RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 18 November 2022 18.11.2022 51:07
Ouers kan op die swartlys van kredietburo's geplaas word indien hulle nie hulle kinders se skoolfooie betaal nie. Die direkteur van SA rugby, Rassie Erasmus, is weer deur Wêreldrugby geskors. Is Afrikaans 'n sterwende taal? Ons kry reaksie by die Afrikaanse Taalraad.
Monitor 16 November 2022 16.11.2022 53:23
Donald Trump sê hy is gereed vir ‘n tweede poging om die Withuis te betrek. Die wêreld reageer ontsteld op 'n missielaanval op Pole. 'n Voorstel van die Department van Basiese Onderwys vir gelsagsneutrale kleedkamers by skole, ontplof in 'n nasionale debat. Die Verenigde Nasies voorspel 'n afplatting in bevolkingsaanwas - wat beteken dit?
Monitor 15 November 2022 15.11.2022 51:49
Die ANC trek laer om president Ramaphosa. Action SA gee pad uit 'n DA-koalisie. Boere en raadslede van die Nelson Mandela Baai-metro soek na oplossings vir die droogte wat die streek teister.
Monitor 14 November 2022 14.11.2022 54:59
President Ramaphosa kom reltatief ongedeurd daarvan af by die vergadering van die ANC se Uitvoerende Komitee. Laagliggende gebiede stroomaf van die Vaaldam moet dalk ontruim word uit vrees vir oorstromings. Die Vryheidsfront Plus doen verkiesingswerk in Ditsobotla in Noordwes. 'n Bomontploffing in Istanboel, Turkye, dood ses mense en beseer 81.
Monitor 11 November 2022 11.11.2022 47:44
Daar word uit verskeie oorde gereageer op die Khampepe-verslag oor bewerings van rassisme by Stellenbosch Universitei. Die Menseregtekommisie tik die EFF-leier, Julius Malema, oor die vingers oor sy Vryheidsdag-uitlatings oor rewolusie. Politieke ontleder professor Jo-Ansie van Wyk bied 'n lesing aan oor Onthou, Vergeet, en Nostalgie in die Suid-Afrikaanse gemeenskap.
Monitor 10 November 2022 10.11.2022 47:24
Honderde Oos-Kapenaars se oproepe aan die polisie se noodnommer, 10111, word nie beantwoord nie. 'n Verslag deur oudregter Sisi Khampepe beveel aan dat die Universiteit Stellenbosch dit oorweeg om sy taalbeleid te hersien. Bykans 60 brilpikkewynkuikens is onlangs vanaf Dyer-eiland in die Gansbaaiomgewing verwyder om hulle 'n tweede kans op lewe te gee.
Monitor 9 November 2022 09.11.2022 49:54
President Ramaphosa sê Suid-Afrika benodig $98-miljard om 'n billike oorgang na hernubare energiebronne te implementeer. Tania Campbell word herkies as die burgemeester van die Ekurhuleni-metro. Hoekom glo ons so maklik vals gesondheidsaansprake? Nuwe navorsing gee antwoorde.
Monitor 8 November 2022 08.11.2022 49:08
Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê die afgelope agt jaar was die warmste op rekord. Voedselsekerheid is in die kollig by die COP27-klimaatsberaad. Amerikaners trek vandag hulle kruisies in die uiters belangrike middeltermyn-verkiesings. Die plaaslike mark is reeds besig om beleggers en ontwikkelaars te lok na meer volhoubare en omgewingsvriendelike praktyke. Die Departement van Basiese Onder...
Monitor 7 November 2022 07.11.2022 45:51
Suid-Afrika se energie-oorgangsplan word vandag by die VN se klimaatberaad in Egipte voorgelê. Sewe-en-vyftig Blou Vlae wapper landwyd. nederland pooitjie die Proteas, terwyl Suid-Afrika ook op die rugbyveld klippe kou.
Monitor 4 November 2022 04.11.2022 51:36
Inwoners van West Village aan Gauteng se Wesrand vertel van die skrikbewind wat onwettige myners voer. Nie-regeringorganisasies gee terugvoer oor hulle deelname aan die geslagsgeweld-beraad die afgelope week. Die familie van 'n Durbanse egpaar wat glo weens gifgas dood is, sê staatslaboratoriums se gesloer kan geregtigheid in die wiele ry.
Monitor 3 November 2022 03.11.2022 50:51
Daar is groot planne om slim stede in Suid-Afrika te ontwikkel. 'n Ooreenkoms is bereik om die twee jaar lange burgeroorlog in Ethiopië se Tigray-streek te beëindig. Die mark vir heroïen en metamfetamien in Suid-Afrika groei, en dit wek kommer onder aktiviste teen dwelmmisbruik.
Monitor 2 November 2022 02.11.2022 49:23
Suid-Afrika spring 'n groot internasionale voëlgriep-uitbreking vry. Hoe kan Eskom se nuwe positiewe vooruitsig, danksy Moody's, die kragvoorsiener in staat stel om beurtkrag hok te slaan? Die systap-koning, Cheslin Kolbe, is weer terug in die Bokspan - dié slag op heelagter.
