RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 7 November 2025 07.11.2025

Sewentien Suid-Afrikaners wat by die oorlog in Oekraïne betrokke geraak het, veg dalk aan die Russiese kant. Solidariteit neem sy veldtog teen die ANC na die G20-beraad. Die paramilitêre Rapid Support Forces in Soedan sê hulle het ingestem tot 'n voorstel vir 'n humanitêre wapenstilstand in die burgeroorlog.

Monitor 6 November 2025 06.11.2025

Ouers in Gauteng is warm onder die kraag oor die vertraging met skoleplasings. Kommer oor talle onderwysers wat van seksuele teistering aangekla word. Daar is nog geen einde in sig vir die regeringsluiting in Amerika nie. 'n Ekonoom sê die regering sal binnekort geen ander keuse hê as om BTW te verhoog nie.

Monitor 5 November 2025 05.11.2025

Die Verkiesingskommissie hoop om die plaaslike regeringsverkiesings op die eerste Woensdag van November 2026 te hou. Sakeman Brown Mogotsi het nog nie 'n verklaring oor 'n vermeende aanslag op sy lewe by die polisie ingedien nie. Die aantal toeriste na Suid-Afrika neem met meer as 'n miljoen toe.

Monitor 4 November 2025 04.11.2025

President Cyril Ramaphosa sê die RNE is verenig en sterk - Ons praat met RNE-vennote wat die tweedaagse vergadering bygewoon het. Die stof het nog nie gaan lê oor die Nie-in-my-naam-veldtog nie - ons voer 'n debat met twee opponerende partye. Ons bespreek die Proteas se eerste eendagstryd vanmiddag teen Pakistan.

Monitor 3 November 2025 03.11.2025

Bendegeweld vlam weer op, maar hierdie keer in Reigerpark aan die Oos-Rand. Dertien verdagtes sal na verwagting vandag in die hof op Heilbron verskyn in verband met ’n plaasmoord. Ons praat oor 'n moontlike regeringsverandering in KwaZulu-Natal.

Monitor 31 Oktober 2025 31.10.2025

Die burgemeester van Saldanha is onstoke omdat die ANC 'n aandklokreël ingestel het, wat beoog om kinders te beskerm. 'n Nuwe konstruksie-aksieplan van die Departement van Openbare Werke is daarop gemik om tenderpreneurs vas te vat. Ons praat oor dobbel - waneer is dit ’n euwel, en wanneer net onskuldige vermaak?

Monitor 30 Oktober 2025 30.10.2025

Kommer oor die toename in misdaadsindikate op plase en kleinhoewes. Die Ngwathe Munisipaliteit moet ontbind en binne 90 dae 'n tussenverkiesing hou ná 'n Appèlhof-beslissing. Die aantal likwidasies styg met bykans 24% die afgelope jaar.

Monitor 29 Oktober 2025 29.10.2025

Die adjunkminister van polisie, Cassel Mathale, meen daar is nie faksies in die polisiediens nie. Action SA wil hê politieke meningspeilings moet gereguleer word. Kiesers in Tanzanië gaan vandag na die stembus. Die beheerraad vir gesondheidsprodukte het die gebruik van 'n inenting, wat MIV kan voorkom, goedgekeur.

Monitor 28 Oktober 2025 28.10.2025

Kommer oor die bek-en-klouseer-krisis in die Vrystaat. Baie Suid-Afrikaanse skole is swak voorbereid om boelies vas te vat. Ons bespreek Amerika se aangewese ambassadeur na Suid-Afrika.

Monitor 27 Oktober 2025 27.10.2025

Drie munisipaliteite tree toe tot die hofstryd oor die bepaling van munisipale tariewe. Goeie nuus wink vir motoriste by die brandstofpomp. 'n Hofsaak word vandag aangehoor oor die publikasie van matriekuitslae.

Monitor 24 Oktober 2025 24.10.2025

Wat hou die opspraakwekkende bewerings teen Aubrey Ledwaba vir hom in as adjunkregter? Ons bespreek oudminister Bheki Cele se bewerings voor die ad hoc-komitee. Boeliegedrag landwyd in die kollig ná die Milnerton High School-voorval, wat nou gelei het tot aanklagte van aanranding.

Monitor 23 Oktober 2025 23.10.2025

Die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, sê ’n teenkorrupsie-eenheid moet op die been gebring word. Prominente wit Suid-Afrikaners skryf 'n ope brief oor die Trump-administrasie se retoriek oor Afrikaners en Suid-Afrika. Vleisinflasie is op sy hoogste vlak in sewe jaar. Nog 'n fase van die Aarto-stelsel tree binnekort inwerking.

