RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 16 Junie 2021 - Deel 1 16.06.2021 43:11
Suid-Afrika het om middernag na 'n Vlak 3-inperking beweeg. Jeugdag word vandag herdenk, 45 jaar ná die Soweto-tragedie.
Monitor 15 Junie 2021 - Deel 2 15.06.2021 39:48
Sittings vir die Menseregtekommissie se ondersoek na taalkwessies by die Universiteit Stellenbosch duur voort. Die MK Militêre Veterane-vereniging sê hulle weier om te ontbind, soos wat die topbestuur van die ANC van hulle verwag. Die Rooivleisprodusente-organisasie beskryf die uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal as 'n nasionale krisis.
Monitor 15 Junie 2021 - Deel 1 15.06.2021 41:51
'n Studie het bevind dat 40% van studente nie geld vir kos gehad het tydens die streng grendeltydperk nie. Kommersiële eiendom vaar beter aan die kus as in die binneland. En 'n studie wat deur Cadiz Universiteit in Spanje gepubliseer is, wys dat plastiekstrooitjies nie die grootste besoedelaar van oseane is nie.
Monitor 14 Junie 2021 - Deel 2 14.06.2021 45:36
Daar is 'n toenemende neiging om munisipaliteite hof toe te sleep oor swak dienslewering. Dit is die einde van die Benjamin Netanyahu-era in Israel.
Monitor 14 Junie 2021 - Deel 1 14.06.2021 39:32
Die G7-wêreldleiers kom ooreen om 'n miljard dosisse coronavirus-entstof aan armer lande te verskaf, en jaarliks $100 miljard méér te gee om koolstofvrystellings te beperk. Hulde aan Shaleen Surtie-Richards.
Monitor 11 Junie 2021 - Deel 2 11.06.2021 45:17
Ons kry duidelikheid oor wat die wysigings aan die Wet op Elektrisiteitsregulering beteken. Die komponis, Andrew Llowd Webber, is bereid om tronk toe gaan, solank hy net sy teaters se deure kan oopmaak - ons kry reaksie hierop en kyk na hoe plaaslike teaters vaar tydens die pandemie. Ons na die moontlike implikasies van Rusland se dreigement om te onttrek aan die Internationale Ruimtestasie-projek...
Monitor 11 Junie 2021 - Deel 1 11.06.2021 40:27
Ons kry reaksie op die nuus dat die perk vir die ongelisensieerde opwekking van krag tot 100 Megawatt verhoog word. Ons vind ook uit presies wat die wysiging beteken en hoe dit die ekonomie kan raak. Suid-Afrika het volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes reeds die derde golf van die Covid-19-pandemie betree. Ons kry die jongste oor die waterkrisis in Koster wat inwoners weer sond...
Monitor 10 Junie 2021 - Deel 2 10.06.2021 43:36
Fase 4 beurtkrag kan die ekonomie 'n verlies van R68-miljoen per uur kos. Lydenburg se inwoners sit hulle voet neer oor die gebrek aan dienslewering.
Monitor 10 Junie 2021 - Deel 1 10.06.2021 42:41
Anders as Ace Magashule, maak die Minister van Gesondheid dit maklik vir die president. Suid-Afrika het nog nie sy hersiende teikens vir die inperking van kweekhuisgasse finaal bepaal nie.
Monitor 9 Junie 2021 - Deel 2 09.06.2021 42:49
Hospitale in Soweto is onder druk weens 'n skerp toename in Covid-19-infeksies. Die ekonomie het in die eerste kwartaal van 2021 gegroei. Die Tuinroete in die Wes-Kaap herdenk die dodelike brande wat vier jaar gelede in Knysna en Plettenbergbaai uitgebreek het. Brittanje tree Vrydag op as gasheerland vir die G7-beraad.
Monitor 9 Junie 2021 - Deel 1 09.06.2021 44:58
President Cyril Ramaphosa het minister Zweli Mkhize op spesiale verlof geplaas. Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê dit is noodsaaklik dat onderwysers so gou moontlik teen Covid-19 ingeënt word. Swanger vroue op plattelandse dorpe in die Oos-Kaap gebruik tradisionele medisyne omdat hulle swak toegang tot gesondheidsorg het.
Monitor 8 Junie 2021 - Deel 2 08.06.2021 42:58
Vrae oor Covid-inentings. Ons bespreek die Springbokgroep teen die Britse Leeus.
