RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 7 April 2021 - Deel 1 07.04.2021 41:40
Kenaiaanse terroriste word nou gekoppel aan die terreur in Mosambiek. Meer as 165 miljoen Amerikaners het reeds minstens een dosis Coronavirus-entstof ontvang.
Monitor 6 April 2021 - Deel 2 06.04.2021 43:57
Die DA het verlede week met boere in die Gert Sibande-distrik gepraat wat van hulle grond afgesit gaan word. Aardbewoners hoef vir eers nie té bekommerd oor asteroïede te wees nie.
Monitor 6 April 2021 - Deel 1 06.04.2021 46:47
Musi Maimane kap terug na die oud-leier van die DA, Tony Leon, se opmerking dat Maimane 'n eksperiment is wat skeefgeloop het. Die toutrekkery tussen inwoners van Koster in Noordwes en die munisipaliteit oor die plaaslike watersuiweringsaanleg gaan voort.
Monitor 5 April 2021 - Deel 2 05.04.2021 48:11
Ons praat met 'n dokter wat sogenaamde Langcovid onder lede het. En die Proteas maak sake gelyk in die eendagreeks teen Pakistan.
Monitor 5 April 2021 - Deel 1 05.04.2021 44:18
Ons praat met 'n konflikontleder oor die verslegtende situasie in die noorde van Mosambiek. Die EFF en Solidariteit eis die LUR van Onderwys in Gauteng se kop.
Monitor 2 April 2021 02.04.2021 45:06
Die Britse regering stel 'n elektroniese stelsel bekend wat oortreders op parool se drankinname monitor. In Suid-Afrika begin verkeersowerhede sogenaamde "bodycams" gebruik. In Mianmar kondig die militêre regering 'n skietstilstand van 'n maand aan te midde van 'n vergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oor die situasie in dié land.
Monitor 31 Maart 2021 - Deel 2 31.03.2021 44:16
Twee kenners praat oor hoe terreurbedrywighede op die langtermyn sal uitspeel in Mosambiek, en moontlik Suid-Afrika. Ons groet 'n kollega en bekroonde joernalis in die Oos-Kaap, Veronica Fourie. Die George munisipaliteit het besluit om waterbeperkings op te hef.
Monitor 31 Maart 2021 - Deel 1 31.03.2021 40:36
Inperkingsregulasies vir godsdiensbyeenkomste word verslap. Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, is vol vertroue dat die regering sy inentingsdoelwitte sal bereik. Ons praat met 'n ekonoom oor die jongste kwartaalikse indiensnemingsyfers.
Monitor 30 Maart 2021 - Deel 2 30.03.2021 41:15
Die ANC stel 'n ultimatum aan Ace Magashule. Die Derek Chauvin moordsaak begin - hy word beskuldig van die moord op George Floyd.
Monitor 30 Maart 2021 - Deel 1 30.03.2021 38:01
'n Kollega en vriend praat oor professor Christoff Heyns se nalatenskap. 'n Verslag vra dat die polisie gedemilitariseer word.
Monitor 29 Maart 2021 - Deel 2 29.03.2021 43:35
Die Nasionale Coronavirusbevelsraad vergader vandag oor die hantering van die virus oor die Paasnaweek. Die sekuriteitsmaatskappy, Dyck Advisory groep, sê meer as 120 mense is reeds na veiligheid gebring sedert die insyperaarsaanval in Palma, Mosambiek. Twee erfenispersele in Pretoria het miljoene rand weens die pandemie en inperking verloor. Die nuutverkose DA-leier in KwaZulu-Natal, Francois Rod...
Monitor 29 Maart 2021 - Deel 1 29.03.2021 39:52
Die Tshwane Metro het ses fasiliteite identifiseer, wat in skuilings vir haweloses omskep gaan word. 'n Ma van KwaZulu-Natal wie se seun in 'n onlangse insyperlaarsaanval in Noord-Mosambiek dood is, sê hy is geskiet terwyl hy probeer vlug het. Eienaars van nagklubs in die Noord-Kaap sê hulle moet konstant kreatiewe maniere vind om die Covid-19-pandemie finansieel te oorleef. Eritrea het ingestem o...
Monitor 26 Maart 2021 - Deel 2 26.03.2021 45:17
Die Konstitusionele Hof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die saak teen oudpresident Zuma. Ons praat met 'n regskenner en 'n politieke ontleder. Meer as 'n halfmiljoen mense het die afgelope jaar SADAG se depressie- en angsgroep gebel.
