RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 23 Desember 2022 23.12.2022

Die land se hoofroetes sal vanmiddag baie besig raak - ons vertel jou wat die beste tyd is om te reis. Jy wil braai, maar vleis het duurder geword - ons vind uit wat daartoe lei en hoe lank die hoë pryse nog gaan hou. 'n Kranige stapper gee raad oor hoe jy veilig kan wees in die veld.

Monitor 22 Desember 2022 22.12.2022

Die nuwe nasionale uitvoerende komitee van die ANC sorg vir 'n paar verrassings. Die Dias-strand by Mosselbaai in die Suid-Kaap waar vier dwergspermwalvisse van kant gemaak is, word weens haai-aktiwiteit gesluit. Duitsland gee 20 bronsbeelde terug aan Nigerië wat in die koloniale tyd gesteel is.

Monitor 21 Desember 2022 21.12.2022

Watertoevoer is grootliks herstel in Kimberley in die Noord-Kaap. Covid-19-gevalle neem skerp toe in China. Die ANC se 55e konferensie is verdaag tot 5 Januarie aanstaande jaar.

Monitor 20 Desember 2022 20.12.2022

Ses word sewe - die ANC se nuwe leiers en sy konferensie word in diepte ontleed. Swartbemagtigingsregulasies vir staatsinstellings verander weer. Ons kyk na die impak van hierdie seisoen se gereelde reënbuie op druiwe-oeste.

Monitor 19 Desember 2022 19.12.2022

Die leierskapstryd in die ANC blyk, sover, 'n gelykop stryd te wees tussen Cyril Ramaphosa en Zweli Mkhize. Die weermag word by kragstasies ontplooi om sabotasie en vandalisme te keer, iets wat gevaarligte vir sommige ontleders laat flikker. Is die aanspreekvorms, oom en tannie, nog relevant?

Monitor 16 Desember 2022 16.12.2022

‘n Toename in indiensneming in die sakedienste, handel- en kontruksiebedrywe. Die Oos-Kaapse regering wil die burgemeesterskomitee-stelsel in die Nelson Mandela Baai Metro skrap. Vleisinflasie is die hoogste in vyf jaar.

Monitor 15 Desember 2022 15.12.2022

Eskom is ruiterloos ná die bedanking van sy bestuurshoof. Inwoners van Ditsobotla in Noordwes stem in 'n tussenverkiesing teen chaos en wanbestuur. 'n Reusagtige lelie in die Kirstenbosch Botaniese Tuin blom vir die eerste keer.

Monitor 14 Desember 2022 14.12.2022

Nóg Durbanse strande word heropen, maar daar is steeds kommer oor die hoë vlakke van E.coli in die seewater. Deurslaggewende tussenverkiesings vind vandag in die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes plaas. Die parlement se Artikel 89-proses om president Cyril Ramaphosa moontlik in 'n staat van beskuldiging te plaas, kom tot 'n einde.

Monitor 13 Desember 2022 13.12.2022

Beurtkrag, wat oral voorkom, het onverwagte newe-effekte in Johannesburg. In die Tankwa Karoo was daar onseisoenale donderweer, reën en hael, en paaie het verspoel. 'n Argeologiese vonds in Engeland wys dat die onverwagte tog wel soms plaasvind.

Monitor 12 Desember 2022 12.12.2022

Die Nelson Mandelabaai Metro verwelkom vakansiegangers, ondanks 'n droogte. Wydverspreide reën word vandeesweek landswyd verwag. Produksie van die Boeing 747 word na meer as vyf dekades gestaak.

Monitor 9 Desember 2022 09.12.2022

Minder Suid-Afrikaanse petroleum- en chemiese produkte is in Oktober vervaardig. Eenheid 1 van die Koeberg-kragstasie sal eers môre afgeskakel word. Dr. Willem Botha praat onder meer oor woorde soos "blerts" en "aartsvyand".

Monitor 8 Desember 2022 08.12.2022

'n Kenner meen daar ís lig aan die einde van die tonnel wat beurtkrag betref. Vroue praat uit nadat hulle in staatshospitale gedwing is om te steriliseer. Wetenskaplikes ondersoek opsies om kunsmatige intelligensie vir maatskaplike geregtigheid in te span.

