RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 28 Mei 2021 - Deel 2 28.05.2021

Sommige westelike voorstede van Johannesburg ervaar steeds watertoevoerprobleme. Een van Suid-Afrika se voorste mediese wetenskaplikes waarsku dat die derde Covid-golf nie ligtelik opgeneem moet word nie.

Monitor 28 Mei 2021 - Deel 1 28.05.2021

Die Johannesburg Metropolisie reik uit na inwoners met 'n beker koffie. Transgender-vroue kan nou ook aan die Mejuffrou Suid-Afrika-kompetisie deelneem.

Monitor 27 Mei 2021 - Deel 2 27.05.2021

'n Veerboot sink in Nigerië met 150 mense aanboord. 'n Onderhoud uit ons argief met die veteraanomroeper, skrywer en aktrise Monica Breed wat op 98 oorlede is.

Monitor 27 Mei 2021 - Deel 1 27.05.2021

Oudpresident Zuma kry sy dag in die hof in verband met korrupsie. Hulde aan die bekende akteur Ben Kruger.

Monitor 26 Mei 2021 - Deel 2 26.05.2021

Tegnologie word ingespan om die Afrika Wildehond-bevolking in die Nasionale Krugerwildtuin te monitor. Behoort sensuur 'n plek in ons samelewing te hê, wanneer dit kom by geweld op die silwerskerm? Ons praat met twee kenners hieroor. Die Gautengse regering het die aantal Covid-19-inentingsterreine vermeerder.

Monitor 26 Mei 2021 - Deel 1 26.05.2021

SADOU in die Vrystaat versoek dat alle werkswinkels vir onderwysers uitgestel moet word, te midde van 'n toename in Covid-19-infeksies. Die Suid-Afrikaanse Raad van die Hajj en Umrah sê dit is moeilik om te voorspel of enige Suid-Afrikaners aan die Hajj-pelgrimstog sal deelneem. Ons praat met die Franse ambassadeur in Pretoria oor die huidige stand van die verhouding tussen Frankryk en Suid-Afrika...

Monitor 25 Mei 2021 - Deel 2 25.05.2021

Kommer oor Suid-Afrika se vermoë om die Pfizer Covid-entstof teen die gewensde temperatuur te berg. Die eerste letterkunde in die N/uu-taal word op Upington bekendgestel.

Monitor 25 Mei 2021 - Deel 1 25.05.2021

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, word betrek by korrupsie van R90-miljoen. Die VSA gaan omvattende sanksies teen Ethiopië instel.

Monitor 24 Mei 2021 - Deel 2 24.05.2021

Die V.N. se Menseregtekommisariaat vir Vlugtelinge sê meer as 20 miljoen mense is wêreldwyd ontwortel weens klimaatsverandering. Nuwe konsepwetgewing oor die uitreiking van vuurwapens bepaal dat selfverdediging nie meer as 'n rede vir die besit van 'n wapen gegee kan word nie. Die rolprente Griekwastad en Toorbos wen SAFTA-toekennings.

Monitor 24 Mei 2021 - Deel 1 24.05.2021

Bekommerde inwoners snoer kragte saam om 'n uiters sensitiewe omgewing, Kenmarekloof, aan die Gautengse Wesrand te bewaar. Daar is 'n toename in hawelose kinders in Prieska in die Noord-Kaap. 'n Onkruid met die wetenskaplike naam, Amaranthus Palmer, bedreig somergewasse.

Monitor 21 Mei 2021 - Deel 2 21.05.2021

Eskom wil hierdie winter beurtkrag in die aand toepas - ons vra antwoorde van Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer. 'n Ekonoom verduidelik wat die ekonomiese impak van kragtekorte is.

Monitor 21 Mei 2021 - Deel 1 21.05.2021

'n Militêre ontleder bespreek die skietstilstand tussen Israel en Hamas. Die Kerkstraat-bomontploffing 38 jaar gelede word onthou.

Monitor 20 Mei 2021 - Deel 2 20.05.2021

Inwoners van die Renosterberg-munisipaliteit sê dienslewering gaan agteruit nadat 'n administrateur verlede jaar aangestel is. Ons praat met die hoofsekretaris van die Evangeliese Alliansie in Suid-Afrika, eerwaarde Moss Nthla, oor die konflik tussen Israel en die Palestyne. 'n Studie deur die Steve Biko Sentrum vir Bio-etiek wys dat swak bestuursvaardighede onder taxibestuurders nie noodwendig di...

