RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 13 Oktober 2022 13.10.2022

Nog 'n aanval op Oekraïne. Ons bespreek die moontlikheid van afstigting in die Wes-Kaap, en sprake van die afwenteling van magte. Ons praat met 'n outistiese man wat bo sy omstandighede uitgestyg het.

Monitor 12 Oktober 2022 12.10.2022

Die Tesourie word oor die vingers geraps oor sy skynbare gesloer met die Wetsontwerp op die Bekamping van Terreur en Geldwassery. 'n Herrie ontstaan oor 'n Angolese vliegtuig wat sonder klaring in Kaapstad geland het. En daar is gesprekke oor die ekonomie van die Wes-Kaap en die persepsie dat die gaping tussen ryk en arm daar al hoe groter word.

Monitor 11 Oktober 2022 11.10.2022

Burgerlikes in Oekraïne word nou deur Rusland geteiken. Krotoa is 'n wekroep om op te staan vir Khoisan-identiteit. Ons bespreek Maties se taalbeleid.

Monitor 10 Oktober 2022 10.10.2022

Regstreeks vanaf die Toyota US Woordfees in Stellenbosch: Ons kyk na oudpresident Jacob Zuma, wat sy privaatvervolging teen die staatsaanklaer Billy Downer en die joernalis Karyn Mourn begin. Ons praat oor die jongste verwikkelings in Oekraïne, waar verskerpte militêre optrede die oorlog begin kenmerk. Bendegeweld in die Kaap is steeds een van die gebied se grootste probleme.

Monitor 7 Oktober 2022 07.10.2022

Transnet kondig force majeure by sy hawens en stasies aan. Kimberley is vir vyf dae sonder water. 'n Hittegolf, beurtkrag en watertekorte het 'n groot invloed op landboubedrywighede.

Monitor 6 Oktober 2022 06.10.2022

Die gevolge van die skietdood van 'n Duitse toeris in Mpumalnga kring uit, maar die polisie sê hulle is kort op die hakke van die verdagtes. Ons praat met die SAUK se finansiële hoof oor die uitsaaier se finansies. Uitheemse karp word in die Tuinroete gevang om kos vir behoeftiges te gee.

Monitor 5 Oktober 2022 05.10.2022

Werknemers by Transnet gaan staak. David Makhura bedank as premier van Gauteng, en word vervang met Panyaza Lesufi. Die Landbank sukkel om sy skuld te delg.

Monitor 4 Oktober 2022 04.10.2022

Die DA gaan hof toe om Johannesburg terug te wen nadat die burgemeester, Mpho Phalatse, met 'n mosie van wantroue oonttroon is. Intercape se bestuurhoof verset hom teen die taxi-mafia. 'n Genetikus kry die Nobelprys vir fisiologie vir sy werk oor die Denisova- en Neandertal-oermense.

Monitor 3 Oktober 2022 03.10.2022

Gautengse ouers sal van vandag af SMS'e kry met aanbiedings vir plasing in openbare skole vir 2023. Die Openbare Beskermer se kantoor bevind onreëlmatighede in die Weermag se aankoop van Kubaanse medisyne. Die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool sê beleidsonsekerheid in Suid-Afrika het in die derde kwartaal afgeneem.

Monitor 30 September 2022 30.09.2022

'n Mosie van wantroue in die Johannesburgse burgemeester Mpho Phalatse word dalk vandag reeds aangehoor. Sakeliga vergader vandag met die regering oor die krisis in Lichtenburg in Noordwes. Sekswerk is dalk binne twee jaar wettig.

Monitor 29 September 2022 29.09.2022

Die DA-koalisie kry pak in die Johannesburgse stadsraad. Nog inhegtenisnemings word verwag in die Estina-melkplaas-saak. Die Proteas val lelik vas teen Indië.

Monitor 28 September 2022 28.09.2022

Prof. Richard Calland is nie meer 'n lid van die parlementêre paneel wat president Cyril Ramaphosa moet ondersoek nie. Bykans 120 000 mense het hulle werk in die tweede kwartaal verloor. Die wal van nog 'n dam by Jagersfontein in die Vrystaat het gebreek.

Monitor 27 September 2022 27.09.2022

Drie honderd raadslede in KwaZulu-Natal is ongeletterd. Vier Wes-Kaapse munisipaliteite skuld Eskom R255-miljoen rand. 'n Selfoonmaatskappy gaan al sy krag van onafhanklike kragverskaffers ontvang.

