RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 12 Oktober 2020 - Deel 1 12.10.2020 44:31
Sommige kenners bespiegel dat Suid-Afrika dalk naby aan kudde-immuniteit teen Covid19 is - ander meen dit is te vroeg om te sê. 'n Saamtrek teen plaasaanvalle by die Uniegebou word deur emosionele toesprake én solidariteit gekenmerk.
Monitor 9 Oktober 2020 - Deel 2 09.10.2020 50:05
Verskeie mense het die afgelope tyd in die hof verskyn in verband met korrupsie-aanklagte - ons kyk na wat ons verder kan verwag wanneer die hofsake voortgaan. Kenners sê mense wat 'n stryd voer teen kanker, moet ook 'n emosionele plan van aksie hê. Is jy bang vir haaie? Tydens Sharktober word mense aangemoedig om meer oor dié roofvisse te leer, en hulle nie te vrees nie.
Monitor 9 Oktober 2020 - Deel 1 09.10.2020 41:50
Die borgaansoek van twee van die vier aangeklaagdes in die Deacon-moorde is tot aanstaande week uitgestel. Solidariteit stel 'n omvattende werkherstelprogram bekend. Die Openbare Beskermer sê die Nasionale Vervolgingsgesag wil nie saamwerk met haar kantoor nie.
Monitor 8 Oktober 2020 - Deel 2 08.10.2020 43:09
Nog sewe verdagtes verskyn na verwagting in die hof in verband met die VBS Bank-debakel. Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, sê die tyd van straffeloosheid is verby.
Monitor 8 Oktober 2020 - Deel 1 08.10.2020 40:30
Daar was uiteenlopende reaksie op Dinsdag se geweld by die landdroshof in Senekal in die Vrystaat, waar boere by die verskyning van twee beskuldigdes in 'n plaasmoord betoog het.
Monitor 7 Oktober 2020 - Deel 2 07.10.2020 50:45
Ons praat met 'n kenner oor die gevare van weerlig. En 'n skeepswrak het skattejagters aan die gons.
Monitor 7 Oktober 2020 - Deel 1 07.10.2020 41:22
Woede kook oor in Senekal. Verwarring oor 'n beweerde lasbrief vir die inhegtenisneming van Ace Magashule. COSATU en SAFTU staak vandag landswyd.
Monitor 6 Oktober 2020 - Deel 2 06.10.2020 53:56
Die vakbondverenigings Cosatu en SAFTU hou vandeesweek landswye stakings, ondermeer teen die regering se ekonomiese herstelplan. Die DA eis die notules van die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se vergadering in Zimbabwe op 9 September.
Monitor 6 Oktober 2020 - Deel 1 06.10.2020 42:14
Die polisie maak 'n plan bekend om landelike misdaad te bekamp ná gesprekke met Agri SA, TLU en AfriForum. Die landbougemeenskap beplan om vandag by die landdroshof in Senekal in die Vrystaat te betoog wanneer twee verdagtes in verband met die moord op die plaasbestuurder Brendin Horner verskyn.
Monitor 5 Oktober 2020 - Deel 2 05.10.2020 44:33
President Donald Trump is in die hospitaal met Covid-19. Ons praat breedvoerig met 'n mediese spesialis en twee politieke ontleders hieroor. En, Pieter van den Berg bekyk die naweek se Springbokproewe en ander sport.
Monitor 5 Oktober 2020 - Deel 1 05.10.2020 35:19
Die multi-miljardrand Mooikloof-behuisingsprojek word in Pretoria bekendgestel. Die Vryheidsfront Plus stel sy visier op die Wes-Kaap.
Monitor 2 Oktober 2020 - Deel 2 02.10.2020 49:29
Die verlies aan biodiversiteit wêreldwyd hou 'n ernstige gevaar vir die mensdom in. Die Cheetahs-rugbyfranchise vergader vandag om oor hulle weglating uit die uitgebreide Pro-16-toernooi te besin.
Monitor 2 Oktober 2020 - Deel 1 02.10.2020 42:20
Die regering stel staatsgrond aan minderbevoorregtes beskikbaar om te kan boer. 'n Inisiatief om die vermorsing van kos te stop, bekendgestel.
Monitor 1 Oktober 2020 - Deel 2 01.10.2020 54:12
Kommer oor rou riool by Betlehem in die Oos-Vrystaat. Amerikaners en Britte mag steeds nie na Suid-Afrika reis nie. Ons hoor watter buitelandse besoekers van vandag af Suid- Afrika mag binnekom.
