RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor: Inwoners langs Krommerivier moet ontruim 05.06.2026 47:26
5 Junie 2026: Inwoners langs die Krommerivier in die Oos-Kaap versoek om dringend hulle huise te ontruim. ‘n Nie-regeringsorganisasie wil R279 miljoen se Suid-Afrikaanse wapenuitvoere na Amerika keer. ‘n Kenner waarsku teen 'n nuwe sosiale media-tendens wat gevaarlike gevolge kan inhou.
Monitor: Uitleweringsprosedures begin vir Mosambieke verdagtes in die moord op egpaar in Krugerwildtuin 04.06.2026 47:44
4 Junie 2026: Samewerking tussen Suid-Afrika en Mosambiek was die sleutel tot die inhegtenisneming van twee verdagtes vir die moord op 'n egpaar in die Krugerwildtuin. Uitleweringsprosedures begin nou sodat hulle hier tereg kan staan. Johannesburg se finansies word as 'n 'gruwelvertoning' beskryf. Ons hoor wat die jongste in die Kougastreek is waar sekere inwoners gevra is om te ontrium weens oors...
Monitor: Polisiekommisaris in Mosselbaai ná xenofobiese geweld 03.06.2026 45:43
3 Junie 2026: Die waarnemende nasionale polisiekommisaris lê vanoggend besoek in Mosselbaai af ná die naweek se xenofobiese geweld. Gauteng se Departement van Maatskaplike Dienste gaan befondsing aan nie-regeringsorganisasies staak, wat buitelandse burgers as maatskaplike werkers in diens neem. Die Wes-Kaap maak gereed vir nog 'n rondte stormweer.
Monitor: Nóg gure weer op pad 02.06.2026 49:02
2 Junie 2026: Nóg gure weer op pad na die Oos- en Wes-Kaap. Die afleggingskomitee wat moet bepaal of president Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging geplaas moet word, bereik 'n eerste mylpaal. Gemeenskappe word aangemoedig om die stilte oor kindermishandeling en -verwaarlosing te verbreek.
Monitor: Politieke partye wil immigrasiestelsel hersien 01.06.2026 49:45
1 Junie 2026: Politieke partye in die parlement sê Suid-Afrika se immigrasiestelsel moet hersien word. 'n Raad van Linksgesinde Bewegings is amptelik gestig. Kiesers in Ethiopië trek hulle kruises te midde van voortslepende konflik.
Monitor: Reserwebank verhoog rentekoerse vir eerste keer in drie jaar 29.05.2026 48:08
29 Mei 2026: Die repokoers styg vir die eerste keer in drie jaar. Geweldsmisdaad neem af in die Wes-Kaap. 'n Mosie is ingedien vir die aanstelling van 'n onafhanklike paneel om die Nelson Mandelabaai-metro se voortslepende waterkrisis te ondersoek.
Monitor: Johannesburgers gaan hoes vir dienste 28.05.2026 46:32
28 Mei 2026: Skerp tariefstygings vir inwoners van Johannesburg. Die polisie in Kimberley stop klopjagte op sakeondernemings van buitelanders. 'n Seniorbevelvoerder van Oekraïne se verdedigingsmag sê Rusland is uitgeput - ons praat met 'n militêre kenner.
Monitor: ESKOM en Johannesburg bereik ooreenkoms oor skuld 27.05.2026 49:11
27 Mei 2026: Sommige politieke partye beskryf president Ramaphosa se hersieningsaansoek as vertragingstaktiek. Bykans 40% van die bevolking ontvang maatskaplike toelaes. ESKOM en Johannesburg bereik 'n ooreenkoms.
Monitor: Betogers plunder buitelanders se winkels in Bloemfontein 26.05.2026 48:38
26 Mei 2026: Honderde betogers plunder buitelanders se winkels in Rocklands buite Bloemfontein. 'n Oorwinning vir boere in die bek-en-klouseer-sage. Statistiek wys korrupsie in Suid-Afrika vier steeds hoogty.
Monitor: Ghanese staan tou om gerepatrieer te word 25.05.2026 50:45
25 Mei 2026: Burgers van Ghana staan tou om gerepatrieer te word na hulle geboorteland in Wes-Afrika. Die polisie gaan voort met hulle ondersoek na die moord op twee toeriste in die Krugerwildtuin. Koalisievennote sal ná die November-verkiesing 'n ooreenkoms moet onderteken om vir 'n bestendige regering te sorg.
Monitor: Roelf Meyer optimisties oor taak wat vir hom in VSA voorlê 22.05.2026 49:47
22 Mei 2026: Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Washington, Roelf Meyer, is optimisties oor die taak wat vir hom voorlê. Die EFF sê Suid-Afrika se karige verdedigingsbegroting is 'n doelbewuste aftakeling van die land se verdedigingsvermoë. Motoriste staan voor 'n krisis met die papier vir motorlisensieskywe, wat skynbaar opgeraak het.
Monitor: Johannesburg wil nie-strategiese bates verkoop om skuld te delg 21.05.2026 50:13
21 Mei 2026: Johannesburg wil ontslae raak van nie-strategiese bates om skuld te delg. Action SA eis antwoorde nadat die polisiediens twee lede van die presidensiële beskermingseenheid in die Phala Phala-sage vrygespreek het. Die stygende brandstofprys lei tot hoër inflasie in April. Nog ‘n gouemedalje vir Suid-Afrika op internasionale vlak, maar dit het niks met sport uit te waai nie.
