RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 6 Desember 2021 - Deel 1 06.12.2021

Teenstand teen die oliereus Shell se beplande soektog na olie- en aardgas-neerslae aan die Wildekus van die Oos-Kaap neem toe. Angela Merkel lê na 16 jaar die tuig neer - 'n kenner bespreek haar nalatenskap.

Monitor 3 Desember 2021 - Deel 2 03.12.2021

Die Europese Unie stel 'n beleggingsplan bekend as teenvoeter vir China se infrastruktuur-ontwikkelingsinisiatief. Die jongste algemene huishoudelike opname wys dat meer Suid-Afrikaners oor matriek of 'n naskoolse kwalifikasie beskik.

Monitor 3 Desember 2021 - Deel 1 03.12.2021

Die Omikron-variant dryf die styging in Covid-gevalle in Gauteng. Modimolle-Mookgophong in Limpopo se nuwe burgemeester word met 'n muntstuk verkies. Die Lughawensmaatskappy bevestig dat hy vrywillige skeidingspakkette aan sommige van sy werknemers gaan aanbied. Die toekoms van die Kannaland-munisipaliteit in die Klein Karoo is in die weegskaal weens 'n versuurde verhouding tussen die ANC en ICOSA...

Monitor 2 Desember 2021 - Deel 2 02.12.2021

Die jongste verwikkelinge oor Brittanje se reisbeperkings op Suider-Afrika. Alle vroue-tennistoernooie in Sjina word opgeskort. 'n Bekende akteur glo dat betrokke pa's, geweld teen vroue en kinders kan stuit. Die Noordwes Kamer van Handel en Nywerheid sê die belastingstelsel moet hersien word in die lig van die aansienlike skerp stygings in die brandstofprys. Shell sê indien hy die saak verloor oo...

Monitor 2 Desember 2021 - Deel 1 02.12.2021

Kommer oor die groot aantal MIV-positiewe mense wat nie behandel word nie. Nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika verdubbel. Kwetsende boodskappe op sosiale media kan jou nou in die tronk laat beland. 'n Ma praat oor haar dogter wat al meer as een keer probeer het om haarself om die lewe te bring.

Monitor 1 Desember 2021 - Deel 2 01.12.2021

Die werkloosheidskoers styg tot 'n nuwe rekord van 34,9%. Ons praat met 'n kenner oor 'n onlangse hofbeslissing wat bepaal dat waterregtehouers die reg het om sodanige regte oor te dra.

Monitor 1 Desember 2021 - Deel 1 01.12.2021

Wetenskaplikes sê al hoe minder seksueel aktiewe mense gebruik kondome, wat die stryd teen MIV/VIGS bedreig. Die Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Francis Petersen, glo dat dit onmoontlik is om 'n florerende ekonomie op die rug van 'n verdeelde samelewing te bou.

Monitor 30 November 2021 - Deel 2 30.11.2021

Wat is die fisiologiese impak op die groot aantal Suid-Afrikaanse meisies wat jaarliks swanger word? 'n Skot raak Afrikaans in minder as twee jaar baas.

Jong diabetes-lyer sê dié diagnose is nie 'n doodsvonnis nie 30.11.2021

'n Oogkundige by Pretoria Oog-Insituut, Michelle Rautenbach, is op die ouderdom van 26 gediagnoseer met tipe-1 diabetes. Haar lewe het die afgelope twee jaar handomkeer verander. Sy moes haar lewenstyl drasties aanpas, en dra nou permanent 'n insulienpomp. Sy het aan Marlinée Fouché gesê haar persepsie van diabetes het verander toe sy self daarmee gekonfronteer is, en spits haa...

Monitor 30 November 2021 - Deel 1 30.11.2021

Kommer oor die groot aantal gesondheidswerkers wat nog nie ingeënt is nie. Suikersiekte kan jou blind maak.

Monitor 29 November 2021 - Deel 2 29.11.2021

Suid-Afrika bly op vlak een van inperkings, en maak nou op inenting staat as die vernaamste wapen teen die Covid-19-pandemie. Noordwes-Universiteit se ingenieursdepartement onthul 'n proses om groen steenkool uit organiese afval te vervaardig.

Monitor 29 November 2021 - Deel 1 29.11.2021

Suid-Afrika bly op vlak een van Covid-19-inperkings in weerwil van 'n nuwe variant van die virus. Landsburgers en baie buitelanders reageer met skok en verslaendheid op die verbod op vlugte na Suid-Afrika wat sommige lande ingestel het. Ons het intussen verneem dat die Verenigde Koninkryk weer vlugte na Suid-Afrika sal hervat. Die talle tienerswangerskappe in Suid-Afrika word by die Vigs-beraad in...

