RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 22 Oktober 2020 - Deel 1 22.10.2020

Die Koalisie vir Begrotingsgeregtigheid vra vir 'n nasionale begroting wat menseregte in ag neem. Waterbeperkings word in Kaapstad opgehef. Skadebepaling word gedoen word ná die veldbrande in die Vrystaat. Die Swartland-hospitaal op Malmesbury is heropen nadat dit drie jaar gelede in 'n brand beskadig is.

Monitor 21 Oktober 2020 - Deel 2 21.10.2020

In Frankryk se groot stede betoog burgers van alle klasse teen die dood van die geskiedenisonderwyser, Samuel Paty. Ons kyk in diepte na hoe die Suid-Afrikaanse samelewing met sy verskeie godsdiensgroepe vergelyk met dié van Europa. 'n Advokaat van Laingsburg beweer die polisie versprei valshede oor selfbeskerming. Ons by hoor by hom wat die wet sê oor jou reg om jou eiendom te beskerm. 'n Boervro...

Monitor 21 Oktober 2020 - Deel 1 21.10.2020

Vrystaat Landbou vra vir voer- of brandstofskenkings nadat minstens 100-duisend hektaar in veldbrande in die provinsie verwoes is. Sowat 300,000 onderwysassistente gaan glo aangestel word om kinders te leer lees, maar is dit die oplossing vir die land se leesprobleem?

Monitor 20 Oktober 2020 - Deel 2 20.10.2020

'n Vredemaker vertel van sy Senekal-ervaring in die EFF-binnekring. Plastiekherwinning het die afgelope dekade met 56% in Suid-Afrika toegeneem. Natuurbewaarders sê hulle is bekommerd oor die wêreldwye afname in die uilbevolking. 'n Weervoorspeller praat oor die hittegolf oor groot dele van die land, en die kans op reën. Bejaardes wat alleen woon, kry baie swaar in grendeltyd.

Monitor 20 Oktober 2020 - Deel 1 20.10.2020

Die Johannesburgse Metroraad wil William Nicol-rylaan na Winnie Madikizela Mandela-rylaan hernoem. Die IMF voorspel 'n inkrimping van 4,4% vir die wêreldekonomie. ‘n Voormalige voorsitter van die Transnet-raad gee toe dat hy en sy raadslede onverantwoordelik opgetree het om wéér sy bestuurshoof, Siyabonga Gama, aan te stel.

Monitor 19 Oktober 2020 - Deel 2 19.10.2020

Die EFF het verlede week baie aandag getrek met omstrede uitsprake tydens 'n saamkoms op Senekal in die Vrystaat. Die party het ondermeer gesê dat daar nie iets soos plaasmoorde in Suid-Afrika is nie. Ons praat met twee ontleders oor die party se optrede en wat ons daarin moet lees. Meer as twee dosyn humanitêre organisasies het 'n ope brief aan die Griekse regering gerig waarin hulle vra dat verg...

Monitor 19 Oktober 2020 - Deel 1 19.10.2020

Eskom vra Suid-Afrikaners om geduldig te wees terwyl hulle die kragreus probeer regruk. Sowat 10-miljoen ton se kos word jaarliks in Suid-Afrika vermors.

Monitor 16 Oktober 2020 - Deel 2 16.10.2020

Reaksie op president Ramaphosa se ekonomiese herstelplan. En Leon van Nierop fokus op 'n speurreeks, 'n komedie en 'n kinderfliek oor 'n dolfyn.

Monitor 16 Oktober 2020 - Deel 1 16.10.2020

Kalmte gevra in Senekal. Ons praat met 'n kenner oor boelie-gedrag by die werk. En, ons bring hulde aan Ampie Coetzee.

Monitor 15 Oktober 2020 - Deel 2 15.10.2020

Die grondonteieningskonsepwet is vandeesweek in die Staatskoerant gepubliseer - ons kyk na die goeie en slegte aspekte van die wet en hoe dit jou as grondeienaar sal raak. Ons vra waarom die Vryheidsfront Plus nou 'n reeks besprekings oor selfbeskikking wil hou.

Monitor 15 Oktober 2020 - Deel 1 15.10.2020

Amptenare van die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sê die land se grense is in 'n swak toestand. Die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, is in die Handelsmisdaadhof in Johannesburg borgtog geweier. Ons kyk na die verwagte rol van La Niña op die komende somerseisoen. Die grondonteieningskonsepwet is vandeesweek in die Staatskoerant gepubliseer - sal die konsep nou wet...

Monitor 14 Oktober 2020 - Deel 2 14.10.2020

Boere in die Oos-Vrystaat praat uit tydens 'n ministriële besoek aan die gebied ná die moord op die plaasbestuurder, Brendin Horner.

