RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 5 Desember 2021 05.01.2021 45:58
Die onthoofding van twee verdagtes en die moord op 'n vermeende dwelmbaas in Durban, skok die gemeenskap. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie sê onderwysers moet as 'n prioriteitsgroep ingeënt word. 'n Wetenskapjoernalis vertel van haar ervaring met die nuwe variant van Covid-19 en Suid-Afrika se behoefte aan 'n entstof.
Monitor 4 Januarie 2021 04.01.2021 47:38
Daar is druk op die regering om 'n inentingsprogram teen Covid-19 te bespoedig. Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, maak intussen die eerste besonderhede oor sy inentingsprogram bekend.
Monitor 1 Januarie 2021 01.01.2021 51:03
Sosiale media gons oor 'n foto van 'n vrou wat teen Covid-19 ingeënt word, wat Rapport Sondag gepubliseer het. Agri Wes-Kaap is teleurgesteld dat wyn, soos ander drank, nie nou meer verkoop wag word nie. Restaurante word weer, soos vroeër vanjaar, erg geraak deur die vroeë aandklokreël en die verbod op die verkoop van alkohol. President Cyril Ramaphosa waarsku in sy Nuwejaarsboodskap dat die jaar...
Monitor 31 Desember 2020 31.12.2020 47:31
* Die restaurantbedryf regaeer met misnoë op die jongste inperkingsregulasies, wat ondermeer alkoholverkope geheel en al verbied. Werkers wat Covid-19-toetse uitvoer, eis voorrang as dit by inentig kom. Verskeie instansies wys die vinger na mekaar ná enkele sterfgevalle by die Beitbrug-grenspos. Inwoners van Chartwell en Olievenhoutbosch in die noordweste van Johannesburg is gewaarsku om op die ui...
Monitor 30 Desember 2020 30.12.2020 47:35
Ons kyk na die besonderhede van die nuwe inperkingsmaatreëls. 'n Regskenner ge sy mening of jy in hegtenis geneem kan word as jy sekere van die maatreels verontagsaam. Uitspraak in die aansoek in die Konstitusionele hof om oudpresident Jacob Zuma te verplig om voor die Staatskapingskommissie te verskyn, is tot aanstaande jaar voorbehou. Die hof is egter klaarblyklik nie tevrede met die Kommissie ó...
Monitor 29 Desember 2020 29.12.2020 42:58
Suid-Afrika is terug op 'n aangepaste weergawe van Vlak-3 van die Covid-19-inperkings. Ons kry reaksie op die maatreëls en kyk na die ekonomiese impak daarvan. Ons vind meer uit oor die middel, Ivermectin, wat as 'n voorsrogmaatreël vir Covid-19 beskryf word - dit is egter nie vir menslike gebruik goedgekeur nie. Hoewel baie besighede sukkel om kop bo water te hou weens die inperking, is daar ande...
Monitor 28 Desember 2020 28.12.2020 46:16
Toerisme-owerhede in Kaapstad vra dat mense die coronavirusregulasies nakom - ons praat met 'n verteenwoordiger van die Metro om uit te vind hoe die sektor geraak word deur die inperkingsmaatreëls Die Covid-19-pandemie het ook vanjaar 'n reuse impak op klein sakelui gehad - twee sake-eienaars deel hulle stories met ons. 'n Kenner waarsku dat selfs hoogs funksionele mense aan verskuilde depressie k...
Kersfees in Parys 25.12.2020 17:24
‘n Predikant uit die hart van Suid-Afrika, is die laaste mens wat jy sou dink ‘n kansel sou bestyg in Skotland se nasionale kerk, die Scots Kirk. Maar Jan Steyn het dié groot skuif gemaak en Pretoria eers vir Skotland, en daarna Parys verruil. Hoewel Steyn nou sy beroep in Engels beoefen, sê hy, hy sien baie daarna uit om die nuwe, direkte Afrikaanse Bybelvertaling onder oë te kry. Gustav Greyling...
Monitor 25 Desember 2020 25.12.2020 56:35
Monitor se Kersdaguitgawe fokus op babas wat deur hulle ma's weggegooi word in die feestyd; 'n Kersmaal; Kersfees in Parys waar 'n Suid-Afrikaanse leraar vertel hoe hy die inperking ervaar; en hoe Vrededorp se kinders Kersfees ervaar.
Monitor 24 Desember 2020 - Deel 2 24.12.2020 44:39
Vlieëniers is in die kollig nadat hulle alle geboue van SAL verbied is omdat hulle nie geneë is met die afskaling van hulle salarisse nie. Ons praat met 'n vlieënier om te hoor presies hoe hard hulle werk. Nog 'n oud-SAL vlieënier vertel dat hulle steeds pret kan hê, 30,000 voet bo die grond. Die minister van gesondheid is die Financial Mail se Man van die Jaar - ons kry reaksie hierop en kyk na w...
Monitor 24 Desember 2020 - Deel 1 24.12.2020 42:52
Die voormalige raadsvoorsitter van die SAL, Dudu Myeni, is 'n driedubbele slag in die hof toegedien. Daar heers kommer oor wat president Donald Trump nog voor die einde van sy ampstermyn mag aanvang - ons kry reakie hierop en kyk na wat die gevaarligte laat flikker. Ons bring jou op hoogte van die vakansieverkeerpatrone.
