RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 12 Desember 2025 12.12.2025

Die Spesiale Ondersoekeenheid voer klopjagte uit op 16 maatskappye en 35 mense vir beweerde bedrog van R161 miljoen. 'n Taakspan ondersoek uitgelekte eksamenvraestelle. Die ANC-president sê die party sal weer onstuitbaar word.

Monitor 11 Desember 2025 11.12.2025

Die familie van 'n vermoorde Brakpan-man eis geregtigheid ná onthullings by die Madlanga-kommissie. Meer as 80% van die rioolsuiweringsaanlegte in die land stort besoedelde water direk in riviere en damme. Hoe lyk Australië ‘n dag nadat alle kinders onder 16 jaar oud verban is om toegang te hê tot sosiale media.

Monitor 10 Desember 2025 10.12.2025

Die ANC-president vra partylede om nie-rassige beleid in Suid-Afrika, te bevorder. Onderhoude vir die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag begin vandag. Die Kannaland-munisipaliteit in die Wes-Kaap is op die rand van finansiële ineenstorting.

Monitor 9 Desember 2025 09.12.2025

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula skets 'n donker prentjie van die party. Die polisie identifiseer drie mense van belang in die ondersoek na die moord op die fluitjieblaser, Marius van der Merwe. Die amptelike brandseisoen in die Wes-Kaap het begin - brandbestryders het reeds op 92 brande in die provinsie gereageer.

Monitor 8 Desember 2025 08.12.2025

Die ANC gaan sy vernuwingsveldtog by sy hoofraadsvergadering in oënskou neem. Die veiligheid van fluitjieblasers is onder die vergrootglas ná die moord op Getuie D by die Madlanga-kommissie. Minder as 30% van Suid-Afrikaanse soldate is gesond genoeg om ontplooi te word. Fedsas is bekommerd dat die Menseregtekommissie traag is om klagtes in die onderwyssektor te ondersoek.

Monitor 5 Desember 2025 05.12.2025

Gauteng se onderwysdepartement sê ouers moet deels die blaam dra vir die skoleplasingskrisis. Kommer oor skietvoorvalle buite howe in die Kaapse-metro. Die vernuwing van die ANC in Johannesburg is hoog op die agenda by sy streekskonferensie. Eskom beplan om nog 'n kernkragsentrale op te rig.

Monitor 4 Desember 2025 04.12.2025

Die soektog na die tweede verdagte in die Baltimore-plaasmoord gaan voort, terwyl die eerste verdagte vandag weer in die hof sal verskyn. Suid-Afrika se wapenverkope aan die Verenigde Arabiese Emirate word as 'n gebrek aan behoorlike oorsig gesien. Nóg 'n parlementêre komitee word in die lewe geroep, dié keer op provinsiale vlak, teen bendegeweld in Kaapstad.

Monitor 3 Desember 2025 03.12.2025

Die ANC ontken 'n komplot om sy president te verwyder. Eben Etsebeth sal nog moet wag om te hoor wat sy straf is. Op Wêrelddag vir Mense met Gestremdhede praat ons oor die uitdagings.

Monitor 2 Desember 2025 02.12.2025

Inwoners van woonbuurte soos Westbury, Newclare en Bosmont in Gauteng betoog teen bendegeweld. Die parlement, op aandrang van die EFF, gaan 'n ondersoek na bendegeweld in Kaapstad begin. Ons praat oor kommunikasie tussen mense wat verskillende tale praat.

Monitor 1 Desember 2025 01.12.2025

Matrieks se 30 persent-slaagsyfer weer in die kollig. 'n Tropiese en ekstra-tropiese weerstelsel beïnvloed die land - 'n weerkundige verduidelik wat ons kan verwag. 'n Skerp toename in die dieselprys Woensdag.

Monitor 28 November 2025 28.11.2025

'n Neurochirurg by Tukkies ontwikkel 'n manier om kinderbreinsiektes beter te diagnoseer en bestuur. Kommer oor die verspreiding van al hoe meer waninligting, en die invloed wat dit op demokrasie het. ‘n Ekonoom waarsku teen Swart Vrydag.

Monitor 27 November 2025 27.11.2025

Parlementslede wil die voormalige bestuurshoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, agter tralies sien. President Cyril Ramaphosa gaan weens beweerde etiekoortredings ondersoek word. Die omstrede sakeman, Vusimuzi Cat Matlala, begin met sy getuienis oor polisiekorrupsie voor die parlement se ad hoc-komitee.

Monitor 26 November 2025 26.11.2025

Cat Matlala se regspan slaag nie daarin om sy getuienis vandag voor die parlementêre ad hoc-komitee uit te stel nie. Die G20-presidentskap word stil-stil aan die VSA oorhandig. Hoe haalbaar is versoeke dat leefstyloudits op senior polisielede gedoen word?