Monitor 7 Desember 2022 07.12.2022

'n Sterk vertoning van die BBP weer 'n resessie af. Die Suid-Afrikaanse Vloot kry amptelik 'n nuwe hoof. Die besoedeling van die Vaalrivier word binnekort in die Parlement bespreek.

Monitor 6 Desember 2022 06.12.2022

Reaksie op die nuus dat die parlement eers oor 'n week oor die Phala Phala-sage sal sit. Die volgende fase van die SKA-projek word in die Noord-Kaap bekendgestel. SAPHRA keur nog twee Pfizer-entstowwe teen Covid-19 goed.

Monitor 5 Desember 2022 05.12.2022

Die liggame van 14 kerkgangers is gekry nadat die Jukskei-rivier skielik afkom. Opposisiepartye vra dat die proses voortgaan om die president in 'n staat van beskuldiging te plaas. Die SKA-Mid-teleskoop word vandag bekendgestel.

Monitor 2 Desember 2022 02.12.2022

President Cyril Ramaphosa oorweeg nog sy politieke opsies ná die Artikel 89-paneel se verdoemende verslag oor die Phala Phala-skandaal, maar wat beteken dit vir Suid-Afrikaners? Kunstenaars is ontevrede omdat hulle ná hulle optrede by die Vrystaatse kunstefees, nie betaal is nie. Streng nuwe maatreëls teen die diefstal van openbare infratruktuur, soos koperkabels, word ingestel.

Monitor 1 Desember 2022 01.12.2022

Reaksie op die bevindings oor die Phala Phala-kwessie. Haglike werksomstandighede by die polisie blootgelê. Wêreld Vigsdag word vandag herdenk.

Monitor 30 November 2022 30.11.2022

Talle huise in Beachview en Seaview in Gqeberha is ontruim weens 'n veldbrand. Werknemers in die staatsdiens wag steeds vir die regering se terugvoer op hulle eise. Die koers van werkloosheid het in die derde kwartaal met 'n volle persentasiepunt gedaal.

Monitor 29 November 2022 29.11.2022

Oorlogstories oor geweld teen vroue en kinders word in Bloemfontein uitgebeeld. 'n Studie bevind dat ouers wraakmoorde op kinders pleeg om hulle huweliks- of lewensmaat seer te maak. Die Afrikaanse Taalraad vereer twee bekendes op Monitor.

Monitor 28 November 2022 28.11.2022

Meer as 35 000 voornemende graad 1 en 8 leerlinge moet nog in openbare skole in Gauteng geplaas word. Verdeeldheid in die Vrystaatse ANC verdiep verder nadat twee streekskonferensies gelyktydig deur strydende faksies gehou is. Duisende landsburgers van China betoog teen dié land se streng Covid-19-maatreëls.

Monitor 25 November 2022 25.11.2022

Die repokoers word weer met 75 basispunte verhoog. Eskom kry 50 miljoen liter diesel van PetroSA vir noodkragopwekking. Byna 40 miljoen kinders het verlede jaar 'n geskeduleerde entstofdosis teen masels misgeloop.

Monitor 24 November 2022 24.11.2022

Reaksie op die jongste misdaadstatistiek. Duurder kos en vervoer blaas inflasie aan. Nóg 'n skok by die Sokker Wêreldbeker-toernooi.

Monitor 23 November 2022 23.11.2022

Cyril Ramaphosa se presidentskap van die ANC word in Desember deur een ander kandidaat uitgedaag. Die spooragentskap, Prasa, sê sy langafstanddiens, die Shosoloza Meyl, is in intensiewe sorg, maar nog nie dood nie. Kommentaar word steeds gelewer op die konstitusionele hof se beslissing dat die sluipmoordenaar Janusz Walus parool moet kry.

Monitor 22 November 2022 22.11.2022

Gemengde reaksie op Janusz Walusz se vrylating op parool. Politieke partye verwelkom die Appélhofbeslissing in oudpresident Zuma se mediese paroolsaak. Die jongste nuus van die Sokker Wêreldbeker-toernooi.

Monitor 21 November 2022 21.11.2022

Eskom se diesel is klaar by twee van sy gasturbine-aanlegte in die Wes-Kaap. Die werkgewersorganisasie, Cofesa, vra huishoudings, sakeondernemings, skole en boere om sonkrag aan Eskom te verkoop. Verreikende ooreenkomste oor onder meer skadevergoeding weens klimaatsverandering word by COP27 in Egipte gesluit.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.