RSG

Monitor

News AF ↓ 4416 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Nov 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.7+ rating iOS soon

Episodes

Monitor: Hoekom het Reserwebank rentekoerse onveranderd gelaat? 24.07.2026

24 Julie 2026: 'n Ekonoom verduidelik die Reserwebank se onveranderde rentekoers-besluit. Ernstige vrae oor die integriteit, bekwaamheid en begrip oor die reg, van die hoof van die Ondersoek Direktoraat na Korrupsie. 'n Bek-en-klouseer-uitbreking onder wild in die Oos-Kaap.

Monitor: Meer as 70% van verbruikers ervaar finansiële stres oor hulle geldsake 23.07.2026

23 Julie 2026: Sommige parlementslede van die afsettingskomitee wil hê president Cyril Ramaphosa moet in persoon getuig. Nóg 'n repokoersverhoging blyk onafwendbaar te wees, nadat inflasie die hoogte in skiet. Finansiële stres onder jong mense is aan die toeneem.

Monitor: Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed 22.07.2026

22 Julie 2026: Die afsettingskomitee in die parlement begin met werksaamhede vandag, in weerwil van president Cyril Ramaphosa se dringende interdik om die komitee te stop. Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed - ons vind uit hoekom ons daarvoor val. Verskeie wetstoepassingsagentskappe voer klopjagte in die Noord-Kaap uit om handelaars van onveilige en onwettige produkt...

Monitor: Biefstuk kos 25% meer as ’n jaar gelede 21.07.2026

21 Julie 2026: Die hooggeregshof in Pietermaritsburg sluit die heropende ondersoek na die 1981-dood van die menseregteprokureur, Griffiths Mxenge. President Cyril Ramaphosa koppel 'n prys aan die nasionale waterkrisisplan. Politieke partye is bekommerd oor die Openbare Beleggingskorporasie.

Monitor: Geen radioaktiewe gevaar by Koeberg - Eskom 20.07.2026

20 Julie 2026: Eskom hou vol dat die radioaktiewe besmetting by Koeberg nie 'n gevaar vir die publiek inhou nie. 69 Mense vandag in hof ná gewelddadige betogings in Kouga in die Oos-Kaap. Dringende ingryping geëis in die kragkrisis in die Noord-Kaapse dorp, Koingnaas. Spanje kraai koning in die Sokker Wêreldbeker-toernooi.

Monitor: OUTA hof toe oor AARTO 17.07.2026

17 Julie 2026: OUTA bring 'n hofaansoek om die implementering van die tweede fase van AARTO op te skort. Nog 'n mosie van wantroue word teen die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro ingedien. Uitspraak in die president se hofaansoek om die afsettingskomitee se werk te staak, teen einde aanstaande week verwag.

Monitor: Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder 16.07.2026

16 Julie 2026: President Cyril Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder, en daarom wil hy dit stuit. Die regering verwerp bewerings dat die onlangse protesoptrede teen onwettige immigrasie Suid-Afrika van die res van die vasteland isoleer. Die minister van elektrisiteit se plan om die land se opwekkingskapasiteit te verdubbel, is vandeesweek herbevestig, maar hoeveel...

Monitor: Ramaphosa vandag hof toe om Phala Phala-afsettingskomitee te stop 15.07.2026

15 Julie 2026: Konsepwetgewing vir 'n enkele, onafhanklike regterlike gesag sal vroeg aanstaande jaar gereed wees. President Cyril Ramaphosa gaan vandag hof toe om die werksaamhede van die afsettingskommittee oor die Phala Phala-aangeleentheid te stop. Ons kyk na wat die Madlanga-kommissie se koste uiteindelik kan beloop, en vra of dit finansieel die moeite werd is.

Monitor: Nie een spoedkamera in Johannesburg werk nie 14.07.2026

14 Julie 2026: Geen van die spoedkameras in Johannesburg werk die afgelope sewe maande nie. Die Minister van Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê verdere gesprekke oor ministers wat met belangegroepe vergader. soos sy eie vergadering met Starlink. kan voordelig wees. Hoekom is honderde Afrikaners deur die Amerikaanse vlugtelingeprogram afgekeur? Nuwe navorsing wys hidrobreking vir skaliegas kan...

Monitor: Boere in Mpumalanga bekommerd oor vertragings met verspreiding van bek-en-klouseer-entstof 13.07.2026

13 Julie 2026: Boere se stryd teen bek-en-klouseer neem 'n nuwe wending. Inwoners van Oesterbaai en St. Francisbaai bekommerd oor 'n beplande kernkragstasie by Thyspunt. Die oorlog tussen Amerika en Iran vlam weer op.

Monitor: Hernieude kommer oor kunsmis- en brandstofpryse 10.07.2026

10 Julie 2026: Kommer oor kunsmis- en brandstofpryse weens die hernieude konflik in die Midde-Ooste. Voëlgriep vlam weer op langs die Wes- en Oos-Kaap se kus. Sestienduisend maatskapye wat versuim om werknemers se pensioenfondse oor te betaal, gaan vasgevat word.

Monitor: Skietstilstand tussen VSA en Iran wankel 09.07.2026

9 Julie 2026: Die skietstilstand tussen die VSA en Iran wankel. Hoeveel mense is nou al gerepatrieer, en watter hervormings in beleid sal volg? March and March vertel wat die plan is met vandag se eerste Donderdag-optog teen onwettige immigrasie. Suid-Afrika se ekonomiese aktiwiteit verlangsaam verder.

Monitor: Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite 08.07.2026

8 Julie 2026: Die Nasionale Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite. Minister Pieter Groenewald reageer op die MK Party se eis dat buitelandse gevangenes gerepatrieer word. Kommer oor die omstandighede waarin 350 soldate in Bloemfontein in kwarantyn gehou word.

