RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor: Koalisieregerings vir Gauteng se drie groot metro’s 06.11.2026 48:50
6 November 2026: Die ANC se steun hou aan om te kwyn; koalisieregerings blyk die voorland te wees vir Gauteng se drie groot metro’s. Ons praat met Hellen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat vir die Goudstad. Action SA maak geskiedenis in die Karoo.
Monitor: Die verkiesings in SA en die VSA is verby - wat nou? 05.11.2026 48:42
5 November 2026: Ons hoor by die OVK hoe die verkiesing verloop het en hoe die tellery vorder. Wat sal nou in Amerika gebeur ná die Demokrate se geskiedkundige oorwinning in die middeltermyn-verkiesing.
Monitor: Dit is stemdag 04.11.2026 48:53
4 November 2026: Stembusse maak oor minder as 'n uur oop in die plaaslike regeringsverkiesing. Kommer oor werksverliese in die landbousektor nadat Suid-Afrika uit AGOA geskop is. Dit lyk of die Demokrate die Huis van Verteenwoordigers van die Republikeine in die middeltermynverkiesing in Amerika kan wegrokkel. 'n Fliek vir die eerste keer sedert 2013 in Suid-Afrika verban.
Monitor: SA uit AGOA geskop 03.11.2026 49:33
3 November 2026: Amerika se weglating van Suid-Afrika uit die AGOA-handelsprogram, ontlok wye reaksie. Meer as 200 stemlokale in Kaapstad het gister laat geopen. Die Menseregtekommissie maak sy verslag oor die waterkrisis in Johannesburg bekend.
Monitor: Vyf verdagtes môre in hof oor Donovan Marx-plaasaanval 02.11.2026 48:28
2 November 2026: Vyf verdagtes sal na verwagting môre in die hof verskyn in verband met die Donovan Marx-plaasaanval. Sowat 2,6 miljoen mense kan vandag en môre spesiale stemme uitbring. 'n Honderd jaar gelede is die aktivis Emily Hobhouse met 'n staatsbegafnis in Bloemfontein vereer.
Monitor: Kaapstad verskerp veldtog teen taxigeweld 30.10.2026 46:22
30 Oktober 2026: Die polisie en die Kaapstad-metro verskerp hulle veldtog teen taxigeweld. Parlementslede eis deursigtigheid oor die Iran-vlootherrie. 'n Back-A-Buddy-veldtog om die 53-jarige Sydney Hill wat 'n motorkaper in KwaZulu-Natal geskiet het, te ondersteun, staan op meer as R425 000.
Monitor: Suid-Afrikaners reis minder plaaslik, maar spandeer meer 29.10.2026 42:57
29 Oktober 2026: Suid-Afrikaners reis minder binne die landsgrense, maar spandeer meer op hulle reise. Meiringspoort sal betyds oop wees vir motoriste wat dié feestyd kuswaarts reis. Betree Suid-Afrika 'n nuwe era van vroueleierskap? Ons bespreek drie prominente vrouepolitici met ontleders.
Monitor: Tesourie beplan om brandstofheffings permanent te skrap 28.10.2026 44:43
28 Oktober 2026: 'n Nuwe varsproduktemark in Mpumalanga wil 150 000 kleinskaalse en opkomende boere direkte toegang tot formele handelsmarkte gee. Duduzile Zuma-Sambudla gaan aansoek om ontslag doen, nadat die staat sy onrus-saak in Durbanse Hooggeregshof sluit. Die jongste oor Israel se verkiesing.
Monitor: Gevalle van maagdermontsteking in Bronkhorstspruit neem toe 27.10.2026 47:31
27 Oktober 2026: Die aantal maagdermontsteking-gevalle in Bronkhorstspruit styg tot 833. Die voormalige Vlakplaas-bevelvoeder sê die NVG het versuim om sy werk te doen. Wat lok swart kiesers na die Vryheidsfront Plus? Ons praat met die party se leier en 'n ontleder.
Monitor: Parlement eis optrede oor waterkrisis in Tshwane 26.10.2026 46:15
26 Oktober 2026: Die polisie loof 'n beloning uit ná 'n skietvoorval in Lavender Hill op die Kaapse Vlakte. Die parlement eis optrede oor die waterkrisis in die Tshwane-metro. Boere in Limpopo lei groot finansiële verliese weens die uiters swak toestand van die R572-pad.
Monitor: Witskrif oor plaaslike regering bekendgemaak kort voor verkiesing 23.10.2026 51:33
23 Oktober 2026: Die regering stel die finale hersiene witskrif oor plaaslike regering bekend. 'n Belangrike bedrogsaak waarby spioene betrokke is, sal in die openbaar gehou word. Die Minister van Finansies reageer skerp op beskuldigings dat die verligting in brandstofheffings 'n politieke set is om stemme te werf.
Monitor: Effe verligting vir motoriste 22.10.2026 52:15
22 Oktober 2026: Effe verligting vir motoriste. Politieke partye reageer uiteenlopend op die mediumtermyn-begrotingsraamwerk. Die polisie is op soek na rekrute uit minderheidsgroepe.
Monitor: Sal die minister van finansies brandstofprysverligting aankondig? 21.10.2026 51:52
21 Oktober 2026: Motoriste hoop dat die minister van finansies verligting by die brandstofpomp sal aankondig. Kritiek teen die stiging van die Rooivleisforum. Ons vind uit watter stappe die regering sal neem, nadat talle inwoners in die Bronkhorstspruit-omgewing maag- en dermsiektes opgedoen het.
