RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 17 Januarie 2022 - Deel 1 17.01.2022 44:35
Fluitjieblasers vra dat die Zondo-kommissie se aanbevelings oor getuiebeskerming geïmplementeer word. Begunstiges van die Vrede-suiwelplaasprojek ontvang uiteindelik hullr deel van die projek.
Monitor 14 Januarie 2022 - Deel 2 14.01.2022 43:24
Ons praat met 'n kenner oor die skerp toename in ontvoerings in die land. Famililede van die slagoffers van 'n gru-ongeluk in Limpopo moet DNS-monsters verskaf om hulle geliefdes uit te ken. 'n Omgewingsbewaarder waarsku teen sogenaamde uilvriendelike rottegif. Burgerregte organisasies reageer op die Minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, se opiniestuk waarin sy die regbank en die grondwet aanval.
Monitor 14 Januarie 2022 - Deel 1 14.01.2022 42:09
Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, sê die nasionale ramptoestand het 'n negatiewe impak op leerders. Drie Suid-Afrikaans-vervaardigde satelliete sorg vir 'n geskiedkundige oomblik toe dit gister in die VSA gelanseer is. Raad aan angstige matrieks wat wag vir hulle 2021 eindeksamenuitslae.
Monitor 13 Januarie 2022 - Deel 2 13.01.2022 39:52
Opwinding én haakplekke op die eerste dag van die nuwe skooljaar vir binnelandse leerlinge. Indië dreig om beheer van die kriekettoets op Nuweland te neem.
Monitor 13 Januarie 2022 - Deel 1 13.01.2022 41:11
Hewige kritiek teen minister Lindiwe Sisulu, ná haar aanval op die regbank. Die DA sê die ANC se kader-ontplooiing lei tot staatskaping.
Monitor 12 Januarie 2022 - Deel 2 12.01.2022 43:31
Daar is reeds sowat 30,000 name op die nasionale register van seksoortreders. Rwandese soldate sal in Mosambiek aanbly waar die stryd teen ekstremiste voortduur.
Monitor 12 Januarie 2022 - Deel 1 12.01.2022 41:23
Skole in die binneland bgein vandag, met die voortsetting van baie van verlede jaar se Covid-19-maatreëls. Wetenskaplikes meen die oorplanting van 'n geneties gemodifiseerde varkhart in 'n mens, bring hoop vir mense met hartkwale. Die afgelope sewe jaar was die warmste in die geskiedenis van die planeet. Eskom en die energiereguleerder, NERSA, twis oor ‘n verhoging in elektrisiteitstariewe - sal d...
Monitor 11 Januarie 2022 - Deel 2 11.01.2022 42:14
Die ANC sê 'n gebrek aan befondsing van die privaatsektor is die rede vir sy huidige geldelike verknorsing. Ons praat met 'n kenner oor gesonde spaargewoontes. Sommige kenners sê Suid-Afrika moet sy verbintenis tot die militêre stryd in die noorde van Mosambiek heroorweeg.
Monitor 11 Januarie 2022 - Deel 1 11.01.2022 38:41
Die onderwysvakbond, NAPTOSA, wil hê skole moet terugkeer na voltydse onderrig. Ons hoor by 'n onderwyskenner of skole gereed is hiervoor. Ons kry die jongste inligting oor die brande in Kleinmond in die Wes-Kaap. Die IVP in KwaZulu-Natal wil verskeie amptenare van die Mtubatuba-munisipaliteit deur 'n mosie van wantroue verwyder. Die Padverkeer-oortredingsagentskap sê hy is op dreef om die nasiona...
Monitor 10 Januarie 2022 - Deel 2 10.01.2022 43:40
Die ANC gaan 'n vernuwingskommissie stig om die party te laat herleef. Dit is een van die dinge wat ANC-president Cyril Ramaphosa Saterdag tydens sy Januarie 8-toespraak gesê het. Ons fliekresensent Leon van Nierop bring hulde aan die bekroonde akteur Sidney Poitier. Ons kyk na Suid-Afrika se militêre rol in Mosambiek. Sommige ontleders sê die land moet meer soldate en toerusting stuur.
Monitor 10 Januarie 2022 - Deel 1 10.01.2022 43:27
Politieke partye looi die regering oor die brand in die parlement. Talle inwoners van Wepener in die Suid-Vrystaat het steeds nie water nie. Hoewel pogings gesneuwel het om die grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding toe te laat, sal wetgewing met 'n soortgelyke strekking vanjaar oorweeg word.
Monitor 7 Januarie 2022 07.01.2022 45:52
Die Good-party in Kaapstad beskryf die metro se hervestigde spesiale misdaadondersoekeenheid as 'n koverte spioenasie-eenheid. Daar word verwag dat president Cyril Ramaphosa harde woorde oor staatskaping in die ANC se Januarie 8-verklaring sal hê. Die waghondorganisasie, OUTA, sê die vyfjaarlikse hernuwing van rybewyse moet geskrap word.
Monitor 6 Januarie 2022 06.01.2022 46:14
Die DA beskuldig die ANC van inmenging by die aanstelling van regters. Stygende insetkoste, die massa-invoer van melk en die onlangse sluiting van Clover se Lichtenburg-tak het meegebring dat baie melkboere in Noordwes hulle besighede moes sluit. Die Suid-Afrikaanse Bloedoortappingsdiens het minder as drie dae se bloedvoorraad vir pasiënte in nood. ‘n Rekenaargogga, soortgelyk aan Y2K wat die wêre...