Monitor 20 Mei 2021 - Deel 1 20.05.2021

Boere verwelkom die DA se versoek om die Oos-Kaap tot 'n droogterampgebied te verklaar. Kontaksport by skole is weens Covid-19 opgeskort. Gesondheidspraktisyns in die privaatsektor vra die regering om die administrasiefooi, wat mense vir die Covid-19-inenting moet betaal, te verhoog.

Monitor 19 Mei 2021 - Deel 2 19.05.2021

Die Joodse gemeenskap vra die Suid-Afrikaanse regering om ewewigtig te wees in sy veroordeling van die konflik in die Midde-Ooste. Buitelandse besoeke aan Suid-Afrika neem met 80% af.

Monitor 19 Mei 2021 - Deel 1 19.05.2021

Nog 'n plaasaanval, dié keer suid van Warden in die Vrystaat, skok die plattelandse bevolking. Boewe in Pretoria strooi spykers op die pad om motoriste tot stilstand te bring en te beroof. In die toekoms gaan mense meer betekenisvolle, sinvolle en bevredigende werk vereis.

Monitor 18 Mei 2021 - Deel 2 18.05.2021

Die voorsitter van die Veediefstal Inligtingsentrum op Ermelo, Cecilia Beukes, sê daar is 'n reuse toename in veediefstal in Mpumalanga. Opkomende boere in Gauteng loop ook toenemend deur onder veediewe. Die struggleveteraan en teoloog, dr. Allan Boesak, sê die Suid-Afrikaanse regering moet alle diplomatieke bande met Israel verbreek.

Monitor 18 Mei 2021 - Deel 1 18.05.2021

Honderde ouer mense word teen Covid-19 ingeënt. 'n Tienerseun sterf tydens diensleweringsbetogings in die Mangaung Metro. Boko Haram was vanjaar verantwoordelik vir meer as 100 aanvalle op burgerlike en militêre teikens.

Monitor 17 Mei 2021 - Deel 2 17.05.2021

Verskeie opposisiepolitici sê hulle sal hulle nie laat inent nie. Ons wonder hoekom, en vra 'n kenner of dit so 'n goeie idee is. Die sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies, António Guterres, vra dat die gevegte tussen Israel en Palestina onmiddelik gestaak moet word.

Monitor 17 Mei 2021 - Deel 1 17.05.2021

Oudpresident Jacob Zuma kry sy langverwagte dag in die hof, maar dit word dalk net weer uitgestel. Die nuuspublikasie, Noseweek, moet dalk sy deure sluit.

Monitor 14 Mei 2021 - Deel 2 14.05.2021

Die Verkiesingskommissie wil meer jong mense aanspoor om te registreer vir die komende plaaslike regeringsverkiesing. 'n Voormalige president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs reageer op die regering se besluit om Kubaanse ingenieurs in te voer om die land se waterstelsels reg te ruk. Leon van Nierop raak liries oor die nuwe Afri-Kaapse fliek, Barakat.

Monitor 14 Mei 2021 - Deel 1 14.05.2021

Die Wes-Kaap ondervind 'n oplewing van Covid-19-infeksies. Die Moslemgemeenskap vier vandag Eid al-Fitr. Portugal gaan soldate in Mosambiek oplei om terreur in die Cabo Del Gado provinsie te probeer hok slaan.

Monitor 13 Mei 2021 - Deel 2 13.05.2021

Ons sit ons gesprek oor stedelike verval voort, en praat met die vorige burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, om 'n beter begrip van die situasie te kry. Die Nasionale Khoisan-raad sê hoewel hulle bly is oor die nuwe Khoi en San Tradisionele Leierskapswet, is daar steeds leemtes.

Monitor 13 Mei 2021 - Deel 1 13.05.2021

Die ergste gevegte in jare ontwrig die lewe van Israeli's én Palestyne. Motoriste in Pretoria kry raad oor wat om met korrupte en intimiderende metropolisiebeamptes te doen. Gevangenes wat weens die pandemie uit oorvol tronke vrygelaat is, word weer gearresteer, maar dié keer vir erger misdade.

Monitor 12 Mei 2021 - Deel 2 12.05.2021

Vrese van 'n volskaalse oorlog in Israel. Kommer oor die verval van sekere woonbuurte in Johannesburg.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.