Monitor 26 Maart 2021 - Deel 1 26.03.2021 38:06
Navorsers ontwikkel 'n wiskundetoets wat graad 1's help. Frankryk moet die byna onmoontlike vermag om die sesnasie-rugbytrofee in te palm.
Monitor 25 Maart 2021 - Deel 2 25.03.2021 43:38
Die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping gaan vandag 'n Konstitusionele hofbevel aanvra om oudpresident Zuma weens minagting van die hof tronk toe te stuur. Omgewingsaktiviste is omgekrap oor die beplande hervestiging van sowat vyfduisend kremetartbome in Limpopo.
Monitor 25 Maart 2021 - Deel 1 25.03.2021 39:13
Die ANC in die Oos-Kaap waarsku teen alternatiewe partystrukture wat hulle sê in Ace Magashule se kantoor geskep word. Swart Suid-Afrikaners is meer gewillig om hulle regte op te offer om die verspreiding van die Coronavirus te bekamp as hulle wit landgenote.
Monitor 24 Maart 2021 - Deel 2 24.03.2021 38:08
Skotse navorsers glo die gewone verkoue kan moontlik beskerming bied teen COVID-19. Ons praat met 'n kenner om sy indrukke van die studie te kry. Suid-Afrika se kragnetwerk gaan tydelik deur drie kragskepe aangevul word - ons kyk na hoe die skepe werk en of dit die regte oplossing in hierdie stadium van die spel is. Die Ingenuity-helikopter op Mars gaan binnekort sy eerste vlug op die planeet uitv...
Monitor 24 Maart 2021 - Deel 1 24.03.2021 38:11
Die saak van bedrog en korrupsie teen die voormalige burgemeester van Ethekwini is na die Durbanse hooggeregshof oorgeplaas. Die Wes-Kaapse regering hoop om binnekort goeie nuus aan boere in die Klein Karoo te gee. Die DAK Netwerk sê mense moet meer doen om hulle taal te beskerm. Saoedi-Arabiëhet 'n nuwe vredesplan vir Jemen aangekondig.
Monitor 23 Maart 2021 - Deel 2 23.03.2021 44:25
Ermelo en Loxton se boere reik die hand uit na mekaar in 'n tyd van nood. 'n Kenner sê onderwysers het nuwe vaardighede nodig weens die pandemie. Wêreldmarkte reageer op die Turkse president, Tayyip Erdogan, se onverwagte stap om die president van die land se sentrale bank, Nadjie Agbal, af te dank.
Monitor 23 Maart 2021 - Deel 1 23.03.2021 40:12
AfriForum doen aansoek by die Zondo-kommissie om president Cyril Ramaphosa oor kaderontplooiing uit te vra. Ná 31 jaar van onafhanklikheid trek Namibië swaar, maar daar is tog optimisme vir ekonomiese groei. Dis vandag Wêreld Weerkunde-dag.
Monitor 22 Maart 2021 - Deel 2 22.03.2021 48:35
'n Groep van 337 hoëprofiel Suid-Afrikaners staan saam om hul misnoë uit te spreek teenoor Jacob Zuma se weiering om voor die Zondo-kommissie te verskyn. Ons fokus op menseregte in Suid-Afrika, en watter verandering daar die afgelope 61 jaar was. Ons maak 'n draai in die buiteland en kyk na Morokko en Rusland se gesprekke oor die toenemende konflik in Wes-Sahara. In Australië ervaar Sydney tans di...
Monitor 22 Maart 2021 - Deel 1 22.03.2021 41:57
President Cyril Ramaphosa sê in sy Mensregtedagtoespraak dat elke landsburger teen die coronavirus ingeënt moet word. 'n Wes-Kaapse volstruisboer deel sy ervaring van die langdurige droogte en die bykomende impak van Covid-19 op boere. Ons maak 'n draai in Namibië wat sy 31e onafhanklikheidsjaar gevier het.
Monitor 19 Maart 2021 - Deel 2 19.03.2021 50:26
'n Reuse olietenkskip in die Rooisee word 'n speelbal vir rebelle. Leon van Nierop resenseer 'n TV-reeks wat net in een vertrek afspeel.
Monitor 19 Maart 2021 - Deel 1 19.03.2021 45:52
Botswana span AfriForum se private vervolgingseenheid in. China hou vir die eerste keer 'n beraad met die Biden-administrasie.
Monitor 18 Maart 2021 - Deel 2 18.03.2021 49:49
Ons ondersoek berigte dat China beheer wil oorneem van Kenia se hawestad as betaling vir infrastruktuur wat hulle gebou het. Daar word voorspel dat mense teen 2050 sal ophou rook. Ons besoek 'n veilige hawe vir papegaaie in Johannesburg.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.