RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 21 Julie 2023 21.07.2023 48:29
Rentekoerse bly onveranderd. Moontlike redes vir die Johannesburg-ontploffing gegee. Oekraïne gebruik nou trosbomme teen Rusland.
Monitor 20 Julie 2023 20.07.2023 44:27
Een persoon sterf in 'n ontploffing in Johannesburg se middestad. Die BRICS-beraad in Suid-Afrika gaan volstoom voort, maar sonder die Russiese president, Wladimir Putin. Ons praat met 'n voormalige diplomaat oor die implikasies van die besluit. Is die einde van rentekoersverhogings in sig?
Monitor 19 Julie 2023 19.07.2023 49:43
Die prys van diesel sal na verwagting aanstaande maand styg. Gebaretaal word vandag amptelik 'n landstaal. Die polise onderneem om onopgeloste sake, wat verbind word aan Norman Afzal Simons, weer te ondersoek.
Monitor 18 Julie 2023 18.07.2023 49:38
Na byna 30 jaar is daar meer vrae as antwoorde op die vooraand van die sogenaamde "station strangler" se vrylating op parool. Die DA se konsepwetsontwerp wat meer magte aan premiers sal gee, ontlok kritiek. Op internasionale Nelson Mandeladag wonder mense waar politieke leiers die spoor byster geraak het.
Monitor 17 Julie 2023 17.07.2023 49:50
Die AA sê die Aarto-wetgewing sal nié padveiligheid verbeter nie. Die sogenaamde stasiemoordenaar sal onder huisarres geplaas word wanneer hy op parool vrygelaat word. 'n Kenner sê belastingbetalers moet hulle outomatiese belastingassessering deeglik bestudeer. Die Swartsee-graanooreenkoms verstryk vandag, tensy Rusland dit verleng.
Monitor 14 Julie 2023 14.07.2023 49:59
Gauteng se regering wil 'n provinsiale staatsbank op die been bring. 'n Kenner antwoord die vraag - sal oudpresident Jacob Zuma terug tronk toe gaan? Wie gaan more uitdraf as Springbok-kaptein?
Monitor 13 Julie 2023 13.07.2023 48:11
Vrae oor hoekom daar nie vinniger teen vragmotoraanvallers opgetree is nie. 'n Party-woordvoerder sê hulle COPE steeds. Dis nou baie makliker om 'n orgaanskenker te word.
Monitor 12 Julie 2023 12.07.2023 48:03
Watertoevoer na groot dele van Johannesburg word tot Vrydag onderbreek. Rand Water sê munisipale wanbestuur dra by tot die waterkrisis in Gauteng. 'n Dodelike haassiekte steek weer kop uit. Die Poskantoor is in sakeredding geplaas - ons vind uit hoe dié proses werk.
Monitor 11 Julie 2023 11.07.2023 49:52
Die oudpolisieman wat die blouligaanval op sosiale media versprei het, kry dreigemente. Die Verkiesingskommissie teken 'n ooreenkoms om fopnuus op sosiale media te bekamp. Gautengers baljaar in die sneeu.
Monitor 10 Julie 2023 10.07.2023 50:24
Die ANC sê die koalisiestelsel moet hersien word. Sneeu word in Mpumalanga en die Oos-Kaap voorspel. Die SAUK se geldelike verknorsing verdiep. Wintersiektes by kinders is in die kollig.
Monitor 7 Julie 2023 07.07.2023 48:49
Die polisie ondersoek ’n massa skietvoorval in Hanover Park op die Kaapse Vlakte. Sakelui verwag dat inflasie vanjaar tot bykans 7% persent kan styg. Navorsing wys Suid-Afrikaners is treurig om geld te spaar. Kommer oor die groot tekort aan maatskaplike werkers.
Monitor 6 Julie 2023 06.07.2023 49:09
'n Gaslekkasie aan die Oosrand wat 16 lewens geëis het, word met onwettige myners verbind. Cosatu betoog vandag landwyd oor 'n lang lys kwessies. Die slagoffers van Maandag se bloulig-aanranding oorweeg regstappe.
