RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 1 Maart 2021 - Deel 2 01.03.2021

Gister was Uitsonderlike Siekte Dag, en vandag is Internasionale Rolstoeldag - ons praat breedvoerig oor spierdistrofie. Leon van Nierop hou die Golden Globe-toekennings dop.

Monitor 1 Maart 2021 - Deel 1 01.03.2021

Die land beweeg na 'n Vlak 1-inperking. Ons praat met die voorsitter van die Mediese Vereniging.

Monitor 26 Februarie 2021 - Deel 2 26.02.2021

Moderna het 'n aangepaste entstof ontwikkel wat spesifiek die Suid-Afrikaanse variant van COVID-19 teiken. Die aptekersgroep, Pharma Valu, sê die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het nooit 'n kennisgewing van registrasie vir Ivermektien in die Staatskoerant gepubliseer nie. Parlementslede het hulle medelye betuig met kollegas wat die afgelope jaar dood is.

Monitor 26 Februarie 2021 - Deel 1 26.02.2021

'n Kenner sê al hoe meer Suid-Afrikaners word slagoffers van identiteitsdiefstal. 'n Hofstryd oor die toelating van eerstejaar studente by UNISA. Die FAK is besig met 'n projek om lewensgroot 3D-afbeeldings van die Paul Kruger-beeldgroep te maak. Venezuela se olieproduksie het sedert Desember verlede jaar toegeneem.

Monitor 25 Februarie 2021 - Deel 2 25.02.2021

Politieke ontleders bespreek die begrotingsrede. Gemengde gevoelens oor die verandering van plekname in die Oos-Kaap.

Monitor 25 Februarie 2021 - Deel 1 25.02.2021

Politieke partye en ekonome reageer op die begrotingsrede.

Monitor 24 Februarie 2021 - Deel 2 24.02.2021

Die Minister van Finansies het min beweegruimte in sy begrotingsrede - ons kyk na wat hy kan doen, en wat hy moontlik gaan doen. 2021 is 'n plaaslike verkiesingsjaar - ons steek kers op by 'n ontleder oor hoe dit die begroting kan beïnvloed. Die afhandeling van boedels is tans stadiger as ooit.

Monitor 24 Februarie 2021 - Deel 1 24.02.2021

Die Minister van Finansies lewer vanmiddag sy begrotingsrede. Ons fokus deur die loop van die program op verskeie aspekte van die begroting en wat ons kan verwag. Die DA het onlangs die Stop Kaderontplooiing Wetsontwerp in die parlement voorgelê - ons vind uit wat die wet behels en waarom dit nodig is.

Monitor 23 Februarie 2021 - Deel 2 23.02.2021

Ons praat met 'n matriek wat 6 A's kry nadat hy eksamen in 'n hospitaalbed moes skryf. Onderwyskenners bespreek die laer matriekslaagsyfer.

Monitor 23 Februarie 2021 - Deel 1 23.02.2021

Die DA sê in sy alternatiewe begroting dat 'n Suid-Afrikaanse kind met R67,000 rand se skuld gebore word. Die 88-jarige Frans Hugo is steeds 'n koerantman - hy het 72 jaar gelede by NASPERS begin werk.

Monitor 22 Februarie 2021 - Deel 2 22.02.2021

Die kollig val op afstandsonderrig tydens die pandemie - ons praat met 'n kenner waar daar verbeter kan word, veral wat landelike skole betref. Die media het die afgelope tyd disproporsioneel aandag gegee aan sekere politieke figure, aldus 'n bekende joernalis. Het hy 'n punt beet? Die Amerikaanse deelstaat Texas word as rampgebied verklaar ná 'n ongewone winterstorm geweldige skade aan infrastruk...

Monitor 22 Februarie 2021 - Deel 1 22.02.2021

Die langverwagte matriekuitlae word vanmiddag bekendgemaak. Die Suid-Afrikaanse Weermag het glo miljoene rand se medisyne uit Kuba aangekoop wat nie vir plaaslike gebruik goedgekeur is nie. Johannesburg se vaal geboue kry 'n groen mantel.

Monitor 19 Februarie 2021 - Deel 2 19.02.2021

Die prys van elektrisiteit kan met bykans vyf keer die inflasiekoers styg. Die vrywillige likwidering van Air Namibia kan ernstige gevolge vir trofeejag in die buurland inhou.

Monitor 19 Februarie 2021 - Deel 1 19.02.2021

'n Ruimtetuig land op Mars om te soek na tekens van mikrobiese organismes. Kommer oor Suid-Afrika se krimpende staalproduksie.

