RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 1 Mei 2026 01.05.2026 49:37
Die meeste politieke partye verwelkom die aankondiging van verkiesingsdag op 4 November. 'n Landswye staking teen buitelanders word vir Maandag 4 Mei beplan. Wat dien ons beter - Werkersdag of Entrepeneursdag? Die jongste verwikkelinge in die Midde-Ooste.
Monitor 30 April 2026 30.04.2026 48:31
Inwoners van Johannesburg hoop die nuwe Brixton-reservoir en -watertoring bring verligting vir droë krane. Die prys van Brent ru-olie skiet op tot bo $120 'n vat. Die Verkiesing-hervormingspaneel sê SA se kiesstelsel moet spoedig verander word.
Monitor 29 April 2026 29.04.2026 48:35
Die verlaging in die brandstofheffing word vir 'n maand verleng. Betogers by die Uniegebou eis 'n noodtoestand oor buitelanders. Solidariteit dwing Coca-Cola om 'n regstellende aksie-advertensie terug te trek. Die Verenigde Arabiese Emirate verlaat OPUL, wat as 'n groot slag vir dié kartel beskou word.
Monitor 28 April 2026 28.04.2026 50:43
Buitelanders word die skuld gegee vir 'n skietery by 'n restaurant in Johannesburg se middestad. Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê vandag oor verdere verligting in die brandstofprys. Die vonke sal na verwagting spat by die kernsperverdrag-onderhandelinge in New York.
Monitor 27 April 2026 27.04.2026 50:40
Gauteng se departement van onderwys word versoek om sy beplande aanlyntoelating vir graad R te hersien. Boontjie-oeste in Noordwes is dalk in gedrang weens die aanhoudende swaar reën. Die departement van kommunikasie en digitale tegnologie is onder skoot oor opgemaakte verwysings in sy konsepbeleid oor kunsmatige intelligensie. Meer besonderhede oor die Withuis-skieter en sy anti-Christen standpun...
Monitor 24 April 2026 24.04.2026 46:59
Sewe familielede in KwaZulu-Natal ontvoer en wreed vermoor. Reaksie op die voorlopige skorsing van die Nasionale Polisiekommissaris. Die eerste drietalige woordeboek (Kaaps, Afrikaans en Engels) word uiteindelik bekendgestel.
Monitor 23 April 2026 23.04.2026 46:38
Nóg 'n verdoemende verslag oor die stand van munisipale dienslewering, hierdie keer uit die Noord-Kaap. Die Minister van Elektrisiteit sê geen beurtkrag dié winter nie. Eiendom al hoe meer buite die bereik van jonger Suid-Afrikaners.
Monitor 22 April 2026 22.04.2026 48:46
Al hoe meer kenners sê die SAL moet toemaak of verkoop word. Talle ongerymdhede en vertragings in die ondersoek na die moorde op Cloete en Thomas Murray. Donald Trump verleng die skietstilstand, sonder ‘n aanduiding van nuwe samesprekings. Wie slaan munt uit die VSA se oorlog met Iran?
Monitor 21 April 2026 21.04.2026 50:05
Die saak teen die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie is tot Donderdag uitgestel. Ná meer as 'n jaar is daar geen aanduiding wanneer die beloofde lyfkameras vir polisielede beskikbaar sal wees nie. 'n Dodelike padwoedevoorval in Johannesburg plaas vuurwapens vir selfverdediging in die kollig.
Monitor 20 April 2026 20.04.2026 48:04
Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie verskyn vandag in die hof op aanklagte van bedrog, korrupsie en regsverydeling. Die Menseregtekommissie ondersoek die emmerstelsel in Noordwes, en die ineenstorting van basiese dienste in die Emfuleni Munisipaliteit. Hoekom is daar ‘n toename in malariagevalle en -sterftes in Gauteng.
Monitor 17 April 2026 17.04.2026 48:35
Die EFF-leier beledig die landdros nadat sy hom vyf jaar tronk toe stuur. 'n Regsgeleerde verduidelik hoe Julius Malema se appèlproses sal verloop, en 'n politieke kenner ontleed die EFF in die moontlike afwesigheid van Malema. Al hoe meer invloedryke regsgesindes in Amerika draai teen president Trump.
Monitor 16 April 2026 16.04.2026 47:43
Gemengde reaksie op Roelf Meyer se aanstelling as ambassadeur na die VSA. Action SA steek 'n stok in die wiel van ministers se luukse voertuie. Julius Malema word vandag gevonnis.
Monitor 15 April 2026 15.04.2026 48:44
Suid-Afrika kry 'n nuwe ambassadeur in Amerika. 'n Grondwetkenner sê om president Cyril Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging te plaas, is onverstandig en sal waarskynlik misluk. Hoe groot sal volgende maand se brandstofskok wees? 'n Suid Afrikaanse wetenskaplike is besig om die wêreld se vinnigste internet te bou.
