RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 12 Mei 2021 - Deel 1 12.05.2021

Die geskorste ANC sekretarisgeneraal word 48 uur gegee om jammer sê. Bewerings dat die Tshwane-metropolisie motoriste terroriseer vir omkoopgeld.

Monitor 11 Mei 2021 - Deel 2 11.05.2021

Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het gister die uitkomste van sy spesiale vergadering oor die naweek bekend gemaak. Ons ontleed die gebeure en besluite wat daar geneem is. Ons vind uit hoe die vergadering tussen Solidariteit en die Minister van Water en Sanitasie verloop het oor die invoer van Kubaanse ingenieurs.

Monitor 11 Mei 2021 - Deel 1 11.05.2021

Kenners meen dat ons nog nie die derde vlaag van Covid-19 ingaan nie. Njozi, die jagluiperd, gaan moeiliker kan ontsnap noudat sy baie nouer gemonitor word. Die vullisprobleem in die Mangaung Metro gee inwoners meer as 'n kopseer. Die ANC sê sy adjunk-sekretarisgeneraal, Jessie Duarte, sal die pligte van die geskorste sekretarisgeneraal, Ace Magashule, oorneem.

Monitor 10 Mei 2021 - Deel 2 10.05.2021

Ons bespreek die woelinge in die ANC. Ons praat met Carl Niehaus en 'n politieke ontleder. Plantkundige Ernst van Jaarsveld vertel van 'n ekspedisie na Angola.

Monitor 10 Mei 2021 - Deel 1 10.05.2021

Hulp aan inwoners in die Overberg ná hewige storms. Die Vryheidsfront Plus het 'n prokureursbrief aan die stadsbestuurder van die Manguang-metromunisipaliteit gestuur waarin oplossings geëis word oor vullisverwydering.

Monitor 7 Mei 2021 - Deel 2 07.05.2021

Die oor-en-weer skorsery van senior leiers in die ANC het onleders aan die bespiegel oor die toekoms van die regerende party. Die Instituut vir Rasseverhoudinge meen president Cyril Ramaphosa is meer lojaal aan ANC-kaders as aan landsburgers. Leon van Nierop lek sy lippe af vir die watertand-kosmaakfliek, Love Sarah, wat vandag in teaters begin.

Monitor 7 Mei 2021 - Deel 1 07.05.2021

Die aanranding van die Vrystaatse boer, Gert Terblanche, kon 'n wraakaanval gewees het. Meer inligting oor twee versekeringsmaatskappye se inisiatief om slaggate reg te maak, kom aan die lig. Daar is glo 48-duisend slaggate in Johannesburg. Die soektog na 'n jagluiperd wat uit die Rietvlei Natuurreservaat in Pretoria ontsnap het, kan weke duur.

Monitor 6 Mei 2021 - Deel 2 06.05.2021

'n Bohaai oor olie-ontginning in Namibië en Botswana. Ongelukkigheid oor nuwe ontwikkelings langs die Suid-Kaapse kus.

Monitor 6 Mei 2021 - Deel 1 06.05.2021

Die ANC skors en muilband Ace Magashule. Ons praat hieroor met 'n politieke ontleder. Die ANC in Johannesburg kom onder skoot vir sy hantering van die sogenaamde slaggat-pandemie.

Monitor 5 Mei 2021 - Deel 2 05.05.2021

Die G7-lande se Ministers van Buitelandse Sake vergader vir die eerste keer in twee jaar in Londen om internasionale knelpunte te bespreek. Slegs 24% van swart kandidate wat Desember se eksamen vir geoktrooieerde rekenmeesters afgelê het, het geslaag. 'n Sosiale media krisisbestuurder verduidelik hoekom al hoe meer mense hulle sosiale media rekeninge sluit.

Monitor 5 Mei 2021 - Deel 1 05.05.2021

Inwoners van Olifantshoek in die Noord-Kaap is al vir langer as 'n week sonder water. Die Wes-Kaapse regering wil meer as 720 000 ouer mense teen Covid-19 inent. Die drukgroep, The Green Connection, is ontevrede met die regering se plan om kragskepe te gebruik om bykomende elektrisiteit aan Suid-Afrika te verskaf.

Monitor 4 Mei 2021 - Deel 2 04.05.2021

Hoe vry is die media in Suid-Afrika en die res van Afrika? Ons praat met 'n kenner. Navorsing wys nuwe neigings in vakansiegangers se gedrag.

Monitor 4 Mei 2021 - Deel 1 04.05.2021

Vrystaat se slaggate eis nog 'n lewe. Uiteenlopende reaksie op die jongste aanbevelings oor leeus.

Monitor 3 Mei 2021 - Deel 2 03.05.2021

Die regering hoop om binne die volgende paar weke 'n strategiese ekwiteitsvennoot vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens te vind. 'n Langverwagte verslag deur 'n hoëvlakpaneel oor die bestuur, teel, jag en handel van wilde diere is vrygestel. Die DA versoek die Gautengse polisiekommissaris, Elias Mawela, om 'n taakspan saam te stel om die toenemende voorvalle van veediefstal in die provinsie te ondersoe...

