RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 27 Januarie 2023 27.01.2023

Die Johannesburgse burgemeester, dr. Mpho Phalatse, is wéér uit haar amp verwyder. Die Reserwebank kondig nóg 'n rentekoersverhoging aan. Meer as ‘n duisend gekwalifiseerde mediese dokters sit sonder werk. Suikerrietkwekers steier onder voortgesette beurtkrag.

Monitor 26 Januarie 2023 26.01.2023

Die polise verskerp hulle teenwoordigheid in Hanover Park in Kaapstad nadat drie mense vermoor is. Gift of the Givers gryp in by die waterkrisis op Fort Beaufort in die Oos-Kaap. Vroueskuilings sukkel om kop bo water te hou.

Monitor 25 Januarie 2023 25.01.2023

Begrafnisondernemings sukkel om lyke koud te hou weens beurtkrag. Die DA ruk vandag op na Luthuli-huis oor die kragkrisis. Die Klein Karoo verwelkom vyf nuwe jagluiperdwelpies.

Monitor 24 Januarie 2023 24.01.2023

Melkboere gaan swaar gebuk onder beurtkrag. Honderde leerlinge is steeds nie in Gautengse en Wes-Kaapse skole geplaas nie. Die Amerikaanse minister van finansies, Janet Yellen, sal later vandeesweek Suid-Afrika besoek.

Monitor 23 Januarie 2023 23.01.2023

'n Beroep dat Noord-Kaapse plaaswerkers se ure aangepas word nadat sewe werkers weens hitte-uitputting sterf. Afriforum gaan sy eie kragmaatskappy stig. Die KKNK is terug in sy volle glorie.

Monitor 20 Januarie 2023 20.01.2023

Reaksie op die matriekuitslae. 'n Uitblinker vertel watter impak Covid en beurtkrag op hom gehad het. Die Benede-Oranjerivierstreek verwag 'n groot inkrimping in sy tafeldruif-oes.

Monitor 19 Januarie 2023 19.01.2023

Ons praat met ‘n kenner vir ‘n vooruitsig van die 2022-matriekuitslae vir openbare skole wat later vandag bekendgemaak word. Die regering het tot more kans om antwoorde te gee oor Eskom, of die hof is sy voorland. Landbou-rolspelers waarsku teen skerp stygings in kospryse.

Monitor 18 Januarie 2023 18.01.2023

'n Afname in padsterftes in die feestyd. Die landboubedryf vra Eskom om boere, ter wille van voedselsekerheid, van beurtkrag vry te skeld. Zebras in droë streke is dalk die oplossing vir Suid-Afrikaners se vleislus. Reaksie op Suid-Afrika se vlootoefening met Rusland en China.

Monitor 17 Januarie 2023 17.01.2023

Effense verligting vir kragverbruikers met Fase 4 en 5, maar baie vra of dit genoeg is om 'n opstand af te weer. Die president kondig 'n routydperk af vir die ontslape eerste speaker van demokratiese Suid-Afrika, Frene Ginwala. Die ANC in die Vrystaat sê hy is gereed vir sy langverwagte provinsiale konferensie die naweek.

Monitor 16 Januarie 2023 16.01.2023

Vrystaat Landbou is baie bekommerd oor krag-tariefverhogings. 'n Toename in eise van toerusting wat breek weens beurtkrag. 'n Nuwe dokumentêre reeks fokus op die Khoe Khoe.

Monitor 13 Januarie 2023 13.01.2023

Elektrisiteit word bykans 19% duurder. Uitspraak voorbehou in die president se hofaansoek teen private vervolging. Ons praat met Harold Volbrecht oor die dood van Suid-Afrika se eerste swaargewigbokskampioen Gerrie Coetzee. Hoekom het Denemarke nie meer bankrooftogte nie?

Monitor 12 Januarie 2023 12.01.2023

NERSA besluit vandag of hy wel 'n 32% tariefverhoging aan ESKOM sal toestaan. Die vervaardigingsektor steier onder voortdurende beurtkrag. Ses mense, onder wie 'n tweejarige kind, sterf in 'n brand in Oudtshoorn.

Monitor 11 Januarie 2023 11.01.2023

Die soektog na olie en gas aan die Weskus kan voortgaan nadat die departement van minerale hulpbronne seismiese opnames goedgekeur het. Watervlakke van die voorsieningsdamme in die Nelson Mandelabaai-metro is op die laagste vlakke nóg. Die posbank is gereed om sy skoene as staatsbank vol te staan. 'n Gedenkdiens vir die 12 gesondheidswerkers van die Tambo-gedenkhospitaal is gister gehou, terwyl di...

