RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 6 Augustus 2021 - Deel 1 06.08.2021 46:48
President Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling kry 'n louwarm ontvangs by opposisiepartye. 'n Ondersoek word gelas na 'n video wat versprei word van polisiebeamptes wat 'n skoolmeisie hardhandig behandel en in 'n voertuig stop.
Monitor 5 Augustus 2021 - Deel 2 05.08.2021 46:39
Aansoeke vir die R350 noodtoelaag open môre. Reaksie op die Verkiesingskommissie se aansoek om die plaaslike regeringsverkiesings tot volgende jaar uit te stel. Verskeie atlete het in die verlede die Olimpiese Spele gebruik om asiel in 'n ander land te soek. Bogemiddelde reënval in die winter vir die Wes-Kaap.
Monitor 5 Augustus 2021 - Deel 1 05.08.2021 47:04
Plattelandse en verafgelëe gebiede gaan geprioritiseer word vir Covid-19-inentings. 'n Parlementêre ondersoek na die regering se noodkrag-verkrygingsprogram word wyd verwelkom. Onderwysersvakbonde versoek 'n vergadering met minister Angie Motshekga oor die afstand wat tussen leerlinge gehandhaaf moet word.
Monitor 4 Augustus 2021 - Deel 2 04.08.2021 47:06
Wetstoepassers krap kop oor afgeslagte katte op die Kaapse Vlakte. Ons bespreek die spanne vir Saterdag se deurslaggewende stryd tussen die Bokke en die Britse en Ierse Leeus.
Monitor 4 Augustus 2021 - Deel 1 04.08.2021 43:31
Kommer oor dienslewering in Johannesburg meer as drie weke ná die afsterwe van die burgemeester. Die Taliban bedreig toenemend die beheer van regeringsmagte in Afghanistan.
Monitor 3 Augustus 2021 - Deel 2 03.08.2021 46:46
Vakbonde se dringende hofaansoek om die Mango lugredery in sakeredding te plaas, word vandag aangehoor. Die Medupi kragstasie is ná 14 jaar voltooi. TLU SA versoek die Departement van Water en Sanitasie om die land se waterbroninfrastruktuur te herstel.
Monitor 3 Augustus 2021 - Deel 1 03.08.2021 40:33
Die Departement van Gesondheid werk aan 'n program om ongedokumenteerde buitelanders, teen Covid-19 in te ent. Die DA sê 'n totale herstrukturering van die land se drie sekuriteitsstrukture word benodig. Minder as 1% van die Suid-Afrikaanse bevolking is geregistreer as orgaan- of weefselskenkers.
Monitor 2 Augustus 2021 - Deel 2 02.08.2021 42:39
Hulde word gebring aan 'n reus in die sakewêreld. Ons het die jongste nuus van die Olimpiese Spele.
Monitor 2 Augustus 2021 - Deel 1 02.08.2021 41:36
Ons bespreek die spanning tussen die hoëkoppe in die polisie. Covid-regulasies by skole word verslap.
Monitor 30 Julie 2021 - Deel 2 30.07.2021 44:05
Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, eis dat die Nasionale Vergadering die ondersoek na haar ampsbevoegdheid onmiddelik staak. Die sperdatum vir die hernuwing van bestuurslisensies wat weens die grendeltyd verval het, kom vinnig nader. In sy weeklikse fliekrubriek word Leon van Nierop katswink geslaan deur die plaaslike dokumentêr, Devilsdorp.
Monitor 30 Julie 2021 - Deel 1 30.07.2021 38:44
Die Polisiediens sê begrotingsbesnoeiings het 'n groot impak op misdaadbestryding. Die Departement van Landbou sloer om verkoelde bergingsfasilliteite in die Durbanse Hawe te bied. Staatshospitale in die Wes-Kaap is onder gewelddige druk weens 'n toename in Covid-19-infeksies.
Monitor 29 Julie 2021 - Deel 2 29.07.2021 42:55
'n Buurland kritiseer president Ramaphosa heftig oor sy hantering van die plundertogte. 'n Dodelike koraalsiekte verprei teen rasse skrede in die Karibiese See.
Monitor 29 Julie 2021 - Deel 1 29.07.2021 40:25
Die Noordwes-regering gaan vyf munisipaliteite ontbind. Die skade word bepaal ná die kuberaanval op Transnet 'n week gelede.
