RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 18 Maart 2021 - Deel 1 18.03.2021

Gemeenskapsorganisasies van Ficksburg in die Oos-Vrystaat het paaie versper en 'n ultimatum aan die premier gestel oor die swak paaie in die gebied - ons kry die jongste oor dié ongewone protes. Nuwe regulasies vir handreinigers word bekendgemaak. Daar is 'n tydelike tekort aan tamaties - ons vind uit wat die redes hiervoor is.

Monitor 17 Maart 2021 - Deel 2 17.03.2021

Die Nasionale Vergadering stem oorweldigend ten gunste van 'n ad hoc-komitee om die bevoegdheid van die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, te ondersoek. 'n Sogenaamde kripto-kunswerk is verlede week deur die Britse afslaer Christie's vir byna $70-miljoen, of meer as 'n R1-miljard verkoop.

Monitor 17 Maart 2021 - Deel 1 17.03.2021

Die Wes-Kaapse minister van finansies, David Maynier, sê sy provinsiale begroting is een van hoop wat planne ondersteun om COVID-19 te beveg. Verbruikersvertroue neem toe - iets wat op 'n wankelrige herstel in die ekonomie dui.

Monitor 16 Maart 2021 - Deel 2 16.03.2021

Studente betoog steeds op talle kampusse landwyd. Die 2021 Oscarbenoemings is bekend.

Monitor 16 Maart 2021 - Deel 1 16.03.2021

Oudpresident Jacob Zuma se seun, Duduzane, wil president word. Hulde word gebring aan 'n groot gees in die motorsportwêreld.

Monitor 15 Maart 2021 - Deel 2 15.03.2021

Die Vryheidsfront Plus is ongelukkig oor die regering se gebrek aan kommunikasie oor die eenmiljoen dosisse AstraZeneca-entstof wat die regering aangekoop het. Meer en meer kinders word aan boelies blootgestel wat hulle op aanlynplatforms aanval.

Monitor 15 Maart 2021 - Deel 1 15.03.2021

Die visekanselliers van al 26 universiteite vergader vandag oor studente se eise oor agterstallige skuld en befondsing, terwyl studentegroepe beplan om tersiêre instellings tot stilstand te bring. Intussen wag studente op staatshulp om hulle basiese finansiële verpligtinge na te kom. Die DA beplan 'n veldtog om Stellenbosch Universiteit te dwing om sy vermeende beleid teen Afrikaans te verander.

Monitor 12 Maart 2021 - Deel 2 12.03.2021

Maties reageer op klagtes dat Afrikaans nie meer in koshuise gepraat mag word nie. Twee animasieprente op een slag! Leon van Nierop ontleed die gehalte van dié tekenprente.

Monitor 12 Maart 2021 - Deel 1 12.03.2021

Onwettige tabakverkope tref die bedryf swaar. Minstens 39 vlugtelinge het vandeesweek verdrink langs die kus van Tunisië.

Monitor 11 Maart 2021 - Deel 2 11.03.2021

Die leier van die DA, John Steenhuisen, besoek Stellenbosch Universiteit ná berigte dat studente verbied is om Afrikaans by hulle koshuise, in die openbaar, en selfs op parkbanke op die kampus te praat. Die voormalige lyfwag van die eertydse Vrystaatse premier, Ace Magashule, kry 15 jaar tronkstraf vir die diefstal van 'n Pierneef-skildery.

Monitor 11 Maart 2021 - Deel 1 11.03.2021

Die Polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat, OPOD, begin 'n ondersoek na die dood van 'n man tydens gister se betoging by Wits-Universiteit in Johannesburg. Die verspreiding van die Covid-19-entstof, veral na armer lande, word al dringender te midde van 'n gebrekkige vervaardigingskapasiteit.

Monitor 10 Maart 2021 - Deel 2 10.03.2021

Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk het verlede jaar in vergelyking met 2019, met sewe persent gedaal. Die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, sê reisgers soek meer unieke en volhoubare ervarings, en as vakansies in die buitelug. Ons vind uit hoe vorder die inisiatief van South Africa Day om dorpe en plekke dwarsoor Suid-Afrika te vernuwe.

Monitor 10 Maart 2021 - Deel 1 10.03.2021

Nuwe wysigings aan die Kieswet kom onder die soeklig in die parlement. Anelia Dodd verbonde aan die Universiteit van Limpopo se Departement Handelsreg gee raad oor wat mense se opsies is indien jy finansieel of andersins seer gekry het weens die swak toestand van paaie. Ons praat met 'n afgetrede siviele ingenieur oor hoe om 'n slaggat reg te maak.

