RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 8 Maart 2022 - Deel 2 08.03.2022

Verskeie politieke partye eis dat alle oorblywende Covid-19-regulasies opgeskort moet word. 'n Kernaktivis dagvaar Gwede Mantashe nadat die aktivis van die kernreguleerder se raad verwyder is.

Monitor 8 Maart 2022 - Deel 1 08.03.2022

Inwoners betoog by die Wessel Maree Hoërskool in Odendaalsrus ná 'n onderonsie tussen 'n onderwyser en 'n leerling. Die Wes-Kaap ervaar 'n ernstige tekort aan bloed. Die Gariep-dam in die Vrystaat vier sy 50ste verjaarsdag.

Monitor 7 Maart 2022 - Deel 2 07.03.2022

'n Hofaansoek is ingedien om die uitreiking van vuurwapenlisensies te versnel. Kabeldiefstal hou 'n groot bedreiging in vir Kimberley se ekonomie. 'n Politieke ontleder gee sy mening oor individue se voorneme om bevindinge van die Zondo-kommissie op hersiening te neem.

Monitor 7 Maart 2022 - Deel 1 07.03.2022

Navorsing deur Black Sash dui aan die kindertoelaag moet verhoog word. FNB Landbou voorspel dat voedselinflasie op die korttermyn skerp sal styg. Gift of the Givers verleen humanitêre hulp aan inwoners van Oekraïne.

Monitor 4 Maart 2022 - Deel 2 04.03.2022

'n Nuwe Suid-Afrikaanse wet bring sensuur na die internet, maar sommige kommentators sê die goeie word saam met die slegte uitgegooi. Die herstel van oeroue wild-trekroetes word oorweeg om met die beskerming van diere soos olifante te help.

Monitor 4 Maart 2022 - Deel 1 04.03.2022

Die Gelykheidshof bestempel twee lede van die BLF se twiets oor die Hoërskool Driehoek-tragedie van 2019, as haatspraak. Vier leerlinge is in 2019 by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark dood toe 'n loopvlak inmekaar gestort het. 'n Tweede ronde gesprekke tussen afgevaardigdes van Rusland en Oekraïne om die oorlog te beëindig, het gister plaasgevind.

Monitor 3 Maart 2022 - Deel 2 03.03.2022

Gwede Mantashe gaan die jongste Zondo-verslag in die hof laat hersien. Die VN oorweeg 'n internasionale verdrag om plastiekbesoedeling te bestry. Olifante in die Krugerwildtuin word getoets vir tuberkulose.

Monitor 3 Maart 2022 - Deel 1 03.03.2022

Bendegeweld ruk handuit in Roodepan in Kimberley. Opposisiepartye versoek dat die volledige verslag oor bewerings van seksuele wangedrag teen Albert Fritz bekendgemaak word. Die SAUK en Supersport kry die uitsaairegte vir 2023 Netbal Wêreldbekertoenooi.

Monitor 2 Maart 2022 - Deel 2 02.03.2022

Die derde staatkapingsverslag word bekendgestel. ‘n Vrou getuig oor haar broer se dood in die Life Esidimeni-tragedie. Rugby, sokker, atletiek en ander sportkodes skop Rusland uit alle kompetisies.

Monitor 2 Maart 2022 - Deel 1 02.03.2022

Agri Noord-Kaap waarsku dat die sprinkaanplaag in die provinsie in die komende dae selfs erger skade aan landbou kan aanrig. Moontlike oorlogsmisdade teen president Putin word ondersoek. Ons praat met 'n kenner wat spesialiseer in oorlogsreg.

Monitor 1 Maart 2022 - Deel 2 01.03.2022

Die poskantoor gaan van sy eiendom verkoop. Die prys van basiese voedselsoorte daal. Slegs twee staatshospitale kan geslagsveranderingsoperasies doen.

Monitor 1 Maart 2022 - Deel 1 01.03.2022

Staatsdiensvakbonde se appèlaansoek oor salarisverhogings is van die hand gewys. Die regering word versoek om sy beleid meer inklusief te maak om die regte van transgender mense te bevorder. Nuwe navorsing oor die gehalte van internet in Afrika.