Monitor 14 April 2026 14.04.2026 48:01
Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan rolspelers in die Life Esidimeni-tragedie vervolg - ons praat met die regsverteenwoordiger van die slagoffers se familie. 'n Sosiale media-kundige getuig hoe plasings deur Duduzile Zuma-Sambudla tydens die 2021-onluste bygedra het tot die geweld. President Donald Trump dreig om Iranese skepe te vernietig indien hulle naby die Amerikaanse blokkering van die Straa...
Monitor 13 April 2026 13.04.2026 49:30
Die DA se nuwe federale leier, Geordin Hill-Lewis, wil hê dié party moet die nasionale regering teen 2029 regeer. Sommige politieke partye eis die president se kop nadat die OPOD-verslag bekendgemaak is oor die diefstal op sy Phala Phala-plaas. Sakeliga nader weer die Konstitusionele Hof oor die regering se indiensnemingsteikens.
Monitor 10 April 2026 10.04.2026 48:55
Die drukgroep, DignitySA, nader die hof oor die grondwetlikheid van wetgewing wat mediese bystanddood kriminaliseer. 'n Vurige debat woed oor die voorgestelde wysigings aan die geskiedeniskurrikulum vir openbare skole. Die DA wil sy federale kongres gebruik om beleid oor regeerkunde en dienslewering te verfyn.
Monitor 9 April 2026 09.04.2026 51:01
Ministers se prestasie-ooreenkomste is steeds nie afgehandel nie. Suid-Afrika ontvang die eerste besending van die MIV-voorkomingsmiddel, Lenacapavir. Die hersiening van die meganisme waarvolgens die regering die brandstofprys bepaal, sal eers volgende jaar voltooi word. Wat beteken die hersluiting van die Straat van Hormuz vir die vredesamesprekings tussen die VSA en Iran.
Monitor 8 April 2026 08.04.2026 49:53
Die VSA en Iran sal nou gereed maak vir onderhandelinge, terwyl Israel sê die skietstaking het niks met hulle uit te waai nie. Nuwe wetgewing stel ’n een-persent drempel vir politieke partye voor om 'n setel in 'n munisipale raad te kry. Die ontplooiing van die Weermag in die noordelike voorstede van Gqeberha word verwelkom. Die Departement van Binnelandse Sake wil 'n digitale identiteitsdokument...
Monitor 7 April 2026 07.04.2026 50:01
Meer motoriste is die Paasnaweek vir dronkbestuur in hegtenis geneem, as in dieselfde tydperk verlede jaar. Die Noord-Kaapse regering oorweeg dit om die Sol Plaatje-munisipaliteit onder administrasie te plaas. Die onderwysersvakbond, NAPTOSA, is bekommerd oor toenemende gevalle van afpersing by skole. Hoe belangrik is die Artemis 2-maansending se prestasie vir ruimtevaart?
Monitor 6 April 2026 06.04.2026 51:50
Die bus vol ongedokumenteerde buitelanders, waaronder 12 kinders, wat in die Vrystaat voorgekeer is, laat owerhede kopkrap. Polisiebeamptes moet korrupte kollegas ontmasker, sê ’n kenner. Eiendomspryse in Kaapstad word te duur vir gewone mense. Donald Trump waarsku: Môre is D-dag vir die oorlog in Iran.
Monitor 3 April 2026 03.04.2026 49:17
Die kabinet sê hy is “gewalg” deur die onlangse kroning van 'n Nigeriese koning in KuGompo in die Oos-Kaap. Ons praat oor vragvervoerkoste wat na verwagting skerp sal styg. 500 Mense is reeds aan die begin van die Paasnaweek vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Monitor 2 April 2026 02.04.2026 50:30
'n Belangrike strafsaak teen die taximafia kan 'n draaipunt in die stryd teen hierdie soort georganiseerde misdaad wees. Die premier van Gauteng maak veranderinge aan sy provinsiale kabinet, wat lei tot ‘n heel eerste kabinetspos vir die EFF. Die JSE skort handel op in effekte van Johannesburg.
Monitor 1 April 2026 01.04.2026 50:31
Verbruikers word gedeeltelik teen hoë brandstofprysstygings verskans, maar nie almal glo dit is 'n goeie ding nie. Nuwe regulasies oor tienerswangerskappe word gepubliseer. Ons praat oor die tragiese geval van 'n skoolmeisie wat deur 'n dwaalkoeël gedood is, en die gesloer om geregtigheid vir haar familie te kry.
Monitor 31 Maart 2026 31.03.2026 51:21
Suid-Afrikaners hoop die regering gryp in teen skerp brandstofprysverhogings. Gemoedere loop hoog onder Suid-Afrikaners by 'n optog teen die kroning van die Nigeriese koning in KuGompo-stad, of Oos-Londen. Ons praat met 'n ontleder oor die WVK-hofuitspraak teen twee oud-presidente.
Monitor 30 Maart 2026 30.03.2026 49:38
ActionSA wil sy voetspoor in die Wes-Kaap vergroot onder die leiding van Dereleen James. Twee ANC-kieskonferensies verkies nuwe leierskap te midde van hofstryde. Nog 'n termyn vir die KZN-polisiehoof, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.