RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 18 Februarie 2022 - Deel 2 18.02.2022 44:13
Die Nasionale Vervolgingsgesag wil die privaatsektor vir befondsing nader. Die SAA Mediese Vereniging het aangekondig dat dr. Angelique Coetzee as voorsitter van die liggaam bedank het. Leon van Nierop resenseer die opspraakwekkende THE TINDER SWINDLER. En, ons woord van die week is platanna.
Monitor 18 Februarie 2022 - Deel 1 18.02.2022 39:02
Suid-Afrika se swak wetgewing en maatreëls om geldwassery te bekamp, kan hom ernstige sanksies op die hals haal. Brittanje wil goue visums vir Russe staak as straf vir president Poetin. Die sensussperdatum gaan dalk verleng word.
Monitor 17 Februarie 2022 - Deel 2 17.02.2022 41:14
President Cyril Ramaphosa vra geduld vir sy omkeerstrategieë. Die Outomobiel Assosiasie pleit dat brandstofheffings nie verhoog moet word nie. 'n Uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor swart ekonomiese bemagtiging word in sekere oorde as 'n geskiedkundige deurbraak beskou.
Monitor 17 Februarie 2022 - Deel 1 17.02.2022 37:51
Sommige polisiebeamptes is sku vir berading ná traumatiese voorvalle. Daar is toenemende bewyse dat stamselbehandeling MIV-Vigs in sekere gevalle kan genees. 'n Regstryd ontwikkel oor die naamsverandering van Hoërskool DF Malan in Kaapstad.
Monitor 16 Februarie 2022 - Deel 2 16.02.2022 43:51
Parlementslede debatteer oor die regering se ekonomiese verantwoordelikheid en staatskaping. Ons kry reaksie by politieke ontleder dr. Harlan Cloete oor die tweede dag van die debat oor die staatsrede. 'n Baba van Atlantis buite Kaapstad by wie 'n seldsame bloedkanker gediagnoseer is, wag op 'n stamselskenker.
Monitor 16 Februarie 2022 - Deel 1 16.02.2022 47:03
Die Openbare Beskermer gaan die agterstand in die verwerking van DNS-monsters by die polisie se forensiese afdeling ondersoek. Die Menseregtekommissie besoek Klawer om vas te stel waar die owerheid die dertienjarige Jerobejin van Wyk versaak het. Die gasvryheidsbedryfsliggaam, Fedhasa, sê Suid-Afrika se elektroniese visumstelsel werk nie.
Monitor 15 Februarie 2022 - Deel 2 15.02.2022 43:22
Die DA wil 'n mosie van wantroue teen die hele kabinet by die parlement indien. Boere is ongelukkig oor 'n plan om Eskom te dwing om krag uitsluitlik aan munipaliteite te verskaf. Ons praat oor diere wat bloed skenk, of dit in noodgevalle ontvang.
Monitor 15 Februarie 2022 - Deel 1 15.02.2022 37:05
President Cyril Ramaphosa se staatsrede word in die parlement geprys én gekritiseer. Die Universiteit van Pretoria ontken dat studente verbied word om Afrikaans in die koshuis te praat.
Monitor 14 Februarie 2022 - Deel 2 14.02.2022 39:35
Die Departement van Basiese Onderwys oorweeg dit om die mag oor te neem van openbare skole om self oor hulle taal- en toelatingsbeleid te besluit. Die president van Tunisië versterk sy greep op die land se regbank. Walliese navorsers het bewyse dat daar chemikalieë in otters is wat in kleefplastiek voorkom.
Monitor 14 Februarie 2022 - Deel 1 14.02.2022 36:07
Die redakteursforum, SANEF, is bekommerd oor beperkings op joernaliste se toegang tot die howe. Die hiasinteplaag op die Hartebeespoortdam is besig om hand uit te ruk. 'n Petisie om sensortegnologie vir die monitering van glukose vir alle Tipe 1 diabete in die land beskikbaar te stel.
Monitor 11 Februarie 2022 - Deel 2 11.02.2022 44:47
President Cyril Ramaphosa kondig 'n sosiale vennootskap aan om die ekonomie om te draai. Die verlenging van die Covid-19-toelaag met nog 'n jaar kan die begin wees van 'n basiese inkomstetoelaag. Ons praat oor die implikasies van gisteraand se staatsrede. 'n Mikrobioloog praat oor die Verenigde Nasies as Internasionale Dag vir Vroue en Meisies in die Wetenskap. Leon van Nierop raak liries oor Agat...
Monitor 11 Februarie 2022 - Deel 1 11.02.2022 44:33
Daar is 'n nuwe VIGS-variant wat mense vinniger siek maak. 'n Suid-Afrikaanse konsepvliegtuig vang die oog van Hollywood. Die Amahlathi-munisipaliteit in Stutterheim in die Oos-Kaap kan nie salarisse betaal nie, maar laat werknemers toe om kos op skuld by die plaaslike Pick 'n Pay te koop.