Monitor 1 Oktober 2020 - Deel 1 01.10.2020 41:47
Hoë-profiel verdagtes in 'n omstrede Vrystaatse behuisingsprojek word in hegtenis geneem. Ná 40 jaar, is daar groot vreugde vir grondeisers wat destyds uit Simonstad gedwing is. Kan ISIS-geweld van Mosambiek af oorspoel na Suid-Afrika?
Monitor 30 September 2020 - Deel 2 30.09.2020 54:42
Ons ontleed die eerste Amerikaanse presidentsverkiesing televisiedebat tussen Donald Trump en Joe Biden. Daar is 'n toename in misdaad in die Kaapse middestad. En die Verenigde Nasies hou vandag 'n beraad oor biodiversiteit ter viering van sy 75ste verjaarsdag.
Monitor 30 September 2020 - Deel 1 30.09.2020 39:00
OUTA versoek die Hooggeregshof om die omstrede AARTO-wetgewing ongrondwetlik te verklaar. Meer as 2-miljoen werksgeleenthede het in die tweede kwartaal van die jaar verlore gegaan. Die Universiteit van Kaapstad het 'n Khoi- en San-sentrum geopen. En Action SA gaan appelleer teen die besluit van die Verkiesingskommissie om nie die politieke party te registreer nie.
Monitor 29 September 2020 - Deel 2 29.09.2020 52:21
Verskeie vakbondverenigings maak reg vir arbeidsoptrede teen die manier waarop die Ramaphosa-adminstrasie die ekonomie bestuur; en 'n aantal ekonomiese aanwysers word hierdie week bekendgemaak - soos die indiensnemingsyfers vir die tweede kwartaal.
Monitor 29 September 2020 - Deel 1 29.09.2020 42:18
'n Senior lid van die ANC se uitvoerende komitee in Mpumalanga verskyn op aanklagtes wat verband hou met die verkragting van twee agtjarige sussies; en die poskantoor gee die versekering dat die nagenoeg 18 miljoen ontvangers van maatskaplike toelaes, nie oor hulle Oktober-uitbetalings bekommerd hoef te wees nie.
Monitor 28 September 2020 - Deel 2 28.09.2020 47:53
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde vra vir die instelling van 'n basiese inkomstetoelaag. President Cyril Ramaphosa het die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, formeel tereggewys. En vandag is internasionale nuuskantoordag, wat die kollig plaas op die media se veranderende rol sedert die COVID-19-pandemie.
Monitor 28 September 2020 - Deel 1 28.09.2020 45:44
Ouma Katriena Esau sê sy is vol vertroue dat haar moedertaal in die toekoms op een of ander manier sal voortleef. Duisende Kapenaars ervaar aardskuddings. Donald Trump maak sy benoeming vir die Amerikaanse hooggeregshofregterpos bekend. En Mosambiek se regering het die Europese Unie gevra vir hulp teen toenemende aanvalle deur ISIS-militante.
Monitor 25 September 2020 - Deel 2 25.09.2020 45:36
NASA wil terug maan toe - en die keer wil hulle mense daar laat bly. Inperkingsregulasies in ander lande fnuik die plaaslike toerismebedryf. En Ankara en Beijing beweeg al nader aan mekaar op politieke en ekonomiese vlak.
Monitor 25 September 2020 - Deel 1 25.09.2020 35:20
COPE sê die Jacob Zuma-stigting se uitsprake oor die Zondo-kommissie is 'n aanval op die regbank. 'n Verdagte verskyn vandag in die hof in verband met die moord op die senior polisiebeampte, Charl Kinnear. Wetstoepassingsagentskappe word vandag in KwaZulu-Natal ontplooi nadat 'n groep beswaarde MK-veterane dreig om die provinsie deur protesoptrede tot stilstand te dwing.
Monitor 24 September 2020 - Deel 2 24.09.2020 46:07
Strenger inperkingsmaatreëls is ingestel om 'n tweede vlaag van Covid-19 infeksies in Brittanje te stuit.; Veeartse in Suider-Afrika stem glad nie saam met Botswana se diagnose vir die vrektes van meer as drie honderd olifante nie.; en een van die plekke wat die storie van ons land se Erfenis vertel, is die Parlement.
Monitor 24 September 2020 - Deel 1 24.09.2020 42:14
'n Komitee gaan binnekort aangestel word om die Nasionale Khoi en San Erfenis roete te ontwikkel en bestuur.; Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument tref finale voorbereidings om sy deure vir die publiek oop te maak.; Die Vootrekkermonument verkoop die elemente op panele van die marmerfries, om sy geldnood te verlig.; en die Britse eerste minister, Boris Johnson, is 'n stap nader daaraan om die oo...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.