RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 30 Junie 2022 30.06.2022 43:51
Die DA dien strafregtelike klagte teen die ANC in. Agri-SA is bekommerd oor die uitwerking van beurtkrag op die landbou. Olifante word in die Kruger Wildtuin dopgehou vir tuberkulose.
Monitor 29 Junie 2022 29.06.2022 46:13
Daar is vordering in gesprekke tussen Eskom en stakende werkers, maar die land se kragkrisis is nog lank nie verby nie. Daar is kritiek teen die basiese onderwysdepartement se voorgestelde wysigings aan die Wet op Norme en Standaarde vir Openbare Skole-infrastruktuur. 'n Kenner sê menslike hulpbronpraktyke by munisipaliteite moet ook geoudit word. Gemeenskappe in die omgewing van die Kruger Nasion...
Monitor 28 Junie 2022 28.06.2022 47:58
Ons praat met 'n politieke ontleder oor president Ramaphosa se deelname aan die G7-beraad. 'n Regsgeleerde bekyk die omkeer van die 1973 aborsie-uitspraak in die VSA. 'n Nuwe dokumentêr vra groter erkenning vir Bruin Afrikaanse musiek.
Monitor 24 Junie 2022 24.06.2022 45:47
Suid-Afrika is ontmasker, maar nou steek 'n nuwe gevaar kop uit. Ons vra of 'n kabinetskommeling moontlik is nadat die finale gedeeltes van die Zondo-verslag aan die president oorhandig is. Nog koue weer en sneeu word vir die naweek voorspel.
Monitor 23 Junie 2022 23.06.2022 46:17
Ná vier-en-'n-half jaar se sittings en sowat 'n miljard rand van belastingbetalers se geld, is die finale verslag oor staatskaping uiteindelik gisteraand aan die president oorhandig. Die Menseregtekommissie in Gauteng sê die gewelddadige optrede teen haweloses in die provinsie moet summier gestaak word. Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, spreek die media vandag toe nadat verskeie Covid-...
Monitor 22 Junie 2022 22.06.2022 46:32
Die hotelbedryf trek steeds swaar in die nadraai van die pandemie. SANCA sê die misbruik van dagga onder jong mense neem toe. Afrika het meer as R400-miljard per jaar nodig om elektrisiteit aan almal te verskaf.
Monitor 21 Junie 2022 21.06.2022 47:16
Die oorhandiging van die laaste deel van die Zondo-verslag oor staatskaping is weer eens uitgestel. Het die president van die Appèlhof, Mandisa Maya, genoeg gedoen om die pos van adjunkhoofregter los te slaan? Die burgerlike samelewing wil help om misdaad by die grens met Zimbabwe te bestry. Eers word die Impofu-dam amptelik buite diens gestel, en nou loop die Churchill-dam byna leeg - ons praat m...
Monitor 20 Junie 2022 20.06.2022 42:05
Die finale deel van die Zondo Kommissie se verslag oor staatskaping word vandag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Beurtwater word in die eThekwini-Metro ingestel. Kommer oor die lae vlak van die Kougadam in die Oos-Kaap.
Monitor 17 Junie 2022 17.06.2022 48:24
Ten minste vier mense is gister in hegtenis geneem in verband met die grootskaalse staking deur vragmotorbestuurders. Burgerregte-organisasies eis onvoorwaardelike toegang tot die Nasionale Register vir Seksoortreders. Kritiek teen die uitvoerende hoof van die Rahima Moosa hospitaal weens die beweerde voortslepende viktimisering van die fluijieblaser, dr. Tim de Maayer. Motorsportaanhangers is aan...
Monitor 16 Junie 2022 16.06.2022 40:29
Op Jeugdag word jongmense daarvan beskuldig dat hulle nie polities betrokke is nie. Volgens die ouditeur-generaal se jongste verslag het min munisipaliteite 'n skoon oudit gekry. Die hardhandige optrede teen haweloses in Krugersdorp ontlok sterk reaksie.
Monitor 15 Junie 2022 15.06.2022 42:59
Namibië se ombud gaan nie ondersoek instel na die diefstal op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo nie. 'n Klagte is by die Menseregtekommissie ingedien nadat die Mogale City munisipaliteit beslag gelê het op hawelose mense se besittings. Watertekorte in die Nelson Mandelabaai Metro kan tot gevolg hê dat die rioolstelsel nie sal werk nie.
