RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 25 Janaurie 2021 - Deel 2 25.01.2021

President Cyril Ramaphosa sê na afloop van die ANC se lekgotla dat 2021 die jaar is wat hulle korrupsie gaan nekomdraai. 'n Inwoner van Laingsburg sê daar is ooreenkomste tussen die oorstromings van 40 jaar gelede en die coronavirus-pandemie.

Monitor 25 Janaurie 2021 - Deel 1 25.01.2021

Die ontslape minister in die Presidensie, Jackson Mthembu, word by 'n emosionele begrafnis ter ruste gelê. Lede van Wildernis Soek- en Redding in Kaapstad help om drie stappers te red wat skynbaar op 'n rotslys op Tafelberg gestrand was.

Monitor 22 Januarie 2021 - Deel 2 22.01.2021

Plaaswerkers se salarisse kan met tot 16,1% vanjaar styg. Die prys van gemmer het die afgelope tyd die hoogte ingeskiet. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, praat oor drukkies en soentjies. Wat gebeur die oomblik wanneer jy sterf? Dit is die veelbesproke onderwerp van Surviving Death, waaroor Leon van Nierop vanoggend in sy fliek...

Monitor 22 Januarie 2021 - Deel 1 22.01.2021

'n Opname wys dat onderwysers voel daar moet strenger opgetree word teenoor leerlinge wat nie Covid-19-maatreëls nakom nie. Die rentekoers bly vir eers onveranderd. Huldeblyke stroom in vir Jackson Mthembu. Die president het die Wysigingswet op die Verjaring van Siviele en Strafregtelike Aangeleenthede onderteken.

Monitor 21 Januarie 2021 - Deel 2 21.01.2021

Die DA soek antwoorde van die Kommisaris van Polisie, generaal Khehla Sithole, oor 'n videogreep waarin 'n polisiebeampte oënskynlik 'n persoon sonder 'n masker met 'n sambok slaan. Plastiek kom nou in byna alle voedselsoorte voor. Voëlliefhebbers gaan hierdie naweek 'n massatelling van die oostelike rooipootvalkies of Amurvalke regoor die land doen.

Monitor 21 Januarie 2021 - Deel 1 21.01.2021

Meer as 'n halfmijoen mense word in die noorde van Mosambiek weens terreuraktiwiteite ontwortel. Tot 200 millimeter reën word vir die Laeveld en aangrensende gebiede voorspel. Ekonome verwag geen verandering in die rentekoers nie.

Monitor 20 Januarie 2021 - Deel 2 20.01.2021

Joe Biden en Kamala Harris word vandag ingehuldig te midde van verskeie krisisse in die VSA. Ons praat met 'n ruimtewetenskaplike oor twee nuwe sterrestelsels wat pas ontdek is.

Monitor 20 Januarie 2021 - Deel 1 20.01.2021

Radiolegende Margot Luyt sterf weens Covid-19. 'n Eenmalige belasting word voorstel om te help met die aankoop van entstowwe teen Covid-19.

Monitor 19 Januarie 2021 - Deel 2 19.01.2021

Die gasvryheidsbedryf doen 'n beroep op versekeraars om die eise van kleinsake-ondernemings uit te betaal. Ons bespreek 'n voorstel van sommige politieke partye om die munisipale verkiesings tot 2024 uit te stel. Inwoners van Hondeklipbaai in die Wes-Kaap sukkel steeds sonder water.

Monitor 19 Januarie 2021 - Deel 1 19.01.2021

Die DA looi die regering se Covid-19-beleid. Die redakteursforum, Sanef, stel 'n aksieplan voor om etiek in die joernalistiek te herstel. Die babamelk-pa, soos hy bekend geword het, doen regstappe teen die polisielede wat hom weens die aandklokreël gearresteer het.

Monitor 18 Januarie 2021 - Deel 2 18.01.2021

'n Versoek dat die regering werklose dokters aanstel. Rolprentteaters hou net-net kop bo water. Wikipedia vier sy 20ste verjaarsdag - ons praat oor die Afrikaanse weergawe.

Monitor 18 Januarie 2021 - Deel 1 18.01.2021

Reaksie op die aankondiging dat skole eers op 15 Februarie begin. Kinders onder ses hoef nie maskers te dra nie.

Monitor 15 Januarie 2021 - Deel 2 15.01.2021

Begrafnisondernemers het hulle hande vol met die tweede golf van die Covid-19-pandemie. 'n Rooihartbees neem die Centurion-omgewing in Pretoria op horings.