Monitor 14 Oktober 2020 - Deel 1 14.10.2020

Beskuldigdes in die Deacon-moordsaak word borgtog geweier. 'n meningspeiling wys dat Suid-Afrikaanse onderwysers bogemiddelde vlakke van spanning by die werk ervaar. 'n Trekvoël stel 'n nuwe vliegrekord op - 'n volle 12,000 km van Alaska na Nieu-Seeland!

Monitor 13 Oktober 2020 - Deel 2 13.10.2020

Misdade soos smokkelary, mensehandel, geldwassery en visstropery gedy in ons gebiedswater. Ons praat met met twee kenners oor die probleme aan ons kus, en waarom die Vloot dit nie kan stop nie. En wetenskaplikes waarsku dat 'n tweede opswaai in Covid-19-gevalle die volgende paar weke in Suid-Afrika kan voorkom.

Monitor 13 Oktober 2020 - Deel 1 13.10.2020

Die minister van polisie vergader vanmiddag met verskeie landbou-organisasies en ander rolspelers oor plaasaanvalle en ander kwelpunte. Politieke partye begin reeds hulle tande slyp vir volgende jaar se plaaslike en munisipale verkiesings, maar hoe betroubaar is diensleweringsyfers waarmee daar op veral plakkate en advertensieborde gespog word? Die AARTO-wet word na verwagting volgende jaar an kra...

Monitor 12 Oktober 2020 - Deel 2 12.10.2020

'n Moordverdagte wat deur die Brasiliaanse owerheid aan Suid-Afrika uitgelewer is, is dalk binnekort in die hof. Die nuwe grondonteieningswet maak voorsiening daarvoor dat vergoeding betaal word.

Monitor 12 Oktober 2020 - Deel 1 12.10.2020

Sommige kenners bespiegel dat Suid-Afrika dalk naby aan kudde-immuniteit teen Covid19 is - ander meen dit is te vroeg om te sê. 'n Saamtrek teen plaasaanvalle by die Uniegebou word deur emosionele toesprake én solidariteit gekenmerk.

Monitor 9 Oktober 2020 - Deel 2 09.10.2020

Verskeie mense het die afgelope tyd in die hof verskyn in verband met korrupsie-aanklagte - ons kyk na wat ons verder kan verwag wanneer die hofsake voortgaan. Kenners sê mense wat 'n stryd voer teen kanker, moet ook 'n emosionele plan van aksie hê. Is jy bang vir haaie? Tydens Sharktober word mense aangemoedig om meer oor dié roofvisse te leer, en hulle nie te vrees nie.

Monitor 9 Oktober 2020 - Deel 1 09.10.2020

Die borgaansoek van twee van die vier aangeklaagdes in die Deacon-moorde is tot aanstaande week uitgestel. Solidariteit stel 'n omvattende werkherstelprogram bekend. Die Openbare Beskermer sê die Nasionale Vervolgingsgesag wil nie saamwerk met haar kantoor nie.

Monitor 8 Oktober 2020 - Deel 2 08.10.2020

Nog sewe verdagtes verskyn na verwagting in die hof in verband met die VBS Bank-debakel. Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, sê die tyd van straffeloosheid is verby.

Monitor 8 Oktober 2020 - Deel 1 08.10.2020

Daar was uiteenlopende reaksie op Dinsdag se geweld by die landdroshof in Senekal in die Vrystaat, waar boere by die verskyning van twee beskuldigdes in 'n plaasmoord betoog het.

Monitor 7 Oktober 2020 - Deel 2 07.10.2020

Ons praat met 'n kenner oor die gevare van weerlig. En 'n skeepswrak het skattejagters aan die gons.

Monitor 7 Oktober 2020 - Deel 1 07.10.2020

Woede kook oor in Senekal. Verwarring oor 'n beweerde lasbrief vir die inhegtenisneming van Ace Magashule. COSATU en SAFTU staak vandag landswyd.

Monitor 6 Oktober 2020 - Deel 2 06.10.2020

Die vakbondverenigings Cosatu en SAFTU hou vandeesweek landswye stakings, ondermeer teen die regering se ekonomiese herstelplan. Die DA eis die notules van die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se vergadering in Zimbabwe op 9 September.

Monitor 6 Oktober 2020 - Deel 1 06.10.2020

Die polisie maak 'n plan bekend om landelike misdaad te bekamp ná gesprekke met Agri SA, TLU en AfriForum. Die landbougemeenskap beplan om vandag by die landdroshof in Senekal in die Vrystaat te betoog wanneer twee verdagtes in verband met die moord op die plaasbestuurder Brendin Horner verskyn.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.