RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 4 Augustus 2022 04.08.2022 49:51
Woede oor 'n eerstejaarstudent wat sy lyf professor hou. Suid-Afrikaanse vroue word aangemoedig om babas van dag een tot dag 182 te borsvoed. Oos-Kaapse boere sit koppe bymekaar om provinsiale probleme op te los. China is die swartskaap in die verhaal weens plaaslike woluitvoere wat steeds verbied word. Kapenaars wat roekeloos bestuur, se wiele kan onder hulle uitgeruk word.
Monitor 3 Augustus 2022 03.08.2022 49:19
Duisende huiswerkers verloor hulle werk omdat hulle werkgewers emigreer of dit nie meer kan bekostig nie. China het die Amerikaanse Speaker, Nancy Pelosi, skerp gekritiseer oor haar besoek aan Taiwan. Die nasionale tesourie stel nuwe wetgewing voor wat die baan weg vir 'n tweepot-stelsel van aftreegeld.
Monitor 2 Augustus 2022 02.08.2022 49:50
Van oplossings vir die kragkrisis tot beloftes om misdaad hok te slaan - die regering het dié vure probeer doodslaan. Die Brilpikkewyn loop die gevaar om uit te sterf.
Monitor 1 Augustus 2022 01.08.2022 50:41
Vakbonde is gefrustreerd met die regering se gesloer om wetgewing te verander, wat werknemers toegang tot 'n gedeelte van hulle aftreegeld kan gee. Brandstof is van Woensdag af goedkoper, maar gas word duurder. Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê die meerderheid van partylede steun die opsystaan-reël.
Monitor 29 Julie 2022 29.07.2022 50:46
Boere kan nou hul grondeisstatus binne 20 sekondes bepaal. Dit woeker agter die skerms by die ANC se beleidskonferensie. Die viermalige Formule Een wêreldkampioen, Sebastian Vettel, groet die sport. Rusland beplan om sy eie ruimtestasie te bou. Die EFF is nege jaar oud - is dit dalk tyd vir nuwe leierskap?
Monitor 28 Julie 2022 28.07.2022 50:39
Die prys van motorbande kan moontlik die hoogte inskiet indien nuwe invoerheffings goedgekeur word. Die DA vra die Parlement om 'n oorsigkomitee oor die Presidensie te stig. Die ANC stel voor dat 'n grondhervormingsfonds geskep word.
Monitor 27 Julie 2022 27.07.2022 51:56
'n Palestynse diplomatieke afvaardiging word hartlik in Suid-Afrika verwelkom, terwyl die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oor die Palestynse vraagstuk vergader. Die regering oorweeg die deregulering van 93-oktaan brandstrof én ‘n plafon op die prys daarvan. Die ANC se beleidskonferensie begin by Nasrec in Johannesburg.
Monitor 26 Julie 2022 26.07.2022 52:31
Nuwe navorsing wys dat Suid-Afrikaners al hoe meer stres oor hulle geldsake. Die regering sê hy gaan administratiewe rompslomp, wat Eskom se instandhoudingswerk bemoeilik, uitskakel. President Cyril Ramaphosa stel 'n nasionale energiekrisiskomitee aan, maar opposisiepartye voel dat hy kragvoorsiening in die land privatiseer. Die Nasionale Seereddingsinistituut sê oorlewingswemlesse kan help om ver...
Monitor 25 Julie 2022 25.07.2022 52:03
Banyana Banyana gekroon as die kampioene van Afrika. ‘n Boer van Ermelo wat in die tronk is nadat hy glo twee kinders raakgery het, word as 'n goeie man beskryf deur dié wat hom ken. Die Taliban-faksie van die ANC kry die oorhand in KwaZulu-Natal.
Monitor 22 Julie 2022 22.07.2022 48:02
Gaan die vonke spat tydens die ANC se provinsiale kongres in KwaZulu-Natal se provinsiale kongres? Die regulering van kriptogeldeenhede is op hande. Lizz Truss pak Rishi Sunak in die stryd om die Tory-leierskap en Britse premierskap. Ouers in Gauteng kan van vandag af aansoek doen vir hulle kinders se toelating vir Graad 1 en 8. Twintig jagluiperds van Suid-Afrika en Namibië kry 'n nuwe tuiste in...
Monitor 21 Julie 2022 21.07.2022 51:32
Die Sentrale Energiefonds wil 'n staatsbeheerde gasmaatskappy stig. Die publiek kan nou kommentaar lewer op die voorgestelde wysiging van die Grondwet om gebaretaal as 'n amptelike taal te verklaar. In Upington in die Noord-Kaap het inwoners 'n vullisstortingsterrein in 'n tuin omskep.
Monitor 20 Julie 2022 20.07.2022 49:16
Daar word verwag dat 'n verdere renteroersvehoging later dié week aangekondig sal word. 'n Navorsingsinstelling sê onwettige myners moet gereguleer word. Nog 'n organisasie wil hê polisiëring in die Wes-Kaap moet na die provinsiale regering afgewentel word.
