RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 17 September 2020 - Deel 1 17.09.2020 39:34
AfriForum pak grondonteiening sonder vergoeding in die hof oor wat hulle as 'n gebrekkige konsultasieproses beskryf. En wetenskapjoernaliste sê hulle kan nie 'n stem aan sogenaamde kwaksalwery gee nie.
Monitor 16 September 2020 - Deel 2 16.09.2020 47:57
Ons vra waarom die ANC nou onderneem het om die koste van sy party-afvaardiging se besoek aan Zimbabwe met 'n lugmagvliegtuig, te betaal. En ons vra hoe die parlementêre proses nou eintlik werk as dit kom by die goedkeuring van wetgewing.
Monitor 16 September 2020 - Deel 1 16.09.2020 43:17
Boere van Klipplaat in die Oos-Kaap kry broodnodige droogtehulp. Die seiljagvaarder en argitek, Gawie Fagan, word onthou vir sy bydrae tot die Wes-Kaapse argitektuur- en erfenislandskap. Ons plaas die fokus op boeliery, en vra hoe ouers hulle kinders daarteen kan beskerm.
Monitor 15 September 2020 - Deel 2 15.09.2020 47:26
Daar gaan elke jaar sowat 278 miljard ton se ys verlore in Groenland. Die Wêreld Meteorogiese Organisasie het dit onlangs bevestig. Die drukgroep Equal Education soek statistiek oor skoolmaaltye. Die Suid-Afrikaanse regering reageer op berigte dat Iran die Amerikaanse ambassadeur in Pretoria om die lewe wil bring.
Monitor 15 September 2020 - Deel 1 15.09.2020 40:19
'n Afvaardiging van Limpopo-LUR'e besoek die familie van Lizette en Hettie Deacon, wat verlede week buite Polokwane vermoor is. Die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika is skynbaar besig om soos slegte weer oor te trek.
Monitor 14 September 2020 - Deel 2 14.09.2020 47:55
Steek daar waarheid in die waarskuwings dat Suid-Afrika se ekonomie teen 2030 ineen kan stort? Die Durban filmfees word weens Covid-19 aanlyn aangebied.
Monitor 14 September 2020 - Deel 1 14.09.2020 44:57
Die minister van vervoer sê Suid-Afrika se internasionale grense moet oopmaak sodat die ekonomie kan groei. Plaaslike munisipaliteite word glo só sleg bestuur dat selfs samesmeltings hulle nie sal kan red nie.
Monitor 11 September 2020 - Deel 2 11.09.2020 45:15
Organisasies en individue van 60 lande eis optrede teen China deur die Verenigde Nasies. Intussen vlieg Sjinese vegvliegtuie oor Taiwan, wat die spanning in die Taiwan Seestraat aansienlik verhoog. Die langverwagte Disney-treffer, Mulan, is pas in rolprentteaters vrygestel. Leon van Nierop verduidelik of dit die lang wag werd was.
Monitor 11 September 2020 - Deel 1 11.09.2020 37:46
Toerisme-instellings op Beaufort-Wes is swaar getref deur die nasionale inperking. Wysigings aan die kieswet word binnekort in die parlement ter tafel lê, wat die weg kan baan vir elektroniese stemming. Die Universiteit Stellenbosch doen navorsing oor nuwe tuberkulose diagnostiese en genetiese toetse. En 'n paneel van menseregtekenners het 'n spesiale verslag oor die stand van menseregte in Jemen...
Monitor 10 September 2020 - Deel 2 10.09.2020 45:14
Die algemene sentiment oor die huidige sakemilieu is steeds negatief. Suid-Afrika sak ook verder af op die rangleer van die wêreld ekonomiese vryheidsverslag. Strande in Kaapstad word skoongemaak ter viering van Internasionale kusopruimingsdag, en jy kan ook hierby betrokke raak.
Monitor 10 September 2020 - Deel 1 10.09.2020 42:24
Huldeblyke stroom in na die dood van die bekende menseregte-prokureur, George Bizos. Die Polisiediens wil die ou groen vuurwapenlisensies ongeldig verklaar - ons kry reaksie op die nuus en vra wat jy moet doen as jy nog so 'n lisensie het.
Monitor 9 September 2020 - Deel 2 09.09.2020 50:53
Wetgewing is in die pyplyn wat Suid-Afrikaners wat wil emigreer, se planne kan fnuik...en 'n voormalige voorsitter van die Eskom-raad het aan die staatskapingskommissie gesê dat hy gedwing is om vergaderings met die Gupta-familie te hê.
