RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 23 April 2021 - Deel 2 23.04.2021 45:10
'n ANC raadslid in die Oos-Kaap is skuldig bevind aan verskeie misdade, maar is nie haar werk kwyt nie. Ons kry reaksie van ontleders en kyk na die probleem wat oral kop uitsteek in die land. Daar heers steeds kommmer oor die Gautengse onderwys departement se inmenging by skole. Ons vind meer uit van die eerste Tesla elektriese motor in Suid-Afrika, en die toetse wat dit ondergaan om te bepaal of...
Monitor 23 April 2021 - Deel 1 23.04.2021 39:13
Die ANC veteraan, Tokyo Sexwale, beskuldig die Reserwebank van die onwettige oorplasing van geld na ander bankrekeninge. Studente van die Universiteit van Kaapstad keer terug na hulle koshuise ná die brande. Kaapstad maak intussen gereed vir sy winterreënvalseisoen. Suid-Afrikaners ly honger as gevolg van die Covid-19-pandemie.
Monitor 22 April 2021 - Deel 2 22.04.2021 44:31
Privaatinstansies en die publiek dra by om studente van Ikeys te help nadat hulle die koshuise weens die groot brand moes ontruim. Ons kyk ook na die onskatbare erfenis wat in die brand by die universiteit verwoes is. En die Suid-Afrikaanse Olimpiese span kry velskoene!
Monitor 22 April 2021 - Deel 1 22.04.2021 41:31
Onwettige bewoners van HOP-huise in Olievenhoutbosch in Pretoria betoog teen hulle uitsetting deur die munisipaliteit. Reaksie stroom in van regoor Amerika na die skuldigbevinding van die voormalige polisiebeampte, Derek Chauvin, aan die moord op George Floyd.
Monitor 21 April 2021 - Deel 2 21.04.2021 44:47
Tussenverkiesings word vandag in 14 munisipaliteite gehou. Die VN se Wêreldvoedselprogram sê 31-miljoen mense in Wes- en Sentraal Afrika ly honger weens konflik, stygende voedselpryse, en Covid-19. 'n Oudiovisuele woordeboek word vir die N!UU taal geskep. Die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit gaan die sekuriteit by die Lichtenburg begraafplaas in Noordwes opskerp nadat die brons borsbeeld van di...
Monitor 21 April 2021 - Deel 1 21.04.2021 41:06
Inwoners van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap is gekant teen die hidroelektriese boor vir skaliegas in die gebied. Die FAK het 'n kunstenaar opdrag gegee om 'n replika te skep, om die brons borsbeeld van generaal Koos de la Rey te vervang. 'n Plaasboer van Mpumalanga, Fritz Louw, het 'n klag by die Openbare Beskermer ingedien oor die swak toestand van die R36-pad.
Monitor 20 April 2021 - Deel 2 20.04.2021 46:13
Ontleders is dit eens dat oudpresident Jacob Zuma al hoe meer binne die ANC geïsoleer word. NASA se Mars-helikopter maak ruimtegeskiedenis. 'n Aanlynplatform geskep om leerlinge te help om gepaste beroepskeuses te maak.
Monitor 20 April 2021 - Deel 1 20.04.2021 43:18
Inwoners van Vredehoek in Kaapstad is omgekrap na Sondag se verwoestende brand. Ons ontleed die burgemeesterstryd in Kaapstad. Die misdaadromanskrywer Deon Meyer voel geëerd nadat die Franse regering hom tot ridder slaan.
Monitor 19 April 2021 - Deel 2 19.04.2021 45:15
Die gesondheisprodukte-beheeraad, Sahpra, sê die tydelike staking van inentings met die Johnson & Johnson-entstof moet opgehef word. 'n Voorstel dat laerskoolleerders weer voltyds skool moet bywoon, word deur die departement van basiese onderwys oorweeg. 'n Kaapse regisseur se rolprent, Love and Monsters, is vir 'n Oscar-toekenning benoem. Switserse en Walliese wetenskaplikes is besig om nuwe veev...
Monitor 19 April 2021 - Deel 1 19.04.2021 42:08
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging veroordeel aanvalle op private dokters en hulle praktykpersoneel. Inwoners van Namakwaland is woedend omdat die plaaslike munisipaliteit versuim om foutiewe elektrisiteitsmeters reg te maak. 'n Wegholbrand veroorsaak groot verwoesting in die gebied van die Universiteit van Kaapstad. Somalië se president, Mohamed Abdullahi Mohamed, het sy vier jaar lange ampst...
Monitor 16 April 2021 - Deel 2 16.04.2021 45:01
Leon van Nierop resenseer NOMADLAND, wat onlangs 4 Baftas gewen het. Dr. Willem Botha praat oor mummie, sarkofaag en sarkasme.
Monitor 16 April 2021 - Deel 1 16.04.2021 40:34
Die Wes-Kaapse Minister van Vervoer word vir 2 weke geskors. Malariamutasies neem toe in Afrika.
Monitor 15 April 2021 - Deel 2 15.04.2021 43:06
Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sê Johnson & Johnson en Pfizer vra Suid-Afrika tien Amerikaanse dollar per dosis Covid-19-entstof. Ons kry reaksie by twee mediese kenners oor die toediening van die Johnson & Johnson-entstof, wat tydelik gestaak is. Rusland is besig om troepe op die grens met die Oekraïene te mobiliseer.