Monitor 10 Januarie 2023 10.01.2023

Die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes is sy burgemeester kwyt. President Cyril Ramaphosa bevestig dat hy 'n kabinetskommeling beplan, maar swyg oor presies wanneer. Die veelsydige Proteaspeler, Dwaine Pretorius, kondig sy uittrede uit internasionale krieket aan. Die Ministerie van Gesondheid spreek later die land toe oor die nuwe XBB 1.1.5-subvariant van Covid. Meer as 700 veroordeel...

Monitor 9 Januarie 2023 09.01.2023

Die ANC het ses gebiede uitgewys waaraan hy as regerende party dringende en besliste aandag moet skenk. Ons bespreek Adriaan Vlok se nalatenskap met sy oudkollega dr. Leon Wessels. Kaapse inwoners word gewaarsku teen 'n vals aanlynbehuisingskema.

Monitor 6 Januarie 2023 06.01.2023

Vrystaatse boere word deur grootskaalse saaddiefstal geteister. Jy kan jou e-tolgeld terugkry. Die vrou van 'n vermoorde speurder vertel van die nagmerrie wat sy beleef het.

Monitor 5 Januarie 2023 05.01.2023

Die polisie maak 'n deurbraak in die 2019-skietery op Oujaarsaand in Melville, Johannesburg. Verskeie strande in KwaZulu-Natal én nou ook in die Wes-Kaap is gesluit weens rioolbesoedeling. Die finansiële verliese weens 'n tegniese brandstoffout wat vliegtuie by O.R Tambo gehok het, word nog bereken.

Monitor 4 Januarie 2023 04.01.2023

Die ANC maak gereed vir die jaarlikse herdenking van sy totstandkoming op 8 Januarie. Koalisiepolitiek sal volgens ontleders vanjaar 'n taai tameletjie wees vir munisipaliteite. Ons bring hulde aan 'n motorsportikoon.

Monitor 3 Januarie 2023 03.01.2023

Die besluit oor of Suid-Afrika op die internasionale finansiële gryslys geplaas sal word, wink. Motoriste begin die jaar met 'n ekstra paar sent in die sak, danksy brandstofpryse wat môre daal. Gauteng se omstrede e-tolstelsel kan moontlik eers volgende jaar geskrap word.

Monitor 2 Januarie 2023 02.01.2023

Boere vra vir belastingkortings om die impak van beurtkrag te versag. 'n Landdros in Limpopo onttrek hom aan 'n moordsaak weens doodsdreigemente. 'n Jong man wat erg beseer is tydens die Hoërskool Driehoek-tragedie, kry 'n nuwe lewe nadat goeie samaritane ingryp.

Monitor 30 Desember 2022 30.12.2022

Ons ondersoek die stand van die Lugmag ná 'n jaar van terugslae. Ons kyk ook hoe die ekonomie vanjaar gevaar het. Die Kaapse Klopse is na twee jaar weer terug om die Nuwejaar te vier.

Monitor 29 Desember 2022 29.12.2022

Bewerings dat president Cyril Ramaphosa en ander, stemme by die ANC se verkiesingskonferensie gekoop het, is skynbaar vals. Die vrylating van die bestuurder van die vragmotor wat by die gasontploffing in Boksburg betrokke was, ontlok wye reaksie. 'n Vrou voltooi haar bewaringstap van 300 kilometer langs die Kaapse kus.

Monitor 28 Desember 2022 28.12.2022

Ons bespreek die behandeling van brandwonde. 'n Klomp pikkewyne keer terug Dyer-eiland toe. 'n Nuwe beesras word in Suid-Afrika bekendgestel.

Monitor 27 Desember 2022 27.12.2022

Saterdag se gru-ongeluk toe 'n tenkwa met gas by 'n brug in Boksburg ontplof het, laat vrae ontstaan oor die toestand van die padteken wat die hoogte van die brug aandui. Die meeste dele van oThongathi, noord van Durban, het ná agt maande weer water. Pikkewyne word op Dyer-eiland aan die Suid-Kaapse kus vrygelaat.

Monitor 26 Desember 2022 26.12.2022

Die voormalige ANC-lid, Carl Niehaus, wat Vrydag sy bedanking uit die party aangekondig het, sê die regerende party sal sy meerderheid in die volgende verkiesing verloor. Agri-SA vra vir bykomende kortings op die prys van diesel en petrol. Noord-Korea ontken dat hy wapens aan 'n Russiese militêre kontrakteur, die Wagner-groep, verkoop het.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.