Monitor 9 September 2020 - Deel 1 09.09.2020 50:51
Die jongste ekonomiese syfers bevestig die wurggreep van Covid-19 op Suid-Afrika. En heuningbye se gif kan aggresiewe borskanker stuit.
Monitor 8 September 2020 - Deel 2 08.09.2020 55:16
Die EFF sê hulle sal die hele week buite Clicks-winkels protesoptrede hou. 'n Ontleder deel sy insig oor die manier waarop die party te werk gaan as hulle nie met iets saamstem nie. Ons vra ook waarom Suid-Afrikaners nie 'n slegte woord oor hulle hare duld nie. En ons vind meer uit van 'n spesiale ietermagog wat uit die onwettige handel gered is.
Monitor 8 September 2020 - Deel 1 08.09.2020 42:10
Die DA sê die land het in 'n onbevoegde regering se hande verval. Ons vra die party hoe hulle dit wil verander, en of hulle dit werklik kan doen. Clicks skors twee personeellede oor die omstrede advertensie wat op hulle webwerf gelaai is. Intussen gaan die EFF voort om buite die winkels te betoog en selfs te vandaliseer.
Monitor 7 September 2020 - Deel 2 07.09.2020 51:09
Die Rooikruis se krygsgevangene-protokol vier sy 150ste bestaansjaar. Ons praat met 'n oorlogskenner. En die hoogaangeskrewe rolprent STAM word vir die eerste keer vertoon.
Monitor 7 September 2020 - Deel 1 07.09.2020 40:17
Hulde aan 'n voormalige uitvoerende hoof van die Nelson Mandela Stigting. Die DA het oor die naweek sy beleidskonferensie gehou. Ons praat met 'n politieke ontleder.
Monitor 4 September 2020 - Deel 2 04.09.2020 52:12
Eskom verwag dat beurtkrag tot Desember, en waarskynlik volgende jaar Julie, sal voortduur. Ons praat met die bedryfshoof om meer te hoor oor die kragverskaffer se planne om die ligte aan te hou. 'n Kenner gee ook raad oor wat jy kan doen as jou toerusting en toestelle breek as gevolg van beurtkrag.
Monitor 4 September 2020 - Deel 1 04.09.2020 44:39
Die speaker van die parlement sê die Helen Suzman-stigting se klag dat die parlement nie die nodige wetgewing het om die staat se COVID-19-reaksie te kontroleer nie, is 'n feitefout én 'n regsfout - uitspraak in die hofsaak is voorbehou. Die regering wil temaparke landswyd oprig by plekke van kulturele belang waar simbole uit Suid-Afrika se geskiedenis bewaar sal word. Agri SA verwelkom die hoëvla...
Monitor 3 September 2020 - Deel 2 03.09.2020 49:06
** Brasilië se ekonomie het die grootste inkrimping ooit beleef... ** Ons praat oor die politieke gevolge van Suid-Afrika se hoë werkloosheid. ** En, die Silwerskermfees maak sy virtuele buiging..
Monitor 3 September 2020 - Deel 1 03.09.2020 43:08
** Nuwe navorsing toon dat sekere wettige prestasieverbeterende produkte lei tot beduidende alkoholmisbruik. ** En ons praat met John Moodey, wat gister skielik as die Gautengse leier van die DA bedank het.
Monitor 2 September 2020 - Deel 2 02.09.2020 51:34
Politieke partye wat aan gister se debat oor plaasvalle deelgeneem het, eis dat die soort misdaad moet stop - ons hoor 'n verskeidenheid stemme oor die kwessie.
Monitor 2 September 2020 - Deel 1 02.09.2020 40:04
Die drukgroep Corruption Watch skryf 'n skerp-bewoorde brief aan president Cyril Ramaphosa oor korrupsie; en 'n wiskunde-begaafde in Indië wys sy staal na hy 'n goue medalje in 'n internasionale kompetisie gewen het.
Monitor 1 September 2020 - Deel 2 01.09.2020 53:55
Twee kommersiële en opkomende boere buite Venterdorp bou brûe. En ons bespreek die ANC se besluite ná 'n spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee vergadering.
Monitor 1 September 2020 - Deel 1 01.09.2020 40:02
'n Vooraanstaande ekonoom voorspel 'n werkloosheidssyfer van 50%. En, het Suid-Afrika nog 'n politieke party nodig? Ons praat met 'n politieke ontleder oor Action SA se ambisieuse planne.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.