Monitor 3 Mei 2021 - Deel 1 03.05.2021

Die oorsaak van die brand by 'n pakhuis in Fordsburg in Johannesburg is nog nie vasgestel nie. Ethiopië wil weer sy reservoir op die Nylrivier opvul, maar die Soedanese regering is baie ontevrede met hierdie besluit. Die voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler, Lindani Myeni, se oorskot is uiteindelik terug in sy tuisdorp, Richardsbaai, in KwaZulu-Natal. En SABC 2 het 'n aantal SAFTA-benoemings los...

Monitor 30 April 2021 - Deel 2 30.04.2021

Amerika se ontrekking uit Afghanistan begin op 1 Mei - ons kyk na die betekenis en gevolge hiervan. Ons fokus op die Amerikaanse president, Joe Biden, se eerste 100 dae in sy amp. Ons vind uit waarom 'n gebrek aan 'n stoel, 'n groot herrie in Ankara veroorsaak het en wat die gevolge van Sofagate sal wees.

Monitor 30 April 2021 - Deel 1 30.04.2021

Die eerste gesondheidswerker in Suid-Afrika is 'n jaar gelede aan Covid-19 dood. Oranië het vandeesmaand sy dertigste bestaansjaar gevier - ons kyk na hoe dit van toeka tot nou verander het. President Cyril Ramaphosa het sy getuienis voor die Zondo-kommissie afgehandel - ons kry reaksie op die afgelope twee dae se onthullings en erkennings.

Monitor 29 April 2021 - Deel 2 29.04.2021

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, sê aanstellings in staatsinstellings moet op 'n deursigtige wyse gedoen word, sodat staatskaping nooit weer in Suid-Afrika sal plaasvind nie. Twee politieke wetenskaplikes ontleed Ramaphosa se getuienis by die Zondokommissie. Ons gesels met RSG se stasiehoof, Magdaleen Krüger, wat aftree na 'n loopbaan van 32 jaar by die SAUK.

Monitor 29 April 2021 - Deel 1 29.04.2021

Die Wes-Kaapse leier van die DA, Bonginkosi Madikizela, het bedank. Nog 'n betoging in Kimberley oor swak dienslewering. Die Vereniging van Suid-Oos Asiese State poog om Mianmar se strydende partye bymekaar te bring om die voortslepende konflik te besleg.

Monitor 28 April 2021 - Deel 2 28.04.2021

Die regering pak die tweede fase van sy Covid-19-inentingsveldtog - dié keer is die kandidate mense bo 60. 'n Nuwe boek oor betogings in Suid-Afrika waarsku dat gemeenskappe se geduld met die gebrek aan dienslewering opraak. 'n Skoonmaker van die Universiteit van die Wes-Kaap vang graad op die ouderdom van 47.

Monitor 28 April 2021 - Deel 1 28.04.2021

Alle oë is vandag op die Staatskapingskommissie gerig waar president Cyril Ramaphosa sal getuig. Wetenskaplikes meen dat die Wonderwerk-grot naby Kathu in die Noord-Kaap dalk die oudste woonplek in die menslike geskiedenis kan wees.

Monitor 27 April 2021 - Deel 2 27.04.2021

Die Britse mediese vakjoernaal, THE LANCET, spreek sy kommer uit oor die gebrek aan sielkundige bystand aan vroue wat miskrame ervaar. Die voormalige kabinetsminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou, Norma, het voor die Staatskapingskommissie getuig. Sommige partye in die Parlement sê hulle het begrip dat openbare ampsdraers geen verhoging vir 2020/2021 moet kry nie. En 'n springkaanplaag veroors...

Monitor 27 April 2021 - Deel 1 27.04.2021

Sommige inwoners van Kimberley in die Noord-Kaap eis dat die burgemeester moet bedank. Die lugvaartekonoom, dr. Joachim Vermooten, bespreek die moontlike oorsake van die stand van sake by die laekoste lugdiens, Mango. Die DA se provinsiale struktuur in Limpopo is onder administrasie geplaas. En ons praat oor die impak van die Covid-pandemie op ons vryheid en regte.

Monitor 26 April 2021 - Deel 2 26.04.2021

Politieke partye sê die ANC-veteraan en sakeman, Tokyo Sexwale, se bewerings oor 'n fabelagtige internasionale fonds en die diefstal daarvan moet indringend ondersoek word. Die bekende menseregteprokureur Richard Spoor bied aan om oudpresident Jacob Zuma met sy korrupsieverhoor gratis in die hof te verteenwoordig. 'n Joodse rabbi red 'n afskrif van die Torah uit een van die geboue op die kampus va...

Monitor 26 April 2021 - Deel 1 26.04.2021

Die regering se besluit om waterdeskundiges uit Kuba in te voer, word skerp gekritiseer. Die DA eis antwoorde by minister Blade Nzimande oor die besluit om Afrikaans en die Khoe- en Santaalfamilie glo as uitheems te klassifiseer. Die Suid-Afrikaanse dokumentêre rolprent, My Octopus Teacher, wen 'n Oscar!

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.