Monitor 10 Februarie - Deel 2 10.02.2022 41:44
Huiswerkers se minimumloon styg skerp. Die Suikerriet-kwekersvereniging vra die regering om die bedryf te ondersteun. Athol Trollip sluit by Action SA aan.
Monitor 10 Februarie - Deel 1 10.02.2022 42:49
Vroueskuilings hoop om meer befondsing van die regering te ontvang. 'n Versoek aan die Departement van Gesondheid om veiligheid by gesondheidsinstellings te verskerp. 'n Pasiënt wat direk geraak word deur die hoë prys van die kankermiddel Herceptin, deel haar verhaal met ons.
Monitor 9 Februarie 2022 - Deel 2 09.02.2022 40:51
Het die president sy staatsredebelofte om geslagsgeweld uit te roei, nagekom? Ons praat met 'n kenner. Ná twee jaar hou Oudtshoorn weer makietie.
Monitor 9 Februarie 2022 - Deel 1 09.02.2022 39:29
Politieke partye vra dat koppe rol oor die Julie-onluste. Ons praat ook oor hoe rassehaat in KwaZulu-Natal gemeenskappe verdeel.
Monitor 8 Februarie 2022 - Deel 2 08.02.2022 44:57
'n Verslag wys dat die kabinet aanspreeklik is vir die onluste in Julie verlede jaar. Ons praat met 'n politieke ontleder oor president Cyril Ramaphosa se beloftes in sy vorige staatsrede. 'n Kenner reageer op sprake van 'n moontlike Russiese inval in Oekraïene.
Monitor 8 Februarie 2022 - Deel 1 08.02.2022 47:20
Die moord op 'n 13-jarige seun ruk die gemeenskap van Klawer. 'n Gemeenskapsaktivis sê intussen sulke gruweldade gebeur gereeld op kleiner dorpe. SAHPRA keur die gebruik van twee nuwe Covid-19 entstowwe goed.
Monitor 7 Februarie 2022 - Deel 2 07.02.2022 41:15
Vroue is bang om openbare vervoer te gebruik. Brittanje se koningin Elisabeth II vier 70 jaar op die troon.
Monitor 7 Februarie 2022 - Deel 1 07.02.2022 43:19
Die Regterlike Dienskommissie kan regstappe verwag oor die manier waarop onderhoude vir hoofregter gevoer is. Kinders keer vir die eerste keer sedert die begin van die pandemie voltyds terug na die klaskamer.
Monitor 4 Februarie 2022 - Deel 2 04.02.2022 44:26
'n Sensus-opname onder die land se tronkbevolking sal gebruik word om die huisvesting van gevangenes te beplan. Die Winter Olimpiese Spele begin vandag in Beijing. 'n Renosterkalfie sterk goed aan ná 'n hoërisiko mediese prosedure. Die oorlogswolke pak saam op die grens tussen Rusland en Oekraïene. Die maan val op die aarde in MOONFALL, wat Leon van Nierop in sy fliekrubriek resenseer.
Monitor 4 Februarie 2022 - Deel 1 04.02.2022 42:33
'n Sub-variant van Omicron wek kommer oor 'n moontlike oplewing van Covid-19-infeksies. Verbruikers steier onder stygende kospryse. Dis vandag Wêreld Kankervoorkomingsdag - ons hoor by 'n spesialis of die oormatige gebruik van selfone breinkanker veroorsaak. Universiteite Suid-Afrika reageer op die regering se plan om universiteitsfooie vir 2022 te verhoog. Die EFF herhaal sy oproep dat LP's in hu...
Monitor 3 Februarie 2022 - Deel 2 03.02.2022 41:05
Hoe doeltreffend is kommissies van ondersoek? Sutherland hou nou voorwerpe dop wat die aarde kan tref.
Monitor 3 Februarie 2022 - Deel 1 03.02.2022 38:49
Watter impak sal beurtkrag op die sensus hê? Die regering word hof toe gesleep oor die voortdurende ramptoestand.
Monitor 2 Februarie 2022 - Deel 2 02.02.2022 43:16
Daar is meningsverskille oor die idee van 'n basiese inkomstetoelaag, nie net onder kenners nie, maar ook onder regeringsraadgewers. Ons kyk hoe toekomstige beleid hieroor kan lyk. Die regering beplan om wetgewing oor immigrasie en werk in Suid-Afrika te hersien. 'n Weerligstraal met 'n rekordlengte van oor die 760 km word in die Amerikaanse deelstaat, Texas, aangeteken.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.