RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 3 Maart 2023 03.03.2023

'n Egpaar kry 14 jaar tronkstraf vir die herhaaldelike aanranding van 'n ses maande oue baba. Die regering word gedwing om vlugtelinge uit Afghanistan in die land toe te laat. 'n Entrepreneur van Hartebeespoort maak jenewer uit indringer waterhiasinte.

Monitor 2 Maart 2023 02.03.2023

Veranderinge aan die kabinet sal in die komende dae aangekondig word. Die rioolprobleem dra by tot die hiasinteplaag in die Hartbeespoortdam in Noordwes. Verskeie partye eis die Noordwes-premier se kop.

Monitor 1 Maart 2023 01.03.2023

Die DA kry slae in die Tshwane-burgemeestersverkiesing. Meer Suid-Afrikaners het werk, maar minder het geld in die sak om elke maand te oorleef. 'n Amerikaanse resolusie om betrekkinge met Suid-Afrika te hersien ná die militêre oefening met Rusland.

Monitor 28 Februarie 2023 28.02.2023

Twee mense sterf in bendeverwante geweld in Westbury, Johannesburg. Die getal egskeidings het in 2021 met 13,1% toegeneem. Uganda se president, Yoweri Museveni, is vandag op staatsbesoek aan Suid-Afrika.

Monitor 27 Februarie 2023 27.02.2023

Die president hof toe gesleep oor die vertraging van die aanstel van die SAUK-raad. Die VSA waarsku sy burgers in Suid-Afrika. Druk op André de Ruyter om sy bewerings van korrupsie by die kragreus met bewyse te staaf.

Monitor 24 Februarie 2023 24.02.2023

Gemengde reaksie op André de Ruyter se skielike vertrek. Nóg 'n baanbrekeroperasie by die Grootte Schuur-hospitaal. Rusland het Oekraïne vandag 'n jaar gelede binnegeval.

Monitor 23 Februarie 2023 23.02.2023

Ons kry reaksie op die minister van finansies se begrotigsrede, en André de Ruyter se voortydige uittrede by Eskom. Nog niemand is in verband met die Life Esidimeni-tragedie van 2016 in hegtenis geneem nie, en die saak sloer steeds. 'n Onlangse konferensie plaas waninligtingsveldtogte in Afrika onder die soeklig.

Monitor 22 Februarie 2023 22.02.2023

Ons vind uit hoe jy soos 'n ekonoom na die begroting moet luister. Laer damvlakke in die Wes-Kaap beteken dat besparingsmaatreëls ingestel kan word. Blink planne om misdaad onder beheer te bring in Gauteng laat die wenkbroue lig.

Monitor 21 Februarie 2023 21.02.2023

Politieke partye en 'n ekonoom deel hulle verwagtinge vir die begrotingsrede. Fase 6-beurtkrag sal tot minstens Woensdag toegepas word. Die Gautengse Premier, Panyaza Lesufi, maak groot beloftes om misdaad te bestry.

Monitor 20 Februarie 2023 20.02.2023

By die Vaaldam is daar nou twaalf sluise oop. Ons kyk na die uitwerking van die volgehoue reën op verskeie plekke in die land. Suid-Afrika bevind hom midde in 'n diplomatieke geskil tussen die Afrika Unie en Israel. Pro-Oekraïense groepe betoog in Durban teen die afgelope week se vlootoefening, wat Rusland insluit.

Monitor 17 Februarie 2023 17.02.2023

Die regering erken dat hy die stryd teen misdaad verloor. Die Mededingingskommissie begin met 'n deurtastende ondersoek na die varsprodukte-waardeketting. Die grootste renosterplaas in die wêreld gaan opgeveil word.

Monitor 16 Februarie 2023 16.02.2023

Die regering word versoek om so gou moontlik rampgeld aan boere te verskaf. Nóg 'n styging in die brandstofprys word voorspel. Politieke partye kritiseer die president vir sy hantering van die krag- en misdaadkrisisse. Skotland se premier bedank.

Monitor 15 Februarie 2023 15.02.2023

Cyril Ramaphosa se regering word van magsbeheptheid beskuldig. Die weermag se Gewapende Mag-feesvieringe vind plaas teen die agtergrond van die omtrede militêre oefening saam met Rusland. Die moordenaar van Tazne van Wyk van Elsiesrivier word nege keer lewenslange tronkstraf opgelê.