Monitor: Eskom dreig om Johannesburg se krag af te sny 20.05.2026 49:36
20 Mei 2026: Die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf versoek dringende rampverligting vir produsente wat deur die oorstromings in die Wes-Kaap geraak is. Eskom dreig om die kragtoevoer in Johannesburg te onderbreek weens agterstallige skuld, maar dit is nie die enigste munispaliteit in hierdie posisie nie. Iran sê hy het nog talle verrassings vir die VSA indien Amerika hom weer aanval.
Monitor: Wes-Kaap vra regering om ramp te verklaar ná vloede 19.05.2026 49:13
19 Mei 2026: Die Wes-Kaapse regering gaan die kabinet vra om 'n ramp te verklaar ná verlede week se oorstromings. Openbare skole in Gauteng met agterstalige munisipale skuld staar krag- en wateronderbrekings in die gesig. Nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld, terwyl nog entstofdosisse in die land aankom.
Monitor: Kommer oor 'n Super El Niño later vanjaar 18.05.2026 49:49
18 Mei 2026: Parlementslede krap kop oor die berugte Phala Phala-rusbank. Soos sake nou staan, lê 'n welkome daling in die dieselprys voor. Kommer oor die impak van 'n El Niño en selfs ‘n Super El Niño later vanjaar.
Monitor 15 Mei 2026 15.05.2026 50:06
Politieke partye reageer op minister Sisisi Tolashe se afdanking. Ons praat ook met die DA se federale leier Geordin Hill-Lewis hieroor. Oudpresident Jacob Zuma appeleer teen 'n hooggeregshofuitspraak wat poog om 'n einde aan die gesloer in sy wapentransaksie-korrupsiesaak te bring. Die MK, EFF en ATM verlaat die Nasionale Vergadering voor president Ramaphosa vrae beantwoord.
Monitor 14 Mei 2026 14.05.2026 49:49
Suid-Afrika bestee R60 miljoen per jaar om onwettige buitelanders te deporteer, net om te sien hoe talle weer terugkeur. ActionSA maak 'n strafsaak oop teen die president. Vragvervoer word 'n knou toegedien weens slegte weer en verspoelde paaie.
Monitor 13 Mei 2026 13.05.2026 50:57
Talle gemeenskappe in die Oos- en Wes-Kaap is steeds van die buitewêreld afgesny. Inwoners van Johannesburg kan verwag dat die stad mettertyd donker sal word soos straatligte een na die ander afgesit word. SanParke begin 'n soektog na die jaagduiwel van die Krugerwildtuin.
Monitor 12 Mei 2026 12.05.2026 40:16
Reaksie op en ontleding van president Cyril Ramaphosa se toespraak gisteraand. Die eerste stappe om 'n komitee saam te stel wat Ramaphosa se bevoegdheid as president sal bepaal, en opruimingswerk in die Wes-Kaap word belemmer deur stormweer wat voortduur.
Monitor 11 Mei 2026 11.05.2026 49:34
'n Nasionale ramp is in ses provinsies geklassifiseer weens die oorstromings, terwyl nóg 'n kouefront die Wes-Kaap tref. Twee politieke partye bring aansoeke om 'n mosie van wantroue teen die president. Nog 'n kandidaat tree amptelik toe tot die stryd om die burgemeesterskap van die Tshwane Metro.
Monitor 8 Mei 2026 08.05.2026 48:52
President Cyril Ramaphosa sê hy sal die uitspraak van die Konstitusionele Hof oor die Phala Phala-ondersoek eerbiedig. Betogings teen onwettige immigrante word die sentrale tema by 'n kabinetsvergadering. Oos-Kaapse damme oorstroom ná stormweer.
Monitor 7 Mei 2026 07.05.2026 48:32
Is die Johannesberg-metro bankrot? Stormweer in die Wes-Kaap eis minstens een lewe in die Knysna-omgewing. Twee agtereenvolgende rentekoersverhogings word weens inflasie-onsekerheid voorspel.
Monitor 6 Mei 2026 06.05.2026 47:57
Munisipaliteite in die Tuinroete en Klein Karoo-streke van die Wes-Kaap maak gereed vir ’n vlak 8-storm, wat swaar reën, sterk wind en gevaarlike seetoestande sal meebring. Ons praat met die prokereur van LP Fadiel Adams, wat gister in hegtenis geneem is vir regsverydeling. Die eerste fase van 'n grondwetlike aanslag op die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering duur voort. Aartappelboere is beko...
Monitor 5 Mei 2026 05.05.2026 47:39
NSFAS onder administrasie geplaas weens swak bestuur en wanadministrasie. Wes-Kaap-rampbestuur staal hom vir 'n Vlak 8 en verskeie vlak 6-waarskuwings. Spanning neem toe in die Straat van Hormoes. Aakteurs wat met kunsmatige intelligensie geskep is, en draaiboeke deur KI, mag nie meer vir die Oscars benoem word nie.
Monitor 4 Mei 2026 04.05.2026 47:38
Die polisie wag op die uitslag van DNS-toetse nadat menslike oorskot in die maag van 'n krokodil naby Komatipoort gevind is. Die polisie glo die Mazwi Khubeka-ontvoeringsaak kan tot 'n veel groter misdaadsindikaat lei. Die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir menseregte, Volker Türk, beskou mediavryheid soos die suurstof, wat 'n vry en regverdige samelewing nodig het om te oorleef. Ons vra of d...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.