RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 2 Julie 2021 - Deel 1 02.07.2021 42:41
D-dag sluip nader vir oudpresident Jacob Zuma om homself oor te gee aan die polisie, maar sy ondersteuners wil niks hiervan weet nie en dreig selfs met oorlogvoering. Kenners meen die Openbare Beskermer se dae is getel. Die belastingindiening-seisoen vir individue en trusts het gister geopen. In Johannesburg sit verskeie inwoners van Westdene bykans 'n week lank sonder elektrisiteit. 'n DA-raadsli...
Monitor 1 Julie 2021 - Deel 2 01.07.2021 42:38
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting tree vandag in werking om onder meer die gebruik van mense se persoonlike inliting te reguleer. Die waarnemende minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, ontken dat die regering roekeloos was deur nie vlugte van Indië te keer om die Delta-variant van die Coronavirus na Suid-Afrika te bring nie.
Monitor 1 Julie 2021 - Deel 1 01.07.2021 44:50
Die Openbare Beskermer steun die minderheidsuitspraak oor oudpresident Jacob Zuma in die Konstitusionele Hof. Die AARTO-wet oor verkeersoortredings tree vandag in werking - of dalk nie.
Monitor 30 Junie 2021 - Deel 2 30.06.2021 41:50
Oudpresident Jacob Zuma het geen ander keuse as om vir sy 15 maande tronkstraf aan te meld nie. Swaar reën en 'n stormsterk wind word in die Kaap verwag.
Monitor 30 Junie 2021 - Deel 1 30.06.2021 41:28
Een uit elke vier Suid-Afrikaners ouer as 45 jaar het Tipe 2 diabetes - watter gevare hou COVID vir diabete in? Die Springbok-groep vir die eerste toets Vrydag teen Georgië, sluit drie nuwelinge in.
Monitor 29 Junie 2021 - Deel 2 29.06.2021 41:01
Vervolging word oorweeg teen mense wat fopnuus oor Covid-19-entstowwe versprei. Navorsing deur ekonome van onder meer die Universiteit van Johannesburg wys dat tot 10% van gegoede huishoudings in Suid-Afrika welsynstoelaes eis.
Monitor 29 Junie 2021 - Deel 1 29.06.2021 40:59
Die ANC kry dalk nie genoeg van 'n meerderheid in die parlement om Artikel 25 van die grondwet te verander nie. Is die plaaslike regeringsverkiesings in die weegskaal?
Monitor 28 Junie 2021 - Deel 2 28.06.2021 37:33
Ons praat met twee kenners oor die gevaarliker Delta-variant en Vlak 4-inperkings. Die Proteas klop die Windies - ons praat met Pieter van den Berg oor gisteraand se krieket en die naweek se ander sport.
Monitor 28 Junie 2021 - Deel 1 28.06.2021 38:33
Suid-Afrika klim weer op die waterkar onder 'n Vlak 4-inperking, terwyl reisbeperkings na en van Gauteng ingestel word. Vyf ISIS-lede word in Suid-Afrika in hegtenis geneem.
Monitor 25 Junie 2021 - Deel 2 25.06.2021 43:44
Die premierskantoor se advieskomitee oor Covid-19 in Gauteng het aanbeveel dat die provinsie 'n kombinasie van vlak drie en vlak vier inperkingmaatreëls instel. Gauteng word by verre die ergste geraak deur die derde vlaag van die pandemie. Die ontplooiing van Suid-Afrikaanse troepe in Mosambiek het die groen lig gekry - sal hulle in samewerking met SADEK-lande die terreurprobleem daar kan oplos? P...
Monitor 25 Junie 2021 - Deel 1 25.06.2021 45:15
Die ANC wil glo streng optree teen ontplooides in Noordwes wat nie hulle instruksies wil volg nie. Ons kry reaksie hierop en vra of die leierskapsprentjie in die streek binnekort kan verander. Gauteng se advieskomitee oor Covid-19 het aanbeveel dat die provinsie 'n kombinasie van vlak drie en vlak vier inperkingsmaatreëls instel. Franse hofamptenare het 'n slim manier gevind om senuweeagtige getui...
Monitor 24 Junie 2021 - Deel 2 24.06.2021 24:32
Kommer oor 'n dreigende waterkrisis in die Baai. 'n Gesogte toekenning vir 'n dokumentêr oor Distrik 6.
