RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 15 Oktober 2021 - Deel 1 15.10.2021 41:18
Drie ministers bevry ná 'n gyselaarsdrama met militêre veterane. Ons praat met kenners oor die probleem van groeivertraging onder kinders.
Monitor 14 Oktober 2021 - Deel 2 14.10.2021 49:05
Ons verkiesingsdebat fokus op die Tshwane Metro. Die partye wat deelneem is die ANC, DA, Vryheidsfront Plus en Action SA.
Monitor 14 Oktober 2021 - Deel 1 14.10.2021 44:37
Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek pak die tergende vraag van munisipale finansies, en die rol wat dit by ekonomiese groei speel.
Monitor 13 Oktober 2021 - Deel 2 13.10.2021 45:11
Monitor hou sy eerste verkiesingsdebat.
Monitor 13 Oktober 2021 - Deel 1 13.10.2021 40:37
Minstens tien mense is dood en 60 beseer in 'n gru busongeluk op die N3. Daar is 'n wesenlike styging in goudproduksie.
Monitor 12 Oktober 2021 - Deel 2 12.10.2021 45:36
Ons fokus op die rol wat die meer as 1,500 onafhanklike kandidate by die stembus gaan speel. Drie ekonome deel vanjaar se Nobelprys vir eksperimente wat hulle in die werklike lewe gedoen het.
Monitor 12 Oktober 2021 - Deel 1 12.10.2021 42:46
Suid-Afrikaners stof af en knap op in afwagting van duisende Britse toeriste wat die land nou kan besoek. Ons praat oor diensleweringsprobleme in Bethlehem in die Vrystaat.
Monitor 11 Oktober 2021 - Deel 2 11.10.2021 41:48
Ons fokus op die stryd om politieke beheer van die land se agt metropolitaanse gebiede. Bafana Bafana het hulle Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd teen Ethiopië gewen.
Monitor 11 Oktober 2021 - Deel 1 11.10.2021 45:03
Die ANC gaan sy keuringsproses van raadslidkandidate ná die verkiesing ondersoek. Al Jama-ah steun nie 'n referendum vir die Wes-Kaap se onafhanklikheid nie. Die DA het nog nie sy burgemeesterskandidaat vir die Nama Khoi-munisipaliteit in Namakwaland in die Noord-Kaap aangewys nie.
Monitor 8 Oktober 2021 - Deel 2 08.10.2021 44:16
Ons praat met die DA oor sy besluit om 'n plakaatveldtog in Phoenix, noord van Durban, te staak. Ons kyk na die afgelope week se Nobelpryse.
Monitor 8 Oktober 2021 - Deel 1 08.10.2021 42:11
In die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng het eindelose kragprobleme die sakegemeenskap genoop om hulle eie substasies te begin herstel. Die Nobelpryswenner vir letterkunde word na baie jare weer aan 'n skrywer uit Afrika toegeken.
Monitor 7 Oktober 2021 - Deel 2 07.10.2021 44:09
China gaan nie meer oorsese steenkoolprojekte steun nie. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die party se omstrede verkiesingsplakkate in KwaZulu-Natal word verkeerd geïnterpreteer. Wetenskaplikes aan die Universiteit van Parys bevind dat sogenaamde wintervoete 'n newe-effek van COVID-19 is.
Monitor 7 Oktober 2021 - Deel 1 07.10.2021 43:26
Die Patriotic Alliance wil die DA in die Kaapse Metro ontsetel. Action SA sleep die Verkiesingskommissie hof toe omdat die party se naam nie op stembriewe verskyn nie. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se inkomste uit belastingopgawes daal met 8%.
Monitor 6 Oktober 2021 - Deel 2 06.10.2021 42:22
NUMSA waarsku dat hy die ekonomie tot stilstand sal dwing. Ons praat met 'n ekonoom oor dié vakbond en COSATU se stakings. Daar is goeie reën op pad vir groot dele van die land.
Monitor 6 Oktober 2021 - Deel 1 06.10.2021 35:07
Venezuela is in die greep van weghol-inflasie. Die EFF-leier steun die omstrede Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe.
Monitor 5 Oktober 2021 - Deel 2 05.10.2021 43:49
Nog partye steun in beginsel 'n referendum oor die Wes-Kaap se onafhanklikheid. Die ANC-koukus in die Vrystaatse wetgewer is verdeeld ná die onlangse kabinetskommeling in dié provinsie. 'n Kenner reageer op die onthullings in die sogenaamde Pandora-dokumente.
Monitor 5 Oktober 2021 - Deel 1 05.10.2021 40:56
Die Bruingemeenskap van Danville in Mahikeng in Noordwes sê die ANC het hulle op die kantlyn geskuif. Benoemings vir die volgende hoofregter lok uiteenlopende reaksie uit. Die Departement van Gesondheid begin vandag om elektroniese inentingskaarte uit te reik aan almal wat reeds teen Covid-19 ingeënt is.
Monitor 4 Oktober 2021 - Deel 2 04.10.2021 37:24
'n Geletterheidsinisiatief maak 'n verskil in onherbergsame gebiede. Pieter van den Berg bespreek die Bokke se puik oorwinning, en die naweek se ander sport.
Monitor 4 Oktober 2021 - Deel 1 04.10.2021 38:27
Verdere strafregtelike klagtes kan gelê word teen UPL, wat duisende ton giftige insekdoder en chemiese produkte sonder permitte gestoor het. 'n Storm woed oor twee tiere wat langs 'n kleuterskool in Boksburg aangehou word.
Monitor 1 Oktober 2021 - Deel 2 01.10.2021 46:12
Ons fokus op dienslewering, wat een van die verkiesing se belangrikste vraagstukke is. Leon van Nierop het die nuwe en langverwagte James Bond fliek, No Time to Die, gesien, en vertel dat dit 'n groot verrassing was. Dr. Willem Botha praat oor die uitdrukking: die kool is die sous nie werd nie.
Monitor 1 Oktober 2021 - Deel 1 01.10.2021 42:35
Die inperkingsregulasies word verslap. Die Kaapse Metro gooi wal ná 'n herrie oor sy verordening oor geraassteurnis. Die IVP wil die eThekwini Metro ná die plaaslike regeringsverkiesing regeer.
Monitor 30 September 2021 - Deel 2 30.09.2021 40:03
Die families van die Cradock-vier vra geregtigheid. 'n Oud-rugby-administrateur praat oor Saterdag se stryd teen die All Blacks.
Monitor 30 September 2021 - Deel 1 30.09.2021 37:43
Noord-Kaap Landbou beraam die skade van die verwoestende veldbrande, en vra om hulp. Ons bespreek die verdoemende Digital Vibes-verslag.
Monitor 29 September 2021 - Deel 2 29.09.2021 43:16
Werkloosheid neem toe terwyl die gemiddelde salaris met 7% styg. 'n Ondersoek na die wanbesteding van staatshulpfondse vir kunstenaars wys hoe oneweredig geld uitbetaal is.
Monitor 29 September 2021 - Deel 1 29.09.2021 40:07
'n Slagoffer van swak dienslewering in Johannesburg vertel hoe sy uiteindelik die einde van die pad bereik het. 'n Verdere 86,000 werksgeleenthede gaan in die tweede kwartaal tot niet. 'n Polemiek oor die status van Afrikaans ontstaan tussen die DA en die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.