RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 24 Augustus 2021 - Deel 2 24.08.2021

Politieke ontleder Kelvin Knowles sê die DA sal waarskynlik sy beheer oor Kaapstad behou met Geordin Hill Lewis se benoeming as burgemeesterskandidaat. Die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 oorweeg die moontlikheid van verpligte inentings vir werkers in spesifieke sektore. Nuwe navorsing oor Kaapse pelsrobbe wys dat wetgewing nodig is om te bepaal hoe en waar daar van visnette en vislyne ont...

Monitor 24 Augustus 2021 - Deel 1 24.08.2021

Covid-19-gevalle in Noord-Kaapse skole neem drasties toe. Die Organisasie vir Landelike en Plaaswerker-ontwikkeling sê die regering moet dié werkers prioritiseer om Covid-19-inentings te ontvang. Inwoners van KwaZulu-Natal dink terug aan wat hulle verlede maand tydens die onrus deurgemaak het.

Monitor 23 Augustus 2021 - Deel 2 23.08.2021

Spoortoerisme in Suid-Afrika stort in duie. 'n Goue medalje én 'n nuwe wêreldrekord vir Suid-Afrika se onder-20 4x100-aflosspan.

Monitor 23 Augustus 2021 - Deel 1 23.08.2021

Veiligheidsmagte is op 'n hoë gereedheidsgrondslag ná sosiale media-boodskappe met oproepe tot nóg ontwrigting. Die beheerliggaam van 'n skool in Centurion gaan hof toe om van 'n skoolhoof ontslae te raak.

Monitor 20 Augustus 2021 - Deel 2 20.08.2021

President Joe Biden sê Amerikaanse soldate sal waarskynlik in Afganistan aanbly langer as die aanvanklike spertyd van einde Augustus. Leon van Nierop resenseer een van die snaaksste TV-reekse van die jaar. Dr. Willem Botha praat vanoggend oor die woord, tjips.

Monitor 20 Augustus 2021 - Deel 1 20.08.2021

'n Nuwe Speaker van die Nasionale Vergadering is verkies. 'n Aansoek by die Konstitusionele Hof om die plaaslike regeringsverkiesing uit te stel, word vandag aangehoor. Suid-Afrikaners sal dalk tot 12% van hulle inkomste aan 'n maatskaplike sekerheidsfonds moet bydra.

Monitor 19 Augustus 2021 - Deel 2 19.08.2021

Munisipale bestuurders onder die loep in 'n korrupsieverslag. 'n Suid-Afrikaanse vrou maak geskiedenis by Oxford.

Monitor 19 Augustus 2021 - Deel 1 19.08.2021

Die polisie het die afgelope boekjaar klaaglik misluk in die haal van sy eie teikens. Daar is kritiek op die manier waarop die Weste uit Afghanistan onttrek het.

Monitor 18 Augustus 2021 - Deel 2 18.08.2021

'n Moslem-akademikus sê Afgane se vrees vir die Taliban is oordryf. 'n Suid-Afrikaner wat Afganistan in die verlede besoek het, vertel van haar ervaring.

Monitor 18 Augustus 2021 - Deel 1 18.08.2021

Veterane van Suid-Afrika se bosoorlog voel soms vergete oor 'n oorlog wat nie glorie gebring het nie, maar 'n Amerikaanse militêre akademikus het 'n meer positiewe blik. Die Oktobervakansie vir skoolkinders is in die weegskaal.

Monitor 17 Augustus 2021 - Deel 2 17.08.2021

Ons bespreek die jongste verwikkelinge in Afghanistan met 'n kenner in Krygskunde.

Monitor 17 Augustus 2021 - Deel 1 17.08.2021

Daar is steeds talle vrae nege jaar ná die Marikana-slagting. 'n Verslag wys Suid-Afrikaners dok baie op vir hulle veiligheid.

Monitor 16 Augustus 2021 - Deel 2 16.08.2021

Die parlement is besig om meganismes daar te stel om ministers wat traag is om vrae te beantwoord, tot verantwoording te roep. Die prys van die huishoudelike voedselmandjie styg oor die afgelope 12 maande met meer as R280. Die beperking op visvang naby pikkewynkolonies word deur omgewingsbewaringsorganisasies verwelkom.

