RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 22 Desember 2021 - Deel 2 22.12.2021

Strenger wetgewing vir die bestuur en voorkoming van tienerswangerskappe beplan. Die Menseregtekommissie neem vyf provinsiale onderwysdepartemente hof toe oor die gebruik van puttoilette by skole. Die Lost Bird-projek vra voëlkykliefhebbers om hulle te help soek na voëlspesies, wat vir lank nie gesien is nie.

Monitor 22 Desember 2021 - Deel 1 22.12.2021

Jacob Zuma mag appelleer teen 'n hofbeslissing oor sy mediese parool. 'n Suid-Afrikaanse soldaat is in Mosambiek doodgeskiet. Die toerismebedryf pleit dat die Europese Unie reisbeperkings moet ophef.

Monitor 21 Desember 2021 - Deel 2 21.12.2021

Ons praat oor die debat oor of kwarantyn en Covid-19-kontakopsporing opgeskort moet word. Die mors van kos neem in die feestyd met 25% toe. Oudpresident Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl word vandag aangehoor.

Monitor 21 Desember 2021 - Deel 1 21.12.2021

Die hof se weiering om bortog aan Babita Deokaran se vermeende moordenaars toe te staan, word verwelkom. Ons kry die jongste nuus oor die vakansieverkeer, en 'n kenner gee raad oor hoe om veilig op die paaie te wees.

Monitor 20 Desember 2021 - Deel 2 20.12.2021

Inwoners van die Matjhabeng Munisipaliteit sit al sewe dae sonder water. Vrystaatse boere ly skade ná groot reën. 'n Goeie, maar kleiner wyndruifoes in 2022 verwag.

Monitor 20 Desember 2021 - Deel 1 20.12.2021

Die produsenteprys vir bees- en skaapvleis styg skerp. Ons praat met 'n traumaberader oor hoe om vakansiedepressie te vermy. Die impak van die Julie-onluste word steeds deur sakeondernemings gevoel.

Monitor 17 Desember 2021 - Deel 2 17.12.2021

Verdere reaksie op die tussentydse Sosiale Geregtlikheid en Nasiebou-krieketverslag. Leon van Nierop sê wat hy van die plaaslike rolprent, Klein Karoo 2, dink. Willem Botha bespreek die woorde, pendel en skraagdosis.

Monitor 17 Desember 2021 - Deel 1 17.12.2021

Ons het die jongste nuus oor hoe sake op die vernaamste roetes verloop. Nóg reën word vir die ooste van die land voorspel.

Monitor 16 Desember 2021 - Deel 2 16.12.2021

Eskom teken 'n groot netto wins aan, en stel duisende hektaar grond beskikbaar vir private groenkragopwekking. Daar is 'n effense afname in Suid-Afrika se Covid-19-toetspositiwiteitskoers. Ons praat met politieke ontleders oor ministers se prestasie om hulle teikens vir dienslewering te haal.

Monitor 16 Desember 2021 - Deel 1 16.12.2021

Die inflasiekoers is op sy hoogste vlak sedert 2017. Oudpresident Jacob Zuma doen aansoek om te appelleer teen die hofbeslissing, dat hy moet terugkeer tronk toe. Verkeer op die land se hoofroetes neem aansienlik toe.

Monitor 15 Desember 2021 - Deel 2 15.12.2021

Ons praat met 'n kenner oor die geregtelike prestasieverlag. 'n 83-jarige kry haar doktersgraad by Maties.

Monitor 15 Desember 2021 - Deel 1 15.12.2021

Brittanje hef die reisverbod na Suid-Afrika op. Kommer oor die onsuksesvolle vervolging van plaasaanvallers en veediewe in die Vrystaat.

Monitor 14 Desember 2021 - Deel 2 14.12.2021

Vyf politieke partye word teenwoordig in Johannesburg se burgemeesterskomitee. Ons bespreek die stand van demokrasie wêreldwyd. Verkeersowerhede verwag dat verkeersvolumes op die hoofroetes van môre af skerp sal toeneem.