Monitor 26 November 2021 - Deel 2 26.11.2021

Ons kyk na die nuwe Covid-19-variant, en die implikasies daarvan vir die land. Die Blitsbokke is weer in aksie. In sy weeklikse fliekrubriek vra Leon van Nierop: Is daar regtig nóg 'n Ghostbusters nodig?

Monitor 26 November 2021 - Deel 1 26.11.2021

Brittanje plaas Suid-Afrika weer op sy rooilys weens 'n nuwe Covid-19-variant. Stormweer teister die Wes-Kaap.

Monitor 25 November 2021 - Deel 2 25.11.2021

Die ANC het die burgemeesterskap van die eThekwini-Metro in KwaZulu-Natal behou, met Mxolisi Kaunda wat die DA se Nicole Graham verslaan het. Die ruimtemaatskappy, SpaceX, lanseer 'n vuurpyl wat daarop gemik is om 'n asteroïede van sy baan af te dwing. Duisende pasiente in Gauteng wag al maande, of selfs jare, op kankerbehandeling.

Monitor 25 November 2021 - Deel 1 25.11.2021

Daar word gevrees dat trae Covid-19-inentings tot 'n vroeë vierde golf van infeksies kan lei. Ons wil weet: kan vroue werklik op die beskerming van die owerheid staatmaak in situasies van huishoudelike geweld? President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is gereed vir 'n terreuraanval as dit sou gebeur - maar is dit so? Die George-munisipaliteit in die Suid-Kaap gaan om ramphulp aansoek doen.

Monitor 24 November 2021 - Deel 2 24.11.2021

Ballet-teatergangers gee minderbevoorregtes 'n vroeë Kersgeskenk. ‘n Beperkte aantal toeskouers sal van Vrydag af krieket in Centurion mag kyk - mits jy ingeënt is.

Monitor 24 November 2021 - Deel 1 24.11.2021

Die vloedskade word in George bepaal. Die DA vergroot sy politieke grondgebied in Gauteng.

Monitor 23 November 2021 - Deel 2 23.11.2021

Vragmotors met noodvoorraad is van Kimberley, Gqeberha, Graaff-Reinet en Kaapstad op pad na die vloedgeteisterde George. Nuwe stadsraadslede word ingehuldig en burgemeesters verkies.

Monitor 23 November 2021 - Deel 1 23.11.2021

Uiterste weerstoestande is in George in die Suid-Kaap ervaar, terwyl daar in ander dele van die land ook buitengewone koue weer was. Eskom vra die energiereguleerder, NERSA, vir 'n 20% tariefverhoging. Openbare weerstand is aan die opbou teen Shell se olie- en gaseksplorasieplanne langs die Wildekus.

Só word Afrikaans in die digitale ruimte uitgebrei 22.11.2021

Afrikaans is een van slegs 5 moderne tale wat so gevorderd is, dat dit sedert die begin van die twintigste eeu, tot volwaardige akademiese taal gevorder het. Daar word boonop heelwat vordering gemaak in die gebruik daarvan in die digitale ruimte, soos soekenjins en die digitale ensiklopedie, Wikipedia. Tydens die twintigste verjaarsdagviering van dié platform, is die klem geplaas op die mag...

Monitor 22 November 2021 - Deel 2 22.11.2021

Die ANC gaan sy koalisie-ooreenkoms in die Kannaland Munisipaliteit hersien. Die DA-strydros, James Selfe, tree uit na 43 jaar in die politiek.

Monitor 22 November 2021 - Deel 1 22.11.2021

'n Versoek aan die hoëronderwyssektor om sy kurrikulum en beleid meer LGBTQI+ inklusief te maak. Meer as 16-miljoen Suid-Afrikaners het al minstens een dosis Covid-19-entstof ontvang. Die SAL-direksie sloer om Mango se sakereddingsplan goed te keur.

Monitor 19 November 2021 - Deel 2 19.11.2021

Die skerp styging in brandstofpryse aan die begin van die maand het mense weer laat kopkrap oor die samestelling van die prys, en of dit billik is dat so 'n groot deel van die prys uit heffings moet bestaan. 'n Groot deel van Johannesburg is steeds sonder water ná die opgradering van Rand Water se infrastruktuur.

Monitor 19 November 2021 - Deel 1 19.11.2021

Die restaurantvereniging sê daar is 'n agterstand van meer as 170 dranklisensies in Gauteng. Die repokoers styg met 25 basispunte - wat beteken dit? Minibustaxis sal na elektriese energie moet omskakel - maar nie sonder hoofbrekens nie.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.