Monitor 24 Junie 2021 - Deel 2 24.06.2021 37:56
Kommer oor 'n dreigende waterkrisis in die Baai. 'n Gesogte toekenning vir 'n dokumentêr oor Distrik 6.
Monitor 24 Junie 2021 - Deel 1 24.06.2021 38:10
Die vrou wat glo geboorte aan 'n tienling geskenk het, was toe nooit swanger nie! Argentinië en Meksiko herroep hulle ambassadeurs na Nicaragua.
Monitor 23 Junie 2021 - Deel 2 23.06.2021 43:00
'n Mediese kenner sê mense ouer as 50 moet nou 'n kans gegun word om ingeënt te word. President Cyril Ramaphosa maak bekend dat die hawens voortaan 'n onafhanklike filiaal van Transnet sal wees.
Monitor 23 Junie 2021 - Deel 1 23.06.2021 41:05
Getuienis word by die Staatskapingskommissie gelewer oor die Guptas se vermeende uitgebreide geldwasserynetwerk. Die Minister van Binnelandse Sake word oor profeet Sheperd Bushiri oor die kole gehaal.
Monitor 22 Junie 2021 - Deel 2 22.06.2021 39:46
Die selakant is weer in die nuus. Marinebioloë is boos vir Noorweë oor beplande eksperimente op walvisse.
Monitor 22 Junie 2021 - Deel 1 22.06.2021 36:57
Die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat is besig met 16 korrupsiesake van miljarde rand. 'n Verdoemende verslag oor die plundering van staatsgeld in Zimbabwe.
Monitor 21 Junie 2021 - Deel 2 21.06.2021 42:06
Die Hooggeregshof gelas dat die visepresident van Ekwatoriaal-Guinee meer as R39-miljoen aan skadevergoeding betaal vir die marteling van Daniel Janse van Rensburg. Die regering het glo nog nie op bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal gereageer nie. Daar word verwag dat nog liggame van Zama-Zamas by 'n Orkney-myn uigehaal sal word.
Monitor 21 Junie 2021 - Deel 1 21.06.2021 41:52
'n Drukgroep begin 'n feiteveldtog oor polisiebrutaliteit. Die DA werf steun vir sy vuurwapenberaad, selfs ook om die Minister van Polisie, Bheki Cele, uit te nooi om dit by te woon.
Monitor 18 Junie 2021 - Deel 2 18.06.2021 42:06
Dit gons oor 'n reuse diamant wat in Botswana gevind is - 'n geoloog vertel ons meer oor die stene. 'n Metaangaswolk hang oor Johannesburg - waar kom dit vandaan?
Monitor 18 Junie 2021 - Deel 1 18.06.2021 36:49
Opposisiepartye sê daar is geen rede hoekom die gesondheidsminister nie voor hulle kan verskyn om vrae te beantwoord oor die Digital Vibes-tender nie. Talle skole is weer gesluit as gevolg van Covid-19-gevalle onder onderwysers en leerders - watter impak het dit op die onderrig? Ons draai in die buiteland en volg berigte op dat gevegte in Mianmar uitgebreek het tussen die weermag en rebellegroepe....
Monitor 17 Junie 2021 - Deel 2 17.06.2021 38:02
Ons fokus op die politieke gebeure in Latyns-Amerika. Cloetesville Primêre Skool op Stellenbosch het die eerste skool in die land geword, wat 'n elektriese prestasiesertifikaat ontvang het. Buitelandse toeriste het begin om weer die Voortrekkermonument in Pretoria te besoek.
Monitor 17 Junie 2021 - Deel 1 17.06.2021 38:43
Die regering het 'n nuwe netwerk gestig om werkloosheid onder die jeug te verminder. Inwoners van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap sê daar is minstens twee sterftes in die gemeenskap weens 'n voortdurende rioolprobleem in die gebied. Algoabaai in die Oos-Kaap is amptelik tot 'n Walvis-erfenisgebied verklaar. Ons praat met vakbonde oor die toename in Covid-19-infeksies onder leerlinge en onderwysers.
Monitor 16 Junie 2021 - Deel 2 16.06.2021 45:07
Die vonke kan spat by vandag se Geneve-beraad tussen presidente Putin en Biden. Die hoof van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, dr. Angelique Coetzee, reageer op die nuwe Vlak 3-inperking.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.