Monitor 15 April 2021 - Deel 1 15.04.2021 44:42
Inwoners van Kimberley is woedend oor gereelde wateronderbrekings. Planne om 'n Nama-dorp in Namakwaland te vestig. Kleinhandelverkope het in Februarie met 2,3% toegeneem op 'n jaargrondslag. Die ouditeurgeneraal bevind dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor kommersieel insolvent is.
Monitor 14 April 2021 - Deel 2 14.04.2021 44:03
Een van Suid-Afrika se vernaamste erfenisterreine, Robbeneiland, is glo besig om agteruit te gaan, met tekens van verwaarlosing wat oral te sien is. Regskenners verskil skerp oor die hoofregter, Mogoeng Mogoeng, se uitnodiging aan oudpresident Jacob Zuma om voorstelle oor sy eie straf te maak.
Monitor 14 April 2021 - Deel 1 14.04.2021 44:46
Die gebruik van Johnson & Johnson se Covid-19-entstof in Suid-Afrika word vir eers gestaak. Pluimveeboere wag in spanning om uit te vind of die voëlgriepvirus wat in Gauteng uitgebreek het, die uiters aansteeklike H5N8-virus is. Lugverkeer oos van Johannesburg ervaar 'n geheimsinnige steurnis wat radioverkeer tussen vliegtuie belemmer.
Monitor 13 April 2021 - Deel 2 13.04.2021 40:15
'n Onafhanklike ombud is aangestel om toesig te hou oor DA se keuringsproses vir 'n nuwe burgemeesterskandidaat vir Kaapstad. Die ANC se Nasionale Jeugliga taakspan moet binne die volgende ses maande 'n nasionale verkiesingskonferensie hou. Die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria het die geboorte van 'n witrenosterkalfie verwelkom. Inwoners van Weltevredenpark in Gauteng het met 'n inisiatief beg...
Monitor 13 April 2021 - Deel 1 13.04.2021 43:12
Betogende ouers by die Hoërskool Garies in die Noord-Kaap wil hê die provinsiale onderwysdepartement moet vakatures vir onderwysers vul. Die Kaapstadse Metro gaan voort met sy siviele eise teen die aktivistegroep, Gatvol Capetonian, en die EFF. 'n Uitbreking van Afrika varkpes is in Potchefstroom in Noordwes aangemeld. Die agritegnologie maatskappy, TONN UP, het 'n aanlyn verhandelingsplatform ges...
Monitor 12 April 2021 - Deel 2 12.04.2021 41:20
Huldeblyke stroom steeds in van regoor die wereld ná die dood van prins Philip, die hertog van Edinburgh. Amnestie Internasionaal waarsku dat Covid-19 as't ware as 'n wapen ingespan word om kwesbare gemeenskappe verder te onderdruk. Argeoloë is opgewonde oor 'n groot vonds by Luxor in Egipte.
Monitor 12 April 2021 - Deel 1 12.04.2021 42:38
Die Regterlike Gedragstribunaal het die regterpresident van die Wes-Kaap, John Hlophe, aan growwe wangedrag skuldig bevind,maar is dit die einde van die pad vir dié regter? 'n Nie-regeringorganisasie vra vir strenger drankregulasies om Suid-Afrika se drankkultuur te verander.
Monitor 9 April 2021 - Deel 2 09.04.2021 46:25
'n Noodberaad van SADEK-leiers het gevra vir 'n streeksbenadering tot die veiligheidsprobleme in die noorde van Mosambiek. Ons bespreek 'n hofbevel wat ouers die reg gee om hulle ongebore babas te begrawe. En ons vind meer uit oor 'n moontlike vyfde fundamentele natuurkrag.
Monitor 9 April 2021 - Deel 1 09.04.2021 45:39
Die regering het 51-miljoen dosisse Covid-19-entstof bekom, wat later vandeesmaand in die land sal aankom. 'n Kenner deel sy mening oor of die entstofverspreidingsprogram behoorlik geïmplementeer kan word. Suid-Afrika se tafeldruifbedryf het 'n rekord oesjaar gehad. Is die ANC besig om guns te wen vir die plaaslike verkiesings deur plekname te verander?
Monitor 8 April 2021 - Deel 2 08.04.2021 45:57
Daar is onsekerheid of die polisie se DNS-rekenaarstelsel funksioneer of nie. Die Departement van Gesondheid en Pfizer het glo 'n ooreenkoms vir 20-miljoen dosisse entstof gesluit - ons praat hieroor asook ander Covid-19-kwessies. Suid-Afrika verloor die eendag internasionale krieketreeks teen Pakistan.
Monitor 8 April 2021 - Deel 1 08.04.2021 45:06
Die plaaslike lugvaartbedryf trek nog swaar weens die Covid-19-pandemie. Ses SADC-lande vergader van vandag af om oor die militante geweld in die noorde van Mosambiek te praat.
Monitor 7 April 2021 - Deel 2 07.04.2021 38:03
Bome groei vier keer vinniger in 'n gebied wat met koffiemoer behandel is. Die eerste rit van die Marshelikopter vind plaas van die Van Zyl-uitkykpunt af.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.