Monitor 22 Oktober 2025 22.10.2025

'n Soektog na aanvallers wat op sewe tieners in Johannesburg losbrand. Kenners optimisties dat Suid-Afrika van die gryslys verwyder kan word. Kommer oor soet geurmiddels in babakos.

Monitor 21 Oktober 2025 21.10.2025

Die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, sal waarskynlik langer voor die parlement se ad hoc-komitee getuig. Geen tugstappe is tot dusver teen regerings- en weermagamptenare gedoen vir die onreëlmatige aankoop van die St George's Hotel nie. Die Departement van Basiese Onderwys sê alles is gereed vir die matriekeindeksamen, wat vandag begin. Suid-Afrika se hokkiespanne het vir die 2026-wêr...

Monitor 20 Oktober 2025 20.10.2025

Reaksie op die Geïntegreerde Hulpbronplan. Kommer oor minder geld en personeel vir Gautengse skole in 2026. Akademiese aktiwiteite hervat vandag by die Universiteit van die Vrystaat.

Monitor 17 Oktober 2025 17.10.2025

Die minister van polisie, Senzo Mchunu, verdedig sy besluit om die Politieke Moorde-taakspan te ontbind. Die Patriotiese Alliansie presteer goed in tussenverkiesings. Die hof hoor argumente aan oor wie oudpresident Jacob Zuma se regsonkoste van R28 miljoen moet betaal.

Monitor 16 Oktober 2025 16.10.2025

AfriForum stuit Eskom en Nersa se omstrede R54-miljard skikking met 'n hofbevel. Kommer oor wanvoeding in die Oos-Kaap. Die Vryemarkstigting vra dat die kabinet verklein word tot tien sleutelportefeuljes.

Monitor 15 Oktober 2025 15.10.2025

Die Universiteit van die Vrystaat bly gesluit ná gewelddadige betogings op al drie kampusse. Die Menseregtekommissie is vasbeslote om sy hofaksie teen Operasie Dudula voort te sit. 'n Dramatiese wending op Dag 11 van die Madlanga-kommissie. Amerika hier kom ons... danksy Bafana Bafana!

Monitor 14 Oktober 2025 14.10.2025

Die geskorste adjunkpolisiekommissaris sê hy het bloot opdragte van die nasionale polisiekommisaris uitgevoer. Groot blydskap met die uitruil van Palestynse en Israelse gevangenes - ons bespreek die heropbou van Gasa met 'n politieke ontleder. Ons praat oor 'n nuwe drama wat gebaseer is op die verdwyning van Joshlin Smith.

Monitor 13 Oktober 2025 13.10.2025

Die ontslape Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, word as 'n sleutelfiguur in die betrekkinge tussen president Cyril Ramaphosa en Emmanuel Macron beskryf. Mthethwa is gister by sy familietuiste in KwaMbonambi aan die noordkus van Kwazulu-Natal begrawe. Die ANC oorweeg dit straks om voor die verkiesing hulle burgemeesterskandidate bekend te maak. Dosyne vragmotors met kos en and...

Monitor 10 Oktober 2025 10.10.2025

Die nasionale polisiekommisaris, Fannie Masemola, sê misdaadsindikate beraam dalk 'n komplot teen hom. Die Menseregtekommisie ondersoek die stand van dienslewering in Noord-Kaapse munisipaliteite. Israel se kabinet aanvaar 'n skietstilandsooreenkoms vir Gasa. Die impak van 'n giftige werksomgewing op werkers se geestesgesondheid is in die kollig.

Monitor 9 Oktober 2025 09.10.2025

Hoop op vrede in Gasa. Produsente en veeartse in die Suid-Kaap verskerp pogings om bek-en-klouseer te bekamp. 'n Ekonoom verduidelik wat die voordele van ‘n rekordgoudprys vir Suid-Afrika is.

Monitor 8 Oktober 2025 08.10.2025

Nhlanhla Mkhwanazi beweer opnuut dat 'n DA-LP geklassifiseerde misdaadintelligensie uitgelek het. Die parlementêre ondersoek na ongerymdhede by die Padongelukkefonds begin. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie is bekommerd oor damprook wat aan die toeneem is onder tieners.

Monitor 7 Oktober 2025 07.10.2025

Reaksie op die ANC-president se ekonomiese regrukplan. Dis vandag presies twee jaar sedert Hamas Israel binnegeval het. Die Parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, begin vandag.

Monitor 6 Oktober 2025 06.10.2025

Die parlement se ad hoc-komitee oor nasionale veiligheid is gereed om met sy eerste verhore te begin. 'n Nuwe politieke party, Unite for Change, sal aan aanstaande jaar se munisipale verkiesing deelneem. Vrystaatse boere word genoop om self op te dok vir die herstel van paaie. Sirië hou sy eerste parlementêre verkiesing sedert Basjar al-Assad uit die kussings gelig is.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.