Monitor: Mbeki ontken inmenging in vervolging van WVK-sake 20.10.2026 48:50
20 Oktober 2026: Oudpresident Thabo Mbeki ontken inmenging in die vervolging van die Waarheid- en Versoeningskommissie-sake. Wat wil die Vryheidsfront Plus bereik met sy dispuut in die RNE oor AGOA.'n nuwe boek vertel Roelf Meyer se politieke- en lewensverhaal.
Monitor: Wat is Trump se doel met opskorting van Rusland-sanksies? 19.10.2026 48:52
19 Oktober 2026: November se SASSA-uitbetalings gaan vroeër plaasvind. Net vyf van die Ekurhuleni-metro se 37 swembaddens in 'n werkende toestand. Wat voer president Trump in die mou met die opskorting van sanksies teen Rusland?
Monitor: Nóg ’n skerp styging in brandstofprys? 16.10.2026 49:53
16 Oktober 2026: Die OVK sê hy sal die Konstitusionele Hof se bevel oor kandidaatlyste uitvoer. Nog 'n skerp styging in die brandstofprys voorspel. Miljoene Suid-Afrikaners ly honger, maar wat doen die regering aan dié probleem? Ons praat met die Minister van Landbou, Willie Aucamp.
Monitor: PAGAD se herverskyning op die Kaapse Vlakte 15.10.2026 49:02
15 Oktober 2026: 'n Verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die skietery in Katlehong aan die Oos-Rand wat die lewens van vier lede van die ANC-jeugliga geëis het. Ons praat met die polisie se voormalige misdaadintelligensie-operateur, David Africa, oor die herverskyning van PAGAD op die Kaapse Vlakte. Rioolwater in Hartebeespoortdam wek opnuut kommer.
Monitor: Nasionale Verbruikerskommissie onder skoot oor telebemarkerriglyne 14.10.2026 49:12
14 Oktober 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie se riglyne om telebemarkers te beheer, kom onder skoot. Die regering se pogings om met landsburgers te kommunikeer word dikwels deur waninligting gefrustreer - ons praat met 'n adjunk direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel-afdeling hieroor. City Power in Johannesburg tree teen die sindikate op agter onwettige elek...
Monitor: Tshwane-burgemeester sê stad se finansiële situasie is omgekeer 13.10.2026 50:27
13 Oktober 2026: Tshwane se burgemeester beweer dat die stad sy finansiële situasie omgekeer het. Die adjunk nasionale polisiekommisaris se bedanking behoort nie die einde van verantwoordbaarheid te wees nie, sê die parlementere polisiekomitee. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor aansoeke aan deur die EFF en 'n ander party oor die artikel 89-komitee se besluit om die aanbeveling van advokaat Thandaz...
Monitor: Matrieks begin met hulle finale eksamen 12.10.2026 49:03
12 Oktober 2026: Meer as 'n miljoen matrikulante sal van vandeesweek af in die finale eksamen pen op papier sit. Asielaansoeke deur buitelanders sal na verwagting van 10 November af weer verwerk word. Spanning laai op binne die Regering van Nasionale Eenheid oor die ANC se hantering van betrekkinge met Amerika.
Monitor: Gewelddadige onluste teen migrante in talle stede 09.10.2026 50:49
9 Oktober 2026: Gewelddadige onluste teen migrante breek uit in Durban, Gqeberha en Soweto in Johannesburg. Druk uit talle oorde vir 'n brandstofprysverliging - ons praat met 'n ekonoom oor wat die regering kan doen. In Geestesgesondheidsmaand val die fokus vandag op aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom.
Monitor: Ian Cameron gaan identiteit van seksuele oortreders bekendmaak 08.10.2026 49:56
8 Oktober 2026: Die voorsitter van die polisieportefeuje-komitee, Ian Cameron, gaan sélf die identiteite van seksuele oortreders bekendmaak. Volgens 'n Konstitusionele hof-beslissing mag niemand weggewys word wat om asiel wil aansoek doen nie, maar hoe strook dit met ongedokumenteerde buitelanders wat die land moet verlaat? 'n Nuwe webportaal maak dit moontlik om alle ongebruikte staatsgrond en -e...
Monitor: Plaasmoord in Noordwes wyd veroordeel 07.10.2026 48:05
7 Oktober 2026: 'n Plaasmoord naby Ottosdal in Noordwes word wyd veroordeel. Die Dierebeskermingsvereniging lê misdaadklagte teen polisiebeamptes betrokke by die dood van die polisiehond, Sky. Hoe baat die onwettige brandstofbedryf by die hoë brandstofprys? Ons praat met 'n kenner oor brandstofskelms se foefies.
Monitor: Pleidooie vir brandstofprysverligting 06.10.2026 48:03
6 Oktober 2026: Met hemelhoë brandstofprysverhogings vanaf middernag, rig politieke partye en vakbonde 'n dringende versoek vir prysverligting. Kommer oor 'n ten-alle-koste-wen mentaliteit in skolesport. 'n Groot internasionale toekenning vir die Suid-Afrikaanse kunstenaar Zanele Muholi.
Monitor: Die Weermag bestee miljarde aan private huurvlugte 05.10.2026 48:53
5 Oktober 2026: Die Weermag bestee bykans R4,2 miljard aan private huurvlugte. Iran sê die Straat van Hormoes bly gesluit tot die VSA aan sewe voorwaardes voldoen. ’n Herrie dreig oor die Minister van Polisie en sy voorganger se jaarlikse gesamentlike salaris.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.