Monitor: MRK vra regering om in te gryp met buitelanders wat in Kaapstad gestrand is 07.07.2026

7 Julie 2026: Die Menseregtekommissie vra die regering om in te gryp nadat minstens 600 buitelanders in Kaapstad gestrand is. Ons bespreek Ayanda Dlodlo se aanstelling as ambassabeur in Frankryk. Ongeloof oor FIFA se besluit om 'n verbod op 'n Amerikaanse doelskieter op te hef ná 'n telefoonoproep van president Trump - nie dat dit gewerk het nie, want Amerika was gister die laaste gasheerland om d...

Monitor: Europa steier onder hittegolwe en veldbrande 06.07.2026

6 Julie 2026: Kommer oor die humanitêre impak van die landwye protesoptrede teen ongedokumenteerde buitelanders. Europa en Brittanje steier onder die soveelste hittegolf dié somer, en verwoestende veldbrande. Luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi het presies 'n jaar gelede die land laat regop sit met sy bewerings: Was dit in die beste belang van Suid-Afrika?

Monitor: RNE is twee jaar oud 03.07.2026

3 Julie 2026: 'n Regter vonnis die Saunders-moordenaars lewenslank, en sê die motief bly 'n raaisel. Die Regering van Nasionale Eenheid is vandag twee jaar oud. Kan Nigerië vergoeding eis namens sy burgers wat gerepatrieer is? 'n Malawiër weier om die land sonder sy hond te verlaat.

Monitor: 80 000 Werksgeleenthede verlore in eerste kwartaal 02.07.2026

2 Julie 2026: AARTO-wetgewing is nou amptelik in werking in 62 munisipaliteite. Die Inkomstediens hoop om vanjaar sowat ses miljoen outo-assesserings te doen. Sowat 80 000 werksgeleenthede gaan in die eerste kwartaal van 2026 verlore.

Monitor: Betogings teen buitelanders voortaan elke Donderdag 01.07.2026

1 Julie 2026: Betogers sê hulle sal die veldtog teen ongedokumenteerde buitelanders voortsit, en voortaan elke Donderdag betoog. Talle besighede sluit hulle deure uit vrees vir onluste tydens die betogings. Wie en wat is agter die veldtog teen onwettige buitelanders?

Monitor: Maak seker dat almal in jou diens oor die regte dokumentasie beskik 30.06.2026

30 Junie 2026: Ons praat met 'n risiko-ontleder oor vandag se beplande optogte teen ongedokumenteerde buitelanders. Maak seker dat almal in jou diens oor die regte dokumentasie beskik. Op Wêreld Sosiale Media-dag val die kollig op die verspreiding van vals nuus.

Monitor: Sowat 15 000 Malawiese burgers wag op repatriasie 29.06.2026

29 Junie 2026: Die Departement van Binnelandse Sake en die Grensbestuurowerheid verwerk sowat 15 000 Malawiese burgers se repatriasie. Ernstige bewerings van korrupsie, finansiële wanbestuur en bedrog by openbare skole in Gauteng. Israel en Libanon sluit 'n ooreenkoms om wedersydse aanvalle te staak.

Monitor: Vusimuzi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms met die Staat 26.06.2026

26 Junie 2026: Ons praat met 'n regskenner oor Vusimuzi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms met die Staat. Die Amerikaanse ambassadeur se kritiek op Suid-Afrika se bande met Iran en China ontlok wye reaksie. Presies vier jaar ná die Enyobeni-tragedie, vra organisasies dat Suid-Afrika dringend na sy beleid oor alkoholgebruik moet kyk.

Monitor: Bafana Bafana deur na uitklopronde in Sokkerwêreldbeker 25.06.2026

25 Junie 2026: Bafana Bafana klop Suid-Korea 1 – 0, en pak Kanada Sondag in hulle eerste uitklopwedstryd in die FIFA Sokkerwêreldbeker. March and March en 26 burgerregtegroepe gee die versekering dat daar géén geweld sal wees op 30 Junie nie. Die ANC trek sy aansoek terug om deel te wees van die Phala Phala-hofsaak.

Monitor: Polisie waarsku weer teen misdadige optrede tydens teen-immigrasiebetogings 24.06.2026

24 Junie 2026: Die polisie waarsku weer teen misdadige optrede tydens Dinsdag se beplande teen-immigrasiebetogings. Ons praat met Jacinta Ngobese-Zuma van die teen-immigrasiebeweging, March and March, oor volgende week se verwagte betogings. Ons praat met 'n regsgeleerde oor die polisie se verbod op wapens by die betogings.

Monitor: 80% van nuwe geregistreerde kiesers is jonger as 30 23.06.2026

23 Junie 2026: Die parlement se afsettingskomitee vergader môre om sy werksaamhede voort te sit. te midde van 'n poging deur president Cyril Ramaphosa om die komitee te stop. Die Ngwathe-munisipaliteit, wat Parys, Vredefort, Koppies, Edenville en Heilbron insluit, is dalk binnekort onder administrasie. 80% van die 477 000 nuwe kiesers wat die afgelope naweek geregistreer is, is jonger as 30.

Monitor: Sommige boere bevraagteken John Steenhuisen se beplande skuif 22.06.2026

22 Junie 2026: Politici betreur die moord op 'n DA-kandidaat in Kaapstad én 'n ANC-raadslid in Nelson Mandelaaai. Vyfduisend ongedokumenteerde Malawiërs word deur Beitbrug gerepatrieer. Sommige boere bevraagteken waarom die DA die Minister van Landbou, John Steenhuisen, uit sy pos wil skuif.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.