Monitor 19 Julie 2022 19.07.2022 45:50
Vrystaat Landbou spreek sy kommer uit oor 'n tekort aan polisievoertuie in die provinsie. Die digter Don Mattera word ter ruste gelê. Iran en Argentinië wil lidlande van die BRICS-groepering word.
Monitor 18 Julie 2022 18.07.2022 45:15
Twee verdagtes verskyn vandag in die hof in verband met 'n plaasaanval naby Kestell in die Vrystaat, wat sewe lewens geëis het. Huldeblyke stroom in ná die dood van die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jesse Duarte. Ons saai uit vanaf Krugersdorp-Noord in Gauteng, waar daar krisispakkies aan sowat 550 mense uitgedeel word.
Monitor 15 Julie 2022 15.07.2022 47:59
Die EFF beplan 'n nasionale staking om president Cyril Ramaphosa se bedanking te eis. Blade Nzimande sê Cosatu en die ANC staar vandag meer uitdagings in die gesig as aan die begin van ‘n demokratiese Suid-Afrika. Ivana Trump, voormalige vrou van oudpresident Donald Trump van Amerika, sterf in die ouderdom van 73 jaar.
Monitor 14 Julie 2022 14.07.2022 51:50
Kommer oor 'n krimpende polisiemag. en wat dit vir misdaadbekamping beteken. 'n Verslag oor polisiestasies se vermoë om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te help sê dat baie sake onttrek word lank voor hofprosesse voltooi is. Die regering word tot Oktober tyd gegee om sy finansiële stelsel op te knap in die stryd teen geldwassery en terreurfinansiering. Suid-Afrika se nuwe Grensbestuursowerh...
Monitor 13 Julie 2022 13.07.2022 51:52
Miljoene kartonne sitrusvrugte kan vernietig word weens nuwe EU-regulasies. Die Kaapse burgemeester sê die perk van 100 Megawatt vir die selfopwekking van krag sonder 'n lisensie, moet verwyder word. Sri Lanka se president vlug landuit, ure voor hy sou bedank.
Monitor 12 Julie 2022 12.07.2022 52:17
Die polisie soek vyf verdagtes in verband met die naweek se skietery by 'n taverne in Soweto. Beurtkrag kan nog weke duur. 'n Jaar nadat die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng meer as 340 mense se lewe geëis het, word daar steeds vrae gevra oor die polisie se vermoë om misdaad te bekamp.
Monitor 11 Julie 2022 11.07.2022 52:33
Veiligheid by tavernes en sjebeens is in die kollig ná 'n reeks skietvoorvalle die afgelope naweek. Huldeblyke stroom in ná die dood van die rolprentresensent, Barry Ronge. 'n Hond wat verlede jaar tydens die onrus in Phoenix gered is, Skippy, soek steeds 'n nuwe tuiste.
Monitor 8 Julie 2022 08.07.2022 47:20
Meer as ses miljoen pasiënte met 'n geestesgesondheidstoestand wag om gediagnoseer te word. Strafregtelike klagtes is aanhangig gemaak teen die polisieminister, maar gaan dit iets beteken? Werknemers wat werk toe gaan terwyl hulle siek of beseer is, kos die ekonomie baie geld. En, Koebaai Boris!
Monitor 7 Julie 2022 07.07.2022 48:02
Peperduur brandstof en voedsel beinvloed Suid-Afrikaners se geestesgesondheid. Nuwe regulasies bepaal dat vuurwapens tydens die lisensie-aansoekproses tuis gehou mag word. Turkye se inflasie staan op bykans 80%.
Monitor 6 Julie 2022 06.07.2022 51:51
Daar is uiteenlopende standpunte oor die voorgestelde wysigings aan die Skolewet. Miljoene psigiatriese pasiënte wag op behandeling vir geestesgesondheidstoestande. Wat is die implikasies van Eskom se salarisooreenkoms met stakende werkers? Mynbouproduksie steier onder beurtkrag.
Monitor 5 Julie 2022 05.07.2022 52:40
Nóg 'n brandstofprys-skok om middernag. Pas op vir foefies wat glo brandstofverbruik verbeter. 'n Suid-Afrikaanse dokumentêr blink uit by die Encounters internasionale Filmfees.
Monitor 4 Julie 2022 04.07.2022 47:41
Beurtkrag duur voort terwyl alle oë op die loononderhandelings tussen Eskom en stakende werkers is. Die hooggeregshof beslis dat president Cyril Ramaphosa aanspreeklik gehou kan word vir die Marikana-slagting. 'n Konstitusionele Hof-uitspraak versterk die regte van vroue in Moslem-huwelike. Die kommissie vir die herstel van grondregte moet nog duisende uitstaande grondeise afhandel. Die voormalige...
Monitor 1 Julie 2022 01.07.2022 46:26
Ons vra kenners of Eskom se bestuur nou maar die trekpas moet kry. Daar is kommer oor die erge agteruitgang van Potchefstroom se landbou-kollege. Julie is Spaarmaand, en ons vra hoe jy hieruit kan munt slaan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.