Monitor 25 November 2025 25.11.2025

Die korrupsiesaak teen 'n lid van die Valke en ’n Tembisahospitaal-beampte word tot volgende week uitgestel. Die Konstitusionele Hof sal vandag begin besin oor die afdwingbaarheid van die Menseregtekommissie se besluite. Die Tafelberg Nasionale Park skenk aandag aan die veiligheid van besoekers.

Monitor 24 November 2025 24.11.2025

Die G20-beraad wat in Johannesburg plaasgevind het, word as 'n sukses beskryf. 'n Twis tussen die DA-leier, John Steenhuisen, en voormalige minister Dion George, kan Steenhuisen se loopbaan kortknip. Geen plan teen fossielbrandstof word by die COP30-gesprekke in Brasilië aanvaar nie.

Monitor 21 November 2025 21.11.2025

Die Noordwes-sakeman, Brown Mogotsi, se getuienis voor die Madlanga-kommissie word weer betwis. 'n Daling in die repokoers word verwelkom. Die Withuis onderspeel Amerika se teenwoordigheid by die G20-beraad.

Monitor 20 November 2025 20.11.2025

Presies hóé klink die waarheid? Getuienisleiers by die Madlanga kommissie vra of Brown Mogotsi homself in 'n hoek verf. Omgewingsbewaringsgroepe skryf 'n ope brief aan president Cyril Ramaphosa oor die gebrek aan Suid-Afrika se verteenwoordiging by COP30, en Gautengse maatskappye wat pantservoertuie verhuur, kan nie byhou met die aanvraag te midde van die G20-beraad nie.

Monitor 19 November 2025 19.11.2025

Die Demokratiese Alliansie in George in die Wes-Kaap het 'n nuwe veelparty-koalisie-ooreenkoms aangegaan, wat hul leierskap in de raad verseker. Misdaad op die N2 in die Wes-Kaap is weer onder die vergrootglas, en die Ekurhuleni metro begin 'n ondersoek teen korrupsie.

Monitor 18 November 2025 18.11.2025

Die VSA weier blykbaar nou ook om die G20-verklaring te onderteken. Ons vra of dit die beraad se uitkoms sal verswak. Talle organisasies hou 'n beraad as teenvoeter vir die G20 onder die vaandel, We, the 99 percent... Kommer oor die vyf sluise wat gister by 'n propvol Vaaldam oopgemaak is.

Monitor 17 November 2025 17.11.2025

Die ANC ontken dat daar 'n poging is om sy president, Cyril Ramaphosa, uit die kussings te lig. Amerika se tariefkwytskeldings op talle landbouprodukte word wyd verwelkom. Ons praat met 'n ekonoom oor Standard & Poor's se besluit om Suid-Afrika se kredietgradering oor staatskuld te verhoog. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van die oudambassadeur en akademikus, dr. Franklin Sonn.

Monitor 14 November 2025 14.11.2025

Die Wes-Kaapse premier maak uiteindelik 'n verslag bekend oor die beweerde samewerking tussen die polisie en bendes. Hoe haalbaar is die voorstel dat ESKOM sukkelende munisipaliteite se kragverskaffing oorneem? Vandag, op Wêreld Diabetesdag, praat ons met 'n kenner oor die vroeë gevaartekens.

Monitor 13 November 2025 13.11.2025

Die Tesourie verwag dat Suid-Afrika se ekonomie effens stadiger sal groei. Die president bring veranderinge aan sy kabinet aan. 'n Vervoerkenner sê die Aarto-stelsel moet herroep word. Die regering wil 'n moratorium plaas op die indiening van mosies van wantroue in munisipale rade, waar daar nie 'n volstrekte meerderheid is nie.

Monitor 12 November 2025 12.11.2025

Die MK-party vra hulp om sy vasgekeerde lede in Oekraïne te bevry. 'n Nuwe entstof teen cholera word plaaslik ontwikkel. Ons bespreek vanmiddag se mediumtermyn-begrotingsraamwerk.

Monitor 11 November 2025 11.11.2025

Omgewingsaktiviste kritiseer die besluit om die leeftyd van Eenheid 2 van die Koeberg-kernkragstasie te verleng. Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders ondersoek die geestesgesondheid van onderwysers, te midde van klagtes van 'n swaar werkslading. 'n Herrie het losgebars oor die toekenning van tenders aan maatskapye vir die betekening van dagvaardings namens die Tshwane Metroraad.

Monitor 10 November 2025 10.11.2025

Talle vrae oor bewerings dat die China 'n halfmiljard rand spandeer om een van die weermagbasise op te knap. Ons bespreek die woelinge in die DA oor kabinetskuiwe. Duduzile Zuma-Sambudla vandag in die hof op aanklagte van aanhitsing tot terrorisme en openbare geweld.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.