Monitor 28 Februarie 2022 - Deel 2 28.02.2022

Rusland plaas sy kernmagte op 'n hoë gereedheidsgrondslag. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die afdanking van die nasionale polisiekommisaris.

Monitor 28 Februarie 2022 - Deel 1 28.02.2022

'n Brandstofprysskok wag op Suid-Afrikaners. 'n Suid-Afrikaner praat oor die oorlog in Oekraïne.

Monitor 25 Februarie 2022 - Deel 2 25.02.2022

Amerika stel nog ekonomiese sanksies teen Rusland in. Die Suid-Afrikaanse ambassade moet nog ontruimingsplanne inwerking stel vir Suid-Afrikaners wat in Kiëf is. Aandelebeurse wêreldwyd daal skerp.

Monitor 25 Februarie 2022 - Deel 1 25.02.2022

Eskom se kragtariewe styg met bykans 10%. Boere in Mpumalanga loop erger as ooit deur onder veediefstal. ‘n Petisie om rasseklassifikasie te skrap, word deur die parlement bespreek.

Pogings om die Kenmare Kloof op te knap, is goed op dreef 24.02.2022

Tientalle mense, hoofsaaklik pelgrims, het die afgelope tyd in die Kenmare Kloof aan die Gautengse Wesrand verdrink tydens geestelike rituele. Die Kenmare Kloof Bewaringsvereniging, sê dis tyd dat dié onnodige sterftes gestop word, deur die gebied doeltreffend te bestuur. Die sterftes is maar een van die kwessies wat die vereniging wil hokslaan. Samesprekings met die relevante owerhei...

Monitor 24 Februarie 2022 - Deel 2 24.02.2022

Ons praat met 'n politieke ontleder en 'n landboukenner oor die begrotingsrede. Die tweede kriekettoets teen Nieu-Seeland begin om middernag Suid-Afrikaanse tyd.

Monitor 24 Februarie 2022 - Deel 1 24.02.2022

Die Arbeidshof beslis dat Denel binne tien dae R90-miljoen se salarisse aan Solidaiteit-werknemers moet uitbetaal. Die begrotingsrede ontlok gemengde reaksie van opposisiepartye.

Monitor 23 Februarie 2022 - Deel 2 23.02.2022

Die Weste reageer met nog sanksies nadat Rusland soldate in die ooste van Oekraïne ontplooi het. Veelpartykoalisies word in Tshwane, Ekhuruleni en Johannesburg geformaliseer.

Monitor 23 Februarie 2022 - Deel 1 23.02.2022

Pensioenarisse hoop daar is vanjaar 'n paar rand meer vir hulle in die begrotingstrede. Sosiale media gons nadat die polisie vroeër vandeesweek op transitorowers in Rosettenville in die suide van Johannesburg toegeslaan het.

Monitor 22 Februarie 2022 - Deel 2 22.02.2022

Ons praat met 'n politieke ontleder oor die verrotting in die Staatsveiligheidsagentskap. Touwsrivier kry mediese hulp.

Monitor 22 Februarie 2022 - Deel 1 22.02.2022

Kritiek op bestuurders in die staatsdiens se salarisverhogings van R450-miljoen. Op die vooraand van die begrotingsrede versoek opposisiepartye dat reddingsboeie aan staatsondernemings gesny word.

Monitor 21 Februarie 2022 - Deel 2 21.02.2022

Die Menseregtekommissie sit sy ondersoek voort na die onluste wat in Julie verlede jaar in Gauteng en KwaZulu-Natal plaasgevind het. Onwettige myners word die slagoffers van ingewandskoors in Noordwes. Polio steek sy kop uit in Malawi.

Monitor 21 Februarie 2022 - Deel 1 21.02.2022

Sommige lede van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging is omgekrap oor dr. Angelique Coetzee se skorsing as raadslid. 'n Sogenaamde Quantum-bende voer 'n skrikbewind in Macassar op die Kaapse Vlakte. Ons praat oor gebaretaal as 'n medium van kommunikasie tussen horendes en niehorendes.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.