RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 28 September 2021 - Deel 2 28.09.2021

Ons bespreek die ANC se verkiesingsmanifes met ontleders. Die eerste somerreën word dié week oor groot dele van die land voorspel.

Monitor 28 September 2021 - Deel 1 28.09.2021

Die jongste oor die veldbrande in die Noord-Kaap. 'n Leeu stap weg met die Motor van die Jaar-toekenning.

Monitor 27 September 2021 - Deel 2 27.09.2021

Frans Marx word onthou vir 'n klomp produksies, nie net vir die silwerdoek nie, maar ook die televisieskerm. Monumente kom onder die vergrootglas tydens Erfenismaand.

Monitor 27 September 2021 - Deel 1 27.09.2021

Huldeblyke stroom in na die afsterwe van die gevierde akteur en regisseur Frans Marx. Die EFF, die DA en die ANC lig die sluier oor hulle verkiesingshandveste - ons kyk na die verskille tussen hierdie partye.

Monitor 24 September 2021 - Deel 2 24.09.2021

Pieter van den Berg bekyk die Bokke se 100ste toets teen die All Blacks. Willem Botha bespreek Afrikaans en kookkuns.

Monitor 24 September 2021 - Deel 1 24.09.2021

Op Erfenisdag bespreek ons Suid-Afrika se unieke fauna en flora. Solidariteit vertrek vanaand om klagtes by die VN in te dien.

Monitor 23 September 2021 - Deel 2 23.09.2021

Die Vryheidsfront Plus verras met sy keuse van burgemeesterskandidaat in Kaapstad. Afriforum verwelkom 'n uitspraak ten gunste van Afrikaans as onderrigtaal by Unisa.

Monitor 23 September 2021 - Deel 1 23.09.2021

Die polisie waarsku teen die misdaad van padspykers wat veral in die noorde van Gauteng voorkom. Wetenskaplikes is opgewonde oor drie dragtige moordviskoeie aan die Kanadese kus.

Monitor 22 September 2021 - Deel 2 22.09.2021

Kommer oor Suid-Afrika wat bly talm op Brittanje se rooilys vir reisigers. Het die Springbokke 'n kat se kans teen die All Blacks?

Monitor 22 September 2021 - Deel 1 22.09.2021

Section 27 verwelkom die hooggeregshof uitspraak dat puttoilette by skole met spoeltoilette vervang moet word. Die vonke spat tussen die staat en oudpresident Jacob Zuma se regspanne.

Monitor 21 September 2021 - Deel 2 21.09.2021

Suid-Afrikaners is onthuts omdat Brittanje die land op 'n rooi lys geplaas het weens Covid-19. Die Bokke se voorryafrigter Deon Davids meen die Springbokke kan dalk terugkeer na hulle vorige glorie.

Monitor 21 September 2021 - Deel 1 21.09.2021

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens kla oor belastingbetalers wat oneerlik met hulle opgawes is. 'n Ondersoek word gedoen na 63 skaars brilpikkewyne wat weens bysteke gevrek het.

Monitor 20 September 2021 - Deel 2 20.09.2021

Volgens 'n voorsorgfonds vir professionele Suid-Afrikaners is Suid-Afrika se belastingbasis drasties verklein deur professionele mense wat die land verlaat. 'n Man wat sy werk kwyt is weens 'n fout met sy identiteitsdokument 19 jaar gelede, beskryf sy situasie as benard. 'n Verslag deur die Global Initiative Against TransNational Organised Crime wys dat Suidelike Afrika vol onwettige wapens is, wa...

Monitor 20 September 2021 - Deel 1 20.09.2021

Huldeblyke stroom in ná die dood van die burgemeester van Johannesburg, Jolidee Matongo. 'n Nuwe politieke party, Cape Coloured Congress, beoog om 10% van Bruin kiesers se stemme in Kaapstad te kry. Die Kanadese gaan vandag na die stembus, ná een van die kortste aanlope tot 'n verkiesing in dié land.