Monitor 28 Julie 2021 - Deel 2 28.07.2021 43:29
'n Bod word by UNESCO ingedien om Stellenbosch as 'n Afrikaanse Stad van Letterkunde te erken. Is daar 'n verband tussen die onluste in KwaZulu-Natal en die kuberaanval op Transnet?
Monitor 28 Julie 2021 - Deel 1 28.07.2021 42:27
Suid-Afrikaners soek antwoorde oor wat presies agter die skerms gebeur het met die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng. Buurtwagte in KwaZulu-Natal kom onder skoot.
Monitor 27 Julie 2021 - Deel 2 27.07.2021 42:17
Mediese verenigings spreek hulle kommer uit oor die gebruik van ivermektien. Diere word nou vir die eerste keer by Onderstepoort geskandeer.
Monitor 27 Julie 2021 - Deel 1 27.07.2021 40:03
Politieke partye reageer op president Ramaphosa se Vlak 3 aankondiging. Twintigmiljoen blikkieskos word aan die mark onttrek.
Monitor 26 Julie 2021 - Deel 2 26.07.2021 41:49
In Kaapstad betoog mense teen Covid-19-inentings. Die swemmer, Tatjana Schoenmaker, is dalk Suid-Afrika se beste hoop op 'n goue medalje by die Olimpiese spele in Tokio. Sy het reeds in die uitdunne 'n nuwe Olimpiese rekord opgestel.
Monitor 26 Julie 2021 - Deel 1 26.07.2021 42:11
Al hoe meer instansies wil weet hoekom die regering nie 'n raad van ondersoek na die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng belê nie. President Cyril Ramaphosa sê die maatskaplike verligtingstoelaag van R350 sal weer ingestel word, maar net tot die einde van Maart 2022.
Monitor 23 Julie 2021 - Deel 2 23.07.2021 45:12
Het die tienertelevisiereeks 'n plafon bereik, of is daar nog kans op vernuwing? Leon van Nierop verduidelik in sy weeklikse fliekrubriek. Dr. Willem Botha bespreek die woord, doleer.
Monitor 23 Julie 2021 - Deel 1 23.07.2021 37:16
Die Olimpiese Spele in Tokio begin vandag amptelik. Australië se eersteminister onder skoot oor die stadige uitrol van Covid-19-entstof.
Monitor 22 Julie 2021 - Deel 2 22.07.2021 43:46
Die koste vir Suid-Afrika om die ekonomie te herbou ná verlede week se onluste, kan baie groter wees as wat aanvanklik beraam is. Die VN se Kommisaris vir Menseregte veroordeel die gebruik van spioenasiesagteware om op staatshoofde van lande soos Frankryk, Marokko en Suid-Afrika te spioeneer.
Monitor 22 Julie 2021 - Deel 1 22.07.2021 44:25
Die polisie ondersoek soveel as een-en-'n-half-miljoen ammunisierondes wat glo in Durban tydens die plundertogte daar gebuit is. 'n Interministeriële span van die Israelse regering ondersoek bewerings dat die kubertegnologiefirma, NSO, se sagteware gebruik is om op staatshoofde van lande soos Frankryk, Marokko en Suid-Afrika te spioeneer.
Monitor 21 Julie 2021 - Deel 2 21.07.2021 44:49
Die voormalige adjunkhoofregter, Dikgang Moseneke, stel voor dat die plaaslike regeringsverkiesings tot vroeg in 2022 uitgestel word. Daar is 'n tekort aan hospitaalbeddens by privaathospitale in Limpopo weens die derde vlaag van Covid-19 infeksies. Die konflik in Ethiopië se Tigraygebied het oorgespoel na die Afar-streek.
Monitor 21 Julie 2021 - Deel 1 21.07.2021 42:05
Die ANC parlementslid, Richard Dyantyi, is verkies as voorsitter van die ad hoc komitee wat ondersoek gaan doen oor die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se geskiktheid om haar amp te beklee. Die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging vra dat boere die tempo van die verpakking van nuwe produkte moet verminder om 'n bottelnek in die Durbanse hawe te verhoed. Ons praat met 'n sosioloog, prof....
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.