RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 2 Februarie 2022 - Deel 1 02.02.2022 38:59
Die name van prominente politici word in die tweede deel van die Zondo-kommissie se staatskapingsverslag genoem. Sensus 2022 begin môre in alle erns, maar baie mense is bekommerd dat dit 'n dekmantel vir skurke kan word. Die jongste aanpassings van Covid19-regulasies kan 'n positiewe uitwerking op die ekonomie hê.
Monitor 1 Februarie 2022 - Deel 2 01.02.2022 39:10
Ons praat met die Wes-Kaapse premier oor die bewerings van seksuele wangedrag teen Albert Fritz. Die Blitsbokke loop breëbors rond ná nóg 'n oorwinning.
Monitor 1 Februarie 2022 - Deel 1 01.02.2022 37:53
'n Gevoelige slag vir vuisvoos motoriste, met nóg groot verhogings in brandstofpryse. 'n Fluitjieblaser-organisasie vra vir die spoedige implementering van die Spesiale Ondersoekeenheid se aanbevelings in Limpopo.
Monitor 31 Januarie 2022 - Deel 2 31.01.2022 42:59
Onwettige elektrisiteitsverbindings eis die lewe van 'n vierjarige seun in George in die Suid-Kaap. Opposisiepartye in die Kaapstad Metro eis dat koppe rol ná 'n verslag oor die Strandfontein-kamp vir haweloses. Humphrey, die hond met ‘n ruim hart, word deur die Umhlanga-toerismevereniging as gelukbringer aangeneem.
Monitor 31 Januarie 2022 - Deel 1 31.01.2022 36:24
Mediavryheidorganisasies sê die afdanking van die SAUK se nuushoof, Phatiswa Magopeni, dui op politieke inmenging by die openbare uitsaaier. Oudpresident Jacob Zuma se aansoek om appèl in die wapenskandaal word aangehoor. Die tesourie skuld die Spesiale Ondersoekeenheid R216-miljoen vir die ondersoek na korrupsie oor COVID persoonlike beskermende toerusting.
Monitor 28 Januarie 2022 - Deel 2 28.01.2022 41:51
'n Ekonoom verduidelik wat nóg 'n rentekoersverhoging vir die verbruiker inhou. Leon van Nierop vertel van 'n rateltaai-film oor 'n vrou wat uit die tronk vrygelaat word.
Monitor 28 Januarie 2022 - Deel 1 28.01.2022 37:05
Wat voer Rusland in die mou met die bande wat hy met lande smee? Ons praat met 'n politieke ontleder. Koos Roets lig die sluier oor sy Gerrie Coetzee-rolprent.
Monitor 27 Januarie 2022 - Deel 2 27.01.2022 43:37
Diplomate van 13 lande oorhandig geloofsbriewe aan president Cyril Ramaphosa. Die oudste grondeiser in Distrik Ses in Kaapstad, Shariefa Kahn, sterf voor sy in haar nuwe huis kon intrek. Agri-SA se leiers vergader met die Minister van Landbou, Thoko Didiza, en 'n reeks besluite word geneem.
Monitor 27 Januarie 2022 - Deel 1 27.01.2022 40:19
Die ANC vra die polisie om die saak van die geskorste provinsiale minister van Gemeenskapsveiligheid, Atbert Fritz, te ondersoek. 'n Mediese span van Tygerberg-hospitaal verwyder 'n groot gewas uit 'n 35 week oue fetus. Sowat 850 werknemers van die staatsonderneming, PetroSA, kan in die pad gesteek word.
Monitor 26 Januarie 2022 - Deel 2 26.01.2022 45:22
Sommige ontleders sê 'n militêre inval in Oekraïne is oppad, nadat verskeie lande hulle diplomate uit Kiëf onttrek. Khoi-aktiviste sê die ontwikkeling van Amazon se hoofkwartier in Afrika vernietig 'n kultuurerfenisgebied.
Monitor 26 Januarie 2022 - Deel 1 26.01.2022 42:35
Onderhoude vir 'n nuwe hoofregter van die Konstitutionale Hof begin in Februarie. Ons vind meer uit oor die vier kanidate. 'n Verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid wys dat 62% van Covid-19-verwante verkrygingsprosedures onreëlmatig was. Die EFF ontbind sy provinsiale leierskap in Limpopo. Gemeenskapslede van Rustenburg sê hulle baat nie by mynaktiwiteite in die gebied nie. Ons kry die jongste...
Monitor 25 Januarie 2022 - Deel 2 25.01.2022 43:13
Die lening van die Wereldbank aan Suid-Afrika word bevraagteken. Weerstand teen verpligte inenting is aan die oplaai. Huldeblyke stroom in ná die dood van die invloedryke Suid-Afrikaanse teoloog, prof. Jaap Durand.
Monitor 25 Januarie 2022 - Deel 1 25.01.2022 40:14
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, stel 'n waarnemende provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid aan ná die skorsing van Albert Fritz. Die ANC-parlementslid Mervyn Dirks doen regsstappe teen sy skorsing. Onderwysers by die Phomolong Sekondêre Skool in Tembisa aan die Oos-Rand sê hulle vrees vir hulle lewe nadat die adjunkskoolhoof voor die skoolhek doodgeskiet is.
