RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 10 September 2021 - Deel 1 10.09.2021

Durban se ekonomie sal eers volgende jaar herstel van die onrus in Julie. Junior dokters in die Noord-Kaap ontvang nie hulle maandelikse behuisingstoelae van die regering nie. Suid-Afrika het 'n oorskot van Covid-19-entstof. Dis môre die twintigste herdenking van die 11 September aanvalle in Amerika.

Monitor 9 September 2021 - Deel 2 09.09.2021

Ons praat met die Menseregtekommissie oor rassisme. Die Springbokke maak gereed vir hulle stryd teen die Wallabies.

Monitor 9 September 2021 - Deel 1 09.09.2021

Die regering kondig 'n historiese verkiesingsdatum aan. Sewe skole in die Noord-Kaap sluit weens Covid-19.

Monitor 8 September 2021 - Deel 2 08.09.2021

'n Navorser deel haar mening oor die impak wat die Covidpandemie op die plaaslike verkiesings kan hê. Bruin mense en jong mense is volgens nuwe navorsing minder bereid om teen Covid-19-ingeënt te word. Die Wes-Kaap jubel oor damvlakke wat styg, hoewel die Oos-Kaap nie so gelukkig is nie.

Monitor 8 September 2021 - Deel 1 08.09.2021

Die ANC sê hy gaan hierdie keer sy kandidaatlyste betyds indien. Die Bruto Binnelandse Produk het met 1,2 persentasiepunte toegeneem - is dit egter iets om te vier? Die Menseregtekommissie wil kinders se leesvaardighede 'n prioriteit maak. Ons kry duidelikheid waarom gevaarlike gevangenes se DNS-monsters nie op rekord gehou word nie.

Monitor 7 September 2021 - Deel 2 07.09.2021

Wie het gesorg dat Jacob Zuma mediese parool kry? Louzanne Coetzee praat oor haar wêreldrekord in Tokio.

Monitor 7 September 2021 - Deel 1 07.09.2021

Hulde word gebring aan 'n groot skrywer en taalman. Politieke partye en onafhanklike kandidate kry nog 'n kans om vir die verkiesing te registreer.

Monitor 6 September 2021 - Deel 2 06.09.2021

Suid-Afrikaners het die uitspraak van die konstitusionele hof dat die plaaslike regeringsverkiesings voor 1 November moet plaasvind, met gemengde gevoelens begroet. Daar word voorspel dat die aantal intekenaars van televisiestromingsdienste in Afrika oor vyf jaar sal verdriedubbel.

Monitor 6 September 2021 - Deel 1 06.09.2021

Die voormalige president, Jacob Zuma, se vrylating op mediese parool ontlok baie reaksie. Politiekery kan dalk grondonteiening sonder vergoeding in die wiele ry. Wetgewing oor spoorwegveiligheid sal na alle waarskynlikheid hersien word.

Monitor 3 September 2021 - Deel 2 03.09.2021

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie raak betrokke by Caster Semenya se saak teen Wêreld Atletiek. Kommer oor miljarde rand wat die land uitvloei.

Monitor 3 September 2021 - Deel 1 03.09.2021

Suid-Afrika het weer die grootste ekonomie in Afrika. Die Parlement gaan binnekort begin met die proses om regter John Hlophe in 'n staat van beskuldiging te plaas.

Monitor 2 September 2021 - Deel 2 02.09.2021

Die Liliesleaf-strugglemuseum word verplig om sy deure te sluit weens 'n geldtekort. Ons praat oor hoërskoolleerlinge wat te lank op die skoolbanke sit. 'n Nuwe verslag uit Engeland sê sowat 'n derde van die wereld se boomsoorte word deur uitsterwing bedreig.

Monitor 2 September 2021 - Deel 1 02.09.2021

Die adjunkminister in die Presidensie belas met staatsveiligheid, Zizi Kodwa, het bewerings ontken dat 'n ANC-parlementslid vir China spioeneer, maar opposisiepartye kritiseer die Staatsveiligheidsagentskap daaroor.

Monitor 1 September 2021 - Deel 2 01.09.2021

Eskom het 'n netto verlies van R18,9 miljard in die vorige boekjaar gely. Ons praat met 'n mediese kenner oor die nuwe Covid-19-variant in Suid-Afrika, wat sy eie mutasies het. 'n Liefdadigheidsorganisasie in Kaapstad wil 'n Guinness-wêreldrekord verbeter deur die meeste blikkies kos in 'n ry te pak.