Monitor 16 Augustus 2021 - Deel 1 16.08.2021

Duisende mense probeer uit Kaboel in Afghanistan vlug uit vrees vir die Taliban. 'n Gesiene hartsjirurg se uitlatings oor Covid-19-entstowwe krap die mediese establishment om.

Monitor 13 Augustus 2021 - Deel 2 13.08.2021

President Cyril Ramaphosa sê aan die Staatskapingskommissie dat hy nie probeer om mag op te bou, om met sy vyande af te reken nie. Die aantal nuwe Covid-19-gevalle in die land het die afgelope 24 uur bykans verdubbel. Ysige weer word die naweek voorspel.

Monitor 13 Augustus 2021 - Deel 1 13.08.2021

Suid-Afrikaners het tot vandag tyd om kommentaar te lewer op die voorgestelde wysiging aan Artikel 25 van die grondwet, wat die onteiening van grond sonder vergoeding betref. Te midde van ysige weersomstandighede in Gauteng is sowat 60 gesinne in die Midvaal se toekoms onseker. 'n Vulstasie in Johannesburg bekom 'n lisensie om drank te verkoop. Nie almal is egter hiervoor te vinde nie.

Monitor 12 Augustus 2021 - Deel 2 12.08.2021

Die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, sê hy is onskuldig in die asbesdak-korrupsiesaak. Ons praat met Eskom se bestuurshoof, André de Ruyter, oor die jongste terugslae by die kragvoorsiener, soos Sondag se ontploffing by die Medupi-kragstasie.

Monitor 12 Augustus 2021 12.08.2021

President Cyril Ramaphosa getuig voor die Zondo-kommissie dat hy die afdanking van finansminister Nhlanhla Nene in 2015 as die laaste strooi beskou het. Ekonoom Moeletsi Mbeki gee ANC-beleid die skuld vir armoede en werkloosheid.

Monitor 11 Augustus 2021 - Deel 2 11.08.2021

'n Nuwe burgemeester is vir Johannesburg verkies. Opposisiepartye is teleurgesteld met die ANC-koukus se benoeming van Nosiviwe Mapisa-Nqakula as die volgende Speaker in die Nasionale Vergadering. Ons fokus op die geo-politieke gevolge van klimaatsverandering op eilandstate en hulle inwoners.

Monitor 11 Augustus 2021 - Deel 1 11.08.2021

Gauteng se aansoekproses vir Graad 8-leerlinge het amptelik begin. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee sê atlete wat medaljes by die Olimpiese Spele ingepalm het, sal beloon word. Bykomende wetstoepassers is in Delft op die Kaapse Vlakte ontplooi. Ons fokus op seerowery aan die weskus van Afrika.

Monitor 10 Augustus 2021 - Deel 2 10.08.2021

Ons kry reaksie op die VN interregeringspaneel se verslag oor klimaatsverandering. Groot brande woed in Griekeland en in die noorde van Kalifornië.

Monitor 10 Augustus 2021 - Deel 1 10.08.2021

Skok nadat 'n plaasaanval naby Harrismith 'n gesin van vyf eis. 'n Nuwe verslag van die Verenigde Nasies wys dat temperature vinniger styg as wat tot nou toe verwag is. Die 'nuwe' Suid-Afrikaanse Lugdiens het nog nie begin vlieg nie - die bestuur sukkel glo om vlieëniers te kry met die nodige ervaring en kwalifikasies.

Monitor 9 Augustus 2021 - Deel 2 09.08.2021

Ons praat met mediese kenners oor die WGO se voorgestelde moratorium op die toediening van bykomende COVID-19-versterkingsdosisse. Vroueregisseurs en -akteurs veg vir ’n hoër profiel in rolprente en televisiereekse.

Monitor 9 Augustus 2021 - Deel 1 09.08.2021

Kommunikasievakbonde spreek hulle kommer uit oor die teenwoordigheid van soldate by SAUK-geboue. Gemengde reaksie op Brandfort in die Vrystaat se naamsverandering na Winnie Mandela. Kundiges sê onverwerkte trauma wat die Covid-19-pandemie veroorsaak, beroof mense van hulle gewone manier om die dood te rou.

Monitor 6 Augustus 2021 - Deel 2 06.08.2021

Ons ontleed president Cyril Ramaphosa se langverwagte kabinetskommeling. Ons kyk na die jongste sportgebeure, veral by die Olimpiese Spele. Leon van Nierop resenseer die uitbundige JUNGLE CRUISE en die louwarm OLD.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.