RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 16 Janaurie 2026 16.01.2026

Dele in die noordooste van die land het vandeesweek reeds meer as 500 millimeter reën ontvang, met 'n Rooi Vlak 10-waarskuwing dat nóg swaar reën gaan val. Meer as 1 400 padsterftes oor die feestyd laat die vraag ontstaan: Hoe takel ons wetteloosheid op die paaie? SMS- en WhatsApp-bedrog is steeds die foefie van voorkeur – ‘n kenner vertel waarvoor jy op die uitkyk moet wees.

Monitor 15 Januarie 2026 15.01.2026

Reaksie op die minister van landbou se plan om bek-en-klouseer teen 2036 uit te roei. Sal die Kwazulu-Natalse polisiehoof, Nhlanhla Mkhwanazi se kontrak hernu word? Ons praat met ‘n polisiekenner. Duisende matrieks het met universiteitsvrystelling geslaag, maar plek in universiteite is beperk.

Monitor 14 Januarie 2026 14.01.2026

Ons bespreek skole se uitdagings in 2026 met twee onderwyskenners. Bye in dele van die Wes- en Oos-Kaap moet nou gevoer word, weens brandskade. Ons praat met Suid-Afrika se matriek-toppresteerder, Abigail Kok van George.

Monitor 13 Januarie 2026 13.01.2026

Die matriekklas van 2025 behaal die hoogste slaagsyfer ooit. 'n Effense daling in die matriekslaagsyfer van die Onafhanklike Eksamenraad. Ons praat met 'n paar uitblinkers van die 2025-matriekgroep. Die parlementêre ad hoc-komitee wil 'n aantal hoëprofiel getuies roep om oor polisiekorrupsie te getuig.

Monitor 12 Januarie 2026 12.01.2026

'n Oranje Vlak 9-waarskuwing vir aanhoudende swaar reën in die verre noordooste van die land. Berigte van hewige bloedvergieting in Iran, met ‘n dreigement van Amerika dat hulle sal inspring. Kritiek op Suid-Afrika se vlootoefening in Simonstad saam met Iran en Rusland.

Monitor 9 Januarie 2026 09.01.2026

Die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap waarsku inwoners van die Zwartenbosch-gebied om hulle huise onmiddellik te ontruim weens onbeheerde brande. Die hof se tersydestelling van 'n tender vir 'n nuwe rybewys-kaartmasjien, word verwelkom. Die dreigement van 'n komende oorlog in Europa word ernstig deur regerings opgeneem.

Monitor 8 Januarie 2026 08.01.2026

Hoe sal die VSA se oorname van Groenland die geopolitiek verander? Brande in die Mosselbaai-omgewing veroorsaak groot skade. Die EFF versoek dat studenteskuld afgeskryf word - OUTA reageer op dié voorstel.

Monitor 7 Januarie 2026 07.01.2026

Daar moet nog plek gevind word vir sowat 5 000 graad 1- en 8-leerders by skole in Gauteng. 'n Twis oor Suid-Afrika se beleid oor Amerika se aanval op Venezuela ontwikkel tussen die ANC en die Vryheidsfront Plus. Dele van Johannesburg sit sonder water weens herstelwerk wat gedoen word.

Monitor 6 Januarie 2026 06.01.2026

Suid-Afrika veroordeel die VSA se optrede in Venezuela - ons praat met 'n politieke ontleder. Gift of the Givers help met watervoorsiening in die Klein Karoo. 'n Groot daling in brandstofpryse om middernag, maar ekonome is bekommerd oor die sterk rand se impak op uitvoere.

Monitor 5 Januarie 2025 05.01.2026

Die Verenigde Nasies hou vandag 'n noodvergadering oor Amerika se aanval op Venezuela. Brandstofpryse daal vandeesweek. Twintigduisend mense word by die Kaapse karnaval in Groenpunt verwag.

Monitor 2 Januarie 2025 02.01.2026

Met verkiesings op hande, is politieke partye dit eens dat 2026 'n beslissende jaar vir demokratiese toesig en plaaslike regering in Suid-Afrika sal wees. Nooddienste in Nelson Mandelabaai is op hoë gereedheid te midde van die voortslepende brandgevare. Uitspraak in die Phala Phala-saak wat reeds in November 2024 aangehoor is, word steeds voorbehou.

Monitor 1 Januarie 2026 01.01.2026

President Cyril Ramaphosa lewer sy Nuwejaarsboodskap aan die land. Suid-Afrika se begrotingstekort styg met meer as R14 miljard - ons praat met ’n ekonoom. Die drama oor die Tweedenuwejaar-Klopseparade in Kaapstad verdiep.

Monitor 31 Desember 2025 31.12.2025

Die ANC het vanjaar 'n reeks wysigings aan sy grondwet voorgestel - ons sit dit uit een. Die Madlanga-kommissie hervat weer in Januarie - ons neem die getuienis tot dusver in oënskou. Die nuwe jaar is om die draai en die land se paaie gaan weer besig raak - ons praat met die verkeersowerhede.

