RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 20 Julie 2021 - Deel 2 20.07.2021

Jonger mense - dit is nou 35 jaar en ouer - stroom om hulleself vir die Covid19-inenting te registreer. Ons kyk na Span Suid-Afrika se kanse om medaljes by die Olimpiese Spele in Japan te verower.

Monitor 20 Julie 2021 - Deel 1 20.07.2021

Gemeenskappe wat teen onluste gemobiliseer het, verwerp beskuldigings van rassime. Die inligtingsreguleerder sê hy het nog nie terugvoer oor die Zuma-tronkfoto's wat uitgelek het nie.

Monitor 19 Julie 2021 - Deel 2 19.07.2021

Agri SA het 'n fonds gestig om hulp te verleen aan talle gemeenskappe in KwaZulu-Natal en Gauteng wat onder die plundertogte deurgeloop het. Die organisasie, Save the Children, sê kinders ly onder die konflik in die noorde van Mosambiek. Dele van die ooste in Pretoria is steeds sonder krag. Ons praat oor die naweek se sport met Pieter van den Berg.

Monitor 19 Julie 2021 - Deel 1 19.07.2021

Inwoners en vrywilligers doen opruimingswerk in gebiede wat onder gewelddadige plundertogte deurgeloop het. 'n Formele geregtelike ondersoek na die dood van 144 psigiatriese pasiënte in die Life Esidimeni-tragedie begin vandag. Die vloede in Duitsland en België word deur plaaslike owerhede in Europa aan klimaatsverandering toegeskryf. 'n Groep vroue van Lichtenburg in Noordwes het 'n veldtog begin...

Monitor 16 Julie 2021 - Deel 2 16.07.2021

Ons praat met 'n ekonoom oor die impak van die afgelope week se onluste op die ekonomie. Sakeorganisasies reël 'n beskermde konvooi na KwaZulu-Natal om die nood daar te verlig.

Monitor 16 Julie 2021 - Deel 1 16.07.2021

'n Emigrasie-agentskap sê aansoeke van Suid-Afrikaners wat die land wil verlaat, het die afgelope week met 1 500% toegeneem. Twee busse brand onder raaiselagtige omstandighede uit by 'n Golden Arrow-depot in Kaapstad.

Monitor 15 Julie 2021 - Deel 2 15.07.2021

'n Dokter in Upington gebruik digitale platforms om dit makliker te maak om pasiënte in verafgeleë gebiede te diagnoseer en te behandel. Ons praat met die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging oor die impak van die onrus het op die gesondheidsorgstelsel en inentingsprogram. Die ontplooiing van SADEK se bystandsmag in die noorde van Mosambiek is in die weegskaal.

Monitor 15 Julie 2021 - Deel 1 15.07.2021

Die burgemeester van Johannesburg, Geoffrey Makhubo, word ter ruste gelê. Action SA gaan 'n groepsgeding teen die regering instel om mense wat skade weens die geweldadige onluste en plundering gely het, te help. President Cyril Ramaphosa het met leiers van politieke partye vergader oor die onrussituasie. Sowat 25,000 soldate sal ontplooi word om die voortgesette plundering te stuit.

Monitor 14 Julie 2021 - Deel 2 14.07.2021

Ekonome meen die onluste en plundering van winkelsentrums in baie gebiede kan die ekonomie groot skade berokken. Rugbybaas Rassie Erasmus maak 'n berekende spankeuse vir die eerste wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus.

Monitor 14 Julie 2021 - Deel 1 14.07.2021

Gemeenskappe mobiliseer om hulleself teen geweld te beskerm. Die vinger van beskuldiging vir die Jacob Zuma-geinspireerede onluste draai nou na voormalige senior lede van die Staatsveiligheidsgemeenskap en die ANC.

Monitor 13 Julie 2021 - Deel 2 13.07.2021

Die politieke kommentator, dr. Piet Croucamp, gee sy mening oor die voortslepende geweld en plundering van winkels in verskeie gebiede in die land. Agri SA het 'n ope brief aan die President Cyril Ramaphosa gerig oor die onrussituasie. ​Huldeblyke stroom in ná die dood van die voormalige voorsitter van Eskom, dr. Ben Ngubane.

Monitor 13 Julie 2021 - Deel 1 13.07.2021

Weermagsoldate gaan in KwaZulu-Natal en Gauteng ontplooi word, te midde van die onrus en plundering van winkels. President Cyril Ramaphosa sê die voortslepende geweld kan lei tot 'n tekort aan voedsel en medisyne. Daar is sagteware wat jou stem, met al sy unieke patrone en emosie, binne tien minute kan kloon.