Monitor 9 Maart 2021 - Deel 2 09.03.2021

Meer as 'n honderd krokodille is nog soek nadat hulle in die Hazyview-omgewing in Mpumalanga ontsnap het. Bykans 100 mense word in Kaapstad weens onwettige straatrenne in hegtenis geneem.

Monitor 9 Maart 2021 - Deel 1 09.03.2021

'n Verslag oor seksuele oortredings in die weermag dui op 'n kultuur van ligte vonnisse en 'n onvriendelike slagofferomgewing. Die Verenigde Nasies gaan Suid-Afrika help om die groot agterstand van asielaansoeke teen 2024 uit te wis.

Monitor 8 Maart - Deel 2 08.03.2021

Reaksie op SANRAL se waarskuwing aan motoriste dat hulle nie hulle voertuiglisensies sal kan hernu as hulle uitstaande e-tolskuld het nie. Die uitvoerende direkteur van die Verenigde Nasies se vroueorganisasie, dr. Phumzile Mlambo-Ngucka, meen spesiale kwotas moet ingestel word om die aantal vroue in leierskapposisies te vermeerder. Die hertog en hertogin van Sussex se omstrede onderhoud met Oprah...

Monitor 8 Maart - Deel 1 08.03.2021

Verskeie universiteite begin met die registrasie van studente vir die 2021 akademiese jaar. Ons bespreek Pous Franciscus se geskiedkundige besoek aan Irak. Durban het die helfte minder besoekers in die 2020 feesseisoen gehad vergeleke met 2019. Die VN se Hoëkommisaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, dring aan op 'n onafhanklike ondersoek na die moord op honderde burgers in Ethiopië se Tigraystr...

Monitor 5 Maart 2021 - Deel 2 05.03.2021

Suid-Afrikaanse mediese praktisyns kla hulle word geintimideer deur die mediese skema, DISCOVERY, weens die beweerde wangebruik van mediese terapeutiese kodes. Marienebioloë is opgewonde oor haaie wat in die donker gloei.

Monitor 5 Maart 2021 - Deel 1 05.03.2021

Solidariteit kry 'n lasbrief om op die wapenvervaardiger, Denel, se bates beslag te lê. 'n Ooreenkoms om skooluniforms goedkoper te maak, word wyd verwelkom. Opposisiepartye in die Johannesburg Metroraad eis 'n ondersoek na die bedanking van die stadsbestuurder, Ndivo Lukwareni.

Monitor 4 Maart 2021 - Deel 2 04.03.2021

Nuwe navorsing wys dat mense wat die coronavirusvariant, 501Y.V2, opgedoen het, 'n vlak van immuniteit daarteen ontwikkel het. Ons praat met prof. Tess van der Merwe oor Wêreld ObesiteitsdDag en die jongste navorsing. 'n Platform is bekendgestel wat daarop gemik is om enige verdagte werksplasing na te gaan, om seker te maak dit is nie vals nie.

Monitor 4 Maart 2021 - Deel 1 04.03.2021

SKOOR gaan bewerings van rassisme teen Eskom se bestuurshoof ondersoek. Meer as 450 leerlinge in Eerste Rivier in Kaapstad, ontvang onderrig op 'n veld langs Ou Faureweg. En Human Rights Watch is min beïndruk met die Turkse president se lang verwagte Menseregte Plan van Aksie.

Monitor 3 Maart 2021 - Deel 2 03.03.2021

Wat is die politieke implikasies van 'n onafhanklike paneel se verdoemende bevindings teen die Openbare Beskermer? Die Voortrekkermonument maak planne te midde van Covid-beperkings.

Monitor 3 Maart 2021 - Deel 1 03.03.2021

Vrae oor 'n Suid-Afrikaanse militêre maatskappy in Mosambiek. Die uitmergelende droogte in die Oos-Kaap eis sy tol in die landbousektor.

Monitor 2 Maart 2021 - Deel 2 02.03.2021

Ons praat met twee misdaad- en polisiekenners oor bendegeweld in Kaapstad, wat aan die toeneem is. Boere wêreldwyd gebruik toenemend tegnologie om hulle kuddes te bestuur. Professor Shabir Madhi van Wits sê 'n derde vlaag van Covid-19-infeksies word in Mei of Junie verwag.

Monitor 2 Maart 2021 - Deel 1 02.03.2021

'n Nuwe wet wat 'n Grondhof tot stand sal bring, gaan aan die parlement voorgelê word. 'n Onafhanklike paneel het bevind dat daar prima facie bewyse is om met 'n proses te begin om die Openbare Beskermer uit haar amp te verwyder. Solidariteit Skole-ondersteuningsentrum sê die regering moet ruimte skep vir die ontwikkeling van 'n digitale strategie vir skole. Wines of South Africa reageer op die op...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.