RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 11 Februarie 2021 - Deel 1 11.02.2021

Kaapstad en die regering word gemaan om die informele woongebiede van Nyanga te ontwikkel om nog 'n kindertragedie te voorkom. Ons praat oor die verhogings in minimumlone wat meer as inflasie is. In Amerika het 'n prokureur per abuis in die gedaante van 'n kat by 'n virtuele hofsaak verskyn.

Monitor 10 Februarie 2021 - Deel 2 10.02.2021

Demokrasie verkeer wêreldwyd onder druk - ons praat met politieke ontleders. 'n Opname in 31 lande bevind dat mense glo 2021 sal in alle opsigte 'n beter jaar wees as 2020.

Monitor 10 Februarie 2021 - Deel 1 10.02.2021

AgriSA vra dat die staatsrede die rol van die landbousektor baie duidelik uitspel. Die meerderheid Suid-Afrikaners raak siek van die nuwe Covid-19-variant.

Monitor 9 Februarie 2021 - Deel 2 09.02.2021

Die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag oor korrupsie met mediese toerusting-tenders laat mense na hulle asems snak, maar 'n waghondorganisasie meen politici kom skotvry daarvan af. Die WNNR hou 'n seminaar om wanopvattings oor 5G-tegnologie en samesweringsteorieë uit die weg te ruim.

Monitor 9 Februarie 2021 - Deel 1 09.02.2021

Die DA wil burgerlike toesig oor gemeenskapsveiligheid in Gauteng versterk. President Cyril Ramaphosa se staatsrede sal waarskynlik 'n baie moeilike jaar vir Suid-Afrikaners weerspieël.

Monitor 8 Februarie 2021 - Deel 2 08.02.2021

Pieter van den Berg bespreek die naweek se sport. Die Universiteit Stellenbosch se Woordfees het 'n plan bedink om kunstenaars skeppend te hou.

Monitor 8 Februarie 2021 - Deel 1 08.02.2021

Kommer oor die doeltreffenheid van Suid-Afrika se Covid-inentingstowwe. Hulp aan die boere van Bitterfontein.

Monitor 5 Februarie 2021 - Deel 2 05.02.2021

Is 'n outokraat met goeie bedoelings dalk beter as 'n demokrasie? Ons probeer 'n antwoord op dié tergende vraag vind. Baie damme loop landwyd vol terwyl nog reën verwag word. Daar is baie bespiegeling oor oudpresident Jacob Zuma en die leier van die EFF, Julius Malema, se teepartytjie.

Monitor 5 Februarie 2021 - Deel 1 05.02.2021

Dele van die RICA-meeluisterwet word ongrondwetlik verklaar. 'n Fietsryer pak 'n tog van 'n duisend kilometer aan om die onafhanklikheid van die Kaap te bevorder. Adjunk-hoofregter Raymond Zondo is geskok oor die ANC se sensuur van parlementslede wat met hulle gewete stem.

Monitor 4 Februarie 2021 - Deel 2 04.02.2021

Ace Magashule sê Jacob Zuma het die reg om te weier om voor die Zondo-kommissie te verskyn. Ons praat met 'n regskenner. 'n Rugbykenner praat oor die voorstel dat die Bokke die Britse Leeus in Australië pak.

Monitor 4 Februarie 2021 - Deel 1 04.02.2021

Die parlement hoor dat daar nog heelwat vrae is oor die menslike gebruik van Ivermektien. Kommer oor nóg 'n vermeende bendeverwante moord in die Kaap.

Monitor 3 Februarie 2021 - Deel 2 03.02.2021

Die ANC-alliansie in Noordwes reageer op die skorsing van vyf lede van die provinsiale wetgewer. Die DA het vrae oor die ANC se kaderontplooiing aan die staatskapingskommissie gestuur, wat president Cyril Ramaphosa moet beantwoord. Huldeblyke stroom steeds in vir die Kaapse vermaaklikheidslegende, Alvon Collisson.

Monitor 3 Februarie 2021 - Deel 1 03.02.2021

Die wynprodusente-organisasie, VinPro, gaan voort met regstappe teen die regering. Intussen het die Biervereniging van Suid-Afrika die gedeeltelike opheffing van drankverbod verwelkom. Die DA woordvoerder vir watersake in die Mangaung Metro, Rossouw Botes, sê die aanhoudende gebrek aan waterdienslewering duur voort in weerwil van goeie reën. Ons kyk na die benoemings vir die Nobelprys vir Vrede en...

Monitor 2 Februarie 2021 - Deel 2 02.02.2021

Die president verslap sekere Vlak 3-regulasies. Ons praat breedvoerig hieroor met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom. Ons het die jongste nuus oor die gebeure by die Zondo-kommissie.