Monitor 26 September 2022 26.09.2022

Aktiviste wil hê die Nama-taal moet by die volkslied ingesluit word. Giorgia Meloni gaan Italië se eerste vroue premier word. Inwoners op die Kaapse Vlakte vrees wraakaanvalle nadat nog 'n lid van die Hard Livings-bende vermoor is.

Monitor 23 September 2022 23.09.2022

Reaksie op die jongste repokoers-verhoging. Nuwe oorlogswolke pak saam oor Oekraïne. Vandag is Wêreld Gebaretaaldag.

Monitor 22 September 2022 22.09.2022

Die Konstitusionele Hof beslis dat die Wet op Kopiereg diskrimineer teen persone met siggestremdhede. Die Potchefstroom Landdroshof is tydelik gesluit nadat 'n deel van die gebou se dak intuimel. Die regering wil honderde staatseiendomme verkoop. Jy sal waarskynlik in Oktober duurder vir diesel betaal.

Monitor 21 September 2022 21.09.2022

Suid-Afrikaners voel woede, frustrasie en wanhoop met Eskom se jongste rondte beurtkrag. Dis Erfenismaand en ons wonder wat daar is wat ons diverse samelewing saambind, behalwe miskien ons misnoeë met beurtkrag? Die Afrika Lugvaart en Verdedigingskou begin vandag by die Waterkloof Lugmagbasis.

Monitor 20 September 2022 20.09.2022

AgriSA waarsku dat die voortgesette beurtkrag 'n ernome impak op voedselproduksie kan hê. Ekonome voorspel dat die rentekoers met 75 basispunte verhoog sal word. Verskeie strande in die Ethekwini-metro is steeds gesluit weens hoë vlakke van e-coli in die water.

Monitor 19 September 2022 19.09.2022

President Cyril Ramaphosa knip sy besoek aan die Verenigde Koninkryk kort te midde van Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis. Intussen word eise vir radikale optrede gemaak. Ramaphosa het moeilike sake met president Joe Biden aangeroer tydens sy besoek aan Amerika.

Monitor 16 September 2022 16.09.2022

Die adjunkpresident sê die regering wil onwettige mynbedrywighede hokslaan, en dat die privatisering van Eskom nie op die kaarte is nie. Inwoners van Eldorado Park slaap in tente om die polisie se aandag te kry. Die prys van sommige soorte vleis begin daal.

Monitor 15 September 2022 15.09.2022

Die Valke ondersoek die moord op die Kaapse Landdros, Romay van Rooyen. Beurtkrag ontwrig skole se werksaamhede. Inwoners van Harrismith in die Vrystaat sit vir 10 dae sonder krag.

Monitor 14 September 2022 14.09.2022

Vingers word nou na die mynmaatskappy, JDC Mining, gewys nadat die wal van 'n slikdam in Jagersfontein in die Vrystaat gebreek het. Die bestuur van die myn hou vol dat hulle aan alle wetlike vereistes voldoen het. Oekraïne se onlangse militêre suksesse teen Rusland laat die hoop weer opvlam vir 'n skietstilstand.

Monitor 13 September 2022 13.09.2022

Inwoners van Jagersfontein in die Vrystaat vertel hoe hulle moes vlug toe 'n myndam se wal breek. Twee en veertig van Eskom se opwekkingseenhede het verlede week die gees gegee - ons plaas dit in perspektief. Die gehalte van Johannesburg se lug kom onder die loep nadat 'n luggehalte moniteringstasie heropen is.

Monitor 12 September 2022 12.09.2022

'n Vloedramp tref Jagersfontein in die Vrystaat nadat 'n slikdam se wal breek. Die regering sê die ramp sal ondersoek word. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting die dorp vandag besoek. Ons saai uit by die Augrabieswaterval Nasionale Park want dis Nasionale Parke Week.

Monitor 9 September 2022 09.09.2022

Die wêreld maak reg vir 'n nuwe era in Brittanje ná die dood van koningin Elizabeth die Tweede. Ons praat met 'n hedendaagse Daniël oor sy ervaring in die leeukuil, by wyse van spreke. In ons woordrubriek hoor ons hoe 'n lugwaardin 400 passasiers met net 200 maaltye gelukkig kon hou.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.