RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 3 Oktober 2025 03.10.2025

Ons praat met 'n misdaadkenner oor die toename in kontrakmoorde. Ons bespreek die onderskepping van die Gasa-flottielje, en die voorgestelde vredesplan vir Gasa. Oktober is Borskanker-bewustheidsmaand - 'n chirurg verduidelik wat die gevaartekens is.

Monitor 2 Oktober 2025 02.10.2025

EFF-leier Julius Malema gaan appelleer teen sy skuldigbevinding. Fedsas sê honderde openbare skole het nog nie hulle postevoorsiening vir 2026 ontvang nie. Die Withuis sê talle federale werknemers kan hulle werk verloor weens die regeringsluiting.

Monitor 1 Oktober 2025 01.10.2025

Die jongste oor die dood van SA se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthetwa. 'n Amerikaanse regeringsluiting tree in werking - 'n ekonoom verduidelik wat dit behels. Ons praat met die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, oor sy sakebesoek aan die VSA.

Monitor 30 September 2025 30.09.2025

Die minister van gesondheid sê staatsamptenare wat by die korrupsie by Tembisa Hospitaal betrek word, moet aan die pen ry. Omgewingsorganisasies wil hê die gebruik van fossielbrandstowwe moet gestaak word. Die nasionale energiereguleer begin met 'n markondersoek na die stygende kragpryse. Israel aanvaar Amerika se vredesplan vir die Gasastrook.

Monitor 29 September 2025 29.09.2025

'n Nuwe boek beskryf hoe georganiseerde misdaad in magsposisies ingesypel het. Gefrustreerde partye in die RNE sê die president het vyf maande gelede met hulle vergader. Die PA-leier, Gayton McKenzie, draai die president se arm oor Kenny Kunene se posisie in die Johannesburg-metro.

Monitor 26 September 2025 26.09.2025

Die Nasionale Raad van Provinsies beraadslag vandag oor die Wes-Kaapse regering se besluit om die Knysna-munisipaliteit onder administrasie te plaas. Die Minister van Elektrisiteit en Energie glo ladingsvermindering kan binne 12 maande beëindig word. Die kwessie van instemming in seksuele misdaadsake draai in die Konstitusionele Hof. President Cyril Ramaphosa sê vordering word gemaak om 'n nuwe ha...

Monitor 25 September 2025 25.09.2025

Kwaai kritiek teen president Donald Trump oor die onwetenskaplike verband wat hy trek tussen 'n pynmiddel en outisme. Moenie daai swerm bye in jou tuin uitrook of bespuit nie - 'n byevanger verduidelik. 'n Legendariese 93-jarige koerantman in die Karoo maak sy besigheid se deure toe.

Monitor 24 September 2025 24.09.2025

‘n Selfoonrekord verbind die adjunk-kommisaris van polisie, Shadrach Sibiya, met die moordbeskuldigde Vusimusi "Cat" Matlala. Boere is bekommerd oor die uitbreiding van die Vaalputs kernafval-fasiliteit in die Noord-Kaap. Suid-Afrikaanse wetenskaplikes ontdek 'n besondere dinosourus-fossiel in die Gohbi-woestyn.

Monitor 23 September 2025 23.09.2025

Elf lande erken nou 'n Palestynse staat, maar kan dit vrede in Gasa bewerkstellig? Internasionale Gebaretaaldag word vandag gevier. Ons praat met sanger Danie Botha wat verkondig dat die wegraping vandag en môre plaasvind.

Monitor 22 September 2025 22.09.2025

Vrystaat Landbou vra opnuut dat die polisie aparte misdaadstatistiek oor plaasaanvalle en -moorde moet aanteken. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, deel haar toekomsplanne vir die Goudstad. Brittanje en Kanada erken die bestaan van 'n Palestynse staat.

Monitor 19 September 2025 19.09.2025

Watertoevoer is steeds nie herstel nie in Coronationville en Westbury in Johannesburg. OUTA vra die hooggeregshof om die invordering van uitstaande e-tolskuld finaal te beëindig. Vusumuzi "Kat" Matlala se invloed op wetstoepassingsagentskappe is in die kollig by die Madlanga-kommissie.

Monitor 18 September 2025 18.09.2025

Die geskorste Minister van Polisie word betrek by 'n Gautengse misdaadsindikaat. Ons praat met 'n politieke ontleder oor gister se plofbare getuienis voor die Madlanga-kommissie. Navorsing wys dat die Regering van Nasionale Eenheid se beloftes min vordering toon. Die Openbare Beskermer versoek om adjunkpresident Paul Mashatile se seuns te ondersoek.heid se beloftes min vordering toon. Die Openbare...

