RSG

Monitor

News AF ↓ 4391 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 2, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 7 September 2020 - Deel 2 07.09.2020

Die Rooikruis se krygsgevangene-protokol vier sy 150ste bestaansjaar. Ons praat met 'n oorlogskenner. En die hoogaangeskrewe rolprent STAM word vir die eerste keer vertoon.

Monitor 7 September 2020 - Deel 1 07.09.2020

Hulde aan 'n voormalige uitvoerende hoof van die Nelson Mandela Stigting. Die DA het oor die naweek sy beleidskonferensie gehou. Ons praat met 'n politieke ontleder.

Monitor 4 September 2020 - Deel 2 04.09.2020

Eskom verwag dat beurtkrag tot Desember, en waarskynlik volgende jaar Julie, sal voortduur. Ons praat met die bedryfshoof om meer te hoor oor die kragverskaffer se planne om die ligte aan te hou. 'n Kenner gee ook raad oor wat jy kan doen as jou toerusting en toestelle breek as gevolg van beurtkrag.

Monitor 4 September 2020 - Deel 1 04.09.2020

Die speaker van die parlement sê die Helen Suzman-stigting se klag dat die parlement nie die nodige wetgewing het om die staat se COVID-19-reaksie te kontroleer nie, is 'n feitefout én 'n regsfout - uitspraak in die hofsaak is voorbehou. Die regering wil temaparke landswyd oprig by plekke van kulturele belang waar simbole uit Suid-Afrika se geskiedenis bewaar sal word. Agri SA verwelkom die hoëvla...

Monitor 3 September 2020 - Deel 2 03.09.2020

** Brasilië se ekonomie het die grootste inkrimping ooit beleef... ** Ons praat oor die politieke gevolge van Suid-Afrika se hoë werkloosheid. ** En, die Silwerskermfees maak sy virtuele buiging..

Monitor 3 September 2020 - Deel 1 03.09.2020

** Nuwe navorsing toon dat sekere wettige prestasieverbeterende produkte lei tot beduidende alkoholmisbruik. ** En ons praat met John Moodey, wat gister skielik as die Gautengse leier van die DA bedank het.

Monitor 2 September 2020 - Deel 2 02.09.2020

Politieke partye wat aan gister se debat oor plaasvalle deelgeneem het, eis dat die soort misdaad moet stop - ons hoor 'n verskeidenheid stemme oor die kwessie.

Monitor 2 September 2020 - Deel 1 02.09.2020

Die drukgroep Corruption Watch skryf 'n skerp-bewoorde brief aan president Cyril Ramaphosa oor korrupsie; en 'n wiskunde-begaafde in Indië wys sy staal na hy 'n goue medalje in 'n internasionale kompetisie gewen het.

Monitor 1 September 2020 - Deel 2 01.09.2020

Twee kommersiële en opkomende boere buite Venterdorp bou brûe. En ons bespreek die ANC se besluite ná 'n spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee vergadering.

Monitor 1 September 2020 - Deel 1 01.09.2020

'n Vooraanstaande ekonoom voorspel 'n werkloosheidssyfer van 50%. En, het Suid-Afrika nog 'n politieke party nodig? Ons praat met 'n politieke ontleder oor Action SA se ambisieuse planne.

Monitor 31 Augustus 2020 - Deel 2 31.08.2020

Ons kyk na die stand van die ANC te midde van wat as die party se ergste korrupsiekrisis ooit beskryf word; en ons praat met die seun van die Comrades-wenner, Nick Bester, wat gister tydens 'n oefensessie in Magalies aangerand is.

Monitor 31 Augustus 2020 - Deel 1 31.08.2020

Die soektog na verdagtes in die Newcastle dubbele plaasmoord gaan voort; en vyftien mense wat polisiebeamptes insluit, verskyn vandag in die hof weens bedrog in verband met kentekens op polisievoertuie.

Monitor 28 Augustus 2020 - Deel 1 28.08.2020

** Donald Trump het pas sy Republikeinse Nomineringstoespraak vir die presidentskap gelewer. Ons praat met 'n politieke ontleder..

Monitor 28 Augustus 2020 - Deel 2 28.08.2020

** Hulde aan twee Namibiërs... ** Dis Vrouemaand, en dr. Willem Botha bespreek die woorde: megalomaniak, sikofant en papgeld.. ** En, rolprentteaters is weer oop.

Monitor 27 Augustus 2020 - Deel 2 27.08.2020

Ons praat oor 'n wetsontwerp voor die parlement wat tot die nasionalisering van die Reserwebank kan lei; en 'n kenner sê die uitwissing van polio in Afrika, dekades na 'n entof ontdek is, was 'n moeilike proses.