Monitor 14 Desember 2021 - Deel 1 14.12.2021

Die toerismebedryf se inkomste uit verblyf het in Oktober aansienlik gegroei. Die Sol Plaatje Universiteit het 'n beleid aanvaar wat behels dat alle studente en personeellede teen Covid-19 ingeënt moet wees om toegang tot die kampus te verkry.

Monitor 13 Desember 2021 - Deel 2 13.12.2021

Kommer neem toe oor 'n toename in hondsdolheid onder mense. 'n Spesialis aan die Instituut vir Oordraagbare Siektes, waarsku dat dié siekte dodelik is, en die president van die Suid-Afrikaanse Veeartseny-vereniging sê die regering moet meer doen om mense behoorlik in te lig wat voorkomingsmaatreëls betref. Lede van die ANC sleep die party hof toe oor beweerde ongerymdhede in die benoemingsproses....

Monitor 13 Desember 2021 - Deel 1 13.12.2021

President Cyril Ramaphosa het die afgelope naweek hulde gebring aan wyle oudpresident FW de Klerk, en is kort daarna gediagnoseer met Covid-19. Hy is nou in isolasie. Die minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe, sê hy ondersteun Shell se beplande seismiese opnames aan die Oos-Kaapse Wildekus, terwyl duisende landsburgers steeds daarteen betoog op verskeie platforms. Moslemvroue vra hoe di...

Monitor 10 Desember 2021 - Deel 2 10.12.2021

Die grondwet is vandag 25 jaar oud. Ons praat met twee grondwetkenners oor die sterk punte en leemtes in die grondwet. AMCU vra dat die bestuurshoof van die Sibanye Stillwater-mynmaatskappy bedank. Leon Van Nierop resenseer die veelbesproke rolprent, MY SON.

Monitor 10 Desember 2021 - Deel 1 10.12.2021

Die moordenaar van Marike de Klerk wil op parool vrygelaat word. Navorsing deur die Universiteit van Johannesburg wys dat meer as die helfte van volwassenes verpligte Covid-19-inentings in die werkplek steun.

Monitor 9 Desember 2021 - Deel 2 09.12.2021

Ons loer agter die skerms van die Parlement om te sien hoe partye met mekaar onderhandel om sekere wette deur te druk, al dan nie. Die vlerke van die Lugmag se Gripen-vegvliegtuie word tydelik geknip - en die Vloot is dalk volgende. Die aktrise, Lizz Meiring, vertel hoe die teaterwereld die afgelope 50 jaar verander het.

Monitor 9 Desember 2021 - Deel 1 09.12.2021

Ons ondersoek die ware impak van onreëlmatige uitgawes by regeringsentiteite. Nie alle handreinigers op winkelrakke voldoen aan standaarde nie. Taxibestuurders probeer om wetstoepassers in Kaapstad aan bande te lê.

Monitor 8 Desember 2021 - Deel 2 08.12.2021

Te min steun vir 'n grondwetwysiging om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Indië se krieketspan is wél op pad na Suid-Afrika vir toetse en eendagwedstryde.

Monitor 8 Desember 2021 - Deel 1 08.12.2021

'n Ekonoom reageer op die jongste Bruto Binnelandse Produk. 'n Nuwe wêreldkaart is pas saamgestel, wat 'n ander perspektief gee oor die ware grootte van sekere kontinente.

Monitor 7 Desember 2021 - Deel 2 07.12.2021

Gegradueerdes sukkel om werk te kry. Waar lê die probleem? Die gehalte van skoolonderrig kom onder die soeklig. Komediant Leon Schuster vertel waarom hy nie meer poetse bak in sy rolprente nie.

Monitor 7 Desember 2021 - Deel 1 07.12.2021

Dit is vandag 80 jaar sedert die aanval op Pearl Harbour in Hawaii. Die NVG verseker die publiek dat hulle aan staatskapingssake werk. Die 18e wysigingswetsontwerp van die grondwet word vandag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê.

Monitor 6 Desember 2021 - Deel 2 06.12.2021

Gemengde reaksie op Maties se nuwe taalbeleid. 'n Suid-Afrikaanse wyn wen die eerste prys by die Wêreldfynproewers-uitdaging.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.