Monitor 23 Desember 2020 - Deel 2 23.12.2020 44:07
Die sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê die VN se Veiligheidsraad moet hervorm word. Ons bring hulde aan Stan Henkeman, die ontslape uitvoerende direkteur van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening. Die toename in geslagsgebaseerde geweld tydens COVID-19 beteken minder geld en skuilplek wat nie-regerings organisasies aan slagoffers kan bied. Die Overstrand munis...
Monitor 23 Desember 2020 - Deel 1 23.12.2020 44:57
'n Ombud vir regsdienste word uiteindelik na etlike jare aangestel. Die minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap loof die wetstoepassing-bevorderingsplan vir 54 arrestasies die afgelope naweek. Die DA verwelkom die openbare beskermer se jongste verslag oor die Estina-suiwelprojek.
Monitor 22 Desember 2020 - Deel 2 22.12.2020 46:15
Die SAUK spandeer miljoene rande om sy eie beeld te verbeter - ons kry reaksie op dié en ander twyfelagtige uitgawes wat die openbare uitsaaier aangegaan het. Die burgemeester van Kaapstad bring ons op hoogte van planne om inwoners van Masiphumelele te help nadat 'n brand meer as 'n duisend wonings vernietig het. Nuwe Covid-beperkings in die Verenigde Koninkryk ry inwoners se Kersplanne behoorlik...
Monitor 22 Desember 2020 - Deel 1 22.12.2020 40:24
Die Zondo-kommissie sê hulle het nog drie maande tyd nodig om hulle werk te voltooi. 'n Vraag op Twitter oor waarom mans geprys word as hulle in en om die huis help, lok wye reaksie - ons praat met die vrou wat die vraag gestel het. 'n Suid-Afrikaanse mode-ontwerper vertel hoe die Covid-19-pandemie sy ontwerpe beïnvloed het.
Monitor 21 Desember 2020 - Deel 2 21.12.2020 46:46
Die Minister van Polisie, Bheki Cele, besoek Bloemfontein om die paraatheid van polisiebeamptes tydens die feestyd te beoordeel. Ons praat met 'n mediese kenner oor die impikasies van die nuwe Covid-19-variant.
Monitor 21 Desember 2020 - Deel 1 21.12.2020 39:37
Die DA gaan hof toe om die strandverbod om te keer. Moenie skrik as jy in Kaapstad is en 'n stem uit die hemel maan jou om jou masker te dra nie. Bykans 1,400 onderwysers sterf aan Covid-19.
Monitor 18 Desember 2020 - Deel 2 18.12.2020 43:00
Die daaglikse Covid-19-gevalle het tot 'n rekordhoogte opgeskiet toe meer as 10,000 nuwe gevalle in die jongste aanmeldingsiklus aangeteken is. Wat is ons voorland? Ons vra ook waar en wanneer die Covid-19-entstof in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, en wie dit sal kry? 'n Nuwe projek gebruik die miswolke wat oor Tafelberg gedrapeer is, om drinkwater te versamel. Drie Curriebeker-wedstryde word deu...
Monitor 18 Desember 2020 - Deel 1 18.12.2020 43:49
Die Kaapstad Metroraad wil 'n dringende interdik bekom teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens oor hulle inmeging by die werk van 'n filmspan. Die onderwysdepartement maak sy planne bekend vir 2021 se skooljaar. Ons kry reaksie op dié planne, en vra wat anders gedoen kan word om die verlore skooljaar in te haal. Ons fokus ook op internasionale viswater waar meer as 400 Chinese vissersbote die gebied...
Monitor 17 Desember 2020 - Deel 2 17.12.2020 44:41
Supertekkies het die atletiekwêreld aan die gons. Kremetartbome wys die invloed van die son op ons weerpatrone.
Monitor 17 Desember 2020 - Deel 1 17.12.2020 39:50
Die droogtegeteisterde Noord-Kaap kry plek-plek reën. Australië en China bots oor invoerheffings.
Monitor 16 Desember 2020 - Deel 2 16.12.2020 45:25
Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, sal vir eers in sy pos aanbly, ondanks 'n aanbeveling van die party se integriteitskommissie dat hy opsy moet staan. Die Amerikaanse kieskollege het Joe Biden se oorwinning in die November verkiesing bevestig. Ons bespreek Suid-Afrikaners se vordering met versoening.
Monitor 16 Desember 2020 - Deel 1 16.12.2020 45:23
Vrystaat Landbou sê die die voorgestelde onteieningswetsontwerp teiken alle bates van Suid-Afrikaanse burgers. Die hoofekonoom by PWC Suid-Afrika, Lullu Krugel, ontleed die jongste indiensnemingstatistiek. Hoeveel hormone skuil in Suid-Afrikaanse vleis? Ons stel dié vraag aan prof. Eddie Webb van die Departement Vleiskunde aan die Universiteit van Pretoria. Gift of the Givers verskaf kampbeddens a...
Monitor 15 Desember 2020 - Deel 2 15.12.2020 47:37
'n Ekonoom, toerismekenner en politieke ontleder praat oor die nuwe Covid-19-maatreëls. Die Britse premier waarsku dat Brexit dalk van die baan is.
Monitor 15 Desember 2020 - Deel 1 15.12.2020 42:22
Suid-Afrikaners se versuim om Covid-19-protokol te volg, lei tot strenger vakansiemaatreëls. Politieke partye reageer op die nuwe maatreëls.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.