Monitor 15 Januarie 2021 - Deel 1 15.01.2021

'n Span wetenskaplikes van die Wêreldgesondheidsorganisasie bereik die Chinese stad, Wuhan, waar hulle die oorsprong van die coronavirus wil bestudeer. Swaar reën val in Namibië, 'n land waar só iets ongewoon is. Planne om skaliegas in die Okavango te ontgin, ontstel die San-gemeenskap en ander inwoners van dié landstreek.

Monitor 14 Januarie 2021 - Deel 2 14.01.2021

President Donald Trump word wéér in 'n staat van beskuldiging geplaas. St. Lucia se riviermond is weer ná 'n dekade met die see verbind.

Monitor 14 Januarie 2021 - Deel 1 14.01.2021

Brandpunt-provinsies lê hulle planne aan die parlement voor vir die verspreiding van 'n Covid-19-entstof. 'n Bekende in landboukringe sterf.

Monitor 13 Januarie 2021 - Deel 2 13.01.2021

Daar word beplan dat skole op 27 Januarie sal open - ons vra of dit nie dalk hersien moet word nie. Ons kry reaksie op die Departement van Basiese Onderwys se planne om aanlynskole in die staatsektor te open. 'n Nuwe, meer bekostigbare suurstofmasjien is ontwikkel om Covid-pasiënte te help asemhaal.

Monitor 13 Januarie 2021 - Deel 1 13.01.2021

Die eerste besending Coronavirus-entstof behoort volgende week in die land te wees. Die opeenhoping by grensposte is glo iets van die verlede nadat die landgrense gesluit is. Agri SA vra dat koppe moet rol by die Landbank ná 'n verdoemende verslag oor die stand van sy finansiële volhoubaarheid. Die middel, Ivermectin, is voorheen deur apteke verkoop.

Monitor 12 Januarie 2021 - Deel 2 12.01.2021

President Donald Trump gaan dalk weer in 'n staat van beskuldiging geplaas word. Daar is onsekerheid oor die gebruik van Invermektien teen Covid-19. 'n 19-jarige staan ouer mense by met tegnologie.

Monitor 12 Januarie 2021 - Deel 1 12.01.2021

'n Aangepaste Valk-3-inperking tree in werking. Die jongste Beleidsonsekerheids-indeks bekend gemaak. Kommer oor die polisie se magsvertoon.

Monitor 11 Januarie 2021 - Deel 2 11.01.2021

Ons praat met die ANC oor hulle Januarie 8-verklaring en hulle verwagtinge vir 2021. 'n Ontleder gee sy mening oor die besluite wat die party geneem het in sy Januarie 8-verklaring, en of dit wel uitgevoer kan word. Twee Dwerg-kameelperde is onlangs in onderskeidelik Uganda en Namibië opgemerk. Ons kry die jongste nuus oor die sewende skof van die Dakar-tydren.

Monitor 11 Januarie 2021 - Deel 1 11.01.2021

Gereelde kragonderbrekings in Ekhuruleni hou 'n gevaar in vir mense se lewe en belemmer hulle inkomste. Vakbonde beplan om tot in die Konstitusionele Hof te veg vir staatsdienswerkers se jaarlikse salarisverhogings. Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers gaan met 'n proses begin om te bepaal of president Donald Trump in 'n staat van beskuldiging geplaas moet word.

Monitor 8 Januarie 2021 08.01.2021

Die eerste besending van 'n miljoen dosisse van die AstraZeneca-entstof word vandeesmaand in die land verwag. Ons praat met Eskom oor die afgelope tyd se beurtkrag, en kyk na wat ons verder vanjaar kan verwag. Amerikaanse leiers oorweeg 'n blitsproses om president Donald Trump in 'n staat van beskuldiging te plaas. Daar is nog net 18 dae van die vuurwapenamnestie oor vir wapeneienaars.

Monitor 7 Januarie 2021 07.01.2021

Eskom het aangekondig dat daar weer van tien uur vanaand af beurtkrag sal plaasvind. Intussen waarsku 'n kenner dat ons vir die volgende ses maande met dié probleem kan sit. Moontlike regstappe kom oor die verspreiding van die Covid-19-entstof in Suid-Afrika. 'n Mediese dokter gee duidelikheid oor hoeveel mense plaaslik die entstof sal kry as dit vanjaar nog in Suid-Afrika afgelewer word. Die taba...

Monitor 6 Januarie 2021 06.01.2021

Die Covid-19-pandemie bereik sy kruin in die Wes-Kaap. Ons berig oor daardie provinsie se insiatief om op sy eie 'n entstof te kry. Suid-Afrika ervaar steeds 'n opeenhoping van mense by sy noordelike grensposte. Die grootste ysberg ter wëreld beweeg al nader aan die eiland van Suid-Georgia in die Atlantiese Oseaan.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.