RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 20 Februarie 2026 20.02.2026 50:55
President Ramaphosa verwerp oproepe om Swart Bemagtiging te skrap. President Trump stel 'n ultimatum aan Iran. China posisioneer homself as 'n groen supermoondheid. Zimbabwe skok vir Sri Lanka by die T20 wêreldbeker-toernooi.
Monitor 19 Februarie 2026 19.02.2026 48:39
Talle burgerregteorgansasies eis dat die waterkrisis in Gauteng tot 'n nasionale ramp verklaar word. Afriforum dagvaar die president oor die grondwetlikheid van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys dat die swart middelklas sedert 2012 betekenisvol gegroei het.
Monitor 18 Februarie 2026 18.02.2026 48:10
'n Beskuldigende vinger word na twee voormalige presidente gewys weens die versuim om apartheidsmisdade te vervolg. Ons praat oor die sogenaamde agterdeur-privatisering van Eskom. Huldeblyke stroom in ná die dood van die Amerikaanse burgerregteleier, eerwaarde Jesse Jackson.
Monitor 17 Februarie 2026 17.02.2026 49:37
Oos-Kaapse gemeenskappe voel afgeskeep nadat die president nie die ontplooiing van die weermag in bendegeteisterde gebiede in dié provinsie ingesluit het nie. Versoeke dat die regering die suikerreus, Tongaat Hulett, van ondergang red. Varkvleispryse styg weens bek-en-klouseer.
Monitor 16 Februarie 2026 16.02.2026 50:43
Staatsdiensvakbonde verwerp die mediese fonds, Gems, se skerp styging in sy jaarlikse premie. Johannesburg se waterprobleme duur voort, ondanks beloftes om watertoevoer teen gister te herstel. Vrystaat Landbou sê finansiële bystand aan boere is nou dringend nodig, nadat die bek-en-klouseer-uitbreking tot 'n nasionale ramp verklaar is. Suid-Afrika vra opnuut vir 'n skietstaking in Suid-Soedan.
Monitor 13 Februarie 2026 13.02.2026 48:24
Die Weermag gaan op die Kaapse Vlakte en in Gauteng ontplooi word om bendegeweld te help bekamp. Bek-en-klouseer is as nasionale ramp verklaar, en nou eis die Menseregtekommissie dat dieselfde oor watertekorte gebeur. Ons praat met die 20 jarige Kyla Reynecke van die vroue-Proteas oor haar ongelooflike prestasie teen Pakistan.
Monitor 12 Februarie 2026 12.02.2026 49:43
Politieke partye deel hulle verwagtinge van die staatsrede. Die Johannesburg Metro sê tegnici werk onverpoosd om die waternetwerk te stabiliseer, te midde van betogings oor langdurige wateronderbrekings. Die getuienis van die forensiese ondersoeker, Paul O'Sullivan, voor die parlementêre ad hoc-komitee onder die vergrootglas.
Monitor 11 Februarie 2026 11.02.2026 49:22
Die familie van 17 Suid-Afrikaanse mans wat in Oekraïne vasgekeer is, pleit dat Ramaphosa tussenbeide tree en help. Amerikaanse veghonde is in die spervuur nadat nog 'n persoon verskeur word. Bek-en-klouseer het moontlik nou ook na die Suid-Kaap versprei.
Monitor 10 Februarie 2026 10.02.2026 49:34
Die energiereguleerder, Nersa, keur skerp stygings in Eskom se kragtariewe toe. Die eerste vermoedelike geval van bek-en-klouseer is in die Noord-Kaap aangemeld. Ons vind uit of die president sy beloftes in sy vorige staatsrede oor die waterkrisis, gestand gedoen het.
Monitor 9 Februarie 2026 09.02.2026 52:36
Die sekretaris van die parlement, Xolile George, onder skoot oor 'n 70% salarisverhoging, en bewerings van wanadministrasie. R100 miljoen geoormerk om bek-en-klouseer in die Wes-Kaap hok te slaan. Met die jongste digitale slenter kry skurke direkte toegang tot jou banktoepassing op jou slimfoon.
Monitor 6 Februarie 2026 06.02.2026 49:06
Suid-Afrika word weer 'n fokuspunt vir internasionale solidariteit met die Palestyne. Die samestelling van brandstofpryse word bevraagteken, meer as 'n jaar nadat die regering spoedige optrede belowe het. Wetenskaplikes maak beswaar teen planne om haainette by KwaZulu-Natal se Club Med luukse ontspanningsoord aan te bring. Suid-Afrika se verhouding met dagga sal weer verander met nuwe regulasies w...
Monitor 5 Februarie 2026 05.02.2026 48:26
'n Ramptoestand is afgekondig weens die droogte en watertekorte in die Kaap-provinsies. Honderde studente word steeds ondersoek vir beweerde NSFAS-bedrog. Ons fokus op die DA-leier, John Steenhuisen, se nalatenskap nadat hy onbeskikbaar is vir nog 'n termyn.
Monitor 4 Februarie 2026 04.02.2026 49:35
DA-leier John Steenhuisen kondig na verwagting vandag aan dat hy nie aan die party se leierskapstryd sal deelneem nie. Die minister van Korrektiewe Dienste, dr. Pieter Groenewald, sê hy gaan 'n kommissie saamstel om die baie ongerymdhede by tronke in die Wes-Kaap te ondersoek. Die Bitou-munisipaliteit in Plettenbergbaai sal die oënskylike afvuur van 'n vuurwapen in die openbaar deur die adjunkburg...