Monitor 18 Februarie 2021 - Deel 2 18.02.2021

Ons plaas die fokus op veediefstal en kry reaksie van die polisie en praat met die nasionale veediefstalforum om te hoor hoe erg die probleem is. Ons hoor tot watter mate die land se waterinfrastruktuur verwaarloos is.

Monitor 18 Februarie 2021 - Deel 1 18.02.2021

Talle gesondheidswerkers is reeds met Johnson en Johnson se Covid-19-entstof ingeënt. Drie en veertig plaasaanvalle en vier plaasmoorde het volgens Afriforum sedert die begin van vanjaar voorgekom. Eskom verduidelik waarom 'n mislukte behuisingprojek meer as R800-miljoen gekos het. 'n Jong krapvreterrob is op pad huis toe in Antarktika.

Monitor 17 Februarie 2021 - Deel 2 17.02.2021

Gemengde reaksie van ANC-lede naby aan oudpresident Jacob Zuma oor sy weiering om voor die Staatskapingskommissie te verskyn. Ons praat oor 'n voorstel om Jan Smuts-rylaan in Kaapstad na die struggleleier Franklin Sonn te vernoem.

Monitor 17 Februarie 2021 - Deel 1 17.02.2021

Die antwoord op Suid-Afrika se probleem met Covid-19-inenting is dalk 'n kombinasie van verskillende middels. Tagtig persent van Ivermectin-tablette wat die land binnegekom het, bevat onverklaarde middels en kan gevaarlik wees.

Monitor 16 Februarie 2021 - Deel 2 16.02.2021

Oudpresident Jacob Zuma gaan van minagting van die hof aangekla word - ons praat met 'n ontleder oor of Zuma wel aan die pen sal ry. Veediefstal is landwyd 'n ernstige probleem - ons besoek boere in Mpumalanga om eerstehands te hoor hoe dit hulle raak. As jy die afgelope tyd 'n sterk swael reuk in die lug opgemerk het, moenie die gesprek misloop waarin ons uitvind waar dit vandaan kom nie.

Monitor 16 Februarie 2021 - Deel 1 16.02.2021

Die Zondo-kommissie eis tronkstraf vir oudpresident Jacob Zuma nadat hy weier om voor die kommissie te verskyn. Zuma beweer op sy beurt dat sekere individue in die regbank hulle siel verkoop het vir politieke doelwitte. Ons voer gesprek oor die skole wat gister heropen het, en vra of kinders vanjaar voldoende onderrig sal ontvang.

Monitor 15 Februarie 2021 - Deel 2 15.02.2021

Die Departement van Basiese Onderwys sê alles is in gereedheid vir skole om vandag te heropen. Meer as 35 000 leerders moet nog in Gautengse skole geplaas word. Suid-Afrika het die Rand 60 jaar gelede op 14 Februarie 1961 as amptelike geldeenheid aanvaar.

Monitor 15 Februarie 2021 - Deel 1 15.02.2021

'n Skriftelike antwoord op 'n parlementêre vraag deur die DA het aan die lig gebring dat KwaZulu-Natal se Departement van Onderwys sy werknemers byna R600-miljoen skuld. Twee jong mans probeer die armoedesiklus onder minder gegoede Suid-Afrikaners te breek deur matriekleerlinge oor beurse in te lig. Oudpresident Jacob Zuma moet vandag voor die Staatskapingskommissie verskyn, maar sy onwilligheid i...

Monitor 12 Februarie 2021 - Deel 2 12.02.2021

Ons kry insig van 'n politieke ontleder en toekomskundige oor die Staatsrede - in hierdie gesprek plaas ons onder meer die fokus op die vier prioriteitsareas wat president Ramaphosa aangeraak het, en vra of die regering se planne voldoende toekomsgerig is? Die Weerdiens sê swaar reën word vir die volgende week in die noorde van KwaZulu-Natal en Mpumalanga verwag - ons praat met 'n weerkundige oor...

Monitor 12 Februarie 2021 - Deel 1 12.02.2021

Daar is wye reaksie op die Staatsrede wat gisteraand deur president Ramaphosa gelewer is. Ons praat deur die loop van die program met verskeie kenners en ontleders vir hulle mening oor die Staatsrede. Die Wes-Kaapse regering het reeds begin met sy eie proses om COVID-19-entstowwe te verkry. Ons kyk na die verskeie risiko's wat vanjaar soos 'n donker wolk oor Suid-Afrika sal hang.

Monitor 11 Februarie 2021 - Deel 2 11.02.2021

Is daar hoë of lae verwagtinge vir vanaand se staatsrede? Mense sê hulle sê, en ons praat met kenners oor wat ons kan verwag. Navorsing deur 'n doktorsgraadstudent aan die Universiteit Stellenbosch het 'n uiters skaars plantsoort in die Suid-Kaap laat herleef.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.