Monitor 5 Julie 2023 05.07.2023 49:17
Petrol is vandag goedkoper, maar diesel duurder - 'n ekonoom verduidelik hoekom. OPOD ondervra die slagoffers van adjunkpresident Paul Mashatile se beskermingseenheid. 'n Politieke wetenskaplike bekyk die uitsonderlike verhouding tussen die VSA en Israel.
Monitor 4 Julie 2023 04.07.2023 48:31
Beurtkrag of kragvermindering - wat verkies jy? Ons hoor wat Eskom se nuwe plan behels. 'n Biskop van Springbok in die Noord-Kaap verskyn in die hof op aanklagte van seksuele misdrywe. Frankryk is kalm, maar gespanne na die afgelope paar dae se onluste.
Monitor 3 Julie 2023 03.07.2023 49:59
Nóg liggame in Namakwaland gevind ná oorstromings. Hoe relevant is die ANC Jeugliga? Die Inniebos-fees is 'n dawerende sukses.
Monitor 30 Junie 2023 30.06.2023 48:32
Suid-Afrika begin die vierdag-werksweek toets. Navorsers sê mense raak te hans met leeus. Ons skakel oor na InniBos waar Lizz Meiring met ons gaan praat oor interaktiewe teater.
Monitor 29 Junie 2023 29.06.2023 46:50
Die KVBA beslis dat ras nie die enigste faktor mag wees, en dat niemand afgedank mag word nie. 'n Rolprentmaker werp lig op 'n Suid-Afrikaner wat glo 'n kind by 'n ruimtewese gehad het. Ons skakel oor na InniBos.
Monitor 28 Junie 2023 28.06.2023 48:57
Tot soveel as 97 000 mense het hulle werk die afgelope jaar veloor. Nog Suid-Afrikaanse jagluiperds sterf in die noorde van Indië. Die Wagner-huursoldategroep neem glo beheer oor in die Sentraal Afrika Republiek.
Monitor 27 Junie 2023 27.06.2023 46:19
Groot kommer oor Suid-Afrika se hoë vlakke van dwelmmisbruik. Ontleders sê president Waldimir Poetin is verswak deur die kortstondige Wagner-rebellie. 'n Suid-Afrikaanse rolprentmaker bring hulde aan sy tuisdorp, Calvinië.
Monitor 26 Junie 2023 26.06.2023 48:47
President Cyril Ramaphosa sê die doel van die Afrika-vredesending na Oekraïne en Rusland was om verdere lewensverlies te beperk. Die ANC in die Wes-Kaap het 'n nuwe leier. Meer as 700 verdagtes in die konstruksiemafia word gearresteer.
Monitor 23 Junie 2023 23.06.2023 46:46
Die Artikel 194-ondersoek na die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkwebane, sleep voort, terwyl die soeke na 'n nuwe OB nou amptelik begin het. Die ANC in die Wes-Kaap se langverwagte negende provinsiale konferensie vind uiteindelik die naweek in Kaapstad plaas. Ons praat met Agri Wes-Kaap vir die jongste nuus in die nadraai van die oorstromings in dié provinsie.
Monitor 22 Junie 2023 22.06.2023 48:14
Nóg 'n bloedige week op die Kaapse Vlakte. Inflasie sak terug - beteken dit die einde van rentekoersverhogings? Museumteater maak sy verskyning in Suid-Afrika.
Monitor 21 Junie 2023 21.06.2023 48:21
Die ANC in die Wes-Kaap hou sy provinsiale konferensie maande nadat dit moes gebeur het. Georganiseerde landbou beraam die skade van die oorstromings in die Wes-Kaap. Die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê verkeerde inligting word oor die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsontwerp versprei.
Monitor 20 Junie 2023 20.06.2023 47:48
Wes-Kapenaars staal hulle vir nog reën te midde grootskaalse opruimingswerk weens die onlangse oorstromings. Die ANC het nog tot môre toe kans om die rekords van sy kaderontplooiingskomitee aan die DA te oorhandig. Tienerswangerskap in die Noord-Kaap skiet die hoogte in.
Monitor 19 Junie 2023 19.06.2023 47:50
Nog stormweer word vandag in die Kaap verwag. President Cyril Ramaphosa oorhandig 'n tienpuntplan vir vrede aan Wladimir Putin, maar daar is 'n angeltjie in die voorstelle. Ons saai die eerste van 'n reeks bydraes oor Sirië uit.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.