Monitor 17 September 2021 - Deel 2 17.09.2021

In Tswhane word 'n lotery gehou om te verseker dat die werwing van mense vir die Uitgebreide Openbare Werke Program deursigtig is. Rusland gaan na die stembus in 'n verkiesing wat waarnemers as 'n demokratiese klugspel beskryf.

Monitor 17 September 2021 - Deel 1 17.09.2021

Die regering bestee miljoene rand belastingbetalersgeld aan die beskerming van sogenaamde Baie Belangrike Persone. Die publiek word uitgenooi om die volgende hoofregter te benoem. Die joernalis, Andrew Harding, wen die CNA-prys vir sy boek oor die dood van twee plaaswerkers in 2016 naby Parys in die Vrystaat. Die vyf veroordeeldes het nie tronkstraf gekry nie.

Monitor 16 September 2012 - Deel 2 16.09.2021

Verskeie tersiêre instellings oorweeg dit dat personeel en studente verplig word om hulle te laat inent teen Covid-19. Daar is 'n vervolgingskoers van 5% vir bendeverwante misdade in Gauteng. Die brons borsbeeld van generaal Koos De la Rey in die Lichtenburg-begraafplaas in Noordwes is vervang.

Monitor 16 September 2012 - Deel 1 16.09.2021

Die Nasionale Polisiekommisaris, Khehla Sitole, vra president Cyril Ramaphosa om sy werk te red. 'n Nuwe burgerlike organisasie, die New Horizon-beweging, gaan aan die plaaslike regeringsverkiesing deelneem. 'n Spesiale konsert vir gesondheidswerkers by die Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad.

Monitor 15 September 2021 - Deel 2 15.09.2021

Die Verkiesingskommissie moedig kiesers aan om aanlyn te registreer. Ons sit ons gesprek oor die inenting van kinders voort.

Monitor 15 September 2021 - Deel 1 15.09.2021

Met die parlement in reses, sloer die Vuurwapenwysigingswet, wat voortgesette onsekerheid kan meebring. Die inflasieteiken word dalk hersien: wat beteken dit vir jou? Ons praat oor die bittere toutrekkery onder familielede wat soms met die lees van 'n testament volg. Is jou testament op datum? En hoe seker is jy dat jou erfgename nie oor jou boedel sal baklei nie?

Monitor 14 September 2021 - Deel 2 14.09.2021

'n Kuberaanval op die rekenaarstelsel van die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof het moontlik mense se persoonlike inligting geteiken. Reaksie op 'n kliniese studie om die Sinovac-entstof op Suid-Afrikaanse kinders te toets. Ons praat met 'n kenner oor die protokol vir die toetsing van mediese produkte.

Monitor 14 September 2021 - Deel 1 14.09.2021

'n Verslag deur die Mededingingskommissie wys daar is 'n afname in die getal kommersiële boere. 'n Politieke ontleder, Kelvin Knowles, voorspel dat die Nelson Mandela Baai Metro steeds deur 'n koalisie regeer sal word ná die plaaslike regeringsverkiesing. Huldeblyke stroom in na die dood van die dramaturg, Pieter Fourie.

Monitor 13 September 2021 - Deel 2 13.09.2021

Suid-Afrika is een van vyf lande wat deelneem aan 'n COVID-inentingsproeflopie vir kinders. Die Bokke verloor, maar die Proteas beklink die T20-reeks teen Sri Lanka.

Monitor 13 September 2021 - Deel 1 13.09.2021

Die land beweeg na 'n Vlak 2-inperking. Ons praat regdeur die program met 'n mediese kenner, 'n politieke ontleder en 'n ekonoom oor dié laer vlak van inperking. Hoe belangrik is dit dat skenkings aan politieke partye openbaar gemaak word?

Monitor 10 September 2021 - Deel 2 10.09.2021

Slegs drie politieke partye het kontantskenkings van private skenkers aan die Verkiesingskommissie verklaar. Ons berig verder oor die herdenking van die gebeure op 11 September in Amerika 20 jaar gelede. In ons weeklikse fliekrubriek raak Leon van Nierop liries oor 'n nuwe komediereeks, The White Lotus. Dr. Willem Botha praat oor die woorde mors en fiemies.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.