Monitor 3 Februarie 2026 03.02.2026 50:40
Kripto-geldeenhede hou aan tuimel. Die brandstofprys daal om middernag. Die stand van die finansies van Gauteng se munisipaliteite onder die vergrootglas. 'n Boete kan nou opgelê word aan 'n werkgewer wat nie sy huiswerker se besering, wat aan diens opgedoen is, aanmeld nie.
Monitor 2 Februarie 2026 02.02.2026 49:54
Die leier van die EFF, Julius Malema, hoop om tronkstraf in sy vuurwapensaak te vermy. Die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Andy Mothibi, het gister die leisels oorgeneem. Suid-Afrika se vleilande is van die mees bedreigde ekostelsels in die land. 'n Bruin Suid-Afrikaner praat oor sy vlugtelingstatus in Amerika.
Monitor 30 Januarie 2026 30.01.2026 47:39
Die repokoers bly onveranderd - 'n ekonoom verduidelik hoekom ons nie verdere verligting kry as verbruikers nie. Al hoe meer onderwysers verlaat die beroep weens leerlinge se oneerbiedige en ongeskikte gedrag. Die aflas van Jeffreysbaai se beroemde branderplankkompetisie is 'n groot ekonomiese terugslag vir die streek.
Monitor 29 Januarie 2026 29.01.2026 45:40
Eskom versoek die energiereguleerder om 'n tussentydse kragtarief vir smeltermaatskappye goed te keur. Die stand van die ekonomie is onder die vegrootglas by die Kabinetslekgotla. Ons vra ‘n ekonoom of ons nog ‘n verlaging in die repokoers kan verwag. Die regering wil hê sy verbod op die plaagdoder, Terbufos, moet teen einde Februarie in werking tree.
Monitor 28 Januarie 2026 28.01.2026 47:52
Die March and March-beweging het 'n teenklag teen die polisie ingedien, nadat die staat 'n klag van openbare geweld teen dié beweging, die MK-party en Operasie Dudula aanhangig gemaak het. Die idee om KwaZulu-Natal se naam te verander, kry steun uit verskeie oorde, Onderhandelinge om die Nasionale Vryheidsparty binne die DA-IVP-ANC-koalisie in KZN te hou, is in 'n sensitiewe stadium.
Monitor 27 Januarie 2026 27.01.2026 48:17
Goeie nuus wink vir motoriste by die brandstofpomp. Die voortslepende kragonderbreking in Gqeberha ontwrig onderrig by skole. Finansiële instellings word gemaan dat daar teen hulle opgetree sal word indien hulle nie aan nuwe kubersekuriteitvereistes voldoen nie. Die F.W. de Klerk Stigting steun 'n versoek om die misdaadkrisis op die Kaapse Vlakte tot 'n provinsiale ramp te verklaar.
Monitor 26 Januarie 2026 26.01.2026 46:06
Vrae oor die weermag se beplande makietie van R370 miljoen. Terwyl universiteite net 'n fraksie van matrieks kan aanvaar, vra die motorbedryf dat matrikulante dié bedryf, waar personeeltekorte heers, oorweeg. Die DBV op Kariega sal dalk sy deure moet sluit.
Monitor 23 Januarie 2026 23.01.2026 49:01
'n Voorstel dat die leefstyl van staatsaanklaers ge-oudit word. Die staat glo hy het 'n sterk saak teen die taxibestuurder in die noodlottige skoolvervoerbotsing naby Vanderbiljpark. Voornemende studente word aangeraai om te verifieer dat kolleges geakkrediteer is voor hulle aansoek doen. Ons ontleed die uitslag van die onlangse tussenverkiesings.
Monitor 22 Januarie 2026 22.01.2026 48:55
President Trump se aanslag is sagter teenoor Europa by Davos. Vrystaat Landbou sê die staatsmonopolie oor die bek-en-klouseer-krisis moet opgeskort word. Die Wes-Kaapse regering maak desperate planne om Dag Zero oor 'n week in Knysna af te weer.
Monitor 21 Januarie 2026 21.01.2026 48:43
Gautengse munisipaliteite word gemaan om hulle waterverbruik met 40% te verminder. Kabinets- en parlementslede kry 'n salarisverhoging hoër as inflasie. 'n Megaboer in die Vrystaat, Nick Serfontein, gee sy insig oor die bek-en-klouseer-krisis.
Monitor 20 Januarie 2026 20.01.2026 49:26
Die dodetal in gister se gru-ongeluk by Vanderbijlpark styg tot 14. Die spanning tussen die VSA en Europa neem toe oor Groenland. SASSA waarsku dat toelaes vir asielsoekers en vlugtelinge fopnuus is.
Monitor 19 Januarie 2026 19.01.2026 50:09
Die oorstromings in vyf provinsies word tot 'n nasionale ramp verklaar. Die minister van verdediging las 'n ondersoek na Iran se deelname aan 'n BRICS-vlootoefening. Die Afrika Unie verwelkom die herverkiesing van Yoweri Museveni as die president van Uganda.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.