Monitor 5 Januarie 2022 05.01.2022 48:20
Dit kan tot soveel as 'n mijard rand kos om die parlementsgebou te herstel - ons praat met ‘n argitek van die gebou. Die eerste deel van die Zondo-verslag oor staatskaping word aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Die verslag sê Transnet se borgskap van die destydse TNA-sakeontbytprogramme was onregmatig en 'n geldelike verkwisting. Die Y2K-rekenaargogga wat die wêreld 22 jaar gelede op hol ge...
Monitor 4 Januarie 2022 04.01.2022 45:05
'n 49-jarige verdagte verskyn vandag in die hof in verband met die brand by die parlement in Kaapstad. Oorvol damme in die Vaalrivier bied geleenthede vir toerisme en ontspanning. Ons praat oor die Augrabies-waterval in die Noord-Kaap wat skouspelagtig vertoon weens die baie water wat in die Oranjerivier afkom. Verkeer op die land se paaie neem toe soos mense van die kus af terugkeer huistoe. Bran...
Monitor 3 Januarie 2022 03.01.2022 48:30
'n 49-jarige man verskyn môre in die hof in verband met die brand by die Parlementsgebou. Die Elsiesrivier-gemeenskapspolisiëringsforum begin 'n veldtog om paaie in dié woonbuurt veiliger te maak. Tweede Nuwejaar word op 'n spesiale manier gevier.
Monitor 31 Desember 2021 31.12.2021 48:58
Vriende bring hulde aan emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Die eerste FM radio-uitsendings hjet vandag 60 jaar gelede plaasgevind. Die kabinet kondig aan dat die aandklokreël opgehef word. In sy weeklikse fliekrubriek praat Leon van Nierop oor vanjaar se 20 beste rolprente. Dr. Willem Botha praat oor Oujaarsdag.
Monitor 30 Desember 2021 30.12.2021 47:22
Die plaaslike regeringsvereniging, Salga, wil hê alle verbruikers moet hulle krag slegs van munisipaliteite koop. Ons gee 'n oorsig oor die 2021-skooljaar. Die polisiehond Snoekie laat dwelmhandelaars aan die pen ry. 'n Moontlike brandstofprysverlaging in die vooruitsig. Klimaatsaktiviste is bekommerd oor 'n afname van sowat 60% in seeskulpe, wat in Mauritius aangeteken is.
Monitor 29 Desember 2021 29.12.2021 47:42
Shell moet sy seismiese opname aan die Wildekus staak. Wydverspreide reën en donderstorms word vir die res van die week voorspel. Ons kyk na die hoogte- en laagtepunte van die afgelope ekonomiese jaar. Suid-Afrikaners wat 'n tweede dosis van die Pfizer-entstof teen Covid-19 ses maande gelede of langer terug ontvang het, kan nou 'n versterkingsdosis kry. Die Kaapstad Metro sê talle strate om die st...
Monitor 28 Desember 2021 28.12.2021 47:17
President Cyril Ramaphosa sê die huldeblyke wat vanoor die wêreld heen instroom vir emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is 'n bewys van die enorme aansien wat hy geniet het. Ons fokus op sy werk teen TB en MIV/Vigs. Die James Webb-teleskoop bereik die eerste mylpaal in sy lang reis na ‘n donker, koue bestemming. Die DA vra president Cyril Ramaphosa om die aandklokreël vóór Oujaarsaand te beëindig.
Monitor 27 Desember 2021 27.12.2021 49:12
Wyle Anglikaanse emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu word onthou as 'n ikoniese geestelike leier en anti-apartheidsaktivis. Ons praat met sy jarelange vriende en kollegas oor sy nalatenskap. Ons leer meer van blou-apies wat gered en in nuwe troppe geïntegreer word.
Monitor 24 Desember 2021 - Deel 2 24.12.2021 44:04
Navorsing wys dat sekere lig malaria kan uitroei. Watter rolprente is die lekkerste vir Oukersaand? Leon van Nierop het 'n paar idees. Dr. Willem Botha praat oor die oorsprong van die woorde, Oukersaand en Kerfees. Die veteraan nuusman, Freek Robinson, praat oor sy memoir, Op die Man Af.
Monitor 24 Desember 2021 - Deel 1 24.12.2021 39:57
Die dood van meer as 30 seuns tydens die jongste inisiasieproses word as 'n menseslagting beskryf. Die Wes-Kaap ervaar 'n skerp afname in inentingsgetalle. Die Minister van Gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê inentings teen Covid-19 bespaar die ekonomie baie geld. Kuberkrakers teiken maatskappye en instellings regoor die land. 'n Kenner deel sy wenke vir 'n veiliger feesgety. Die Minister van Polisie,...
Monitor 23 Desember 2021 - Deel 2 23.12.2021 42:07
Opgraderings aan die Koeberg-kragstasie se kernkragreaktors word bevraagteken. 'n Gelekte opname van president Cyril Ramaphosa het die tonge los - 'n politieke ontleder probeer sin maak van die opname en die betekenis daarvan. Ouers word gemaan om hulle kinders se veiligheid te verseker tydens die vakansietyd. Twee babas word uit die puin van ‘n tornado gered.
Monitor 23 Desember 2021 - Deel 1 23.12.2021 36:40
Covid-infeksies in Gauteng en ander binnelandse provinsies neem af. Nelson Mandelabaai Metro maak planne bekend om waterinfrastruktuur te verbeter. Ons vind meer uit oor die Aarde se sogenaamde Black Box, wat data oor klimaatverandering insamel. 'n Ruimtekapsule van vyftig jaar gelede word binnekort oopgemaak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.