Monitor 17 September 2025 17.09.2025

Die Madlanga-kommissie van ondersoek na kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel begin vandag te midde van intense belangstelling. Solidariteit verklaar 'n geskil met die regering oor werksverliese. die minister van Landbou, John Steenhuisen, se voormalige stafhoof, Roman Cabanac, eis dat hy weer in sy voormalige posisie aangestel word.

Monitor 16 September 2025 16.09.2025

Ons praat met 'n voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris oor die voortslepende massaskietery op die Kaapse Vlakte. 'n Kenner ontleed die ANC se diensleweringsomkeerplan. Inflasieverwagtinge is op sy laagste vlak ooit, maar beteken dit 'n rentekoersverlaging?

Monitor 15 September 2025 15.09.2025

Bendegeweld eis talle lewens op verskillende plekke in Kaapstad. Inwoners van Sodwana in die noorde van KwaZulu-Natal is bekommerd oor die voortbestaan van die Isimangaliso Unesco-park. Die Oos-Kaap word tot orde geroep oor kinderwanvoeding.

Monitor 12 September 2025 12.09.2025

Woedende inwoners in Gauteng stel ’n ultimatum as watertoevoer nie binne 'n week herstel is nie. Verpligte inenting vir leerlinge is onder die vergrootglas. Mans mag nou hulle vroue se van gebruik.

Monitor 11 September 2025 11.09.2025

Inwoners van Coronationville en Westbury eis antwoorde van Johannesburg se burgemeester oor die voortslepende waterkrisis. Die Kraaifontein Gemeenskapspolisiëringsforum sê moord is aan die toeneem in dié Kaapse woonbuurt. Die EFF wil hê drankadvertensies moet verbied word.

Monitor 10 September 2025 10.09.2025

Die meeste klagtes aan die Menseregte-kommissie handel oor munisipaliteite se swak dienslewering. Pa's se alkoholmisbruik benadeel óók nuutgeborenes se groei en ontwikkeling. ‘n Geringe styging in Suid-Afrika se ekonomiese groei.

Monitor 9 September 2025 09.09.2025

Veiligheidsmaatreëls by howe in die Wes-Kaap gaan verskerp word ná talle skietvoorvalle. Lieutenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi sal die eerste getuie voor die Madlanga-kommissie wees. Die Afrikaanse Taalraad sê al hoe minder mense praat Afrikaans. Die Trump-administrasie skort befondsing aan programme op wat teenstrydig is met die Amerika Eerste-standpunt.

Monitor 8 September 2025 08.09.2025

Die sluipmoord op Bouwer van Niekerk is 'n aanslag op fluitjieblasers en korrupsievegters. Die Amerikaanse Minister van Gesondheid se omstrede mediese uitsprake ontlok al hoe meer kritiek. Hoe raak dit die mediese wetenskap in Suid-Afrika? Visstropery bedreig 'n Wêrelderfenisgebied in die noorde van KwaZulu-Natal.

Monitor 5 September 2025 05.09.2025

Die DA vra die Tesourie om dringend 'n finansiële herstelplan vir die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes op te stel. Debtbusters sê verbruikers steun toenemend op skuld om te oorleef. Is 'n leierskapskrisis by die Nasionale Vervolgingsgesag op hande?

Monitor 4 September 2025 04.09.2025

Landbou-organisasies veroordeel president Ramaphosa se heldeverering van grondvergrype in Zimbabwe. Politieke partye ontevrede oor die stadige pas waarteen die Parlement se ad hoc-komitee funksioneer. Simboliseer die eenheid van die presidente van China, Rusland en Noord-Korea 'n nuwe wêreldorde?

Monitor 3 September 2025 03.09.2025

Die parlement win 'n regsmening in oor of die ontbinde SA Toerismeraad heraangestel moet word. 'n Dringende ondersoek gevra na vuurwapengeweld op die Kaapse Vlakte. 16 Organisasies is as vriende van die hof toegelaat in 'n saak oor die dekriminalisering van sekswerk. Ons vind uit hoe die Madlanga-kommissie met voorbereidings vorder vir sy eerste sitting.

Monitor 2 September 2025 02.09.2025

Byna 6 000 afleggings in twee dae bekendgemaak. Kommer oor hoe professioneel bankbedrog deesdae gepleeg word. Die Vroue-Bokafrigter, Swys de Briun, praat oor hulle Wêreldbekersukses en spankeuses teen Frankryk.

Monitor 1 September 2025 01.09.2025

Die SAKP verwerp 'n versoek dat hy as 'n sosialistiese party in die munisipale verkiesing moet staan. 'n Aktivis, Mark Heywood, sê die regering faal in sy plig om honger kinders te ondersteun. Kommer oor 'n toename in gevalle van bors- en servikale kanker in die noorde van Durban. Ons fokus op 'n inisiatief om vroue te leer om vuurwapens veilig te gebruik.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.