Monitor 24 Januarie 2022 - Deel 2 24.01.2022 45:20
Die stof het nog nie gaan lê nie oor die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, se aanval op die grondwet en regters. Ons bespreek die nalatenskap van die ontslape polisieman, Frank Dutton. Die Blou Bulle se president doen 'n beroep op SA Rugby om sportstadions weer tot volle kapasiteit oop te stel vir toeskouers.
Monitor 24 Januarie 2022 - Deel 1 24.01.2022 38:25
Ons kry die jongste nuus oor die situasie by die Waterkloof Lugmagbasis in Pretoria, nadat 'n brand gisteraand daar uitgebreek het. Adjunkhoofregter Raymond Zondo sê die publiek móét weet hoe die ANC se kanderontplooiingskomitee besluite by staats-nstellings beïnvloed het. Eskom verseker landsburgers dat die kragvoorsiener alles in sy vermoë sal doen om vanjaar beurtkrag te vermy. Boere in dele va...
Monitor 21 Januarie 2022 - Deel 2 21.01.2022 45:56
'n Oudit van die Norwood-polisiestasie in Johannesburg wys dat minstens 158 vuurwapens daar verdwyn het. Spanning is aan die oplaai nadat Rusland soldate langs die grens met Oekraïene ontplooi het. Die oudvryheidsvegter en teoloog, Allan Boesak, sê die verslag van die Zondo-kommissie behoort 'n wekroep te wees.
Monitor 21 Januarie 2022 - Deel 1 21.01.2022 43:54
Die Minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, ontken dat sy om verskoning gevra het vir haar kritiek van die regbank. Bloedige warm weer word in dele van die Kaap verwag, wat die gevaar van veldbrande soveel groter maak. Suksesvolle matrikulante beplan hulle toekoms nadat die uitslae om middernag bekendgemaak is.
Monitor 20 Januarie 2022 - Deel 2 20.01.2022 39:10
Die voormalige bestuurshoof van Old Mutual, Peter Moyo, beskuldig Old Mutual van kontrakbreuk omdat sy kontrak sonder 'n tugverhoor beëindig is. Verskeie skole in KwaZulu-Natal se deure bly gesluit weens 'n voortslepende tradisionele leierskapsgeskil. Kenners waarsku dat tropiese storms KwaZulu Natal se voorland is. 'n Groen-waterstofprojek in die Noord-Kaap kan duisende werksgeleenthede skep.
Monitor 20 Januarie 2022 - Deel 1 20.01.2022 44:39
'n Studie bevind dat twee inentings en 'n skraagdosis nie genoeg is om jou teen die hoogsaansteeklike Omicron-variant van die Coronavirus te beskerm nie. Ons vind uit of inentings teen griep, polio of masels erge simptome van Covid-19 kan verlig. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, maak die matriekeindeksamen-resultate vandag bekend. Ons praat met 'n onderwyskenner oor sy verwagtin...
Monitor 19 Januarie 2022 - Deel 2 19.01.2022 41:31
'n Studie bevind dat Covid ook van mens na dier oorgedra is. Ons praat met een van die navorsers. Navorsers aan die Oregon Universiteit in Amerika het bevind dat twee sure wat in dagga voorkom, moontlik kan verhoed dat die Covid-19-virus aan mensselle heg. 'n Kommerwekkende styging in die getal padsterftes oor die feestyd. 'n Inwoner op die oewer van die Vaalrivier vertel hoe hy moes padgee weens...
Monitor 19 Januarie 2022 - Deel 1 19.01.2022 39:23
Nooddienste in Noordwes is op 'n hoë gereedsheidsgrondslag, nadat nóg water uit die oorvol Vaaldam gelaat is. Privaatskole behaal 'n slaagsyfer van meer as 98%. Ons praat met 'n paar slimkoppe.
Monitor 18 Januarie 2022 - Deel 2 18.01.2022 40:17
Die energiereguleerder, Nersa, begin met provinsiale verhore om te bepaal hoeveel meer jy vir elektrisiteit sal moet betaal. Die polisiebegroting gaan volgens berigte oor die volgende drie jaar met R26-miljard gesny word. Ons praat oor klassieke motors met prof. Jannie Rossouw.
Monitor 18 Januarie 2022 - Deel 1 18.01.2022 41:28
Inwoners van Bloemhof en Christiana in die Noordwes word gevra om hulle huise te ontruim weens die Vaarlrivier se stygende watervlak. Herstelwerk aan spoorinfrastruktuur in die Wes-Kaap vorder stadig weens begrotingsbeperkings. Noordwes se onderwysdepartement identifiseer minstens 50 onwettige skole in die Rustenburg-gebied. Die Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag AfriForum se aansoek aan oor di...
Monitor 17 Januarie 2022 - Deel 2 17.01.2022 41:27
Die stof wil nie gaan lê oor die uitlatings van Lindiwe Sisulu nie. Ons praat met 'n politieke ontleder. Pieter van den Berg bespreek die naweek se sport.
Kan 'n mens met koolstof boer? Dié boer sê "ja" 17.01.2022 8:11
Die Wêreld Ekonomiese Forum se risiko-verslag, wat op die 11e Januarie vanjaar vrygestel is, toon dat klimaatsverandering en die gevolglike ekologiese agteruitgang van natuurlike habitatte, 'n reusebedreiging vir die Afrika-ekonomie inhou . 'n Beroep is gedoen om die mensgemaakte skade wat aangerig is weens droogte, oorstromings, erosie en die oorbewyding van grond, teen te werk. 'n Grondeie...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.