RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 8 September 2022 08.09.2022

Die DAK Netwerk spreek sy kommer uit oor die tekort aan wiskunde-onderwysers in die grondslagfase. Die onderwysvakbond NAPTOSA sê daar is 'n toename in voorvalle waar onderwysers deur leerlinge aangerand word. Daar is 'n nuwe soort stroming, wat veral aanklank vind by jongmense.

Monitor 7 September 2022 07.09.2022

Vrystaat Landbou eis dringende optrede teen bek-en-klou-seer. Die ekonomie krimp in die tweede kwartaal. Miljoene rand, wat bestem was vir die bou van die Vrystaatse wetgewergebou in Bloemfontein, is wanbestee.

Monitor 6 September 2022 06.09.2022

Metro-munisipaliteite se uitstaande skuld aan Eskom neem toe. Kommer oor 'n tekort aan noodsaaklike medisyne. Liz Truss is die nuwe premier van Brittanje.

Monitor 5 September 2022 05.09.2022

Die veelparty-koalisie in Johannesburg gaan vandag klagtes lê teen die ANC en sy vennote in die raad. Zimbabwiërs in Suid-Afrika het tot einde Junie tyd om vir visums aansoek te doen. Ons bespreek die Bokke se oorwinning met 'n rugbykenner.

Monitor 2 September 2022 02.09.2022

Die DA lek sy wonde ná politieke terugslae in Johannesburg en Knysna. Betogers van Operasie Dudula en die EFF bots oor buitelanders by die Kalafong-hospitaal in Pretoria. Weet jy wat die boom van die jaar is?

Monitor 1 September 2022 01.09.2022

Die toerismebedryf se inkomste uit verblyf styg, danksy meer mense wat in hotelle oornag. Veeboere eis vergoeding vir verliese weens die verbod op die verskuiwing van beeste. Regskenners sê dis moontlik dat daar op van oudpresident Jacob Zuma se pensioenvoordele beslag gelê kan word.

Monitor 31 Augustus 2022 31.08.2022

Die Rooi Barette maak weer amok, terwyl die president steeds swyg oor Phala Phala. 'n Sesde Covid-vlaag is moontlik ons voorland. VBS-likwidateurs mag beslag lê op oudpresident Zuma se roerende bates.

Monitor 30 Augustus 2022 30.08.2022

Die bruinsprinkaan is vroeër as wat verwag is, in die Hexrivier-vallei in die Wes-Kaap, gewaar. Die nie-regeringsorganisasie, 1000 Women's Trust, sê die politieke wil ontbreek om geslagsgeweld te stuit. Daar wag 'n opdraende stryd op president Cyril Ramaphosa vanmiddag tydens sy vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering.

Monitor 29 Augustus 2022 29.08.2022

Suid-Afrika se Gripen-vegvliegtuie het meer as 'n jaar laas opgestyg. Tete Dijana, 'n veiligheidswag van Noordwes, wen die Comrades in net meer as vyf en 'n half uur. 'n Rus was die eerste vrou oor die wenstreep. Ons praat met 'n kenner oor Saterdag se omstrede skeidsregter in die Bokke/Wallabies-stryd.

Monitor 26 Augustus 2022 26.08.2022

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling voorspel dat die land se ekonomie vanjaar teen 1,8% sal groei. Die agterstand in DNS-toetse in die Wes-Kaap word aansienlik verklein. Die MPLA-party loop voor in Angola se verkiesing.

Monitor 25 Augustus 2022 25.08.2022

Vakbonde se dag van protes openbaar teenstrydige standpunte oor hoe om die ekonomie te red. Die geskorste openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane word van 'n onbuigsame en onsensitiewe bestuurstyl beskuldig. Strenger beheer oor die R350-toelaag sal voortaan uitgeoefen word. Oekraïne sê minstens 22 mense is dood in 'n Russiese missielaanval op 'n treinstasie in Chaplyne in die ooste van die land. Die...

Monitor 24 Augustus 2022 24.08.2022

Vakbonde staak vandag landwyd. Watter impak sal bek-en-klouseer op rooivleispryse hê? Hulde aan Vytjie Mentor.

Monitor 23 Augustus 2022 23.08.2022

Vakbonde skop vas teen die regering se suinige loonbeleid, en gaan voort met 'n algemene staking teen duur lewenskoste. 'n Nuwe terreurwet sal die polisie glo groter magte gee. San-aktiviste wil hê dat hulle tale binne die volgende vyf jaar deel van die skoolkurrikulum moet wees.

Monitor 22 Augustus 2022 22.08.2022

Kenners meen die kans is skraal dat die Wes-Kaapse Regterpresident se jongste aansoek sal slaag. Spoedkameras in Johannesburg en Pretoria is al vir langer as 'n jaar buite werking. Wetenskaplikes verbind die DNS van 'n mammoetkalfie, wat 28 000 jaar gelede gevrek het, met die Afrika-olifant.