Monitor 14 Februarie 2023 14.02.2023

Kommer oor die miljoene onwettige vuurwapens in die land. Vloede noodsaak die regering om 'n ramptoestand te verklaar, terwyl nóg reën vandeesweek na die noorde en ooste op pad is. Die Poskantoor beplan om 6 000 werkers af te dank.

Monitor 13 Februarie 2023 13.02.2023

Die moord op die kletsrymer, AKA, en sy vriend ontlok wydlopende medelye en kommentaar. Die weerburo reik ’n Oranje Vlak 9-waarskuwing vir die noordelike en oostelike dele van die land uit, maar wat beteken dit? 'n Suid-Afrikaanse nooddienswerker vertel van sy ervaring in Turkye.

Monitor 10 Februarie 2023 10.02.2023

President Ramaphosa kondig 'n ramptoestand oor die kragkrisis af, en sê hy sal 'n minister van elektrisiteit in die Presidensie aanstel. Ons ontleed die ekonomiese aspekte van die staatsrede. Hoe sal die misbruik van kunsmatige intelligensie-hulpmiddels onderrig in skole beïnvloed?

Monitor 9 Februarie 2023 09.02.2023

Landsburgers hoop dat president Cyril Ramaphosa in sy staatsrede rigting sal gee oor krisisse soos beurtkrag. Suid-Afrikaners betoog in Frankryk teen Total Energie se beoogde gaseksplorasie aan die Weskus. Leerders se leesvermoë neem af ná die Covid-pandemie.

Monitor 8 Februarie 2023 08.02.2023

Die publiek kan skriftelike voorleggings indien oor die onteiening van grond vir openbare doeleindes. Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram sê 'n tekort aan werksgeleenthede is die hoofrede hoekom jong mense by terreurgroepe in Afrika suid van die Sahara aansluit. Die Reserwebank verlaag sy verwagte groeikoers vir Suid-Afrika se ekonomie weens beurtkrag.

Monitor 7 Februarie 2023 07.02.2023

Die organiseerders van die Johannesburg Rolprentfees kan dalk vervolg word omdat hulle die fliek, Black Girl, vertoon het. Die wêreld se langste internetkabel word langs die kus van Afrika aangelê. Dit sal uiteindelik sowat 45 000 km lank wees. Die groen komeet sal hopelik van Vrydag af in die Suid-Afrikaanse hemelruim sigbaar wees.

Monitor 6 Februarie 2023 06.02.2023

Kommer oor 'n skerp styging in nuwe gevalle van masels. Die Vrystaatse ANC oorweeg om die premier, Sisi Ntombela, te herroep. Adjunkpresident David Mabuza het bevestig dat hy sy bedanking by president Cyril Ramaphosa ingedien het.

Monitor 3 Februarie 2023 03.02.2023

Tukkies het 'n plan om beurtkrag te beperk. 'n Miljoen Franse protesteer teen die verhoging van die aftreeouderdom. Kunsmatige intelligensie maak kuberaanvalle ál meer gesofistikeerd en suksesvol.

Monitor 2 Februarie 2023 02.02.2023

Die voertuigvervaardigingsektor sukkel reeds, en beurtrkrag help ook glad nie. Suid-Afrikaners reageer met skok en ongeloof op die nuus dat SA Toerisme dit oorweeg om die Engelse sokkerspan, Tottenham Hotspur, as deel van 'n reklameveldtog te borg, om toerisme na Suid-Afrika te bevorder. Die aandag word weer op die gevierde digter Ingrid Jonker gevestig ná die dood van haar dogter.

Monitor 1 Februarie 2023 01.02.2023

Bykans twee miljoen buitelandse toeriste het Suid-Afrika in Desember verlede jaar besoek. Die kredietburo, TPN, sê al hoe meer ouers kan nie hulle kinders se skoolgeld bekostig nie. Verskeie groepe wil hof toe gaan oor landsburgers se reg tot water, wat geskend word weens water- en kragonderbrekings.

Monitor 31 Januarie 2023 31.01.2023

Regter Piet Koen word geloof vir sy besluit om hom aan die Jacob Zuma-wapenskandaalsaak te onttrek. Die voormalige burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê sy stel haar beskikbaar vir die hoogste pos in die DA. Ons praat oor gevaarlike en eksotiese troeteldiere.

Monitor 30 Januarie 2023 30.01.2023

Watertoevoer word in twee Gautengse stede onderbreek. ANC-president Cyril Ramaphosa voorspel 'n moeilike verkiesing vir die party in 2024. Inwoners van Touwsrivier in die Wes-Kaap het Saterdag die geleentheid gekry om hul oë vir katarakte te laat toets.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.