RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 18 November 2021 - Deel 2 18.11.2021 44:09
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, is vir 'n bepaalde tydperk uit alle wedstrydaktiwiteite geskors. 'n Kenner waarsku dat verbruikers hulleself moet beveilig wanneer hulle aanlyninkopies op Swartvrydag doen.
Monitor 18 November 2021 - Deel 1 18.11.2021 39:36
Die Afrikaanse sanger, Theuns Jordaan, se stem word stil. SAFA begin sy eie ondersoek na wedstrydbeamptes se besluite in Bafana Bafana se kragmeting teen Ghana.
Monitor 17 November 2021 - Deel 2 17.11.2021 44:32
Ons kyk na die politieke dinamika van die koalisiegeprekke om stadsrade te vorm. 'n Reisagentskap, het onlangs die eerste kommersiële vlug van Kaapstad na Antarktika met 'n Airbus A340 onderneem. Hulle sê dit is 'n gewilde bestemming.
Monitor 17 November 2021 - Deel 1 17.11.2021 40:34
Ontvoerings neem drasties toe. Die Islamitiese Staat-militantegroep het aanspreeklikheid aanvaar vir selfmoordbomaanvalle in Ugandese se hoofstad, Kampala.
Monitor 16 November 2021 - Deel 2 16.11.2021 40:22
Ons praat met 'n politieke ontleder oor die uitvoerende komitee-stelsel as 'n alternatiewe regeerstelsel, indien koalisieregerings nie saamgestel kan word nie. President Cyril Ramaphosa moedig Afrikalande aan om die vryehandelsooreenkoms vir die vasteland te gebruik om handel tussen lande te bevorder.
Monitor 16 November 2021 - Deel 1 16.11.2021 43:47
Rand Water sê watertoevoer in Gauteng sal teen Donderdag ten volle herstel wees. 'n Petisie om 'n beplande seismiese opname aan die Oos-Kaapse kus te stop. Brittanje en Amerika raai hulle landsburgers aan om Ethiopië te verlaat.
Monitor 15 November 2021 - Deel 2 15.11.2021 41:03
Ons praat met 'n kenner oor die besluite wat by COP-26 geneem is. Koalisiesamesprekings oor Gautengse Metro's gaan in Sandton plaasvind. Hulde aan die skrywer Wilbur Smith. Wateronderbrekings kom van vandag af in dele van Gauteng voor. Muammar Ghaddafi se seun gaan as presidentskandidaat staan in die Libiese verkiesing.
Monitor 15 November 2021 - Deel 1 15.11.2021 40:59
President Cyril Ramaphosa sê die COVID-19-pandemie het Suid-Afrika nie platgeslaan nie. Diabetes maai onder Suid-Afrikaners. Ministers begin vandag voor die Mensregtekommissie verskyn oor die onrus in Julie.
Monitor 12 November 2021 - Deel 2 12.11.2021 43:59
Oudpresident FW de Klerk spreek in 'n laaste video sy spyt uit oor sy aandeel in apartheid. Die Thabo Mbeki-stigting sê De Klerk het gekies om die realiteit te aanvaar, dat die apartheidstelsel nie verdedig kan word nie. 'n Rolprent oor demensie, HERE TODAY, is een van dié week se hoogtepunte. Leon van Nierop verduidelik hoekom in sy fliekrubriek. Dr. Willem Botha praat oor poedelkaal, kaalkop en...
Monitor 12 November 2021 - Deel 1 12.11.2021 43:17
Huldeblyke stroom in na die dood van oudpresident FW De Klerk. Raksie op die mediumtermyn-begroting. Eskom het beurtkrag vir eers opgeskort, en sê die tekort aan opwekkingskapasiteit het verminder. Kommer dat gereelde kragonderbrekings tot 'n tekort aan plaasprodukte kan lei.
Monitor 11 November 2021 - Deel 2 11.11.2021 39:08
Die Minister van Finansies lewer vanmiddag sy mediumtermyn-begrotingstoespraak in die parlement. Nieu-Seeland stuur Engeland huis toe in die T20-Wêreldbekertoernooi.
Monitor 11 November 2021 - Deel 1 11.11.2021 39:57
Die Moti-ouers het bekendgemaak dat hulle vier seuns ongedeerd is. Inwoners van 'n voormalige Dorp-van-die-Jaar sit met die hande in die hare.
Monitor 10 November 2021 - Deel 2 10.11.2021 42:02
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer more sy mediumtermyn-begrotingstoespraak in die parlement. Ons kry die jongste inligting oor die COP26-beraad in Skotland.
Monitor 10 November 2021 - Deel 1 10.11.2021 36:33
Eskom se bestuurshoof, Andre de Ruyter, sê hy sal nié bedank nie, in weerwil van druk van sommige politieke partye en organisasies soos Numsa en die Black Business Council. Fluitjieblasers soos die akademikus Athol Williams, kla dat die regering nie hulle veiligheid kan waarborg nie.