Monitor 19 Augustus 2022 19.08.2022

Kaapstad Metro wil die metropolisie se polisiëringsmag versterk om misdaad te stuit. Meer mense kwalifiseer nou vir die maatskaplike noodtoelaag nadat die inkomstedrempel verhoog is. Die president van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Felix Tshisekedi, is die nuwe voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

Monitor 18 Augustus 2022 18.08.2022

'n Slagoffer van die bendegeweld by 'n ou myn naby Krugerdorp vertel van haar ervaring. 'n Staking in die staatsdiens lê dalk voor die deur. Dit is nie seker presies wanneer Namakwaland weer toe onder die blomme sal wees nie.

Monitor 17 Augustus 2022 17.08.2022

Die Menseregtekommissie gryp in by die waterkrisis in KwaZulu-Natal. Ons vind uit waarom die Landbank homself moes verdedig teen bewerings van boelietaktiek. Vroue word aangemoedig om op te staan en hulle stem te laat hoor. Onwettige betreding op private eiendom word met nuwe wetgewing aangespreek. Die indiensneming van ouer mense met ervaring is 'n antwoord op die land se vaardigheidskrisis, maar...

Monitor 16 Augustus 2022 16.08.2022

Dis vandag tien jaar sedert die Marikana-slagting. Ons praat met een van die verslaggewers wat op die toneel was. Kommer omdat beoogde wysigings aan die Kieswet glo nie genoeg doen om die kiesstelsel te hervorm nie. 'n Klomp nie-regeringsorganisasies span saam teen gaseksplorasie. Dertig jaar van die wêreldwye web word herdenk.

Monitor 15 Augustus 2022 15.08.2022

Die ANC Noordwes-konferensie is getref deur ongerymdhede met akkreditasie en 'n onvoltooide stemproses. Gelykheid in die werksplek kan die wêreldekonomie met duisende miljard Amerikaanse dollar laat groei. Ons vra of klimaatsverandering vinniger gebeur as wat aanvanklik verwag is. Ons sweef rond met Suid-Afrika se beste sweeftuigvlieënier. Ons vind uit hoe jy jou vlerke op 'n goedkoop manier kan s...

Monitor 12 Augustus 2022 12.08.2022

Frustrasie en woede oor leë beloftes oor DNS-toetse. Boere bepeins die voor- en nadele van biodiesel. Denel is op koers om te herbou, maar sal dit volhoubaar wees? Suid-Afrika het in 2021 1,1-miljoen ton papier herwin. 'n Predikant vertel waarom 'n merkwaardige kerk in Oos-Londen te koop is.

Monitor 11 Augustus 2022 11.08.2022

Talle Springbokondersteuners is Saterdag in Mbombela tydens die kragmeting teen die All Blacks van hulle selfone beroof. 'n Skoolkind in Delft in die Wes-Kaap kry glo 'n pakkie tik in sy springmielies. Nog verdagtes verskyn dalk vandag in die hof in verband met die verkragting van agt vroue in Krugersdorp.

Monitor 10 Augustus 2022 10.08.2022

Daar is weer oproepe dat die Kaapstad Internasionale Lughawe na Krotoa vernoem word. Die Nasionale Skuilingsbeweging eis dat die minister van polisie, Bheki Cele, afgedank word. Eskom stel 'n nuwe tariefstruktuur aan die energiereguleerder, Nersa, voor.

Monitor 9 Augustus 2022 09.08.2022

Die regering en belanghebbendes begin 'n nasionale slaggate-veldtog. Vroue uit gemeenskappe in die Wes-Kaap sê hulle situasie het nie verbeter nie. Ons skakel oor na ons span by 'n boksateljee vir vroue in Cresta Crossing in Johannesburg.

Monitor 8 Augustus 2022 08.08.2022

Skerp stygings in munisipale tariewe knou openbare skole se geldsake. 'n Nuwe premier van KwaZulu-Natal sal binnekort aangewys word. 'n Skietstilstand in die Gasa-strook tree in werking.

Monitor 5 Augustus 2022 05.08.2022

Inwoners van Kagiso in Krugersdorp spring in om Zama Zamas self aan die kaak te stel. Die gesondheidsprodukte-reguleerder, SAHPRA, sê een sterfte is na aanleiding van die Jonhson & Johnson-entstof teen Covid-19 aangemeld. Die Springbokke se geheime wapen teen die All Blacks op tuisgrond is soos altyd sy groot ondersteunerstal, maar wat van die talle Suid-Afrikaners wat nie die Bokke nie, maar die...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.