Monitor 1 September 2021 - Deel 1 01.09.2021

Daar is 'n ernstige tekort aan polisielede. Durban maak gereed om gasheer te wees vir sy eerste internasionale konferensie sedert die begin van Covid-19. Openbare sittings word gehou om die wetsontwerp oor dagga vir privaatgebruik te bespreek.

Monitor 31 Augustus 2021 - Deel 2 31.08.2021

Die laaste Amerikaanse soldate verlaat Afghanistan. Die Valke sê nog arrestasies kan binnekort in die Babita Deokaran-moordsaak verwag word.

Monitor 31 Augustus 2021 - Deel 1 31.08.2021

Nog beskuldigdes verskyn in die hof in verband met die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng. 'n Geringe daling in brandstofpryse word verwag.

Monitor 30 Augustus 2021 - Deel 2 30.08.2021

Die onderwysvakbond, Naptosa, sê die skoolkurrikulum moet hersien word. 'n Fossiel van 'n walvis met vier bene is in Egipte ontdek. Dr. Willem Botha praat oor die woorde lorrie, brekfis, briek en rys.

Monitor 30 Augustus 2021 - Deel 1 30.08.2021

Daar is klagtes oor die gehalte van drinkwater wat aan inwoners van Hammanskraal voorsien word. Die Departement van Basiese Onderwys sê sowat die helfte van die 2021 skooljaar is vir die meerderheid van leerlinge verlore. Die Verenigde Nasies sê daar is nie 'n militêre oplossing vir die konflik in die noorde van Ethiopië nie.

Monitor 27 Augustus 2021 - Deel 2 27.08.2021

Die parlement se ad hoc-komitee oor Artikel 25 van die Grondwet, wat voorsiening maak vir die onteiening van grond sonder vergoeding, word met 'n verdere twee weke verleng. Stellenbosch Universiteit herdoop een van die geboue op kampus na Krotoa, die Khoi-vrou uit Jan van Riebeeck se tyd.

Monitor 27 Augustus 2021 - Deel 1 27.08.2021

Die sleutelgetuie in die ondersoek na korrupsie met persoonlike beskermingstoerusting in Gauteng, Babita Deokaran, is gister in Phoenix in KwaZulu-Natal veras. Die adjunkpresident, David Mabuza, sê die regering sal nie weer onkant betrap word deur onluste en plundery nie. Die regering onthul sy daggameesterplan vir die ekonomie.

Monitor 26 Augustus 2021 - Deel 2 26.08.2021

Suid-Afrika se ekonomie was in 2020 11% groter as wat voorheen geraam is. Die Inkomstediens wil hê Suid-Afrikaners moet hulle inkomste uit kriptogeld verklaar. Die Regterlike Dienskommissie soek redes by die Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe oor hoekom hy nie geskors moet word nie.

Monitor 26 Augustus 2021 - Deel 1 26.08.2021

Die Departement van Gesondheid is bekommerd oor die verspreiding van fopnuus en waninligting oor Covid-19-inentings. Vragmotorbestuurders wag vir dae aaneen om die Lebombogrenspos na Mosambiek oor te steek. Die inhoud van die J.G. Strijdom-huismuseum in Modimolle is vir bewaring verskuif na die Erfenisstiging by die Voortrekkermonument in Pretoria.

Monitor 25 Augustus 2021 - Deel 2 25.08.2021

'n Rekordgetal mense in Suid-Afrika is werkloos - wat is die oplossing? Goeie nuus vir mense wat skepties is oor die Covid-entstof van Pfizer - die middel is finaal goedgekeur vir gebruik, en ons vind uit presies wat dit beteken. Kenia is besig met 'n sensusopname van wilde diere - ons hoor meer van die verskillende metodes om diere te tel. Ons vind meer uit oor die vuurbal wat gisteraand oor dele...

Monitor 25 Augustus 2021 - Deel 1 25.08.2021

Sowat 59,000 kandidate gaan aan die komende plaaslike regeringsverkiesing deelneem. Die Polisiebestuur word weer oor die kole gehaal weens die agterstand by die Sentrale Vuurwapenregister. Die DA se burgermeesterskandidaat in Kaapstad deel sy toekomsvisie vir die Metro.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.