RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 2 November 2021 - Deel 2 02.11.2021 49:11
Daar was talle klein probleme op stemdag, wat later in die dag uitgestryk is. Ons praat daaroor, asook met 'n verskeidenheid politieke partye vir hulle reaksie.
Monitor 2 November 2021 - Deel 1 02.11.2021 45:22
Kiesers het gister in hulle miljoene gestem, sommige omdat hulle dringende verandering begeer. Ander sien weer die humor in die situasie. Ons berig daaroor vanaf die Uitslagsentrum in Pretoria.
Monitor 1 November 2021 - Deel 2 01.11.2021 49:51
Ons praat met politieke ontleders en verslaggewers oor verkiesingskwessies en hoe die stemproses verloop. Die Verkiesingswaarnemerskommissie vra vir verdraagsaamheid en respek, en dat stemme in vandag se plaaslike regeringsverkiesing op 'n verantwoordelike wyse uitgebring word. Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê daar lê baie werk voor in die stryd teen klimaatsverandering. '...
Monitor 1 November 2021 - Deel 1 01.11.2021 47:58
Die Verkiesingskommissie sê hy is gereed om enige uitdagings op stemdag te hanteer. Nuwe navorsing wys dat politieke partye minder geld op verkiesingsadvertensies bestee. 'n Ondersoek begin na gister se brand by Clairwood, wat die lewe van drie mense geëis het. Airlink is die eerste lugredery om 'n digitale reisdokument te toets.
Monitor 29 Oktober 2021 - Deel 2 29.10.2021 46:38
'n Verslag oor klimaatsverandering met die titel, The Heat Is On, word op die vooraand van die COP26-klimaatsberaad bekendgestel. Ons praat met 'n kenner oor die sombere implikasies van die verslag. 'n Tekort aan glasbottels lei tot verliese in die drankbedryf. Ons praat met 'n groen party oor omgewingskwessies. NUMSA vra antwoorde op die aankondiging van die nuwe groenkragprojekte. 'n DA-burgemee...
Monitor 29 Oktober 2021 - Deel 1 29.10.2021 42:37
Klein apteke wurg finansieel, deels omdat die regering hulle nog nie vir Covid-inentings betaal het nie. Kleiner partye oorheers stembriewe in talle wyke. Ons praat met die Daggaparty. Sommige politieke partye beskou plakaatvandalisme met 'n filosofiese oog. Die groenkragprojekte in bodronde 5 beteken R50-miljard se belegging vir Suid-Afrika. Fase 2 beurtkrag het om vyfuur in werking getree en sal...
Monitor 28 Oktober 2021 - Deel 2 28.10.2021 48:53
In ons verkiesingsdebat val die kollig op die Emakhazeni-munisipaliteit (voorheen Belfast) in Mpumalanga. Ander dorpe wat hieronder val is Dullstroom, Entokozweni (die ou Machadodorp) en Emgwenya (oorheen Waterval Boven). Die gebied is bekend vir sy visvang, en naby genoeg aan Gauteng sodat stedelinge gereeld die drie uur lange rit onderneem net om ‘n visstok daar in die waters te gaan steek. Hela...
Monitor 28 Oktober 2021 - Deel 1 28.10.2021 44:48
Strenger maatreëls is ingestel om te keer dat vraestelle tydens die matriekeindeksamen uitlek. Kleiner partye in George wil hulle kiesersteun vergroot. 'n Nuwe studie bevind dat vroue meer toegewyd is as mans om hulle kruisies te trek. Die Gautengse regering sê hy gaan regstappe doen teen die Independent Media-groep wat in 'n verslag beweer dat die tienling, of sogenaamde Tembisa 10, inderdaad geb...
Monitor 27 Oktober 2021 - Deel 2 27.10.2021 50:01
Verkiesingsdebat: Die fokus val op die Sol Plaatje-munisipaliteit in die Noord-Kaap. Die portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake het die munisipaliteit vroeër vanjaar voor stok gekry oor verkwistende uitgawes van R165-miljoen in vorige jare en R41-miljoen rand vanjaar. Ons praat vanoggend met verteenwoordiges van die ANC, DA, Vryheidsfront Plus en Patriotic Alliance.
Monitor 27 Oktober 2021 - Deel 1 27.10.2021 44:06
Mense betoog steeds te midde van 'n militêre teenwoordigheid in die strate van Soedan. Polisiestasies word 'n gewilde teiken vir boewe. Matrikulante begin vandag met hulle eindeksamen. Daar is kommer oor die lae inentingskoers van mense wat hulle tweede inenting teen Covid-19 moet kry.