Monitor 1 November 2022 01.11.2022 52:33
Beleggers word steeds gesoek om die vrugte-inmaakfabriek op Ashton in die Wes-Kaap te red. Imtiaz Fazel is as die nuwe inspekteurgeneraal van intelligensie aangestel. Die tweede presidensiële beraad oor geslagsgeweld begin vandag. Ons vind uit of die regering sy vorige beloftes nagekom het.
Monitor 31 Oktober 2022 31.10.2022 48:47
'n Nasionale tydperk van rou word in Suid-Korea afgekondig nadat 153 mense in 'n stormloop sterf. Die matriekeksamen begin vandag. Wie is die nuwe Zulu-koning, en hoeveel mag het hy? 'n Fietsryer trap meer as 'n 1 500 kilometer om geestesgesondheid te beklemtoon.
Monitor 28 Oktober 2022 28.10.2022 48:52
Veertien verdagtes in 'n verkragtingsaak is vry weens swak polisiewerk - ons vra wat skeefgeloop het. Die VSA gee meer besonderhede oor 'n terreurwaarskuwing in Sandton. Die toelatingsproses vir graad 1- en 8-leerders in Gauteng verloop nie glad nie.
Monitor 27 Oktober 2022 27.10.2022 47:39
Reaksie op die mediumtermyn-begroting. Die SAUK se Afrikaanse radiodiens is vandag 85 jaar oud - ons praat met die veteraanomroeper Nic de Jager.
Monitor 26 Oktober 2022 26.10.2022 52:08
Ekonome sê die minister van finansies sal sy lyf vanmiddag koorddanser moet hou om 'n gebalanseerde begroting aan te bied. Rekenaarvakke soos robotika en kodering sal van volgende jaar af by die laerskoolkurrikulum ingesluit word. Tien Pierneef-skilderye wat jare lank in die Sonop manskoshuis by die Universiteit van Pretoria gehang het, vind 'n nuwe tuiste by die Voortrekkermonument.
Monitor 25 Oktober 2022 25.10.2022 52:21
Ekonome en vakbonde is dit eens dat die aanbevelings van die staatskapingsverslag implementeer moet word. Dis-Chem word hof toe gesleep. Rishi Sunak sal geskiedenis maak as Brittanje se nuwe premier.
Monitor 24 Oktober 2022 24.10.2022 50:09
President Cyril Ramaphosa kom onder skoot van alle kante. Intussen maak die president maatreëls teen staatskaping bekend. 'n Matie-student word geskors ná nog 'n urineringsvoorval.
Monitor 21 Oktober 2022 21.10.2022 51:27
Die beurtkragswaard hang nog oor ons koppe - hoe lank sal Eskom nog hou? Intussen sal matrieks in die donker moet voorberei vir hulle eindeksamen. Ons plaas weer die kollig op genadedood.
Monitor 20 Oktober 2022 20.10.2022 53:43
Boere in die Noord-Kaap ly groot verliese weens verwoestende veldbrande. Die Ubuntu Rural Women and Youth Movement versoek die president om 'n ramptoestand oor geslagsgeweld af te kondig. 'n Kenner sê verouderde en wanfunksionele waterinfrastruktuur is een van die hoofredes vir die watertekorte in Gauteng.
Monitor 19 Oktober 2022 19.10.2022 52:41
Ons praat met 'n ondersoekende joernalis oor die beslaglegging op Markus Jooste se bates. Ou duikpakke en plastiekdoppies gee kinders op straat 'n tweede kans. Boland kry n nuwe rugbykompetisie wat te sien sal wees op SABC Sport.
Monitor 18 Oktober 2022 18.10.2022 53:23
Wysigings aan die ministeriële handboek wat die byvoordele van kabinetslede bepaal, is voorlopig teruggetrek. UNTU onderteken 'n drie jaar loonooreenkoms met Transnet. Liz Truss se toekoms as Britse premier is in die weegskaal.
Monitor 17 Oktober 2022 17.10.2022 52:58
Reën is op pad na gebiede wat 'n langdurige hittegolf beleef het. Suid-Afrika smee sterker ekonomiese bande met Saoedi-Arabië. Afgetrede hoofregter Mogoeng Mogoeng is aangewys as die president van 'n nuwe politieke party - ons praat met 'n ontleder. Namibië skok Sri Lanka by die T20-Wêreldbekertoernooi.
Monitor 14 Oktober 2022 14.10.2022 1:26:53
Beurtkrag en die gesloer by hawens dwing die landbou op sy knieë. Krygskenner Abel Esterhuyse is terug uit Amsterdam waar hy 'n internasionale konferensie oor die Toekoms van Oorlog bygewoon het, en soos verwag was Oekraïne een van die groot gesprekspunte. 'n Suid-Afrikaanse wetenskaplike help NASA om uit te vind of sekere mane in ons sonnestelsel lewe kan huisves. En, ons het ‘n debat oor genaded...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.