor 25.06.2020 45:59
Die minister van Finansies, Tito Mboweni, gebruik beeldspraak in sy beskrywing van die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Monitor 25.06.2020 52:37
Die minister van Finansies, Tito Mboweni, gebruik 'n Bybelse idioom in sy noodbegrotingsrede en sê Suid-Afrika kies die smal weg na saligheid, en Suid-Afrika se termyn op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het verstryk te midde van wedywering tussen Djiboeti en Kenia vir een van die twee Afrika-setels.
Monitor 24.06.2020 47:40
Die minister van finansies lewer vandag sy belangrike aanvullende begrotingsrede in reaksie op Covid-19. Ons kyk na wat hy moontlik vanmiddag kan aankondig; Suid-Afrika begin vandag met kliniese proewe vir 'n Covid-19 entstof; n Bejaarde boer van die Vrystaat veg terug teen vyf aanvaller; en 'n Covid veldhospitaal met meer as drie duisend beddens word in Port Elizabeth geopen
Monitor 24.06.2020 54:32
Die minister van finansies lewer vandag sy belangrike aanvullende begrotingsrede in reaksie op Covid-19 - ons praat met twee ontleders oor wat ons vanmiddag kan verwag; Ons hoor ook wat die landbousektor van die toespraak verwag; en Wêreldwyd gons argeologie-kringe oor die vonds van een van die grootste prehistoriese strukture wat tot nou toe in Brittanje ontdek is....
Monitor 23.06.2020 48:43
Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê die tyd is nou ryp om die minibus-taxi-bedryf te formaliseer, en China brei sy vloot uit.
Monitor 23.06.2020 41:17
Rommelherwinnaars trek aan die kortste end - nie net oor Covid 19 nie, maar ook oor die lae olieprys, en die debat oor Leon Schuster se rolprente kring uit.
Monitor 22.06.2020 54:22
Australie loop tans behoorlik deur onder kuberkrakers - wie is verantwoordelik hiervoor?; Ons kyk na die politieke dimensies van kuberkrakery - die soort aanvalle skep geweldige spanning tussen lande; en later berig ons oor die toerismebedryf in die Gamtoosvallei wat erg deur COVID-19 geraak word
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.