Monitor 8 Junie 2021 - Deel 1 08.06.2021 44:03
Die sterk rand bevoordeel Suid-Afrika. Hulde word gebring aan die gewilde aktrise Shaleen Surtie-Richards.
Monitor 7 Junie 2021 - Deel 2 07.06.2021 44:33
'n Kundige sê mediese fondse hou geld wat hulle mediese praktisyns skuld terug, want hulle beweer die geld word onregmatig gehef. Ons fokus op die moontlikheid van gereelde beurtkrag hierdie winter. En nuwe navorsing is pas gepubliseer oor honde wat geneties aangepas het om suksesvol met mense te sosialiseer.
Monitor 7 Junie 2021 - Deel 1 07.06.2021 44:50
Suid-Afrika het nog nie sy hersiende teikens vir die inperking van kweekhuisgasse bepaal nie. Die Gautengse verkeerspolisie soek verdagtes wat spykers op snelweë sit om motoriste te beroof. Die Griekwa Koningshuis is in rou gedompel na die afsterwe van Ockert Lewies. En die Covid-19 pandemie het 'n ernstige impak op die behandeling van tuberkulose.
Monitor 4 Junie 2021 - Deel 2 04.06.2021 45:48
Die Junie matriekeksamen is amptelik afgestel. Die hoof van Ontwikkeling by die Solidariteit Skoleondersteuning-sentrum, Melanie Buys, sê as 'n skool kan voortgaan met die eksamen, moet hulle dit doen. Versekeraars ervaar 'n toename in doodseise weens die Covid-19-pandemie. Anja Kuys van die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika het meer inligting. Ons fokus op verskeie aspekte van mediese oorplan...
Monitor 4 Junie 2021 - Deel 1 04.06.2021 42:58
Die DA vra dat die Minister van Gesondheid geskors moet word oor sy beweerde betrokkenheid by die toekenning van 'n omstrede kontrak aan 'n kommunikasiemaatskappy. Ons kry wye reaksie op die besluit om matrikulante se Junie-eksamen af te stel.
Monitor 3 Junie 2021 - Deel 2 03.06.2021 43:48
Ons praat met die DA en die Menseregtekommissie oor die probleme van kankerlyers wat van staatshospitale afhanklik is vir bestraling of chemoterapie. Ons fokus op die land se werkloosheidsprobleem.
Monitor 3 Junie 2021 - Deel 1 03.06.2021 41:32
Meer as 'n honderd sake oor die aankoop van persoonlike beskermde toerusting is na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys. Versoeke dat die afdanking van die Wes-Kaapse speurhoof, Jeremy Vearey, ondersoek word. The Green Connection lê 'n amptelike klag oor die omgewingsimpakstudie wat gedoen is vir 'n voorgestelde kragskipprojek in Saldanhabaaihawe.
Monitor 2 Junie 2021 - Deel 2 02.06.2021 43:07
Daar is kommer oor die ANC en EFF se voorstelle oor grondonteiening. En Fase 2 beurtkrag word tot Vrydag toegepas.
Monitor 2 Junie 2021 - Deel 1 02.06.2021 37:37
Johannesburg beleef 'n krisis met chemoterapie en bestraling. En die PAP val op die grond in Midrand.
Monitor 1 Junie 2021 - Deel 2 01.06.2021 37:53
Ons kry reaksie op die Reserwebank se waarskuwing dat staatskuld die land se finansiële stabiliteit bedreig. Die voorgestelde vuurwapenwetgewing het opposisiepolitici en landsburgers warm onder die kraag. Die Winterhoop-veldtog begin.
Monitor 1 Junie 2021 - Deel 1 01.06.2021 43:27
Sommige hospitale in Gauteng ondervind watertekorte. Daar is 'n daling in die petrolprys. Die parlementêre ad hoc-komitee wat die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet ondersoek, vra vir 'n verlenging om sy werk af te handel.
Monitor 31 Mei 2021 - Deel 2 31.05.2021 40:33
Vandag, 60 jaar gelede, het Suid-Afrika 'n republiek geword. Koue, nat weer slaan van vandag af oor groot dele van die land toe.
Monitor 31 Mei 2021 - Deel 1 31.05.2021 40:21
Die president kondig strenger inperkingsmaatreëls aan. Ons praat deur die loop van die program met 'n mediese kenner, 'n politieke ontleder en 'n ekonoom hieroor.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.