RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 5 Oktober 2020 - Deel 2 05.10.2020 44:33
President Donald Trump is in die hospitaal met Covid-19. Ons praat breedvoerig met 'n mediese spesialis en twee politieke ontleders hieroor. En, Pieter van den Berg bekyk die naweek se Springbokproewe en ander sport.
Monitor 5 Oktober 2020 - Deel 1 05.10.2020 35:19
Die multi-miljardrand Mooikloof-behuisingsprojek word in Pretoria bekendgestel. Die Vryheidsfront Plus stel sy visier op die Wes-Kaap.
Monitor 2 Oktober 2020 - Deel 2 02.10.2020 49:29
Die verlies aan biodiversiteit wêreldwyd hou 'n ernstige gevaar vir die mensdom in. Die Cheetahs-rugbyfranchise vergader vandag om oor hulle weglating uit die uitgebreide Pro-16-toernooi te besin.
Monitor 2 Oktober 2020 - Deel 1 02.10.2020 42:20
Die regering stel staatsgrond aan minderbevoorregtes beskikbaar om te kan boer. 'n Inisiatief om die vermorsing van kos te stop, bekendgestel.
Monitor 1 Oktober 2020 - Deel 2 01.10.2020 54:12
Kommer oor rou riool by Betlehem in die Oos-Vrystaat. Amerikaners en Britte mag steeds nie na Suid-Afrika reis nie. Ons hoor watter buitelandse besoekers van vandag af Suid- Afrika mag binnekom.
Monitor 1 Oktober 2020 - Deel 1 01.10.2020 41:47
Hoë-profiel verdagtes in 'n omstrede Vrystaatse behuisingsprojek word in hegtenis geneem. Ná 40 jaar, is daar groot vreugde vir grondeisers wat destyds uit Simonstad gedwing is. Kan ISIS-geweld van Mosambiek af oorspoel na Suid-Afrika?
Monitor 30 September 2020 - Deel 2 30.09.2020 54:42
Ons ontleed die eerste Amerikaanse presidentsverkiesing televisiedebat tussen Donald Trump en Joe Biden. Daar is 'n toename in misdaad in die Kaapse middestad. En die Verenigde Nasies hou vandag 'n beraad oor biodiversiteit ter viering van sy 75ste verjaarsdag.
Monitor 30 September 2020 - Deel 1 30.09.2020 39:00
OUTA versoek die Hooggeregshof om die omstrede AARTO-wetgewing ongrondwetlik te verklaar. Meer as 2-miljoen werksgeleenthede het in die tweede kwartaal van die jaar verlore gegaan. Die Universiteit van Kaapstad het 'n Khoi- en San-sentrum geopen. En Action SA gaan appelleer teen die besluit van die Verkiesingskommissie om nie die politieke party te registreer nie.
Monitor 29 September 2020 - Deel 2 29.09.2020 52:21
Verskeie vakbondverenigings maak reg vir arbeidsoptrede teen die manier waarop die Ramaphosa-adminstrasie die ekonomie bestuur; en 'n aantal ekonomiese aanwysers word hierdie week bekendgemaak - soos die indiensnemingsyfers vir die tweede kwartaal.
Monitor 29 September 2020 - Deel 1 29.09.2020 42:18
'n Senior lid van die ANC se uitvoerende komitee in Mpumalanga verskyn op aanklagtes wat verband hou met die verkragting van twee agtjarige sussies; en die poskantoor gee die versekering dat die nagenoeg 18 miljoen ontvangers van maatskaplike toelaes, nie oor hulle Oktober-uitbetalings bekommerd hoef te wees nie.
Monitor 28 September 2020 - Deel 2 28.09.2020 47:53
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde vra vir die instelling van 'n basiese inkomstetoelaag. President Cyril Ramaphosa het die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, formeel tereggewys. En vandag is internasionale nuuskantoordag, wat die kollig plaas op die media se veranderende rol sedert die COVID-19-pandemie.
Monitor 28 September 2020 - Deel 1 28.09.2020 45:44
Ouma Katriena Esau sê sy is vol vertroue dat haar moedertaal in die toekoms op een of ander manier sal voortleef. Duisende Kapenaars ervaar aardskuddings. Donald Trump maak sy benoeming vir die Amerikaanse hooggeregshofregterpos bekend. En Mosambiek se regering het die Europese Unie gevra vir hulp teen toenemende aanvalle deur ISIS-militante.
Monitor 25 September 2020 - Deel 2 25.09.2020 45:36
NASA wil terug maan toe - en die keer wil hulle mense daar laat bly. Inperkingsregulasies in ander lande fnuik die plaaslike toerismebedryf. En Ankara en Beijing beweeg al nader aan mekaar op politieke en ekonomiese vlak.