Monitor 27 Augustus 2020 - Deel 1 27.08.2020

Die tesourie publiseer 'n lys van staatstenders wat met persoonlike beskermingstoerusting te doen het; en Eskom versuim weer eens om voor die parlementere openbare rekeninge-komitee te verskyn.

Monitor 26 Augustus 2020 - Deel 1 26.08.2020

'n Ope brief aan die president om dringend die onderbefondsing van skuilings vir mishandelde vroue te hanteer.; Sakeliga versoek dat die regering vlak twee inperkingsregulasies moet wysig.; Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het bekendgemaak dat Suid-Afrika se padverkeerswetgewing hersien word, om die toegelate bloedalkoholvlak tot 0% te verlaag.; Die parlementslid, Floyd Shivambu, het 'n w...

Monitor 26 Augustus 2020 - Deel 2 26.08.2020

Twee duisend Suid-Afrikaners neem deel aan Oxford Universiteit se finale toetsfase vir 'n COVID 19 entstof. Ons praat met 'n navorser en een van proefkonyne wat betrokke is by die projek.; Verblyfreg op veral plase is steeds 'n tameletjie in Suid-Afrika.; Inwoners van die Mangaung Metro in Bloemfontein versoek die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, om die munisipaliteit se raad te ontbind.; en Afr...

Monitor 25 Augustus 2020 - Deel 2 25.08.2020

Ons kyk na 'n nuwe hoogtepunt in die voortgesette spanning tussen Lesotho en Suid-Afrika oor veediefstal; en die Noord-Amerikaanse Ruimteagentskap maak dit moontlik vir mense om aan die soektog na die teoretiese Planeet Nege deel te neem.

Monitor 25 Augustus 2020 - Deel 1 25.08.2020

Die minister van Finansies, Tito Mboweni, word oor die vingers getik oor sy kritiek na die afdanking van Zambie se sentrale bankier; en die DA eis antwoorde oor die Spesiale Ondersoekeenheid se jarelange ondersoeke na grondbedrog.

Monitor 24 Augustus 2020 - Deel 1 24.08.2020

Leerlinge in die meeste grade gaan vandag terug skool toe.; Dr. Marlene le Roux is verkies tot die voorsitter van die ATKV direksie.; Suid-Afrikaners sal slegs oor naweke kan gaan fliek by rolprentteaters.; en Deense navorsers is bekommerd oor die feit dat beleidsmakers nie die impak van vetsug in ag neem wanneer hulle inperkings afkondig nie.

Monitor 24 Augustus 2020 - Deel 2 24.08.2020

Die Hooggeregshof in Kaapstad het nog geen uitspraak gelewer in die saak wat die tabakbedryf teen die regering gemaak het nie.; Die Universiteit van Kaapstad stel navorsing bekend oor die effek van die inperking op tabak verkope.; In Stellenbosch in die Wes-Kaap trek die straat-kunsuitstalling "Gemaskerde Meesterstukke" heelwat aandag.; en ons praat met 'n Suid-Afrikaner wat gesinne van die oorled...

Monitor 21 Augustus 2020 - Deel 1 21.08.2020

'n Verpleegster in 'n hoësorgeenheid smeek mense om steeds versigtig vir Covid19 te wees...al is die land nou op 'n meer gemaklike vlak van inperking; die Nasionale Weermag-unie sê die weermag weerhou steeds belangrike inligting ten op sigte van die dood in April vanjaar van Collins Khosa in Alexandra; en die regering gee sy steun aan 'n sonkraginnovering bekend as die Solar Turtle.

Monitor 21 Augustus 2020 - Deel 2 21.08.2020

'n Kenner sê die internasionale gemeenskap sal hom deur Afrika laat lei na 'n staatsgreep in die Wes-Afrikaland Mali; en Leon van Nierop kry vandag hulp met sy fliekrubriek van 'n sesjarige luisteraar wat 'n kinderfliek saam met hom bespreek.

Monitor 20 Augustus 2020 - Deel 1 20.08.2020

Mmusi Maimane stel 'n wysigingsontwerp vir die Kieswet voor.; Toerisme aantreklikhede kan weer hul bedrywighede voorsit.; Gimnasiums wag vir die regering om nuwe veiligheidsmaatreëls goed te keur.; en die voormalige president van Botswana, Ian Khama en die Suid-Afrikaanse sakevrou, Bridgette Motsepe-Radebe gaan die Botswana-regering dagvaar vir persoonlike skade aan hulle beeld.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.