Monitor 2 Februarie 2021 - Deel 1 02.02.2021

Die eerste besending coronavirus-entstof daag op. Solidariteit Helpende Hand stel R43-miljoen beskikbaar aan Afrikaanse studente.

Monitor 1 Februarie 2021 - Deel 2 01.02.2021

Agri Noord-Kaap waarsku dat oorvol damme in die provinsie tot oorstromings kan lei. Die eerste besending van die AstraZeneca/Oxford Universiteit entstof sal vanmiddag in die land aankom. Ons praat hieroor met die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging. Pieter van den Berg bespreek die afgelope naweek se sport.

Monitor 1 Februarie 2021 - Deel 1 01.02.2021

Die premier van Noordwes, Job Mokgoro, sê hy het nog nie 'n skorsingsbrief van die ANC se tussentydse provinsiale komitee ontvang nie. 'n Kenner sê die kriminalisering van die verspreiding van vals nuus, sal nie die verspreiding daarvan keer nie. Groot getalle mense betoog teen die sluiting van strande in Kaapstad. Vyf matriekleerlinge reis na Antarktika vir 'n opvoedkundige avontuur.

Monitor 29 Januarie 2021 - Deel 2 29.01.2021

Ons praat met 'n politieke ontleder oor die hofbevel dat oudpresident Zuma voor die Staatskapingskommissie moet verskyn. Te midde van baie reën, kan 'n waterskaarste in die land ontstaan. Leon van Nierop resenseer 'n dokumentêr oor die opgang en val van Tiger Woods.

Monitor 29 Januarie 2021 - Deel 1 29.01.2021

'n Drukgroep sê die regering skryf misdaad verkeerdelik toe aan die publiek wat wapens besit. Suid-Afrika se vroue krieketspan pak Pakistan vanmiddag.

Monitor 28 Januarie 2021 - Deel 2 28.01.2021

Die reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte gaan 'n proses bestuur vir toegang tot die middel Ivermektien vir menslike gebruik in beheerde omstandighede om Covid-19 te behandel. Die godsdienstige organisasie, Freedom of Religion South Africa, vra die hof om die verbod op godsdienstige byeenkomste op te hef. 'n Studie is begin om die volhoubaarheid van mariene ekotoerisme te bepaal. Wat is 'n l...

Monitor 28 Januarie 2021 - Deel 1 28.01.2021

Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, versoek dat Vlak 3 inperkingsmaatreëls verslap moet word. Die Kaapstad Metro vra inwoners om alternatiewe maniere te oorweeg om hulle geliefdes te begrawe. 'n Ongeïdentifiseerde getuie by die Staatskapingskommissie, wat as Me. K bekendstaan, onthul dat die Staatsveiligheidsagentskap 'n parallelle privaat sekuriteitsdiens vir die persoonlike gebruik van oudpresid...

Monitor 27 Januarie 2021 - Deel 2 27.01.2021

President Cyril Ramaphosa pleit by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, vir 'n meer regverdige verspreiding van Covid-19-entstof. 'n Toetslopie in die gebruik van 'n nuwe reddingskapsule by mynskagte, word suksesvol in Suid-Afrika uitgevoer.

Monitor 27 Januarie 2021 - Deel 1 27.01.2021

Twee mense is dood en talle ontwortel ná die tropiese storm Eloise, wat in Mosambiek en die noorde en ooste van Suid-Afrika verwoesting gesaai het. Ons praat met een van die nooddienswerkers in Mpumalanga. Die organiseerders van vanjaar se Olimpiese Spele in Tokio oorweeg verpligte inenting vir atlete.

Monitor 26 Januarie 2021 - Deel 2 26.01.2021

Die onsekerheid oor die regering se aankoop en verspreiding van entstowwe maak plaaslike markte senuweeagtig. 'n Politieke wetenskaplike sê dit is ontsettend belangrik dat die plaaslike verkiesings afsonderlik gehou word van die nasionale verkiesings. Die president sê die stryd teen klimaatsverandering sal in 2021 'n prioriteit vir die regering wees. Veeartse in Suid-Afrika wil ingesluit wees in d...

Monitor 26 Januarie 2021 - Deel 1 26.01.2021

Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake bereken nog die skade wat deur Tropiese Storm Eloise aangerig is. Leerlinge in privaatskole sal Maandag terugkeer skool toe. Die Restaurant-vereniging van Suid-Afrika het gister met 'n protesaksie by die Uniegebou begin in 'n poging om met president Cyril Ramaphosa te vergader. Wetgewing oor politieke partye se befondsing tree op 1 Apr...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.