Monitor 14 Junie 2022 14.06.2022 43:03
Sommige politici meen die nuwe Kieswet, waaraan die parlement hard werk om teen November af te handel, is ontoereikend. ‘n Ooggetuie vertel hoe rowers en veiligheidswagte by 'n apteek in Melville in Johannesburg op mekaar geskiet het. Op Wêreld Bloedskenkdag berig ons oor voëls wat aan ander voëls bloed skenk.
Monitor 13 Junie 2022 13.06.2022 33:41
Honderde mense sal hulle werk verloor tydens die likwidasieproses van Comair. Dag Zero kruip al hoe nader vir inwoners van die Nelson Mandelabaai Metro. Franse kiesers trek hulle kruisies in die eerste ronde van parlementêre verkiesings.
Monitor 10 Junie 2022 10.06.2022 50:00
Ekonome verwag nog 'n verhoging in die brandstofprys. Die polisie is op 'n gereedheidsgrondslag vir 'n moontlike nasionale stilstand. Die Wêreldbank sê Suid-Afrikaanse hawens is van die swakste ter wêreld.
Monitor 9 Junie 2022 09.06.2022 49:47
'n Video wat glo wys hoe 'n man sy vrou aanrand, het die afgelope week opslae gemaak. Ons praat met die slagoffer daaroor. 'n Nare stank in Pretoria het inwoners aan die praat. Die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, sê glo die weglating van Afrikaans uit die taalmonument se naam is nie onderhandelbaar nie. Talle van die skilder Irma Stern se werke gaan in Kaapstad opgeveil word.
Monitor 8 Junie 2022 08.06.2022 48:29
Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk groei. Baie meer mans pleeg selfdood as vroue. Hoeveel politieke lewens het Boris Johnson?
Monitor 7 Junie 2022 07.06.2022 50:02
Die Departement van Justisie bevestig die inhegtenisneming van twee Gupta-broers in Dubai. Een van Gauteng se mees gesoekte misdadigers loop hom teen 'n spesiale taakspan van die polisie vas. Druk is aan die oplaai ná die beweerde diefstal van miljoene dollar by president Cyril Ramaphosa se wildsplaas.
Monitor 6 Junie 2022 06.06.2022 52:07
Reaksie op die jongste misdaadstatistiek. Wêreld Omgewingsdag is gister herdenk. Mense bo vyftig kan nou 'n bykomende Covid-19-versterkingsdosis kry.
Monitor 3 Junie 2022 03.06.2022 44:35
Boere naby Calitzdorp in die Wes-Kaap sukkel steeds om kop bo water te hou. Dokters verwag dat meer mense hierdie winter griep en verkoue sal kry ná die verslapping van inperkingsmaatreëls. Meer kinders sukkel met hulle geestesgesondheid.
Monitor 2 Junie 2022 02.06.2022 40:14
Die polisie bevestig dat die voormalige spioenbaas, Arthur Fraser, misdaadklagtes teen president Cyril Ramaphosa gelê het. Die Nasionale Vervolgingsgesag maak vordering met ondersoeke na apartheidsmisdade. 'n Beskuldigende vinger word onder meer na die polisie gewys omdat duisende misdadigers vry rondloop.
Monitor 1 Junie 2022 01.06.2022 42:27
Suid-Afrika se werkloosheidskoers het ietwat verbeter. Brandstofpryse het om middernag skerp gestyg, ondanks nóg 'n tydelike verlaging in die brandstofheffing. Oproepe dat meer hulpbronne beskikbaar gestel word om plaasaanvallers agter tralies te kry.
Monitor 31 Mei 2022 31.05.2022 43:31
Motoriste wag in spanning op 'n skerp styging in die brandstofprys, maar die regering rep nog geen woord hieroor nie. Ons praat oor 'n belangrike uitspraak in die Konstitusionele Hof oor wapenlisensies.
Monitor 30 Mei 2022 30.05.2022 45:33
Ons praat met die voorsitter van die raad van die Afrikaanse Taalmonument. 'n Taalkundige vra vir 'n Groot Afrikaanse Gesprek. Die Amerikaanse Vuurwapenvereniging maak sy stem dik kort ná die massa-skietdood van 19 skoliere en twee onderwysers.
Monitor 27 Mei 2022 27.05.2022 44:51
Die stompkopkewer-plaag kan die ekonomie miljarde rand kos. Kundiges glo krag wat uit afval opgewek word, kan energiesekerheid bevorder. Navorsing wys leerlinge het 'n jaar se agterstand in lees- en syfervaardighede weens die Covid-19-pandemie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.