Monitor 12 Julie 2021 - Deel 2 12.07.2021

Die tempo van inenting vorder volgens die rgering baie goed, en sal nog verbeter - ons kry reaksie hierop en ander Covid-verwante-aankondigings. Mense kry steeds finansieel swaar - 'n vooraanstaande ekonoom ontleed die ekonomiese gevolge van die jongste inperkings en die voortslepende geweld in dele van KZN en Gauteng. Nuwe navorsing bewys dat die Covid-entstof veilig vir gebruik is.

Monitor 12 Julie 2021 - Deel 1 12.07.2021

Vlak 4-inperkings bly van krag, met verligting wat aan restaurante gebied word. Wat dryf die geweld in KwaZulu-Natal, en waarom is daar nog nie sterk opgetree daarteen nie? Sal mense wat die geweld in KZN en Gauteng op sosiale media aanhits, vervolg word? Die Poskantoor sluit meer as eenhonderd takke landwyd. SADEK-lande kry die groenlig om troepe na Mosambiek te stuur.

Monitor 9 Julie 2021 - Deel 2 09.07.2021

Dolfyne gee hulleself name waarmee hullr vriende met hullr kan kommunikeer. Leon van Nierop resenseer die mees erotiese en gewaagde reeks van die jaar.

Monitor 9 Julie 2021 - Deel 1 09.07.2021

Kommer oor sake van seksuele aanranding wat van die rol geskrap word. Wye reaksie op Jacob Zuma se inhegtenisneming.

Monitor 8 Julie 2021 - Deel 2 08.07.2021

Oudpresident Jacob Zuma het sy eerste nag in aanhouding deurgebring - ons kry reaksie op hierop en kyk na die lesse wat ons hieruit kan leer. Ons praat met die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris oor waarom hy sy lidmaatskap van die ANC beëindig het.

Monitor 8 Julie 2021 - Deel 1 08.07.2021

Oudpresident Jacob Zuma sit agter tralies. Julie is Spaarmaand, maar die pandemie maak dit moeilik om 'n geldjie weg te sit. Daar is kommer oor die oënskynlike stadige reaksie op 'n uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal.

Monitor 7 Julie 2021 - Deel 2 07.07.2021

Die Afrika-staatsman, dr. Kenneth Kaunda, se dood laat ons terugdink aan sy geskiedkundige ontmoeting met die Suid-Afrikaanse eerste minister, John Vorster, in 1975. Nuwe wetgewing word binnekort in Noorweë van krag, wat bepaal dat jy enige manipulering van sosiale media-beelde of foto's moet verklaar.

Monitor 7 Julie 2021 - Deel 1 07.07.2021

Jesse Duarte van die ANC klap die sweep oor mededingende faksies in die party. Gauteng se provinsiale tesourie verloor meer as R6-miljoen se belastingbetalersgeld weens 'n foutiewe transaksie met Microsoft. Die sanger André Schwartz skryf 'n liedjie oor sy noue ontkoming met Covid-19.

Monitor 6 Julie 2021 - Deel 2 06.07.2021

Nuwe navorsing wys dat Ivermektien nie Covid-19-pasiënte uit die hospitaal hou nie. Nog kinderontvoerings in Nigerië.

Monitor 6 Julie 2021 - Deel 1 06.07.2021

Optrede gevra teen ondersteuners van oudpresident Zuma, wat Vlak 4-inperkingsregulasies blatant oortree. Die net span stywer om die Guptas.

Monitor 5 Julie 2021 - Deel 2 05.07.2021

Oudpresident Jacob Zuma probeer sy vonnis tot tronkstraf met nog 'n regsaksie verydel. Ons berig oor die rekord hoë temperature wat in die VSA en Kanada beleef word.

Monitor 5 Julie 2021 - Deel 1 05.07.2021

Oudpresident Jacob Zuma hou vol dat hy die oppergesag van die reg respekteer. Ons praat met die singende dokter, Wilhelm Lichtenberg, oor 'n roerende brief wat hy oor sy vrou se Covid-siekte geskryf het.

Monitor 2 Julie 2021 - Deel 2 02.07.2021

Daar is kommer oor die beskikbaarheid van Covid-19-toetse in Gauteng. Die kunste word nog ‘n vuishou toegedien met die jongste inperkingsregulasies. In Manilla het die Taal-vulkaan uitgebars. ‘n Standbeeld om prinses Diana te vereer, is onthul. Ons vra hoe die Chinese president se stelling geïnterpreteer moet word dat diegene wat die land bedreig, se koppe teen ‘n muur van staal vermorsel sal word...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.