Monitor 30 Desember 2025 30.12.2025

Moontlike brandstofprysverligting vir motoriste in die nuwe jaar. Vakbonde is onsteld oor die groot getal onderwysers wat glo betrokke is by die jongste matriekbedrog. Bafana Bafana het die uitklopfase van AFCON bereik - waar kan ‘n verdere verbetering in spelpeil vandaan kom?

Monitor 29 Desember 2025 29.12.2025

Die polisie in Gauteng soek steeds na ‘n groep gewapende transitorowers ná Saterdag se geweldadige tonele in Thokoza. Klopjagte in die Wes-Kaap lei tot die inhegtenisneming van minstens drie verdagtes in verband met bendegeweld op die Kaapse Vlakte. Rusland loods 'n rits nuwe aanvalle op Oekraïne se hoofstad kort voor gesprekke tussen die Amerikaanse president en die president van Oekraïne.

Monitor 26 Desember 2025 26.12.2025

Gautengse gesondheidsowerhede is bekommerd oor die getal tiener-ma's in die provinsie. Die feesseisoen is 'n bitter herinnering van verlies vir slagoffers van bendegeweld in die Wes-Kaap. Verkeersvolumes begin van vandag af weer toeneem. Ons praat met die onderskeie verkeersowerhede.

Monitor 25 Desember 2025 25.12.2025

Die nuusstorie wat vanjaar meer as enige ander op ons sosiale media-platforms afgelaai is, is die storie van die wegraping: die dag toe die musikant en prediker, Danie Botha, aan die wêreld verkondig het dat hy 'n boodskap ontvang het dat die wêreld teen 24 September 2025 sou vergaan. Ons hoor of Botha weer die Woord op dié manier sal verkondig. Ons bring ook vir jou stories oor spesiale kerstradi...

Monitor 24 Desember 2025 24.12.2025

Adjunkpresident Paul Mashatile beloof in sy Kersboodskap dat ekonomiese herstel in 2026 ‘n regeringsprioriteit sal wees. Gee die kabinet werklik uitvoering aan die Grondwet se opdrag om die lewensgehalte van alle burgers te verbeter? UNISA kap terug ná bewerings dat die universiteit se raad gekaap is.

Monitor 23 Desember 2025 23.12.2025

'n Terugblik oor die mynboutragedie in Stilfontein in Noordwes vroeër vanjaar, terwyl die onwettige mynboukrisis in Bapong ontvou. Dierewelsynsorganisasies sien 'n toename in weggooitroeteldiere tydens die feesgety. Die jongste nuus na nóg oorstromings in KwaZulu-Natal.

Monitor 22 Desember 2025 22.12.2025

Die motief vir die Bekkersdal-slagting waarin 9 mense doodgeskiet is, steeds onbekend. Nuwe navorsing wys dat laerskoolleerlinge wat grade herhaal, beter presteer as dié wat na 'n volgende graad bevorder word. Die MK-party het die afgelope twee jaar vriend en vyand verras, maar waarheen nou?

Monitor 19 Desember 2025 19.12.2025

'n Klopjag word op die gebou uitgevoer waar DJ Warras doodgeskiet is. Die Tuinroete ervaar 'n ernstige droogte. Die Weerdiens waarsku oor weersomstandighede vir die volgende twee maande.

Monitor 18 Desember 2025 18.12.2025

Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur wil nalatigheid in die konstruksiebedryf strafregtelik vervolg ná die ineenstorting van ‘n Hindoe-tempel by Verulam. Ons ontleed die Wes-Kaap se jongste misdaadsyfers. Teenstrydige berigte oor wat tydens 'n klopjag by 'n Amerikaanse vlugtelingsentrum in Johannesburg gebeur het.

Monitor 17 Desember 2025 17.12.2025

Talle mense is geskok oor die moord op die vermaaklikheidster, DJ Warras. Die presidensie sê hulle sal 'n Starlink-proses ondersteun, mits dit wettig is. 213 Ongelukke is sedert die begin van die feestyd aangemeld.

Monitor 16 Desember 2025 16.12.2025

Die premier van KwaZulu-Natal oorleef 'n wantrouemosie te midde van chaos in die wetgewer. Hoe versoen is Suid-Afrikaners? Wyle dr. Franklin Sonn vereer.

Monitor 15 Desember 2025 15.12.2025

Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê die regering het begin om met die boubedryf oor voldoening aan regulasies te praat nadat 'n tempel in Durban ineengestort het. Afriforum se bewering dat ten minste twee joernaliste deur die regering betaal word om die burgerregte-organisasie te diskretiteer, laat die wenkbroue lig. Die SAKP is onseker oor sy alliansie met die ANC. Australië se eerste...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.