Monitor 26 Oktober 2021 - Deel 2 26.10.2021 48:51
Dis nie aldag dat ‘n dorp se inwoners die munisipaliteit hof toe sleep nie, maar dis wat toenemend in Noordwes gebeur waar sakelui en boere desperaat is weens swak toevoerroetes en riool wat oral gestort word. Dis maar net enkele van die probleme wat aandag kry in ons verkiesingsdebat oor die Kgetlengrivier-munisipaliteit wat Koster en Swartruggens insluit. Die ANC, EFF en DA is die groot partye w...
Monitor 26 Oktober 2021 - Deel 1 26.10.2021 47:32
Eskom hoop om die risiko van beurtkrag op verkiesingsdag te beperk. Bykomende polisielede gaan in gebiede ontplooi word waar die risiko vir politieke geweld tydens die verkiesing groot is. Uitspraak word vandag gelewer in die Pietermaritzburgse Hooggeregshof oor oudpresident Jacob Zuma se aansoek dat die staatsaanklaer, advokaat Billy Downer, aan die saak onttrek word. Eskom sê daar is 'n toename...
Monitor 25 Oktober 2021 - Deel 2 25.10.2021 48:00
Verkiesingsdebat: Ons fokus op die Nelson Mandelabaai Metro in die Oos-Kaap. Die ANC, DA, Patriotic Alliance en die ACDP neem deel.
Monitor 25 Oktober 2021 - Deel 1 25.10.2021 46:11
Die goudvelde by Welkom is al 'n week lank waterloos. Die moordverhoor van die Bafana Bafana-kaptein, Senzo Meyiwa, begin vandag in Johannesburg. Fase 2-beurtkrag sal vanaand en môreaand weer tussen negeuur die aand en vyfuur die oggend ingestel word.
Monitor 22 Oktober 2021 - Deel 2 22.10.2021 45:07
'n Rekord van 96 politieke partye sal aan die verkiesing in die Wes-Kaap deelneem. Die gewildste reeks ooit op Netflix het onlangs geopen, en Leon van Nierop vertel wat SQUID GAME so verstommend maak. Dr. Willem Botha bespreek die woord, ekstase.
Monitor 22 Oktober 2021 - Deel 1 22.10.2021 43:11
Die vakbond, Popcru, sê daar is 'n toename in moorde op polisielede. Die staking in die staal- en ingenieursektor eindig. 'n Politieke ontleder reageer op SADEK se ontplooiing van spesiale gesante na Eswatini.
Monitor 21 Oktober 2021 - Deel 2 21.10.2021 48:10
Verkiesingsdebat: Ons fokus op die Mangaung-metro in die Vrystaat. Die ANC, DA, Vryheidsfront Plus en EEF neem aan die debat deel.
Monitor 21 Oktober 2021 - Deel 1 21.10.2021 44:22
'n Soektog na 'n bekende sakeman van Polokwane se ontvoerde kinders. 'n Suid-Afrikaanse rugbyafrigter in Frankryk glo Suid-Afrikaanse spanne sal aanpas by die strenger wyse waarop skeidsregters in die noorde die reëls interpreteer.
Monitor 20 Oktober 2021 - Deel 2 20.10.2021 46:55
Verkiesingsdebat: Ons fokus op die Johannesburg Metro. Die partye wat deelneem is die ACDP, ANC, DA, en die EFF.
Monitor 20 Oktober 2021 - Deel 1 20.10.2021 43:55
NEASA stel 'n aangepaste aanbod vir 'n salarisverhoging aan werknemers in die staalbedryf voor. Al Jama-ah wil grondonteiening sonder vergoeding in Kaapstad instel, indien die party politieke beheer oor dié metro kry.
Monitor 19 Oktober 2021 - Deel 2 19.10.2021 48:45
Verkiesingsdebat: Ons fokus op die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit in Limpopo. Die ANC, DA, Vryheidsfront Plus en EFF neem deel.
Monitor 19 Oktober 2021 - Deel 1 19.10.2021 42:44
Aartappels bereik 'n rekordprys. Die Minister van Hoër Onderwys reageer op 'n petisie oor Afrikaans se status as 'n inheemse taal.
Monitor 18 Oktober 2021 - Deel 2 18.10.2021 48:50
Verkiesingsdebat oor die eThekwini-metro in Durban: Die partye wat deelneem is die ANC, DA, IVP en die Active Citizens Coalition.
Monitor 18 Oktober 2021 - Deel 1 18.10.2021 44:16
Twee persone word in verband met twee vermoedelik politieke moorde in Cato Crest in KwaZulu-Natal ondervra. Matrieks is gespanne op die vooraand van die eindeksamen.
Monitor 15 Oktober 2021 - Deel 2 15.10.2021 44:58
Oud-premier HF Verwoerd se moordenaar word vereer. Ons praat met twee politieke ontleders hieroor. Pieter van der Berg sit gereed met die naweek se sportnuus. En, Leon van Nierop bespreek 'n reeks oor 'n werker en haar stofsuier.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.