Monitor 9 November 2021 - Deel 2 09.11.2021 46:51
Beurtkrag kan die land 'n miljoen werksgeleenthede kos. Die Durbanse sakekamer waarsku dat die voorslepende beurtkrag die brose ekonomie in KwaZulu-Natal erg kan knou. President Ramaphosa sê die regering werk onverpoosd om 'n oplossing te vind vir die land se kragprobleme. 'n Graad 3 leerling van die Bloemfontein-Oos Laerskool is dood nadat sy deur weerlig getref is. Die Afrikaapse fliek, Barakat,...
Monitor 9 November 2021 - Deel 1 09.11.2021 37:35
Kommer oor die impak van volgehoue beurtkrag op eksamens. Versoeke by COP26 dat daar dringend aandag geskenk word aan die tekort aan kunsmis. Meer as 20 000 regeringspensioene lê onopgeëis in 'n fonds. Beurtkrag skep al hor meer geleenthede vir misdadigers. Kragherstelwerk in die Tshwane Metro is glo deur reënweer en beurtkrag gekniehalter. Laerskole maak beswaar teen roterende skedules.
Monitor 8 November 2021 - Deel 2 08.11.2021 41:38
Die familie van Reeva Steenkamp sê hulle is bereid om met die veroordeelde Oscar Pistorius oor parool te praat. 'n Suid-Afrikaner kry 'n Oscar-toekenning in die studente-afdeling. Ekonoom Mike Schussler waarsku oor werksverliese indien beurtkrag voortduur, en sê 350 000 werksverliese vanjaar is 'n groot moontlikheid. Die Good Party besluit om eerder in die opposisiebank te wees.
Monitor 8 November 2021 - Deel 1 08.11.2021 34:48
Die Afrikasentrum vir Siektebeheer wil entstowwe teen 22 siektes plaaslik vervaardig. Koalisiegesprekke tussen politieke partye vir die 67 munisipaliteite landwyd waar geen party 'n volstrekte meerderheid gekry het nie, gaan voort. 'n Onafhanklike kandidaat word dalk die volgende burgemeester in die Cederberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap. Eskom waarsku dat die kragnetwerk onstabiel en onvoorspel...
Monitor 5 November 2021 - Deel 2 05.11.2021 45:15
Nuwe wetgewing tree in werking om verpakkingsrommel drasties te beperk. COP26-moondhede beloof miljarde om Suid-Afrika van steenkool te speen, maar wat gaan dan van al ons steenkool word? Koalisies is die meeste munisipaliteite se voorland. Leon van Nierop maak sy mees vermaaklike film van die jaar bekend.
Monitor 5 November 2021 - Deel 1 05.11.2021 38:14
Kommer oor die verskraling van vakkeuses by skole. Vroeë inenting voorkom servikale kanker. Suid-Afrikaners bedank vir hulle deelname aan 'n vrye en regverdige verkiesing.
Monitor 4 November 2021 - Deel 2 04.11.2021 46:44
'n Bedrag van meer as R130-miljard uit die buiteland om Eskom van steenkool te speen, hou glo groot voordele vir die land in. Nuwe navorsing oor die omstrede oermens, Homo Naledi, word vandag bekend gemaak. Die verkiesingsuitslag vir die Nelson Mandelabaai Metro is bekend. Die ANC en die DA is nek aan nek waar die DA 39,9% persent behaal het en die ANC 39,4%. Die Suid-Afrikaanse skrywer, Damon Gal...
Monitor 4 November 2021 - Deel 1 04.11.2021 42:54
Ons kyk na die jongste nuus en uitslae van die afgelope munisipale verkiesings. Die Verkiesingskommissie gaan die finale uitslae van die verkiesings vanaand aankondig. Die verhoor van die vermeende reeksmoordenaar, Julius Mndawe van Hazyview, sal vandag in die hooggeregshof in Mpumalanga hervat word.
Só lyk dit binne een van die land se groenste geboue 03.11.2021 7:32
Wêreldleiers by die COP26-klimaatsberaad het hulle verbind tot 'n meer omgewingsvriendelike toekoms. Geboue, veral kommersiële geboue, dra by tot minstens 'n derde van die koolstofdioksied wat in stede vrygestel word. Die Raad vir Groengeboue in Suid-Afrika se doel by vanjaar se beraad is om aandag hierop te vestig. Op internasionale vlak word daar gemik om teen 2030 'n nulpunt koolstof...
Monitor 3 November 2021 - Deel 2 03.11.2021 47:05
Ons skakel oor na die Verkiesingsuitslagsentrum in Pretoria. Daar is kommer oor landbougemeenskappe se veiligheid langs die Lesotho-grens.
Monitor 3 November 2021 - Deel 1 03.11.2021 43:28
'n Ekonoom verduidelik wat die kwaai styging in brandstofpryse vir die verbruiker inhou. Politieke ontleders bespreek die jongste verkiesingsuitslae en verrassings.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.