Monitor 25 September 2020 - Deel 1 25.09.2020 35:20
COPE sê die Jacob Zuma-stigting se uitsprake oor die Zondo-kommissie is 'n aanval op die regbank. 'n Verdagte verskyn vandag in die hof in verband met die moord op die senior polisiebeampte, Charl Kinnear. Wetstoepassingsagentskappe word vandag in KwaZulu-Natal ontplooi nadat 'n groep beswaarde MK-veterane dreig om die provinsie deur protesoptrede tot stilstand te dwing.
Monitor 24 September 2020 - Deel 2 24.09.2020 46:07
Strenger inperkingsmaatreëls is ingestel om 'n tweede vlaag van Covid-19 infeksies in Brittanje te stuit.; Veeartse in Suider-Afrika stem glad nie saam met Botswana se diagnose vir die vrektes van meer as drie honderd olifante nie.; en een van die plekke wat die storie van ons land se Erfenis vertel, is die Parlement.
Monitor 24 September 2020 - Deel 1 24.09.2020 42:14
'n Komitee gaan binnekort aangestel word om die Nasionale Khoi en San Erfenis roete te ontwikkel en bestuur.; Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument tref finale voorbereidings om sy deure vir die publiek oop te maak.; Die Vootrekkermonument verkoop die elemente op panele van die marmerfries, om sy geldnood te verlig.; en die Britse eerste minister, Boris Johnson, is 'n stap nader daaraan om die oo...
Monitor 23 September 2020 - Deel 2 23.09.2020 45:41
Daar woed al 'n geruime tyd 'n lae-intensiteitsdebat oor die kwessie van apartheids- en koloniale standbeelde en monumente; en ons praat met die bestuurshoof van Eskom, Andre de Ruyter, oor die maatskappy se talle probleme, beurtkrag en of hulle die mas sal opkom.
Monitor 23 September 2020 - Deel 1 23.09.2020 34:41
Inwoners van Eldoradopark stoei om toegang tot die hof te kry waar die borgtogverhoor van drie polisiebeamptes in verband met die moord op Nathaniel Julies plaasvind; en die Republikeinse Party in Amerika vergader vir die eerste keer formeel om te besin oor hoe en wanneer 'n opvolger vir oorlede regter Ruth Bader Ginsburg bepaal moet word.
Monitor 22 September 2020 - Deel 2 22.09.2020 39:33
Vooraanstaande banke het glo oor twee dekades meer as 2 duisend miljard Amerikaanse dollar onwettig gewas.; Venezuela moet antwoorde verskaf aan die Verenigde Nasies se Menseregte Kommisariaat oor grootskaalse menseregte vergrype.; en die Noord-Kaapse regering verwag 'n toename in toeriste getalle, na die land na vlak een van die inperking beweeg het.
Monitor 22 September 2020 - Deel 1 22.09.2020 39:42
'n Wysiging aan die Strafproseswet kan daartoe lei dat diegene wat inperkingsmaatreëls oortree het, se misdaadrekords geskrap word.; Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakeredding span het 'n ooreenkoms met die regering bereik rakend nog 'n lening.; Onderwysers wat toegewings gekry het om gedurende die inperking van die huis af te werk, keer terug skool toe.; en die vakbond vir gesondheidswerkers, Ne...
Monitor 21 September 2020 - Deel 2 21.09.2020 43:51
Die voormalige menseregtekommisaris, Dr Danny Titus, word gehuldig as 'n meningsvormer en iemand wat brue kon bou; en ons praat met Leon van Nierop oor die Emmy-televisietoekennings waar die reeks "Watchmen" elf nominasies gekry het.
Monitor 21 September 2020 - Deel 1 21.09.2020 37:37
'n Verdagte verskyn na verwagting vandag in die hof in verband met die moord op die Rafferty-egpaar van Newcastle, KwaZulu-Natal, drie weke gelede; 'n Skeptiese Suid-Afrika vra meer inligting van Amerika oor die vermeende beplande Iranse sluipmoord op ambassadeur Lana Marks; en na half-sewe praat ons oor die skerp reaksie wat die regering se Covid19-app in sekere oorde ontlok het.
Monitor 18 September 2020 - Deel 2 18.09.2020 48:31
'n Waarskuwing oor 'n nuwe kindersiekte. Barbados wil nie meer vir koningin Elizabeth as staatshoof hê nie. En Leon van Nierop gee terugvoer oor 'n langverwagte, skokkende reeks.
Monitor 18 September 2020 - Deel 1 18.09.2020 41:36
Namibië hef sy noodtoestand op. Drie uit elke vier volwassenes wêreldwyd sê hulle sal 'n inenting teen Covid-19 wou hê, maar hoe voel Suid-Afrikaners? En Akani Simbine wen goud in die 100 meter in Rome.
Monitor 17 September 2020 - Deel 2 17.09.2020 52:07
President Cyril Ramaphosa kondig aan dat internasionale vlugte hervat gaan word. Nog polisiebeamptes gaan by spoorwegstasies ontplooi word om pendelaars se veiligheid te verseker en kabeldiefstal te bekamp.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.